Sondag 28 April 2013

Ondervind jy slapelose nagte?

D’Var Torah 
Op die Berg – Volgens My Veronderinge / Behar – Bechukotai 
Ondervind jy slapelose nagte? 


Levítikus / Vayikra {26:3} "As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, {26:4} sal Ek julle reëns gee op die regte tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. {26:5} En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe oes, en die druiwe oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon. {26:6} Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie."

Ek is oortuig daarvan dat ek op iemand se tone sal trap met my kommentaar op hierdie week se Parasha! Jy sien, in die onderstreepte gedeelte van die Skrif, verwys God na mense wat sal lê en ‘n goeie nagrus geniet. Ons almal besef die belangrikheid van ‘n goeie nagrus. Baie moelikheid, siekte en droefheid is dikwels die gevolg van slapelose nagte. Ongelukkig is slapeloosheid nie ‘n ongewone verskynsel onder gelowiges in Jesus die Messias nie. Vir diegene van julle op wie dit dus van toepassing is – hetsy ‘n chroniese probleem van slapeloosheid of slegs ‘n toevallige probleem, dan is dit noodsaaklik dat ‘n mens van naderby kyk waaraan God slapeloosheid toeskryf. 

Wat God eerstens sê is dat slapeloosheid daaraan te wyte kan wees dat daar nie volgens Sy statute gewandel en Sy gebooie nie onderhou word nie. Die eerste oorsaak van slapelose nagte is dus ongehoorsaamheid.As jy dus geneig is tot slapeloosheid, bestaan die moontlikheid van aanwesigheid van sonde in jou lewe – die sonde van ongehoorsaamheid. Ek weet ons verkeer almal onder die wanindruk dat ons volmaak is en reg optree of ten minste alles wat God van ons verwag, na die beste van ons vermoë nakom. Indien jy egter slapeloosheid ondervind, praat God met jóú en moet jy luister. God wys daarop dat daar sonde in jou lewe is en jou verhouding met Hom nie reg is nie. Onvergewensgesindheid, woede, immoraliteit, hardkoppigheid, bespotting en skinder is maar enkele van die sondes wat tot slapeloosheid mag lei. 

Kom ons kyk nou wat koning Salomo (Shlomo), die skrywer van Spreuke (Mishlei) oor ‘n goeie nagrus sê: 

Spreuke / Mishlei {3:13} “Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; {3:24} as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees. ”. 

Dus, die tweede oorsaak van slapeloosheid is ‘n gebrek aan wysheid en begrip. 

Die Skrif leer ons dat vrees vir God, die begin van wysheid is. Mense wat God nie vrees nie, besef nooit die gevolge van hulle optrede nie. Hulle ontheilig die Tora en regverdig dít wat hulle doen, deur te verklaar dat hulle nie langer onder die “wet” is nie, maar hulle slapelose nagte, vertel aan hulle iets anders. Ware gelowiges in Jesus die Messias koester ‘n gesonde vrees vir God, wat deur hul optrede bewys word. 

Derdens, leer ons van slapeloosheid, soos in beide bovermelde Skrifgedeeltes, onthul word. ‘n Slapelose persoon is met vrees vervul. 

1 Johannes / Yochanan Alef {4:18} “Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie. {4:19} Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het. {4:20} As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? {4:21} En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê”. 

God stel vrees gelyk aan ‘n gebrek aan liefde. Ons eerste verantwoordelikheid is om God lief te hê. Indien ons Hom waarlik liefhet, dan word daardie liefde weerspieël in ons liefde vir ander mense. Liefde vir God gaan gepaard met gehoorsaamheid aan Sy Woord. 

Dit is onmoontlik om te sê dat jy God liefhet en dan ‘n lewe lei wat teenstrydig met Sy gebooie is en waar begrip en wysheid (‘n gesonde vrees vir Hom) ontbreek. Hoe sal jy besef dat jy skuldig is aan die dinge wat ons in hierdie kommentaar bespreek het? Ondervind jy slapelose nagte? 

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Saterdag 20 April 2013

Is jy bereid om jou lewe te verwed?

D’Var Torah 
Na die dood – Heiliges – Acharai Mot – Kedoshim 




Levítikus / Vayikra {18:6} “Lev 18:6 Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE. {18:7} Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder jy mag haar skaamte nie ontbloot nie. {18:8} Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader. {18:9} Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore haar skaamte mag jy nie ontbloot nie. {18:10} Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte. {18:11} Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie. {18:12} Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant. {18:13} Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant. {18:14} Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante. {18:15} Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie. {18:16} Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer. {18:17} Jy mag die skaamte van ‘n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit. {18:18} Jy mag ook geen vrou by haar suster as mededingster byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl dié nog lewe, te ontbloot nie. {18:19} Ook mag jy nie naby ‘n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie. {18:20} En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie. {18:21} En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE. {18:22} Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n mens met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel. {18:23} En jy mag met géén dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. ‘n Vrou mag ook nie voor ‘n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is ‘n gruwelike vermenging. {18:24} Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.”. 

Die Skrifgedeelte wat ek hierdie week aanhaal, is betreklik lank, maar ek vind dit noodsaaklik vir ons om te lees: trouens, om die Skrifgedeeltes wat volg, ook te lees, is ewe belangrik. Wat is dan so betekenisvol? God verstrek aan ons Sy norme van moraliteit. Sekere dinge wat ons hier lees, mag vergesog voorkom: ‘n persoon wat geslagsgemeenskap met ‘n dier het, hoe onsinnig! Die feit is egter dat alles wat ons hier lees, is nie so vergesog of dwaas nie. Ongelukkig is ek bewus van die gemelde afskuwelikhede wat vandag nog in ons samelewing plaasvind. Die mensdom wat met mekaar geslagsgemeenskap het, is egter die minste van wat God ‘n afskuwelikheid noem. 

Kom ons wees eerlik, in soverre dat alles wat in die Skrif hierbo gemeld word, selfs vandag nog plaasvind. Onstellend is die feit dat baie van hierdie gruwels selfs deur regerings en godsdienstige leiers gepleeg word terwyl ons samelewing dit meeste van die tyd aanvaarbaar vind. Erger nog, is dat ons regering die aanvaarbaarheid van sommige van hierdie euwels wettig. Dit is inderdaad verontrustend, om die volgende rede: 

Levítikus / Vayikra {18:24} “Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf. {18:25} So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug. ”. 

Toe God Israel veroordeel en uit die Beloofde Land verban het, het Hy nie ‘n volk regverdiger as hulle gebruik om dit te doen nie – Hy het volkere baie sondiger as hulle gebruik: Asirië en Babilon. 

Daar is tans veel boser nasies wat ons bestaan in veragting bring en ons met ondergang bedreig: Noord-Korea en Iran, om slegs twee van vele te meld. Ons hier in die Weste geniet sulke wonderlike vryheid maar indien God dieselfde is as gister, vandag en vir ewig, verkeer ons as nasie in gevaar om oorweldig te word deur hulle wat sondiger is as ons. Ons het onsself te veel vryhede met óns vryheid veroorloof en sodoende God se gebooie verydel ten gunste van ons eie immorele begeertes. 

Die feit is dat wat ons ookal mag beskou as aanvaarbaar, is in die oë van God ‘n afskuwelikheid. Die vraag ontstaan dus: Is jy bereid om jou lewe en vryheid te verwed op wie reg is? 

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Sondag 14 April 2013

Handhaaf ‘n Tora-perspektief

D’var Torah 
Spreek – Emor 

Matthéüs / Mattityahu 5:43 – 48

Levítikus / Vayikra {21:17}” Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie. {21:18} Want niemand aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie: ‘n blinde of ‘n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie ‘n liggaamsdeel te lank is, {21:19} of iemand wat ‘n been of ‘n arm gebreek het, {21:20} of wat ‘n boggel het of uitgeteer is of ‘n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of ‘n gebreklike skaamdeel het. {21:21} Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie ‘n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. ‘n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie. {21:22} Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet; {21:23} maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat ‘n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig. {21:24} En Moses het dit aan Aäron en sy seuns gesê en aan al die kinders van Israel.”. 

Daar is baie gebooie in die Tora wat tempel-afhanklik is, dit wil sê, wat afhang van ‘n funksionerende tempel in Jerusalem, ten einde van toepassing te wees. Wat ons hierbo lees, is slegs één van sulke gebooie. Dit is ‘n geldige gebod en is steeds deel van die Tora, maar kan egter nie vandag meer streng toegepas word nie. 

Daar is talle sulke wette in lande oor die wêreld heen. In Toronto, Kanada, is daar wette op boek wat nog op perde en koetse van toepassing is, maar op die hedendaagse strate, gevul met motors, geld hierdie wette nie langer nie. Sou die inwoners van Toronto egter ooit terugkeer na die gebruik van perde en koetse, sal die wette wat daarop van toepassing was, wéér geld en dus afdwingbaar wees. Dieselfde geld ten opsigte van hierdie en ander Tora-gebooie wat tempel-afhanklik is. Gevolglik is nie al die gebooie in die Tora vervat, vandag toepaslik nie. 

Ek kan my net voorstel hoedat die menseregte-aktiviste – wat gelyke toegang en gelyke regte eis – sou protesteer. Die feit is dat dit nie soseer oor gelykheid gaan nie – dit gaan oor ‘n soewereine God wat wette neerlê aangaande wie Hom mag nader om Hom in die tempel te dien en wie daartoe verbied word. Indien die betrokke aktiviste dus hierdie gebod bevraagteken, bevraagteken hulle inderwaarheid opperheerskappy van God om reëls en regulasies neer te lê wat die wêreld, wat Hy geskep het, te regeer; trouens, ek kan sonder twyfel sê dat diegene wat hierdie gebod bevraagteken, in werklikheid besig sou wees om die ware bestaan van God in twyfel te trek. Dit is die probleem met ons huidige liberale samelewing: die Bybel en die gebooie wat daarin vervat is, word bevraagteken en onder die skyn van gelyke regte, word die Tora van God ongeldig verklaar en die bestaan van God as’t ware ontken. 

Ons samelewing het nie soseer ‘n vuurwapen- of misdaadprobleem nie – ons het inderdaad ‘n God-probleem. Ons verkose amptenare het God, by wyse van wetgewing uit ons skole, uit die regering, uit ons howe en basies uit die land geban, met die gevolg dat ons nou die wrange vrugte van ‘n godlose samelewing pluk. 

Ongelukkig, is daar géén hoop op verbetering nie. 

Sodra ons die oppermag van God, om reëls en regulasies, wat Hy nodig ag, bevraagteken, stel ons ons lewens bloot aan ongehoorsaamheid. Die Bybel is ‘n boek wat ons sonder die geringste bevraagtekening móét aanvaar. Onthou: ons is die skepsels en Hy is die Skepper. Indien ons met hierdie perspektief volstaan, sal dit in ons lewens goed gaan. 

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Saterdag 13 April 2013

Met die sonde afgereken

D’Var Tora 
Tazria – Metzora 



Levítikus / Vayikra {14:1} “Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {14:2} Dit is die wet van die melaatse op die dag van sy reiniging. Hy moet na die priester gebring word, {14:3} en die priester moet buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is, {14:4} moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voëls en sederhout en skarlakendraad en hisop moet bring. {14:5} Die priester moet ook bevel gee dat hulle die een voël in ‘n erdepot oor vars water slag. {14:6} Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en dié en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is. {14:7} En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewe maal sprinkel en hom reinig, en die lewendige voël moet hy oor die oop veld laat wegvlieg. {14:8} Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en ‘n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly. {14:9} En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.” 

Ek het dikwels gewonder waarom – as deel van die rituele reiniging van persone met melaatsheid – hulle vereis is om nie slegs hulle klere te was en bad nie, maar ook al hulle hare af te skeer. 

Soos ons bewus is en soos wat ek oor die jare heen geleer het, staan leprose vandag as “Hansen se siekte” bekend. Dit word deur ‘n bakterie veroorsaak en is hoofsaaklik ‘n inflammatoriese gewassiekte van die periferale senuwees en slymvlies van die boonste respiratoriese lugweg. Velskade is die primêre uiterlike teken. Indien dit onbehandel gelaat word, kan dit progressief raak en permanente skade aan die vel, senuwees, ledemate en oë veroorsaak. 

In teenstelling met bygelowe, veroorsaak leprose nie dat liggaamsdele afval nie alhoewel dit tog gevoelloos kan raak of andersins aangetas word vanweë sekondêre infeksies. Dit vind plaas as gevolg van die liggaam se beskermingsmeganisme wat deur die primêre siekte in gevaar gestel word. Sekondêre infeksies, daarenteen, kan wel verlies van weefsel tot gevolg hê, waardeur vingers en tone verkort en misvormd raak, waneer kraakbeen deur die liggaam geabsorbeer word. Soos ‘n mens dus kan aflei, is dit geensins ‘n “aangename” siekte nie, maar waarom moes die hare afgeskeer word? 

Die rede is dat hare besonder aangetas word deur leprose en derhalwe moes hare tot by die wenkbroue afgeskeer word vir ingeval ‘n oorblyfsel van leprose nog daarop kon voorkom. 

Indien ons besef dat leprose deur God oor iemand gebring is – die nadraai en gevolg van sonde – dan kan ons begryp waarom God die geringste voorkoms van sonde van die persoon se liggaam wou laat verwyder. Niemand kon deur die reinigingsproses gaan indien daar nog oorblyfsels van sonde op hulle liggaam was nie. 

Dit leer ons ‘n baie belangrike waarheid. Tydens ons eredienste, kom talle mense vir voorbidding, om genesing te vra of vir ander persoonlike behoeftes, maar hulle het egter nog nie al die sonde in bulle lewe afgelê nie. Sonde mag in die eerste plek heel moontlik die siekte of probleem veroorsaak het en indien nie daarvan afgesien word nie, sal God hulle beslis nie genees nie. Wanneer hulle siekte of probleem aanhou, is dit vir hulle maklik om God te blameer en vir Hom kwaad te wees omdat Hy hulle gebede nie verhoor het nie. Hulle mag selfs sover gaan om die persone wat vir hulle voorbidding gedoen het, te beskuldig dat hulle nie guns in God se oë gevind het nie, terwyl hulle self die eintlike probleem is, in soverre hulle nagelaat het om elke teken van “leprose” uit hul lewens te verwyder. Voordat jy dus vra om reiniging, maak eers seker dat jy van die sonde afgesien het. 

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou