Behar
(Op die Berg)
Levitikus / VaYikra {25:25} “As jou broer verarm en van sy besitting verkoop, moet sy losser wat sy nabestaande is, kom en hy moet los wat sy broer verkoop het. {25:26} En as iemand geen losser het nie, maar dit kan bekostig en genoeg vind vir die lossing, {25:27} moet hy die jare bereken dat dit verkoop is, en wat oorskiet, moet hy aan die man aan wie hy verkoop het, teruggee en dan na sy besitting teruggaan. {25:28} Maar as hy nie genoeg vind om dit terug te koop nie, moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar toe; maar in die jubeljaar moet dit vry word, en hy moet na sy besitting teruggaan. ”
Elkeen van ons ervaar een of ander tyd moeilike tye. ‘n Mens hoef nie ver te soek om te sien hoe waar dit is nie – kyk maar wat in die Verenigde State van Amerika plaasvind! Vanweë die ekonomiese resessie, is baie mense werkloos en ly daaronder. Juis as gevolg van hierdie ongunstige ekonomiese omstandighede, kan vele mense nie hul verpligtinge met betrekking tot verbande nakom nie en verloor hulle hul woonhuise. Gesinne, ouers met hul kinders, word uit hul huise gesit – sommige selfs met geweld – moontlik nie deur hul eie toedoen nie, maar as gevolg van ‘n nasionale sonde van gierigheid. Ja, gesinne met kinders, wat voorheen in rykmanswoonbuurte gewoon het, word deur dié ongunstige ekonomiese toestand wat deur gierigheid gepropageer is, gedwing om in goedkoop eenkamer-motelle te woon of selfs in hul motors te slaap. Hulle leef daagliks van die hand na die mond. Mans en dames wat vroeër bogemiddelde salarisse verdien het, moet nou die minderwaardigste moontlik beskikbare werk verrig om net te kan oorleef.
Almal ondervind soms moeilike tye, maar sou dit nie wonderlik gewees het as die Verenigde State van Amerika en, wat dit betref, alle wêreldlande die Tora gehoorsaam en aan die Bybelse opdragte (soos hierbo) uitvoering gegee het nie? Indien die Tora die landswet was, sou hierdie mense die hoop kon hê om eendag na hul huise en die plek waar hulle kinders grootgemaak is, terug te keer. Hulle sou daarna kon uitsien om terug te gaan na waar hulle grootliks hul lewe deurgebring het – alles sou nie verlore gewees het nie! Daar sou nog geleentheid gewees het om van hul skade te herstel. Sou dit nie ideaal gewees het nie?
Die lewe is siklies: een jaar is teëspoedig en die volgende voorspoedig. Meen julle nie ook dat dit die rigting behoort te wees waarheen ‘n verligte en sorgsame wêreld moes beweeg nie? In plaas daarvan, beweeg die wêreld in die teenoorgestelde rigting. Die “Sharia”-wet – wat die Moslem- of Islamitiese wet is – word oorweeg en toegepas in verskeie state van die Verenigde State asook in ander nie-Moslem-lande oor die wêreld heen! ‘n Wet wat ‘n agtjarige seuntjie in Iran se arm deur ‘n motor laat afry het, as straf omdat hy ‘n brood gesteel het; ‘n wet wat die regte van ‘n vrou misken en mans begunstig, soos in Nigerië waar ‘n vrou gestenig word vir owerspel, maar die man wat daarby betrokke was, ongestraf gelaat het en ‘n wet wat moorde ter wille van eer toelaat. Dit is wat die leiers van ons vrye wêreld toelaat in plaas van om die Tora toe te laat en die navolging van die voorskrifte daarvan, aan te moedig. Sou julle meen dit is vanweë anti-Semitisme of is net téén God of bloot uit vrees vir weerwraak deur die Moslem-gemeenskap?
Die dag sal nog aanbreek waarop daar geen geregtigheid op aarde sal wees nie. Kranksinnigheid sal die wêreld oorneem. Dit is ‘n feit dat, met die Sharia-wet wat geleidelik ons provinsies, state en lande infiltreer, ons inderdaad nader aan daardie kranksinnigheid is as wat ons werklik besef.
Donderdagaande word hier by Melech Yisrael se Schacharit-oggend-biddiens ‘n gebed gebid wat elke oggend in meeste sinagoges regoor die wêreld plaasvind. Dit lui soos volg (vry vertaal):
Kom gou Jesus!