Tazria
(Rituele Reinheid En Onreinheid)
Levitikus {12:1} "VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê: {12:2} Spreek met die kinders van Israel en sê: As ’n vrou swanger word en ’n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees. {12:3} En op die agtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word."
Parasha Tazria handel oor die rituele wette van reinheid en onreinheid. Dit is dus vanselfsprekend, dat volgens die bogemelde Skrifgedeelte, hierdie wette van toepassing is op ‘n persoon se deelname aan die tabernakel – of Tempeldiens maar nie op ons sinagogedienste van vandag betrekking het nie. Laat ons weer dié verse lees:
Levitikus {12:4} "Dan moet sy drie-en-dertig dae in die reinigingsbloed bly. Aan niks wat heilig is, moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is."
Die kadosh- (heilige) voorwerpe waarna hierin verwys word, is die gebruiksartikels, die offers en ander items wat tydens die diens in die Tempel gebruik is. Dit beteken dus dat al hierdie wette uitsluitlik op die Tempel betrekking gehad het, maar aangesien daar geen Tempel meer in Jerusalem is nie, die betrokke wette vandag nie op ons betrekking het nie. Dit beteken egter geensins dat die wette, in die toekoms wanneer die Tempel herbou is nie van krag sal wees nie. Die rede hiervoor is dat dit die voorwaardes beskrywe waarvolgens ‘n persoon die Heilige God mag nader, wanneer Hy in die Tempel teenwoordig is. Volgens die profeet, Esegiël, sal daar weer in Jerusalem ‘n Tempel wees en dat God in hierdie Tempel teenwoordig sal wees. Dan sal die wette van rituele reinheid en onreinheid weereens van toepassing wees.
Derhalwe mag dit vir ’n persoon maklik wees om te sê dat hierdie hele Parasha van geen belang is nie. Indien julle hierdie sienswyse handhaaf, stel ek voor dat julle dit heroorweeg, aangesien dit tog in ons lewens belangrik is! Ons behoort hierdie Parasha meer as slegs wette sonder toepaslikheid te beskou; trouens na my mening, hou dit veband met ontsag ofte wel dit wat vir ‘n Heilige God aanneemlik of onaanneemlik is. Ek het nog nooit ‘n vrou wat menstrueer of ‘n nuwe moeder die reg ontsê om aan ons gemeentediens deel te neem nie. Selfs toe ek ‘n gemeenteleier was, sou ek nooit voorgestel het dat hierdie Parasha vandag geen betrekking op ons het nie. Dit hou wel verband in soverre dat te veel gelowiges sonder die nodige ontsag teenoor God optree. In hierdie opsig, kan ek net verduidelik dat alhoewel ek my vader gewoonweg as “pappa” aangespreek het, dit my nooit die reg gegee het om hom oneerbiedig te behandel nie. Dikwels wanneer ek uit my beurt gepraat of hom op ‘n ongeskikte wyse geantwoord het, het hy my daaraan herinner dat hy nie een van my vriende was om so sonder respek aangespreek te word nie nie. Hy was immers my vader en het nie verdien om so oneerbiedig behandel te word nie, ongeag die feit dat ek hom “pappa” genoem het.
Romeine { 8:15 } "Want julle het nie ontvang ’n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!"
Hierdie gedeelte kan mense moontlik die indruk gee dat ons God “Pappa” kan noem en Hom dus familiêr aanspreek. In die Bybelse Hebreeus kan “Abba” hoegenaamd nie as “Pappa” vertaal word nie, maar eerder as “Liefdevolle Vader”. God is ons Liefdevolle Vader en nie ons “Pappa” nie en daarom moet ons teenoor Hom met uiterste gesag optree. Ontsag behoort in elke aspek van ons lewe te blyk – of ons in die sinagoge (of kerk) is of nie.
Hierdie Parasha behoort ‘n wekroep tot alle gelowiges te wees. God bepaal Sy eise en Sy manier om dinge te doen – daarom is ons verplig om dit te bestudeer, verstaan en toe te pas in ons verhouding met Hom, of dit beginsel is of nie, maar dan toepaslik volgens wet!
Kom gou Jesus!
![]() |
| PDF weergawe |



