27 November 2010 / Kislev 20 5771
En Hy Het Gelewe / VaYeshev
Handelinge / Ma’asei Talmidim 7:9-16
Genesis / Bereshit {38:1} “In dié tyd het Juda afgetrek, van sy broers af weg, en uitgedraai na ‘n man van Adúllam met die naam van Hira. {38:2} En Juda het daar die dogter van ‘n Kanaänitiese man gesien met die naam van Sua; en hy het met haar getrou en by haar ingegaan. {38:3} En sy het bevrug geword en ‘n seun gebaar, en sy het hom Er genoem. {38:4} Daarna het sy weer bevrug geword en ‘n seun gebaar en hom Onan genoem. {38:5} En sy het nog weer ‘n seun gebaar en hom Sela genoem; en hy was in Kesib toe sy hom gebaar het. {38:6} En Juda het vir Er, sy eersgeborene, ‘n vrou geneem, en haar naam was Tamar. {38:7} Maar Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag. Daarom het die HERE hom laat sterwe. {38:8} Toe sê Juda vir Onan: Gaan in by die vrou van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer ‘n nageslag. {38:9} Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie. {38:10} En dit was verkeerd in die oë van die HERE wat hy gedoen het; daarom het Hy hom ook laat sterwe. {38:11} Toe sê Juda vir Tamar, sy skoondogter: Bly ‘n weduwee in die huis van jou vader totdat my seun Sela groot is. Want hy het gedink: Anders sterwe hy ook soos sy broers! So het Tamar dan gaan woon in die huis van haar vader.”
Waarom kom hierdie verhaal voor in die middel van die Bybelse verslag oor Josef? Die verhaal van Juda en sy skoondogter Tamar, hou skynbaar geen verband met die voorafgaande verslag oor Josef nie. Waarom sou God dit dan hier ingevoeg het?
Voordat ons begin, vergun my egter om te sê dat Josef se ontvoering deur sy broers en uiteindelike verkoop aan die Midianiete, deur God so beskik was. Alles wat veronderstel was om te gebeur, het wel presies so plaasgevind – selfs die gedeelte waar Juda die winsgewende skema voorgestel het om eerder sy broer te verkoop as om hom in ‘n droë put van die dors te laat omkom!
Ek meen dat dit die rede is waarom die verhaal van Juda en Tamar hier ingevoeg is: Juda was bestem om ‘n leier onder die kinders van Israel te word. Deur hom sou die koninklike afstamming ontstaan waaruit Jesus die Messias gebore sou word. Die volgende Skrifgedeeltes het derhalwe op Juda se posisie betrekking:
Lukas / Uri {12:48} “Luk 12:48 maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.”
En
Eksodus / Shemot {21:16} “En hy wat ‘n mens steel en hom verkoop—of as hy in sy besit gevind word—dié moet sekerlik gedood word.”
Juda se sonde met Tamar, het hom blykbaar uitgewys en God se oordeel was dus op hom. In plaas daarvan dat Juda gesterf het, het sy seuns egter die prys (dood) betaal.
Juda het met ‘n Kanaänitiese vrou getrou, wat ek vermoed, God se besluit om die kinders van Israel uit die land Kanaän te verwyder en in Egipte te vestig, bespoedig het. In Egipte sou die kinders van Israel nie ondertrou nie as gevolg van die Egiptenare se vooroordeel teen hulle. Die kinders van Isarel was herders en skaapherders wat Egiptenare met weersin vervul het. Gevolglik sou die kinders van Israel – alleen en op hul eie – vermeerder tot die volk wat God belowe het hulle sou word.
Eksodus / Shemot {34:12} “Neem jou in ag dat jy geen verbond sluit met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ‘n strik by jou word nie. {34:16} en jy sal van sy dogters neem vir jou seuns, en sy dogters sal agter hulle gode aan hoereer en jou seuns agter hulle gode aan laat hoereer. ”
Juda se ontmoeting en ervaring met Tamar het ook die effek van verootmoediging op hom gehad en juis dit het ‘n vername rol gespeel ter voorbereiding van sy toekomstige verootmoediging en belydenis voor die onder-koning van Egipte – sy broer, Josef!
Daar is natuurlik vir ons almal lesse te leer uit Juda se ervaring met Tamar en dit is waarskynlik die rede waarom hierdie gedeelte ingevoeg is. Die eerste les is bevestiging van die Skrif, wat soos volg lui:
Genesis / Bereshit {20:5} “Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;”
Die tweede les hou met die eerste verband in soverre ons daarop gewys word hoe belangrik dit is om gehoorsaam te wees en God se gebooie uitdruklik na te kom.
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou