Saterdag 27 Maart 2010

Ons Ewige Korban

Opdrag / Tsav

Afrikaanse Skakel | Engelse Skakel

27 Maart 2010 / Nisan 12 5770


Levitikus / VaYikra 6:8 – 8:36

Maleági / Mal'achi 3:4 – 24


Levitikus {6:8}”Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {6:9} Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word. {6:10} En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi. {6:11} Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op ‘n rein plek uitbring. {6:12} En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek. {6:13} Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.”


Die toenaderingsoffer (olah) was 'n sondoffer. Soos ons uit die bovermelde Skrifgedeelte kan aflei, moes daar ononderbroke 'n offerande op die altaar (mitzbeach) wees – 'n nuwe een elke oggend en aand – en dit moes toegelaat word om dwarsdeur die dag en nag te brand. Daar mag nooit onderbreking gewees het in die brand van 'n olah - offerand op die altaar nie. Hierdie offerande was verskillend van die res in soverre die dier in sy geheel geoffer is. In die geval van 'n bok of 'n lam, is slegs die vel verwyder en die priester toegelaat om dit te gebruik. Soos al die ander sondoffers tydens die tabernakel – en tempelperiode, was hierdie 'n plaasvervangende offer, met ander woorde 'n offer in die plek van die vereiste doodstraf, verbonde aan menslike sonde. Die feit dat hierdie offer ononderbroke moes wees, is interessant. Dit dui daarop dat die kinders van Israel, benewens die ander voorgeskrewe sondoffers, 'n onophoudelike offer vir die reiniging van sonde nodig gehad het. Die implikasie hiervan is vanselfsprekend. Daar moes altyd 'n onophoudelike sondoffer voor God wees, 'n offer wat van sonde sou reinig en Hom dus in staat sou stel om onder Sy volk te wees. In die Judaïsme van vandag, bestaan daar nie só 'n offer nie. Die tabernakel bestaan nie meer nie en die tempel is vernietig; trouens waar die tempel eens was, staan nou 'n moslem-heiligdom! Het God dan verander? Het die hedendaagse kinders van Israel dan so heilig geword dat hulle nie langer aan 'n ononderbroke brandoffer behoefte het nie?


Maleági {3:6}”Want Ek, die HERE, het nie verander nie...”


Die feit is dat God onveranderlik is en die kinders van Israel vandag beslis netso sondig is as wat hulle duisende jare gelede was. Hulle het dus netso behoefte aan 'n plaasvervangende offer vir hul sondes soos in Bybelse-tye, trouens, hulle het vandag moontlik nog meer as ooit tevore behoefte daaraan.


Romeine {8:32} ”Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? {8:33} Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. {8:34} Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree. {8:35} Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? {8:36} Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. {8:37} Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. {8:38} Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge {8:39} of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.”


Judaïsme beskik nou nie meer oor 'n tempel nie; dit het dus geen offerande nie en geen plaasvervanger vir sy sonde nie. Die Rabbi's het sowel die ononderbroke offerandes as sondoffers met menslike handelinge vervang.


Romeine {1:22} “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword {1:23} en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. {1:24} Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer {1:25} hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.”


Judaïsme is dus in sy huidige vorm 'n godsdiens van die mens en nie van God nie. Dit verheerlik menslike handelinge, rituele en tradisies in plaas van die verheerliking van gehoorsaamheid aan 'n onveranderlike God.


Handelinge {2:22} “Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasaréner, ‘n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet— {2:23} Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring; {2:24} Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. {2:25} Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. {2:26} Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop. {2:27} Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie. {2:28} U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig. {2:29} Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe. {2:30} Omdat hy dan ‘n profeet was en geweet het dat God vir hom met ‘n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit, {2:31} het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie. {2:32} Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. {2:33} Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor. {2:34} Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand {2:35} totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete. {2:36} Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het. {2:37} Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? {2:38} En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. {2:39} Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.”


God het nie verander nie. Jesus die Messias is ons ononderbroke olah-offer. Hy sit nou aan die regterhand van die Vader en tree ononderbroke vir ons in by die Vader. As Messiaanse gelowiges het ons nie langer 'n tempel nodig om as't ware vir ons sondes te versoen nie, omdat Jesus ons ewige korban, ons vlekkelose – en welgevalle Lam is.


Johannes {1:29}”Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”


Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Saterdag 20 Maart 2010

Moet Hulle Tog Nie My Sondes Toereken Nie

En Hy Het Geroep / VaYikra Afrikaanse Skakel | Engelse Skakel


20 Maart 2010 / Nisan 5 5770

Levitikus / VaYikra 1:1 – 6:7

Jesaja / Yeshayahu 43:21 – 44:23

Hebreërs / Ivrum 10:1-18


Daar is twee baie belangrike aangeleenthede wat in hierdie week se Tora oordenking gemeld word, wat ek met julle wil deel. Die eerste een in die volgende twee Skrifgedeeltes:


Levitikus / VaYikra {1:1} "En die HERE het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê: {1:2} Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE ‘n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee—van beeste of van kleinvee. {1:3} As sy offer ‘n brandoffer is van beeste, moet dit ‘n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind."


Levitikus / VaYikra {2:1} "En as iemand aan die HERE ‘n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg; {2:2} en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ‘n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE."


In beide hierdie gedeeltes uit oordenking VaYikra geneem, word die woord “Wanneer” in verband met die offer van die karbanot (offerandes) gebruik. Hieruit lei ons af dat offerandes aan God vir sonde of enigiets anders, soos dankseggingsoffers, nie opsioneel was nie. God wéét dat niemand onder ons bestand is teen sonde nie – wat immers deel van ons gevalle natuur is – en juis daarom was die bring van offerandes nie “Indien” nie, maar “Wanneer”.


Prediker / Kohelet {7:20} "want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie."


Paulus het hierdie stelling in die Brit Chadasha (Nuwe Testament) herhaal, toe hy gesê het:


Romeine / Romim {3:23} "want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,"


Omrede die offerandstelsel vandag nie langer bestaan of 'n tempel is waarin dit geoffer kan word nie, meen baie gelowiges, veral diegene in die kerke, dat die “offerhandstelsel” afgeskaf is. Die feit is egter dat dit hoegenaamd nie die geval is nie! Jesus is nóú ons ewige korban. Aangesien Hy nou in die hemel is en aan die regterhand van God sit en ons wel sondig en dit bely en Sy naam aanroep, word Hy die toepaslike korban vir die sonde wat ons gepleeg het.


Die punt is egter dat belydenis en berou 'n vername plek in 'n gelowige se lewe moet inneem. Netsoos die offer van die korbanot, tydens die tabernakel – en tempelperiodes, hoegenaamd nie opsioneel was nie, netso is belydenis en berou, deur die koms van Jesus die Messias, as ons ewige korban, vandag ook nie opsioneel nie. Gelowiges se lewens móét van belydenis en berou getuig. “Wanneer” ons dus sondig, want ons almal is daartoe geneig, moet ons aan God 'n aanneemlike korban bring – dit is Jesus die Messias! Die tweede aangeleentheid is na aanleiding van die volgende Skrifgedeelte:


Levitikus / VaYikra {4:1}"Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {4:2} Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen {4:3} as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ‘n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring;"


Leierskap verg 'n geweldige verantwoordelikheid. Ons lees hierbo dat die sondes van die priester (cohen), skuld oor die hele volk gebring het. Ek aanvaar dat dit vandag steeds op enige gemeenteleierskap van toepassing is. Hierdie leiers verteenwoordig immers die gemeente voor Jesus. Dit is hulle wat verantwoordelik is vir dít wat hulle onderrig en verkondig; erger nog, is dat die gevolge van hul sonde besoek word aan diegene onder hulle leiding – die kudde waarvoor hulle verantwoordelik is! Indien 'n leier ontug pleeg, sal daar ontug onder die gemeentelede voorkom. Waar 'n leier by pornografie betrokke is, sal daar ook gemeentelede wees wat hulle aan pornografie skuldig maak. Die verhouding wat leiers met hul eggenotes en gesinne het, sal ook gesinsverhoudinge van die gemeentelede beinvloed. Die wyse waarop leiers teenoor 'n kassiere by 'n kruidenierswinkel optree, sal 'n invloed op die geestelike toestand van die gemeente hê. Eweneens, as leiers kettery beoefen sal die geestelike toestand van die gemeente daaronder ly. Die sondes van die leierskap sal aan die gemeente toegereken word, net soos die sonde van die priester skuld oor die volk gebring het. Daarom moedig ek elkeen in 'n leierskapposisie aan om voorbeeldig te lewe, indien nie slegs vir hul eie onthalwe nie, dan wel ter wille van diegene wat deur hulle gelei word.


Aangesien ek self ook nie volmaak is nie, is daar 'n gebed wat ek ontvang het vir ingeval ek op één of ander wyse gesondig het deur wat ek moontlik kon gedoen of gesê het – doelbewus of onwetend. Ek wil tog nie dat my sonde 'n nadelige invloed op die gemeente sal hê nie! Daardie gebed is: “Vader, moet tog nie diegene wat ek lei, mý sonde toereken nie.”


Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

2010-03-20 VaYikra Afrikaans

20 Maart 2010 / Nisan 5 5770

 

Moet Hulle Tog Nie My Sondes Toereken Nie

 

En Hy Het Geroep / VaYikra

 

Levitikus / VaYikra 1:1 – 6:7

Jesaja / Yeshayahu 43:21 – 44:23

Hebreërs / Ivrum 10:1-18

 

Daar is twee baie belangrike aangeleenthede wat in hierdie week se Tora oordenking gemeld word, wat ek met julle wil deel. Die eerste een in die volgende twee Skrifgedeeltes:

 

Levitikus / VaYikra {1:1}En die HERE het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê: {1:2}  Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE ‘n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee—van beeste of van kleinvee. {1:3}  As sy offer ‘n brandoffer is van beeste, moet dit ‘n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind.

 

Levitikus / VaYikra {2:1}En as iemand aan die HERE ‘n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg; {2:2} en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan ‘n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

 

In beide hierdie gedeeltes uit oordenking VaYikra geneem, word die woord “Wanneer” in verband met die offer van die karbanot (offerandes) gebruik. Hieruit lei ons af dat offerandes aan God vir sonde of enigiets anders, soos dankseggingsoffers, nie opsioneel was nie. God wéét dat niemand onder ons bestand is teen sonde nie – wat immers deel van ons gevalle natuur is – en juis daarom was die bring van offerandes nie “Indien” nie, maar “Wanneer”.

 

Prediker / Kohelet {7:20}want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie.

 

Paulus het hierdie stelling in die Brit Chadasha (Nuwe Testament) herhaal, toe hy gesê het:

 

Romeine / Romim {3:23}want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

 

Omrede die offerandstelsel vandag nie langer bestaan of 'n tempel is waarin dit geoffer kan word nie, meen baie gelowiges, veral diegene in die kerke, dat die “offerhandstelsel” afgeskaf is. Die feit is egter dat dit hoegenaamd nie die geval is nie! Jesus is nóú ons ewige korban. Aangesien Hy nou in die hemel is en aan die regterhand van God sit en ons wel sondig en dit bely en Sy naam aanroep, word Hy die toepaslike korban vir die sonde wat ons gepleeg het.

 

Die punt is egter dat belydenis en berou 'n vername plek in 'n gelowige se lewe moet inneem. Netsoos die offer van die korbanot, tydens die tabernakel – en tempelperiodes, hoegenaamd nie opsioneel was nie, netso is belydenis en berou, deur die koms van Jesus die Messias, as ons ewige korban, vandag ook nie opsioneel nie. Gelowiges se lewens móét van belydenis en berou getuig. “Wanneer” ons dus sondig, want ons almal is daartoe geneig, moet ons aan God 'n aanneemlike korban bring – dit is Jesus die Messias! Die tweede aangeleentheid is na aanleiding van die volgende Skrifgedeelte:

 

Levitikus / VaYikra {4:1}Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {4:2}  Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen {4:3}  as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, ‘n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring;

 

Leierskap verg 'n geweldige verantwoordelikheid. Ons lees hierbo dat die sondes van die priester (cohen), skuld oor die hele volk gebring het. Ek aanvaar dat dit vandag steeds op enige gemeenteleierskap van toepassing is. Hierdie leiers verteenwoordig immers die gemeente voor Jesus. Dit is hulle wat verantwoordelik is vir dít wat hulle onderrig en verkondig; erger nog, is dat die gevolge van hul sonde besoek word aan diegene onder hulle leiding – die kudde waarvoor hulle verantwoordelik is! Indien 'n leier ontug pleeg, sal daar ontug onder die gemeentelede voorkom. Waar 'n leier by pornografie betrokke is, sal daar ook gemeentelede wees wat hulle aan pornografie skuldig maak. Die verhouding wat leiers met hul eggenotes en gesinne het, sal ook gesinsverhoudinge van die gemeentelede beinvloed. Die wyse waarop leiers teenoor 'n kassiere by 'n kruidenierswinkel optree, sal 'n invloed op die geestelike toestand van die gemeente hê. Eweneens, as leiers kettery beoefen sal die geestelike toestand van die gemeente daaronder ly. Die sondes van die leierskap sal aan die gemeente toegereken word, net soos die sonde van die priester skuld oor die volk gebring het. Daarom moedig ek elkeen in 'n leierskapposisie aan om voorbeeldig te lewe, indien nie slegs vir hul eie onthalwe nie, dan wel ter wille van diegene wat deur hulle gelei word.

 

Aangesien ek self ook nie volmaak is nie, is daar 'n gebed wat ek ontvang het vir ingeval ek op één of ander wyse gesondig het deur wat ek moontlik kon gedoen of gesê het – doelbewus of onwetend. Ek wil tog nie dat my sonde 'n nadelige invloed op die gemeente sal hê nie! Daardie gebed is: “Vader, moet tog nie diegene wat ek lei, mý sonde toereken nie.”


Saterdag 13 Maart 2010

Saam Met God en ‘n Gewillige Hart

En Hy Het Hulle Laat Byeenkom – Rekenskap (VaYachel - Pekudei)

Afrikaanse Skakel | Engelse Skakel

13 Maart 2010 / Adar 27 5770

Eksodus / Shemot 35:1 – 40:38

Eségiël / Yechesekiel 45:16 – 46:18

2 Korinthiërs / Korintim Bet 9:6 - 11

Ofskoon dit vandeesweek ‘n dubbele lesing, oftewel twee parashot is, het ek egeter my kommentaar slegs tot parasha Vayachel beperk.

Eksodus / Shemot {35:10}En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die HERE beveel het: {35:11} die tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke; {35:12} die ark en sy draaghoute, die versoendeksel en die voorhangsel tot bedekking; {35:13} die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en die toonbrode; {35:14} en die kandelaar tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, en die olie vir die kandelaar; {35:15} en die reukaltaar met sy draaghoute, en die salfolie en die reukwerk van speserye, en die bedekking vir die ingang van die tabernakel; {35:16} die brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk; {35:17} die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof; {35:18} die penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne; {35:19} die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien.

Nadat ek hierdie parasha gelees het, kan ‘n mens verstaan wat God bedoel het toe Hy gesê het dat Hy die mens na Sy beeld geskep het. Benewens al ons ander ooreenkomste, kan ons sien wat maak óns soos ons Hemelse Vader: ons is skeppers. Die enigste verskil tussen ons en God, wat skepping betref , is dat God iets uit niks kan skep, terwyl ons daarenteen slegs uit dit wat God reeds geskep het, iets kan skep.

God het, volgens hierdie parasha, Moses beveel om die rou boumateriaal bymekaar te maak, wat nodig sou wees om vir Hom ‘n woning te bou sodat Hy te midde van Sy volk kon wees. God se bedoeling, toe en selfs nou nog, was om onder Sy volk te woon. Sy gevoel hieroor is so sterk, dat Hy eendag – trouens binnekort – in die gedaante van Sy Seun Jesus die Messias, sal terugkeer om presies dít te doen.

Dit is interessant om te besef dat God, die Skepper van iets uit niks, met respek gesê, deur slegs Sy vingers te klap of ‘n enkele word te spreek, vir Homself uit niks ‘n woning kon skep, netsoos Hy die heelal geskep het. Hy kon selfs deur Sy wil ‘n woning laat ontstaan het waarin Hy kon woon; tóg het Hy dit nie gedoen nie. In plaas daarvan, het hy verkies dat die kinders van Israel dit vir Hom doen. Hier is vir my twee beginsels van krag, wat ek as deel van my kommentaar vir hierdie parasha sal verduidelik. Albei beginsels verwys na waarom God verkies het dat die kinders van Israel die tabernakel (Mishkan) bou, pleks dat Hyself dit laat ontstaan het.

Die eerste beginsel:

Spreuke / Mishlei {13:11} Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kry altyd meer.

Hierdie spreuk, soos ons kan sien, het betrekking op die verkryging van geld wat nie deur arbeid verdien is nie, dikwels “swerfgeld” genoem en wat dié spreuk eintlik sê, is dat geld wat nie deur arbeid bekom is nie, net so gou verdwyn as wat dit bekom is. Dus kan dieselfde beginsel geld vir enigiets wat ons nie deur harde werk bekom of werklik verdien het nie. Kom ons wees maar eerlik: dit is deel van ons menslike natuur! Ons waardeer en versorg slegs dít waarvoor ons hard moes werk, méér as dit wat aan ons gegee is, sonder dat ons iets daarvoor hoef te gedoen het. Ongelukkig sluit dit vir sommige mense selfs hul verlossing in. Dit is waarom daar soveel werk-georiënteerde godsdienste en kultusse is. Hierdie aspek van ons natuur, glo ek, is ‘n gevolg van die sondeval van die mens (Adam en Eva).

Genesis / Bereshit {3:17} En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. {3:18} Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. {3:19} In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Die tweede beginsel:

1 Korinthiërs / Korintim Alef {3:7} So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. {3:8} Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. {3:9} Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.

God begeer ons vennootskap met Hom, alhoewel Hy by magte is om alles sonder ons te doen, maar die eintlike rede dat Hy ons geskep het, is dat ons Sy vennote sal wees op die aarde wat Hy vir ons geskep het. Uiteindelik, na die opstanding en Sy wederkoms, sal ons saam met Hom in die heelal regeer.

Openbaring / Hitgalut {20:6} Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Dit is dus, om hierdie twee redes, wat ek glo, God die kinders van Israel laat deelneem het aan die konstruksie van die tempel.

Eksodus / Shemot {35:4} Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het: {35:5} Neem van julle besittings ‘n offergawe aan die HERE. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van die HERE: goud en silwer en koper;

Ons, wat in Jesus die Messias glo, is nou die tempel van God, waarin die Gees van God woon. Daarom is dit steeds die verantwoordelikheid van elke gelowige in Jesus die Messias om God se koninkryk te bou, deur getuienis en die evangelie van verlossing. Ek vertrou dat God in jou ‘n gewillige hart sal vind!

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Saterdag 06 Maart 2010

Moenie Dit Toelaat om Uit te Breek Nie

Wanneer Jy Verhef / Ki Tisa |Afrikaanse Skakel | Engelse Skakel


6 Maart 2010 / Adar 20 5770


Eksodus / Shemot 30:11-34:35

Eségiël / Yechezkiel 36:16-38

1 Korinthiërs / Korintim Aleph 8:4-13


Daar was ongetwyfeld nie 'n tekort aan onderwerpe om van te kies vir hierdie week se parasha nie. Dus kan julle besef hóé moelik dit vir my was om 'n finale keuse te maak, wat ek beskou het tot eer van God sou wees en ook tot seën vir julle, ons lesers. Hier volg dan die Skrifgedeelte waarop ek besluit het:


Eksodus/ Shemot {30:11} Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {30:12} As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan die HERE gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie. {30:13} Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: ‘n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom—die sikkel is twintig gera—’n halfsikkel as offergawe aan die HERE. {30:14} Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, moet die offergawe van die HERE gee. {30:15} Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as ‘n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van die HERE gee om vir julle siele versoening te doen. {30:16} Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die HERE, om vir julle siele versoening te doen.


'n Sensus van die kinders van Israel was altyd met 'n doel, wat deur God bepaal is. Die kinders van Israel mag nooit getel gewees het vir enige ander doel as vir God se doel nie. In die bovermelde Skrifaanhaling lees ons dat die telling met 'n halwe sikkel gepaard moes gaan, wat deur elke persoon gegee is as versoeningsoffer vir sy lewe. Ons word ook vertel dat die betaling van die versoeningsoffer, sou verseker dat geen plaag onder die volk uitbreek nie. Daarbenewens sou dit vir die instandhouding van die tabernakel aangewend word.

Ons onthou hoedat koning Dawid op wispelturige wyse besluit het om die kinders van Israel te laat tel (2 Samuel 24). Ongeag die pleidooie deur sy generaal, Joab, om dit nie te doen nie, het koning Dawid daarmee vooortgegaan – 'n sensus, wat nie deur God goedgekeur is nie – en gevolglik het 'n plaag onder die volk uitgebreek.


Waarom sou ons 'n versoeningsoffer vir ons lewens betaal? Die Hebreeuse woord “kopher” in Engels vertaal, is “versoeningsoffer of losgeld”. Dit is waarvandaan die Hebreeuse woord “kapparah” afgelei is, wat “dekking” beteken. Dit is van toepassing op offerandes wat gebring is as versoening vir 'n sonde wat teen God gepleeg is. Die Tora is egter vol voorskrifte oor hoedat diere aan God geoffer moes word om hierdie doel te vervul. Kan die gawe van geld dan ook as versoening vir sonde dien? Die antwoord daarop is hoegenaamd nee! Waarom sou God dan die betaling van 'n halwe sikkel eis as versoening vir die lewens van die kinders van Israel? Die antwoord hierop is betreklik eenvoudig en behels die aanwending en doel van die betaling van die halwe sikkel.


Eksodus/ Shemot {30:16} Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die HERE, om vir julle siele versoening te doen.


Die betaling van die halwe sikkel op sigself het nie as versoenoffer gedien nie. Geld of die betaling daarvan aan 'n godsdienstige organisasie, kerk of sinagoge, kan nie dien as losprys vir jou siel nie. Wat het die versoenoffer, soos in die bovermelde vers aangedui, dan te doen met hoe die geld aangewend moes word? Die halwe sikkel was vir diens in die tabernakel, waarby ook dienste met die naderkomofferhandes en ander offers (korbanot) gelewer, ingesluit was. Terwyl geld geen mens se siel kan red nie, verduidelik God hier aan ons dat geld tog noodsaaklik is vir die proses van sielsredding. Sonder geld, sou die tabernakel nie behoorlik kon funksioneer nie, die kapparah nie gedoen word nie en diere nie as plaasvervangende offerandes vir die sonde van 'n mens wees nie.


God het die belangrikheid van geld in die algemene proses van redding geweet en ek dink dat ons dit ook moet besef. Sonder behoorlike finansiering sal ons Messiaans-Joodse instellings nie kan onderrig, preek, bedien en getuig nie – nie aan die verlore siele van die huis van Israel of aan die nasies nie. My gebed is dus dat elkeen wat hierdie D'var Totah lees, sy/ haar plig sal nakom om tot hul plaaslike gemeente (kehila) by te dra ten einde die opbouing van die liggaam, die redding van siele en verewiging van die Besora Tova (Goeie Nuus / Evangelie) te verseker. Indien jy versuim om dit te doen, wees dan versigtig dat 'n plaag nie jóú huis tref nie!


Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou