Saterdag 27 Augustus 2022
Die Emanasies van God
Donderdag 18 Augustus 2022
Het Jy Hom Lief?
Sondag 14 Augustus 2022
Liefde
![]() |
| PDF weergawe |
Donderdag 04 Augustus 2022
Gehoorsaamheid
Gehoorsaamheid
Deuteronomium {1:20} “Toe het ek vir julle gesê: ‘Ons het nou die Bergwêreld van die Amoriete bereik. Die Here ons God gee dit vir ons. {1:21} Kyk, die Here julle God stel die land tot julle beskikking. Trek in, neem dit in besit soos die Here die God van julle voorvaders julle beloof het. Moenie bang wees nie, moenie huiwer nie.’ {1:22} “Julle almal het toe na my toe gekom en gevra ons moet manne voor ons uit stuur dat hulle die land vir ons kan verken en ons kan kom inlig oor die pad wat ons moet vat en oor die stede waarheen ons op pad is. {1:23} Ek het gedink dis 'n goeie plan en ek het twaalf man uit julle gekies, een uit elke stam.”
Die hele insident steek my dwars in die krop. Wat het van Moses se geloof geword? Het hy dan nie iets geleer toe hy veronderstel was om tot die rots te spreek in plaas van om daarteen te slaan nie? Duidelik nie! Was Moses steeds so besig dat hy weereens nie na God geluister het nie? Die Here het uitdruklik vir hom gesê dat die kinders van Israel die land van die Amoriete sou verower en dat dit ‘n goeie land was. Waarom sou Moses dan saamstem met die voorstel om verspieders te stuur ten einde te bevestig wat die Here alreeds aan hom meegedeel het? Dit was na alles, God se land, ‘n goeie land en hulle sou dit besit- einde van die verhaal!
Deuteronomium {6:1} “Dit is die wet, die voorskrifte en die bepalings, wat die Here julle God my beveel het om vir julle te leer, sodat julle daarvolgens kan lewe in die land wat julle in besit gaan neem.”
In hierdie Skrifgedeelte het Moses die kinders van Israel gewaarsku om God nie op die proef te stel nie - hier het hy die Here egter getoets deur verspieders uit te stuur. In die Nuwe Testament, toe aan Sagaria gesê is dat hy ‘n seun sou hê, wie hy Johannes moes noem, het hy die engel van God nie geglo nie. Sagaria het gevra vir ‘n teken van bevestiging; hy het nie aanvaar wat aan hom meegedeel is nie, selfs al het die woord van God af gekom. Hy het ook die Here op die proef gestel. Dít het God kwaad gemaak en Hy het Sagaria met stomheid getref, tot ná die geboorte van sy seun.
Die Here het ons baie dinge in Sy Woord geleer. Veel daarvan kan regstreeks op ons lewens toegepas word: tog betwyfel baie van ons Hom. Ons verlang bevestiging, tekens en wonders in plaas daarvan om net te glo en vertrou wat die Here in Sy Woord geskryf het.
Meeste kommentators is van mening dat dit die tien verspieders was wat daartoe gelei het dat die kinders van Israel vervloek is deur doelloos vir veertig jaar rond te swerf in die wildernis; trouens, Moses het egter die volk beskuldig, soos ons in die volgende verse sien:
Deuteronomium {1:26} ““Maar julle wou nie optrek nie. Julle het julle verset teen die opdrag van die Here julle God. {1:27} Julle het in julle tente bly sit en mor, en julle het gesê: ‘Omdat die Here ons haat, het Hy ons uit Egipte laat trek om ons aan die Amoriete oor te gee sodat hulle ons kan uitroei.”
Let op die “julle het gerebelleer” en “julle het gemurmureer”, deur Moses te gebruik, asof hy niks daarmee te doen gehad het nie! Dit is heel moontlik, selfs waarskynlik, dat die volk nooit in opstand sou gekom of gemurmureer het nie as Moses sy vertroue in die Here geplaas het en die kinders van Israel slegs na die grens van die Beloofde Land gelei en hulle beveel het om in te gaan en die land in besit te neem, soos wat hy beveel is. Maar nee! Moses het God op die proef gestel en daardeur homself en die volk aan sonde blootgestel.
As ‘n leier, neem ek hierdie les, wat ek uit Parasha Devarim ontvang het baie ernstig op. Ek bestudeer die Woord van die Here, lees dit van voor tot agter, eenmaal elke jaar. Ek maak my vertroud met alles wat die Here gesê het en alles wat Hy belowe het en dan, na die beste van my vermoë, volstaan ek by Sy Woord - selfs wanneer ander my aanspoor om Hom op die proef te stel.
Daar is geen waarborg dat die kinders van Israel Moses se finale woord sou aanvaar het om die Here te glo en Hom daarom te volg in die land nie; ‘n land, moet ek sê, wat hulle s’n was om te neem - hulle kon in elkgeval nog in opstand gekom het. Maar ons sal nóu nooit weet nie, sal ons? Ten minste nie totdat ons almal in die Hemel ontmoet nie.
Hoeveel het ons nie al gedwaal vanweë ons gebrek aan geloof in God nie en Hom nie op Sy Woord geneem nie? Hoeveel maal het ons gebrek aan vertroue, gebrek aan geloof, nie al daartoe gelei dat ons die Here op die proef gestel het nie? Soms wonder ek hoe anders my lewe sou gewees het, as ek geheel-en-al, te alle tye, die Here op Sy Woord geneem het, maar dan weer, ek sal nooit weet nie, of sal ek?, ten minste nie totdat ek God in die Hemel ontmoet nie!
Kom gou Jesus!
![]() |
| PDF weergawe |





