Balak
(Balak)
Waarskuwings
Numeri {22:28} “Toe laat die Here die donkie praat, en die donkie sê vir Bileam: “Wat het ek jou aangedoen dat jy my nou al drie keer geslaan het?” {22:29} Bileam antwoord toe: “Jy hou my vir die gek. As ek 'n swaard by my gehad het, het ek jou doodgemaak.” {22:30} Toe sê die donkie vir Bileam: “Is ek nie die donkie waarop jy nog altyd gery het nie? Maak ek altyd so met jou?” en Bileam antwoord: “Nee!””
Diegene van my tydgenote, uit die Verenigde State, sal waarskynlik die televisiereekse “Mister Ed” onthou. Vir almal wat dit nie gesien het nie, was dit oor ‘n perd wat gepraat het. Dit was ‘n baie gewilde program, waarin gaskunstenaars van die kaliber van Clint Eastwood voorgestel is. Die vertoning was aangepas uit ‘n reeks kortverhale oor ‘n pratende perd, deur Walter R. Brooks, in 1937 geskryf. Ek kan dit nie verseker sê nie, maar dit sou my nie verbaas het as hy die patent van ‘n pratende perd verkry het uit die Bybelse verslag oor Balak se donkie nie.
Ons weet dat diere nie kan praat nie, alhoewel dit al beweer is dat diere sekere menslike klanke kan namaak of ‘n paar menslike woordklanke kan weergee, maar ‘n dier kon nog nooit ‘n gesprek voer, soos Bileam se donkie nie. Ja, selfs Mr. Ed kon nie werklik praat nie.
Indien ‘n mens selfs oor duisende jare nie daarin kon geslaag het om ‘n dier in sinne te laat praat nie, hoe kon Bileam se donkie dan praat? “Die Here het die bek van die donkie geopen…” Dit was nie die donkie wat gepraat het nie, maar die Here wat deur die donkie gepraat het. Dit is natuurlik geen groot openbaring nie - die Here kan enigiets doen! Dit was egter nie die pratende donkie wat my geïnteresseer het nie - dit was wat die donkie gesê het, wat my aandag aangegryp het. “Is ek nie jou esel waarop jy lewenslank tot vandag toe gery het nie? Was dit ooit my gewoonte om so met jou te doen?” Dit is duidelik dat God vir Bileam wou toon dat hy sy donkie nie geken het nie, selfs nadat hy sy hele lewe lank daarop gery het. ‘n Mens sou kon dink dat Bileam teen hierdie tyd al sy donkie se karakter en gewoontes moes geken het. Ongelukkig het hy nie en dit het het byna sy lewe gekos.
Wat probeer God ons hier wys? Daar moet beslis in hierdie Skrifgedeelte ‘n eenvoudige betekenis wees, wat ek glo, ‘n boodskap vir ons in dié voorval geleë is. Die Here het uitdruklik vir Bileam belet om na Balak te gaan. Dit was egter eers na die verontagsaming van die eerste Nee en terwyl hy Hom herhaaldelik gevra het, het God eindelik met voorbehoude ingestem. Nou, terwyl hy met sy donkie na Balak gery het, het die Here ‘n engel gestuur om in sy pad te staan. Die donkie sien die engel maar Bileam is nie bewus van sy teenwoordigheid nie. Eers het die donkie van die pad afgedraai in die veld in en toe dit Bileam nie gekeer het nie, het die donkie Bileam se been teen ‘n muur beseer, wat ook nie gewerk het nie. Eindelik het die donkie onder hom gaan lê, maar steeds was Bileam onbewus van die engel se teenwoordigheid. Dit was nie voordat die donkie gepraat het nie, dat God Bileam se oë geopen het.
Wat sal dit van God verg om ons aandag te kry? Wat is dit in ons lewens wat ons doen terwyl ons weet wat verkeerd is: dinge wat ons wel besef dat ons buite die wil van God lewe, maar ons volhard in elk geval daarmee! So dikwels in ons lewens kies ons ‘n afdraaipad wat nie deur die Here goedgekeur word nie. Hy het die een boodskap na die ander gestuur deur my herhaaldelik te waarsku deur middel van mense wat ek behoort te vertrou het, maar ek was steeds oortuig daarvan dat ek reg was en het gevolglik daarmee volhard. Selfs nadat ek ook teen ‘n muur geslaan is, was ek nogtans vasberade en het ek versuim om rond te kyk vir ‘n ander pad daarom heen. Ek het gedink dat ek reg optree totdat God eendag vir my ‘n “donkie” gestuur het, iemand wie se opinie ek die minste sou respekteer, om my te berispe en skielik is my oë geopen en het ek besef op watter gevaarlike pad ek op was.
Ja God spreek vandag tot ons en soms gebruik hy die mees onortodokse wyses om dit te doen. Dit mag nooit ‘n pratende donkie wees nie maar soos in my geval, mag dit van iemand of iewers kom waar ‘n mens dit die minste verwag. Die mees opvallende wyse, egter, wat God tot ons spreek, is deur Sy geskrewe Woord. Die Bybel is vol waarskuwings, vermanings, en wat ons mag en nie mag doen nie, maar soos Bileam, gee ons gehoor daaraan of neem ons God en Sy waarskuwings as vanselfsprekend?
Dit is jammer dat Bileam nie sy getroue donkie na soveel jare se diens geken het nie. Ek kan verstaan waarom die Here kwaad genoeg vir hom was deur die donkie se bek te open om hom te bestraf. Meeste van alles egter, was dit ‘n skande om ‘n donkie te gebruik om Bileam se hart bloot te lê. Bileam het sy donkie as vanselfsprekend aanvaar en baie van ons doen dieselfde met die Here. Hy vertel ons soveel oor Homself in Sy Woord maar baie van ons, soos Bileam en sy donkie, ken Hom nie ten spyte van die feit dat Hy ons lewe aan ons gegee het.
Psalm {81:13} “Daarom het Ek hulle laat begaan in hulle koppigheid en hulle het hulle eie sin en wil gevolg.”
Kom gou Jesus!
![]() |
| PDF weergawe |


