D’Var
Torah
Die
heiliges – Kedoshim
Levitikus / Vayikra {20:8} “En onderhou my
insettinge en doen dit. Ek is die HERE wat julle heilig. {20:9} Want elkeen wat sy vader of moeder vloek,
moet sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy bloedskuld
is op hom. {20:10} En as iemand owerspel
doen met ‘n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat
owerspel doen, sekerlik gedood word. {20:11}
En as ‘n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van
sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is
op hulle. {20:12} En as ‘n man met sy
skoondogter gemeenskap het, moet hulle altwee sekerlik gedood word. Hulle het
‘n gruwelike vermenging bewerk. Hulle bloedskuld is op hulle. {20:13} En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap
het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle
moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle. ”.
Nadat ek die bovermelde Skrifgedeelte van
hierdie week se parasha deurgelees het, loof ek God dat Hy Jesus die Messias
gestuur het om vir my sondes te sterf, want indien Hy nie gekom het nie en ek
nog in die Bybelse tye geleef het, sou ek gesterf het: gestenig omdat ek ten
minste één van die gemelde sondes gepleeg het.
Dink net daaraan. Ek is oortuig daarvan dat baie
van ons wat vandag reeds gered is, een of ander tyd skuldig sou gewees het aan
ten minste één van die sondes wat in vandeesweek se les gemeld word. Indien ons
dus in die Bybelse tye geleef het, sou daar vir ons geen geleentheid tot berou
gewees het nie. Daar is in die Skrif absoluut geen aanduiding om ‘n diere-offer
aan te bied as plaasvervanger vir die gemelde sondes nie – slegs om gestenig te
word. Soos reeds genoem, het ek in een van dié sondes verval – dus sou ek onder
‘n doodstraf verkeer het met geen hoop op begenadiging nie.
Indien daar ooit ‘n onderskeid tussen die Tora
en die Hernieude Verbond (Brit Chadasha) was, is dit juis dit! Loof God dat
ontugtiges, egbrekers, mense wat bloedskande pleeg, homoseksueles en
soortgelyke oortreders, nou berou kan hê, gered word en van allerbelang “Weer
Gebore” word. Aan hulle word ‘n tweede geleentheid gegun vanweë die dood en
opstanding van Jesus die Messias.
1 Korinthiërs / Korintim Alef {6:9} “Of weet
julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
{6:10} Moenie dwaal nie! Geen
hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of
diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk
van God beërwe nie. {6:11} En dit was
sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar
julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse
God. ”.
Wat Paulus (Shaul) hier skryf, sou drieduisend
jaar gelede onmoontlik gewees het. Ons uitroepe van: “Ek is jammer, ek het
berou, ek smeek God om vergifnis”, sou op dowe ore geval het terwyl hulle ons
weggesleep het om gestenig te word.
Dit maak my beangs omdat ek mense ken wat nog
steeds of in die verlede betrokke was in die bovermelde sondes, maar dit nog
nie berou nie, God nog nie om vergifnis gesmeek het nie en Jesus die Mesias nog
nie as hulle Here en Redder aanvaar het nie. Ofskoon niemand vandag meer
gestenig word nie, verkeer hulle vanweë hulle sonde steeds onder die
doodsvonnis van God. Loof God egter vandag, omdat solank daar nog lewe is, daar
hoop is. Nadat ek Jesus die Messias as my Here en Redder aangeneem het, het my
hele lewe verander. Alhoewel ek nog in my vlees ly vanweë die gevolge van my
vorige lewenstyl, word my gees daagliks vernuwe en getuig ek vrymoediglik aan
ander wat tans nog vasgevang is in die soort sondes waarin ek betrokke was. Ek
hoop dat hulle ook die lig sal sien, bely, berou ervaar en Jesus die Messias as
hulle Here en Redder aanneem!