Vrydag 29 November 2019

Denkbeeldige Strepe

Toldot
(Geslagte)


Genesis / B’Reshet {26:6} "So het Isak dan in Gerar gebly. {26:7} En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou — anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien. {26:8} En toe hy al ’n lang tyd daar was, kyk Abiméleg, die koning van die Filistyne, deur die venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou. {26:9} En Abiméleg het Isak geroep en gesê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ja, ek het gedink ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor! {26:10} En Abiméleg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad en jy ’n skuld oor ons gebring het!"

Die “Ek Ook” - beweging in onlangse tye, het beklemtoon hoe boos en immoreel die wêreld is waarin ons vandag lewe. Die wêreld was egter so vanaf die begin van tyd. Op één tydstip was dit so erg dat die Here die hele mensdom moes vernietig deur ‘n vloed en slegs ses mense is geskik bevind om dit te oorleef. Ons weet nie presies wat die mate van boosheid was waarin die wêreld toe verkeer het nie. Dit moes veel erger gewees het in vergelyking met wat ons vandag verduur dat die Here so drasties opgetree het. Boosheid van hierdie omvang, sal egter weer die aarde teister; dit sal ‘n boosheid wees wat die Here sal besiel om die ganse aarde te vernietig, maar hierdie keer met vuur.

2 Petrus / Kefa Bet {3:10} "Maar die dag van die Here sal kom soos ’n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.{3:11} Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — {3:12} julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt."

Ten spyte van die boosheid in die wêreld sedert die tyd van Adam en Eva, dui die gedeeltes in Genesis 26:6-10 aangehaal, dat daar altyd in een of ander vorm, ‘n skyn van moraliteit was. Koning Abimeleg was ‘n Filistyn ‘n afgod-aanbidder en het beslis nie geweet of geglo in die God van Israel nie, maar tog vind ons in hierdie Parasha die volgende verklaring deur hom aan Isak:

Genesis / B’reshet {26:10} "En Abiméleg sê: Wat het jy ons nou aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad en jy ’n skuld oor ons gebring het!"

Voordat ek in Jesus die Messias geglo het, was my lewe gevul met allerlei sondige dade; moreel, finansieel en spiritueel (deur spiritueel, bedoel ek dat ek by die okkult betrokke was). Nietemin, ten spyte van my onskuldige aard, was daar dinge, beslis sondige dade (dinge wat my vriende gedoen het), wat ekself nooit sou gedink het om te doen nie of selfs gedink het om in dáárdie tyd te doen nie. Ek was immoreel, oneties en sondig, tog sou ek neergekyk het op mense wat dinge gedoen het wat ek gedink het ek nooit sou doen nie. So onskuldig (naief) soos wat ek was, het ek egter gevind dat ek dit eindelik tog ook sou doen.

Die Filistyne was ‘n bose, moordadige, immorele volk. Tog lees ons hier oor iets wat hulle nie sou doen nie of tenminste, koning Abimeleg gedink hy nie sou doen nie.Hy het geweier om by ‘n ander man se vrou te slaap. Is dit nie netsoos ons is om ons morele, etiese en spirituele perke te kies en keur nie? “Ek sal dít doen, maar nooit dát nie. Ek sal mense op hierdie wyse behandel, maar nooit op daardie wyse nie. Ek sal nooit soos so en so wees of doen wat hulle doen nie. Dan sowat ‘n jaar of twee later, vind ons dat ons presies doen wat ons in die verlede as ondenkbaar beskou het. Dit is hoedat sonde te werk gaan - dit is hoe die Satan op ons inwerk! 

Die enigste wat hierdie sondesiklus kan breek (dit het vir my gewerk), is om Jesus die Messias as julle Heer en Redder aan te neem: “Heer”, deur julle lewe aan Hom oor te gee en “Redder”, deur Hom met julle siele te vertrou. Dit is die enigste hoop wat enigeen het om bevry te word van ‘n lewe van morele, etiese en spirituele boosheid.

Beskou jy jouself as nie juis so’n slegte persoon nie? Moontlik is dit omdat jy jouself met ander slegte mense vergelyk in plaas daarvan om jouself met God en Sy norm, soos in Sy Bybel uiteengesit, vergelyk. In die verlede het ek myself ook met ander vergelyk en myself as ‘n nie te slegte persoon beskou nie. Ek het myself oortuig dat ek nie sulke vreeslike dinge soos my vriende en kennise sou doen nie, maar tog gevind dat ek dit wel doen. Ek sou waag om te sê dat dít is wat die moordadige afgodsaanbidder, Abimeleg, miskien van homself gedink het toe hy Isak bersipe en die streep getrek het deur nie by ‘n ander man se vrou te slaap nie. Ongelukkig is dít wat baie mense doen; hulle trek denkbeeldige strepe ten opsigte van hulle eie moraliteit totdat hulle sonde in die lig van Jesus blootgelê word. Dit is dán wanneer hulle besef dat hulle intussen hulself bedrieg het. 

Kom gou Jesus!

 PDF weergawe
PDF weergawe





Vrydag 22 November 2019

Jesus se Gebooie

Chayei Sarah
(Sara Het Gelewe)


Genesis / Bereshit {23:7} "Toe staan Abraham op en buig hom voor die volk van die land, voor die seuns van Het; {23:8} en hy het met hulle gespreek en gesê: As julle dit goedvind dat ek my dode van my af weg begrawe, luister dan na my en doen vir my ’n goeie woord by Efron, die seun van Sohar, {23:9} dat hy aan my gee die spelonk van Magpéla wat aan hom behoort, wat aan die end van sy stuk grond lê; laat hy dit vir die volle som aan my gee, dat ek ’n graf onder julle mag besit. {23:10} En Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord Efron, die Hetiet, vir Abraham voor die ore van die seuns van Het, van almal wat in die poort van sy stad ingegaan het: {23:11} Nee, my heer, luister na my. Die stuk grond gee ek aan u; ook die spelonk wat daarin is, dit gee ek aan u; voor die oë van die seuns van my volk gee ek dit aan u; begraaf u dode. {23:12} Daarop het Abraham hom voor die volk van die land neergebuig {23:13} en met Efron gespreek voor die ore van die volk van die land: Ja, as dit u is, ag, luister na my! Ek gee die geld vir die stuk grond; neem dit van my aan, dat ek my dode daar kan begrawe."

Ek is daarvan oortuig dat ons almal al die gesegde gehoor het:”Jy mag niks ontvang vir niks” en dit wil voorkom asof Abraham met dié uitdrukking bekend was. Hy het waarskynlik besef dat alles teen ‘n prys kom en al het dit miskien gunstig geklink, “Ontvang jy niks vir niks”. Om hierdie rede, glo ek, het hy daarop aangedring om Efron te betaal vir die plek om Sara te begrawe. Moontlik het hy vermoed dat om dit vry te ontvang, daar iets verborge ter sprake sou wees. Soos ons weet, was dit nie die eerste keer dat Abraham geweier het om iets vir niks te ontvang nie.

Genesis / Bereshit  {14:21} "En die koning van Sodom sê vir Abram: Gee my die mense, maar neem die goed vir uself.{14:22} Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,  {14:23} dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.  {14:24} Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem."

In hierdie geval het Abram - soos hy vroeër bekend gestaan het - in werklikheid dít verdien waarvoor hy geveg en as oorlogsbuit gewen het. Selfs toe, wou Abram niks vir niks ontvang nie. Interessant genoeg is dit ‘n baie goeie beginsel en iets wat ons almal behoort na te streef omdat die realiteit is dat ons niks vir niks ontvang nie, of ontvang ons wel iets?

Efesiërs / Efesos {2:8} "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; {2:9} nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie."

Ons is almal terdeë bewus dat redding ‘n vrye gawe is, ons verdien dit nie en ons hoef niks te doen om dit te verkry nie (anders as om dit vry van God te ontvang nie). Is daar egter selfs aan die vrye gawe van redding enige voorwaardes verbonde? Kan ons die gesegde van “jy ontvang niks vir niks” op die beginsel van redding toepas? Dit mag jou verbaas om te verneem: Ja,ons kan! Redding is slegs die eerste stap in ons persoonlike verhouding met God en natuurlik die mees belangrike stap, maar dit eindig nie daar nie. Die apostel Paulus deel ons soos volg mee:

Fillipense / Pilifim {2:12} "Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;"

Daar is ‘n aantal vereistes nadat ons die vrye gawe van redding van die Here ontvang het; daaronder is om te sterf aan die self en die juk van Jesus die Messias op ons te neem. Indien ons ooit daarin wil slaag om ons eie redding uit te werk met vrees en bewing, dan is dit noodsaaklik om aan die self te sterf. Om aan die self te sterf, behels dat ons persoonlike behoeftes en vleeslike begeertes opsy geskuif word en ons lewens leef wat geheel-en-al onderworpe is aan die behoeftes van Jesus die Messias. Dit sal insluit om ‘n God-gesentreerde lewe te lei, met ander woorde, om God altyd eerste te plaas: vóór familie, vriende, werk, sport, en besittings.

Matthéüs / Mattityahu {11:29} "Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; {11:30} want my juk is sag en my las is lig."

Wat het Jesus bedoel met hierdie stelling? Ek glo dat Hy met die “ligte juk”, na die Tora verwys het. My rede hiervoor is tweeledig. Eerstens sê Jesus:

Johannes / Yochanan {14:15} "As julle My liefhet, bewaar my gebooie."

Soos ons weet, is Jesus die Messias God in die vlees. As sulks sal Sy gebooie Tora wees. Om hierdie feit verder te boekstaaf, sê Jesus vir ons:

Matthéüs / Mattityahu {22:37} "En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. {22:38} Dit is die eerste en groot gebod. {22:39} En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself."

Deur dit te sê, het Jesus daarna verwys deur die hele Tora te vereer. Die eerste gebod wat hy vermeld het, omvat al die onderrig van die Tora, in besonder die mens se verhouding tot God. Die tweede gebod, wat Hy vermeld het, dek al die Tora - onderrig in besonder die mens se verhouding tot sy naaste. Deur hierdie twee gebooie uit te lig, het Jesus ons beveel om die hele Tora te onderhou. Die juk waarna Jesus in Matthéüs {11:20} verwys,verwys ook na die Tora. Hieruit kan ons dus afsluit met:

Deuteronomium / Devarim {30:10} "as jy na die stem van die HERE jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die HERE jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel. {30:11} Want hierdie gebod wat ek jou vandag beveel, is vir jou nie te swaar nie en is nie ver nie. {30:12} Dit is nie in die hemel nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die hemel opklim en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? {30:13} Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy moet sê: Wie sal vir ons na die oorkant van die see oorvaar en dit vir ons gaan haal en ons dit laat hoor, dat ons dit kan doen? {30:14} Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen."

Gevolgtrekking: God se karakter word deur Sy Tora aan ons openbaar en as gelowiges in Jesus die Messias behoort ons daarna te streef om soos Hy te word; Sy karakter aan te neem. Die enigste manier om dit te doen, is om Hom daadwerklik in ons lewens in te sluit, wat beteken dat die Tora op ons harte (Jeremia {31:33}) geskryf moet wees. Daarom kom redding - al is dit ’n vrye gawe - met verantwoordelikhede! Wanneer ons eenmaal gered is, word van ons verwag om ons redding uit te leef deur die daadwerklike insluiting van die Tora in ons lewens asook deur die juk van Jesus te aanvaar, wat ook die Tora is. Ongelukkig het Judaïsme die Tora ’n swaar las gemaak en het die Christendom dit grotendeels verwerp vanweë misverstand en misinterpretasie; indien die Tora egter behoorlik toegepas word, sal dit ‘n ligte juk wees, soos wat Jesus gesê het, dit sou wees.    

Kom gou Jesus!

 PDF weergawe




  

       

Vrydag 15 November 2019

Naasteliefde

VaYera
(En Hy Het Verskyn)

2 Petrus/Kefa Bet 2:4 – 11

Genesis / BeReshit {19:1} “EN die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe {19:2} en gesê: Kyk tog, my here, draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor en was u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal op die plein vernag. {19:3} Maar hy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle ’n maaltyd berei en ongesuurde koeke gebak, en hulle het geëet. {19:4} Hulle het nog nie gaan slaap nie toe die manne van die stad, die manne van Sodom, die huis omsingel: jonk en oud, die hele bevolking, almal saam. {19:5}En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken. {19:6} Daarop gaan Lot na hulle toe uit voor die ingang en sluit die deur agter hom toe {19:7} en sê: My broers, moet tog nie kwaad doen nie. {19:8} Kyk tog, ek het twee dogters wat geen man beken het nie; laat ek dié na julle uitbring, en doen met hulle soos dit goed is in julle oë. Net aan hierdie manne moet julle niks doen nie, want daarom het hulle onder die skaduwee van my dak ingekom.”

Ek gaan eerstens kommentaar lewer oor die verse aan die begin van hierdie Parasha, waar Abraham met God onderhandel het om Sodom te spaar. Ek het al dikwels gewonder waarom Abraham nie aangehou het om met God te beding oor die aantal regverdiges in Sodom en Gomorra om van die vernietiging gespaar te word nie. Waarom het hy by tien opgehou en nie verder na miskien drie nie? Ek veronderstel dit was van die begin af die Here se bedoeling om Lot en sy gesin te spaar maar verder almal te vernietig vanweë hulle goddeloosheid; soos wat Hy eweneens met Noag se geslag gedoen het. Die vraag is maar was selfs Lot dit werd om gered te word? Oor die algemeen sou mense “NEE” kon gesê het, omdat hy so gewillig was om sy twee dogters op te offer om seksueel misbruik te word in ruil vir die twee gaste aan wie hy skuiling gebied het. Die feit is egter, op grond van die bovermelde verse, dat hy dit wel werd was! Waarom? Omdat hy aangebied het om sy twee dogters in plaas van sy gaste aan hulle te oorhandig, was hy ‘n man van eer.

Ek is al dikwels gevra waarom Lot gewillig was om sy maagdelike dogters op te offer om sodoende sy twee gaste te spaar. Hierdie twee manne was vir hom vreemdelinge en tog was hy bereid om om sy twee dogters in hulle plek te stel om hulle te te beskerm teen misbruik. Lot was geensins bewus daarvan dat dié twee manne engele was nie, so waarom het hy dit gedoen? Die antwoord, na my mening, is eer. Die Tora leer ons om ons naaste lief te hê soos onsself. Dit leer ook ons ook om vreemdelinge goed te behandel. Lot se oom, Abraham, was bekend vir sy gasvryheid en ek is oortuig daarvan dat Lot sy Tora-maniere by hom geleer het. Wat egter hier geleer word, strek verder as gasvryheid - dit spreek tot die hart, oor hoeveel ons ons naaste moet lief hê.

Ek glo dat die Here ons leer deur Lot se bereidwilligheid om sy dogters in plaas van hierdie twee vreemdelinge op te op te offer, iets is, wat na my mening, baie min, indien enige van ons, sou gedoen het. Deur dit te gedoen het, het Lot aan ons bewys wat dit beteken om jou naaste waarlik so lief te hê soos jouself. Dit is dié soort liefde wat bereid is om iets kosbaars (selfs ons kinders) op te offer, om ‘n ander persoon te red.

As ouers, besef ek die tyd, liefde en aandag wat dit vereis om kinders groot te maak. Ons kinders is bloot ‘n verlengstuk van onsself. Lot se dogters was jonk, ofskoon hulle verloof was; dus met in agneming van die ouderdom waarop meisies in daardie jare getrou het, moes albei reeds ouer as dertien gewees het. Daarom is minstens dertien jaar se ouerliefde en vertroeteling deur Lot en sy vrou, bestee aan die grootmaak van hierdie twee dogters Dink dus baie ernstig na oor wat Lot bereid was om op te offer deur liefde vir sy naaste te betoon en stel julle voor hoedat julle sou reageer het in ‘n soortgelyke situasie. Vra jouself dan af : “Is ek werklik so lief vir my naaste as vir myself ? “ 

Jesaja / Yeshayahu {55:7} "Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. {55:8} Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. {55:7} Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes."

Verstaan julle dit? Ek dink nie Lot was tenminste in hierdie opsig, so regverdig nie, en ek glo ook dat hierdie hele insident deur God beplan was om Lot te toets. Kom ons kyk na die feite: Lot was nie veronderstel om Ur saam met sy oom, Abraham, te verlaat nie. Die Here het Abraham beveel om sy land, sy familie en sy vaderhuis te verlaat, wat nie geïmpliseer het dat hy Lot moes saamneem nie. Daar moes dus ‘n geldige rede vir daardie opdrag gewees het en dit was inderdaad so: Lot was nie ‘n aanwins vir Abraham nie - waarom het Abraham hom dan saamgeneem? Abraham was kinderloos; hy en sy vrou was reeds op ‘n gevorderde leeftyd, Lot se vader was al oorlede en dus moes Abraham hom as sy toekomstige erfgenaam beskou. God het egter ander ander planne vir Abraham en Sara gehad en dit het Lot uitgesluit.

Lot se ware hart, wat selfsugtig en selfgesentreerd was, het geblyk toe hulle twee saamgestem het om te skei en Lot die beste deel van die land vir vir homself gekies het, sodat Abraham sy gang moes gaan en oorleef in die dorre Negev. Hy het sy oom se senioriteit nie gerespekteer nie en beslis nie liefde teenoor hom bewys nie. 

Sou God toegelaat het dat Lot se dogters gemolesteer word - waarskynlik ja, want as Lot nie sy dogters in plaas van die twee manne (engele) aangebied het nie, sou hulle in elk geval saam met al die goddelose mense van Sodom en Gemorra gesterf het. Deur sy finale daad van eer en onselfsugtigheid, het Lot egter homself verlos en sodoende sy lewe en die lewens van sy dogters gespaar.

Ek hoop van harte dat ons hierdie les van Lot geleer het omdat ons dit ‘n beginsel is wat dikwels in die Skrif vir ons herhaal word. Deurdat Lot sy gasvryheid aan hierdie twee vreemdelinge bewys het, het hy nie slegs aan hulle ‘n plek gebied om te bly nie, maar hulle terselfdertyd beskerm; hy het inderwaarheid ‘n plegtige belofte nagekom.

Psalms / Tehillim {15:1} "'n PSALM van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg? {15:2} Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek; {15:3} wat nie rondgaan met laster op sy tong nie, sy vriend geen kwaad doen en geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie; {15:4} in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;"

Kom gou Jesus!

 PDF weergawe

Vrydag 08 November 2019

Volg Hom

Lech Lecha
(Gaan Uit) 


Genesis / B’Reshet {12:1} “EN die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.”

In bybelse tye was dit nie ‘n algemene gebruik vir ‘n familie om hulself te ontwortel en om geen rede na ‘n ander gebied te trek nie. Meeste mense se rykdom en sosiale status het afgehang van hoeveel grond hulle besit het en die grootte van hulle kudde. Vir Terach (Abram se vader) om op te pak en met sy familie uit Ur te trek, wat ‘n stad van grootte en aansien was, na Haran - ‘n betreklik onbekende verafgeleë stad - verleen aan ‘n mens ‘n geringe aanduiding van die sosio-ekonomiese status van Abram se familie. Hulle was óf behoeftig en het nie hulle eie grond besit nie óf hulle was nomadies met ‘n minimum kudde. Nogtans het hulle lank genoeg in Ur van die Chaldeërs (die huidige Irak) gewoon, waar Abram groot geword en met Sarah getroud is. Terwyl hulle in Haran gewoon het, het daar nou van nêrens af ‘n Stem vir Abram beveel om sy besittings op te pak, sy lewe dáár agter te laat, uit sy vader se huis en familie weg te gaan na ‘n onbekende plek, ‘n vreemde onbekende land. Abram is beveel om te gaan maar was geheel en al onbewus van waarheen hy moes gaan. Wat sou julle in sy situasie gedoen het? Meeste van ons sou twyfel oor wat ons besig was om te hoor; ons sou selfs gedink het dat ons nie reg gehoor het nie en nie verder daarop ag geslaan en nie getrek het nie. Dit was egter nie die geval met Abram nie. Hy het sy besittings bymekaar gemaak en sondermeer die instruksies van die Stem gevolg en weggetrek.

Ons moet nou onthou dat Abram nie Joods was nie en heelwaarskynlik soos almal in Ur, ‘n afgod aanbid het. Ur was ‘n stad wat daarop geroem het dat die maangod aldaar aanbid is, met die gevolg dat dit onwaarskynlik was dat Abram enige vorige verhouding of selfs kennis van die God van Israel sou gehad het. Nietemin het hy, nadat hy die Stem van God gehoor het, dit gehoorsaam en ‘n God gevolg wat hy nooit eers geken het nie en ‘n Stem - die God van Israel -  wat hy nog nooit voorheen gehoor het nie.

Daar is ’n Skrifgedeelte, wat anti-sendelinge soos “Jode vir Judaisme”, gebruik om die Brit Chadasha (Nuwe Testament) te kritiseer. Hulle gebruik dit ten opsigte van onvermoedende en marginale gelowiges om te bewys dat Jesus nie die beloofde Messias was nie; trouens, hulle gebruik hierdie gedeelte as bewys dat die Nuwe Testament nie deur God geïnspireer kon gewees het nie omdat, volgens hulle “God nooit van ‘n persoon sou verwag om so ’n meedoënlose, wrede ding te doen nie.” Daardie Skrifgedeelte is:

Matthéüs / Mattityahu {10:37} “Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. {10:38} En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie.”

Daar is geen manier dat Abram die God van Israel meer kon liefgehad het as sy moeder en vader nie, omdat hy Hom nie eers geken het nie. Wat sou julle dink van ‘n God, Wie julle nie geken het nie; ‘n God wat so’n onredelike opdrag vereis het? Sou julle van Hom gedink het as gevoelloos en meedoënloos en Hom geïgnoreer het? Wel, Abram het nie! Hy het homself net met oortuiging en almal na aan hom verlaat en God gevolg. Ek meen dit kon van Abram gesê word dat hy sy kruis (die kruis om alles waarmee hy vertroud was te verlaat, alles wat gerieflik was, agter te laat) opgeneem en God na die onbekende gevolg het.

In ruil vir die feit dat hy geluister het na die Stem van God en gehoorsaam was aan die aan die opdrag, het die Here ‘n baie besondere belofte aan Abram gemaak.

Genesis / B’Reshet {12:2} “En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees. {12:3} En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.”

Is dit nie interessant nie, want kyk wat Jesus die Messias vir almal wat Hom meer liefhet as vir ‘n vader of moeder; sê:

Matthéüs / Mattityahu {19:29} “En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.”

Wat Jesus in die Nuwe Testament sê, is basies dieselfde as wat die Tanach (Hebreeuse Skrifte) in B’reshet sê. Dit is omdat dit dieselfde God is wat dit in beide gevalle sê. Ja, die God van die Tanach en die God van die Brit Chadasha is dieselfde God. Enigeen wat deur die teendeel beïnvloed word deur anti-sendelinge of enigiemand anders wat dit betref, word mislei. Jesus het ‘n teregwysing gehad vir organisasies soos die “Jode vir Judaïsme”, ons hedendaagse eiewyse Fariseërs. Hy het gesê : 

Matthéüs / Mattityahu {23:15} “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ’n kind van die hel, twee maal erger as julle self.”

Ek dink dit is die anti-sendelinge vir wie ons moet versigtig wees en nie die Messiaanse Jode nie. Sou julle nie saamstem nie? In elkgeval, Jesus het nie haat teenoor ouers bepleit nie; Hy het bloot feite gestel. Enigeen of enigiets wat tussen ons en ons verhouding met God kom, sal uiteindelik veroorsaak dat daardie verhouding skipbreuk lei en ons onwaardig maak vir ‘n verhouding met Hom. Ons kan nie verdeelde lojaliteite hê wat God betref nie; Hy moet eerste in ons lewens wees en alles anders tweede. Die feit is dat hierdie één van die vernaamste beginsels van die Tanach en Juadisme is.

Deuteronomium / Devarim {6:5} “Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.”

Ek meen hierdie gedeelte kwalifiseer as ‘n opdrag van God om niemand vóór Hom te stel nie; nie vader, nie moeder, selfs nie eers kinders nie. Kyk gerus daarna! Ons kan ook dieselfde teks (Matthéüs 10:37) gebruik om te verifieer dat Jesus aanspraak maak om God te wees, iets wat die anti-sendelinge ontken dat Hy ooit daarop aanspraak gemaak het !

Kom gou Jesus!


 Lees Parasha

Vrydag 01 November 2019

God by Ons

Noach
(Noag)


Genesis/B’Reshet {6:14} “Maak vir jou 'n ark van goferhout. Jy moet vertrekke in die ark maak en dit binne en buite met pik dig maak. {6:15} Jy moet dit soos volg maak: die lengte van die ark moet honderd vyf en dertig meter wees, sy breedte twee en twintig en 'n half meter en sy hoogte dertien en 'n half meter. {6:16} Jy moet 'n dak vir die ark maak en sy nok moet jy vyf en veertig sentimeter hoog maak. Verder moet jy 'n deur aan die kant van die ark insit en 'n onderste, middelste en boonste verdieping maak."

Ek vind hierdie Skrifgedeelte absoluut wonderlik. Hierdie drie verse is die omvang van die opgetekende instruksies wat die Here aan Noag gegee het vir die konstruksie van ‘n 137 meter (450 voet) lange, by veertien meter (45 voet) hoë driedekskip Wat selfs meer verstommend is, is dat Noag hierdie skip gebou het in ‘n gebied waar daar geen oseaan of selfs ‘n meer was nie. Noag het waarskynlik nog nooit ‘n boot, wat nog ‘n skip gesien nie! Toegegee, dat baie mense geglo het dat die skip soos ‘n groot vragboot was, maar hy het ook nog nooit ‘n vragboot gesien nie of selfs geweet wat ‘n vragboot was nie.

Meeste van ons sou gesê het: “Onmoontlik dat Noag hierdie ark kon gebou het, dit moet ‘n fabel wees!” Ongelukkig is dit so dat meeste Christene wat die Tanach (Hebreeuse Geskrifte) lees, van mening is dat die meeste stories daarin slegs fabels is. Hulle dink dat dit blote leertoerusting as grondslag vir die lewe is en die Here dit juis gebruik om ‘n saak of konsep, verstaanbaar vir die leser, te maak, baie soortgelyk aan die Gelykenisse van Jesus. Niks kon egter meer werklik gewees het as die ark nie en die Here het hierdie ware gebeurtenis gebruik om ons van Sy karakter te leer; dit toon aan ons God se toewyding om die regverdiges te red en die boosdoeners te oordeel. Julle kan seker wees dat Moses hierdie massiewe vragboot gebou het wat hom gehuisves en gered het, asook sy familie en al die verskillende soorte diere wat op die aarde was!

Met ons beperkte verstand, is dit moeilik vir ons om te begryp dat hierdie persoon wat nie in die fyn kuns van bootbou opgelei is nie, moontlik enigiets kon bou wat op water drywe. Dit is moontlik vir ons nog moeiliker om te begryp dat hierdie persoon die logika van waterverplasing sou kon verstaan, so ook gewigverspreiding en ballans, sodat die boot nie sou omkantel nie. Daarbenewens bestaan daar in die Skrif geen aanduiding dat die Here vir Noag in die hemel sou ingenooi en die bootplanne aan hom voorsien het nie, volledig met ‘n gedetaileerde lys van materiaal, soos wat Hy met Moses gedoen het toe Hy aan hom die opdrag om die Mishkan (Tabernakel in die wildernis) te bou, gegee het nie. Dit sou blyk, wat ons in die Skrif lees, dat Noag op homself aangewese was vir hierdie projek, maar Noag was egter nie alleen nie. Sy seuns het aan hom hulp verleen, maar belangliker nog, Noag het ook ‘n ander Helper gehad. Die Skrif gee aan ons ‘n wenk wie daardie Helper was. 

Genesis/B’Reshet {6:9} "Hier volg die verhaal van Noag. Noag was 'n regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef."

Noag is slegs die tweede persoon in die hele Bybel, wat aan ons gesê word, dat hy met God gewandel het. Die ander een was Henog.

Genesis/B’Reshet {5:22} "En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog driehonderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad."

Die Here het Abraham versoek om sonder blaam voor Hom te wandel, maar nêrens in die Skrif word gemeld dat Abraham die vlak bereik het van waar die Skrif van hom kon sê dat hy met God gewandel het nie.Dus om met God te wandel en prysenswaardig in die Skrif daarvoor vermeld te word, moet dit iets baie spesiaal beteken.

Dit vereis toewyding om met God te wandel. Verder vereis dit ook ‘n innerlike besluit wat ‘n mens toelaat om aanhoudend te luister na die innerlike ingewing deur die Heilige Gees. Henog het met God gewandel en as gevolg daarvan, nie gesterf nie. Noag het met God gewandel en gevolglik was hy die enigste man op aarde wat uitgekies is, om die vloed te oorleef en hy kon sy gesin saamneem. Die lewe as ‘n gelowige word dikwels verwys na “wandel met God” en ons word in die Skrif dikwels soos volg daartoe aangespoor: 

Efesiërs/Efosos {5:15} "Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;"

Ons wandel as ‘n gelowige in Jesus die Messias word verduidelik om in volmaakte gehoorsaamheid aan die Wil en Woord van God te lewe. Hoeveel van ons doen dit werklik? Hoeveel van ons glo dat God van ons sê dat ons met Hom wandel?

2 Konings/Malachim Bet {20:3} "Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ’n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween."

Na my mening is hierdie Skrifgedeelte die beste beskrywing van ons wandel as gelowiges. Ons wandel vóór Hom en nie mét Hom nie. Om met God te wandel, blyk ‘n uitdrukking te wees van iets meer intiem, meer soos twee vriende wat loop en saamgesels en mekaar se mees intieme innerlike langs die pad ervaar. Sowel Noag as Henog het hierdie soort verhouding met die Here gehad. Dus kan ons aflei dat Noag ‘n intieme omgang met die Here gehad het; trouens, dit is wat die eenvoudige stelling “Noag het met God gewandel”, beteken.

So was Noag alleen in sy projek om hierdie ongelooflike, skynbaar onmoontlike ark te bou? Nee, die Heilige Gees het hom gelei en die Here was elke tree van die weg by hom, omdat Noag met God gewandel het. 

Matthéüs/Mattityahu {19:26} "Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik."

Kom gou Jesus!

PDF weergawe