Saterdag 30 Mei 2009

Vleis en Groente

Paasfees / Shavuot | CMY Afrikaans skakel | CMY English Link

30 Mei 2009 / Sivan 7th 5769
Deuteronómium / Devarim 14:22-16:17
Númeri / BaMidbar 28:26-31
Hábakuk / Chavakkuk 3:1-19
Handelinge / Ma'asei Talmidim 2:1-21

Hierdie is 'n besondere oordenking vanweë die "Fees van Weke", (Chag Shavuot) wat vanjaar op 'n Sabbat val. Paasfees is een van "Die Drie Pelgrimsfeeste". Al die mans moes op hierdie feesdag voor God in die tempel in Jerusalem verskyn.
Omdat Paasfees 'n oesfees is en omrede die Skrif vir ons sê:

Deuteronómium / Devarim {16:10} "Dan moet jy die fees van die weke hou vir die HERE jou God ooreenkomstig die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee, namate die HERE jou God jou sal seën. {16:11} En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon."

Tot vandag in die land Israel - selfs sonder die tempel - word hierdie fees steeds gevier as 'n oesfees, met mandjies vol somervrugte, groente, graan en broodprodukte wat seremonieel aan die Here voorgelê word. Deur die afwesigheid van die tempel, hoef alle mans nie meer voor God in Jerusalem te verskyn nie. Julle kan nietemin seker wees daarvan dat wanneer die Mesiaanse Tempel deur Jesus die Messias opgerig word, met Sy wederkoms, die verskyning van alle mans vóór God, weereens van toepassing sal wees.
Terwyl ek vandeesweek se oordenking deurgelees het, het 'n ander gedeelte van die Skrif my opgeval. Deesdae, lei die Here my om teen vegetarisme te preek. In die verlede het ek julle geleer dat om 'n vegetariër te wees, onbybels is. Ek het ook julle aandag gevestig op die feit dat afgodiese sektes, die "New Age" - godsdiens asook Hinduisme inkluis, vegetarisme voorskryf, wat na my mening voldoende bewys is dat dit nie van God kom nie. Ek mag moontlik in die proses van my onderrig, deur iemand gekonfronteer word met Skrifverse uit Daniël {1:16} en Romeine {14:2 - 3). Dus wil ek graag aan hierdie twee gedeeltes aandag skenk:

Daniël / Daniel {1:16} "So het dan die bediende hulle spys en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en aan hulle groente gegee."

Vir die nie-Jood sal dit voorkom asof Daniël en sy vriende vegetariërs was, wat hoegenaamd onwaar is - hulle was kosjer! Hierdie jong Joodse manne is van hul huise weggevier, waar hulle nooit nie-kosjer voedsel geëet het nie, na 'n stad en paleis, waar almal slegs nie-kosjer kos geëet het. Vanselfsprekend het hulle, as Godsvresende manne geweier om die nie-kosjer-lekkernye, wat hul wegvoerders aan hulle voorsien is, te eet en verkies om alleenlik groente te eet. Dit was trouens hul enigste alternatief vir kosjer! God het hulle vereer vir hul verbondheid aan Sy kosjer-wette en hulle daarvoor fisies, sosiaal en polities begunstig. Wanneer in die boek Daniël verder gelees word, word gevind dat Daniël verhoog is tot 'n vername posisie aan die hof van die heidense koning en toe die mag gehad het om kosjer-vleis te bekom, omdat hy weereens vleis begin eet het.

Romeine / Romim {14:2} "Die een glo dat ‘n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente. {14:3} Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem."

Soos met afgodiese godsdienste vandag nog, was daar mense wat gedurende die tyd van Paulus, vegetarisme beoefen het as deel van hul gosdiens. Toe hierdie mense tot geloof in Jesus die Messias gekom het, het hulle dit moelik gevind om van die ou gewoonte om nie vleis te eet nie, af te sien. Paulus het dus geestelik volwasse gelowiges versoek om nie neer te sien op die onvolwasse gelowiges nie, en hulle nie te verag omdat hulle swak in hul geloof is en slegs groente eet nie. Hierdie Skrifgedeeltes kondoneer hoegenaamd nie vegetarisme nie - iets wat Paulus geweet het onbybels was - maar dit het die brose geloof van nuwe gelowiges beskerm, wat ons almal ook in gedagte moet hou.
Wanneer rokers die geloof aanvaar en aanhou rook, moet ons ook nie op hulle neersien en hulle veroordeel nie, maar eerder besef dat hulle nog swak in hul geloof is en wanneer hulle, deur voordurende groei in Jesus, versterk sal word en eindelik met hierdie onbybelse gewoonte breek.
Indie julle steeds nie oortuig is dat vegetarisme nie van God is nie, dan is die volgende deel van die Skrif uit hierdie week se Oordenking onteenseglike bewys dat God wil hê dat Sy kinders vleis moet eet:

Deuteronómium / Devarim {15:19} "Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die HERE jou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie. {15:20} Voor die aangesig van die HERE jou God moet jy dit jaar vir jaar eet op die plek wat die HERE sal uitkies, jy en jou huis. {15:21} Maar as daar ‘n liggaamsgebrek aan is—lam of blind, enige lelike gebrek—dan moet jy dit nie aan die HERE jou God offer nie; {15:22} in jou poorte mag jy dit eet, die onreine en die reine saam, soos die gemsbok en die takbok. {15:23} Net die bloed mag jy nie eet nie; jy moet dit op die grond uitgooi soos water."

Congregation Melech Yisrael All rights Reserved

Saterdag 23 Mei 2009

Wees Seker van Jou Ewige Bestemming

In die Woestyn / BaMidbar | CMY Afrikaans skakel | CMY English Link


23 Mei 2009 / Iyar 29th 5769

Numeri / BaMidbar 1:1-4:20

1 Samuel / Sh'muel Aleph 20:18-42

Romeine / Romim 9:22-33


Numeri / Bamidbar {1:1} "Verder het die HERE met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê: {1:2} Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof; {1:3} van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron. {1:4} En met julle saam moet daar van elke stam ‘n man wees, ‘n man wat hoof is van sy families. {1:5} En dit is die name van die manne wat julle moet bystaan: Vir Ruben: Elísur, die seun van Sedéür; {1:6} vir Símeon: Selúmiël, die seun van Surísaddai; {1:7} vir Juda: Nagson, die seun van Ammínadab; {1:8} vir Issaskar: Netáneël, die seun van Suar; {1:9} vir Sébulon: Elíab, die seun van Helon; {1:10} vir die kinders van Josef: vir Efraim: Elisáma, die seun van Ammíhud; vir Manasse: Gámliël, die seun van Pedásur; {1:11} vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideóni; {1:12} vir Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai; {1:13} vir Aser: Págiël, die seun van Ogran; {1:14} vir Gad: Éljasaf, die seun van Réhuel; {1:15} vir Náftali: Ahíra, die seun van Enan."

Met die aanvang van ons studie oor die Boek Numeri, het iets, met die deurlees van "Oordenking: In die Wildernis", my opgeval. Dit was God se versoek aan Moses om al die stamme van Israel te tel. Dit het my ook beïndruk hoedat die name van elke stam vir altyd in die Skrif aangeteken is. Hier kan ons nou, der duisende jare later die name van mens van geslagte gelede, lees en uitspreek soos wat God Moses in hierdie boek laat opteken het.

Dit is egter nie die enigste plek in die Skrif waar die name van mense opgeteken is nie. Ons vind dwarsdeur die Bybel name van mense wat vir ewig vir ons en vir toekomstige geslagte opgeskryf is, om te lees en onthou vir al die tye wat nog sal kom; sommige van hierdie name is ten goede en ander ten kwade aangeteken. Ons word ook dwarsdeur die Bybel vertel dat God boeke in die Hemel het, waarin die name van ons almal opgeskryf is.

Psalm / Mizmor {69:28} "Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie."

Maleagi / Malachi {3:16} "Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is ‘n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer."

Filippense / Pilifim (Philippians) {4:3} "En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek van die lewe is."

Verdere verwysing na boeke in die Hemel, waarin die name opgeteken is, word minstens vyfmaal in die boek Openbaring [3.5; 13.8; 17.8; 20.12; 22.19} vermeld. Ek glo dus dat ons almal daarvan seker kan wees dat God ook ons name ten goede of ten kwade iewers in een van Sy hemelse boeke geskryf het. Dit bly dáár opgeteken, nie net vir alle geslagte om te sien en lees nie nie, maar vir alle ewigheid om te sien en lees. Indien dit so is - die Skrif bevestig dit - en as my naam in 'n boek in die hemel opgeteken is om vir ewig gesien te word, dan wil ek seker wees dat dit in 'n boek ten goede geskryf is.

Nou die dag, tydens 'n bespreking met 'n ongeredde Joodse man, is my opinie oor redding gevra. Hy wou weet of ek glo dat, as iemand wat nie Jesus die Messias as Versoening, Here en Redder aanvaar het nie te sterwe kom, hy hel toe sou gaan. My antwoord was: "Ek weet nie wat in die hart van 'n mens aangaan nie, slegs God weet dit. Ook sal niemand wat sterf ,voor my vir oordeel te staan kom nie. Elkeen sal voor God staan en aan God rekenskap van sy lewe gee. Dit is dan wanneer bepaal sal word of sy naam in die Boek van die Lewe geskryf is al dan nie. Daar is egter één manier om volkome seker te maak dat jou naam in die Boek van die Lewe geskryf sal word en dit is om Jesus die Messias as jou enigste Versoening, Here en Redder te aanvaar, Sodoende sal jy, wanneer jy op jou oordeelsdag, uiteindelik vóór God in die hemel staan, seker wees dat jy die ewigheid by God in die hemel sal deurbring."

Handelinge / Maasei HaTalmidim (Acts) {16:30} "En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? {16:31} Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin."

Is jy onseker oor jou ewige bestemming (hemel of hel)? Is jou naam in die Boek van die Lewe geskrywe? Weet verseker dat dit daar geskryf is deur Jesus die Messias te vra om jou enigste Versoening te wees sodat jou sondes vergewe mag word. So sal jy sonder twyfel weet dat jou sonde vergewe en jou ewige bestemming gewaarborg is.

Congregation Melech Yisrael All rights Reserved

Wees Seker van Jou Ewige Bestemming

In die Woestyn / BaMidbar | CMY Afrikaans skakel | CMY English Link

23 Mei 2009 / Iyar 29th 5769

Numeri / BaMidbar 1:1-4:20

1 Samuel / Sh'muel Aleph 20:18-42

Romeine / Romim 9:22-33

Numeri / Bamidbar {1:1} “Verder het die HERE met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê: {1:2} Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof; {1:3} van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron. {1:4} En met julle saam moet daar van elke stam ‘n man wees, ‘n man wat hoof is van sy families. {1:5} En dit is die name van die manne wat julle moet bystaan: Vir Ruben: Elísur, die seun van Sedéür; {1:6} vir Símeon: Selúmiël, die seun van Surísaddai; {1:7} vir Juda: Nagson, die seun van Ammínadab; {1:8} vir Issaskar: Netáneël, die seun van Suar; {1:9} vir Sébulon: Elíab, die seun van Helon; {1:10} vir die kinders van Josef: vir Efraim: Elisáma, die seun van Ammíhud; vir Manasse: Gámliël, die seun van Pedásur; {1:11} vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideóni; {1:12} vir Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai; {1:13} vir Aser: Págiël, die seun van Ogran; {1:14} vir Gad: Éljasaf, die seun van Réhuel; {1:15} vir Náftali: Ahíra, die seun van Enan."

Met die aanvang van ons studie oor die Boek Numeri, het iets, met die deurlees van "Oordenking: In die Wildernis", my opgeval. Dit was God se versoek aan Moses om al die stamme van Israel te tel. Dit het my ook beïndruk hoedat die name van elke stam vir altyd in die Skrif aangeteken is. Hier kan ons nou, der duisende jare later die name van mens van geslagte gelede, lees en uitspreek soos wat God Moses in hierdie boek laat opteken het.

Dit is egter nie die enigste plek in die Skrif waar die name van mense opgeteken is nie. Ons vind dwarsdeur die Bybel name van mense wat vir ewig vir ons en vir toekomstige geslagte opgeskryf is, om te lees en onthou vir al die tye wat nog sal kom; sommige van hierdie name is ten goede en ander ten kwade aangeteken. Ons word ook dwarsdeur die Bybel vertel dat God boeke in die Hemel het, waarin die name van ons almal opgeskryf is.

Psalm / Tehillim {69:28} "Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie."

Maleagi / Malachi {3:16} "Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is ‘n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer."

Filippense / Pilifim {4:3} "En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek van die lewe is."

Verdere verwysing na boeke in die Hemel, waarin die name opgeteken is, word minstens vyfmaal in die boek Openbaring [3.5; 13.8; 17.8; 20.12; 22.19} vermeld. Ek glo dus dat ons almal daarvan seker kan wees dat God ook ons name ten goede of ten kwade iewers in een van Sy hemelse boeke geskryf het. Dit bly dáár opgeteken, nie net vir alle geslagte om te sien en lees nie nie, maar vir alle ewigheid om te sien en lees. Indien dit so is - die Skrif bevestig dit - en as my naam in 'n boek in die hemel opgeteken is om vir ewig gesien te word, dan wil ek seker wees dat dit in 'n boek ten goede geskryf is.

Nou die dag, tydens 'n bespreking met 'n ongeredde Joodse man, is my opinie oor redding gevra. Hy wou weet of ek glo dat, as iemand wat nie Jesus die Messias as Versoening, Here en Redder aanvaar het nie te sterwe kom, hy hel toe sou gaan. My antwoord was: "Ek weet nie wat in die hart van 'n mens aangaan nie, slegs God weet dit. Ook sal niemand wat sterf ,voor my vir oordeel te staan kom nie. Elkeen sal voor God staan en aan God rekenskap van sy lewe gee. Dit is dan wanneer bepaal sal word of sy naam in die Boek van die Lewe geskryf is al dan nie. Daar is egter één manier om volkome seker te maak dat jou naam in die Boek van die Lewe geskryf sal word en dit is om Jesus die Messias as jou enigste Versoening, Here en Redder te aanvaar, Sodoende sal jy, wanneer jy op jou oordeelsdag, uiteindelik vóór God in die hemel staan, seker wees dat jy die ewigheid by God in die hemel sal deurbring."

Handelinge / Maasei HaTalmidim {16:30} "En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? {16:31} Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin."

Is jy onseker oor jou ewige bestemming (hemel of hel)? Is jou naam in die Boek van die Lewe geskrywe? Weet verseker dat dit daar geskryf is deur Jesus die Messias te vra om jou enigste Versoening te wees sodat jou sondes vergewe mag word. So sal jy sonder twyfel weet dat jou sonde vergewe en jou ewige bestemming gewaarborg is.

Congregation Melech Yisrael All rights Reserved

Saterdag 16 Mei 2009

Die Gevolge, Toe en Nou

Op die Berg - In My Verorderinge / BeHar-BeChukotai | Afrikaans skakel | English link |

16 Mei 2009 / Iyar 22nd 5769

Levítikus / VaYikra 25:1-27:34
Jeremia / Yirmeyahu 16:19-17:14
Matthéüs / Mattityahu 22:1-14

Hierdie week se lesing uit die Tora is 'n dubbele gedeelte, maar ek het verkies om kommentaar te lewer oor slegs Bachukotai.

Dit het my droewig gestem nadat ek die eerste deel van Oordenking:" In My Verordeninge" deurgelees het, dié deel waar God die kinders van Israel gewaarsku het oor die gevolge indien hulle sou verkies om Sy gebooie te veronagsaam en teenstrydig met Hom te wandel. Dit was selfs meer ontstellend toe ek gelees het hoedat Hy hulle toenemend sal straf vir hul ongehoorsaamheid. Die eerste deel van hul straf sou Sy weerhouding van reën in die reënseisoen wees. Dit is treurig omdat hierdie kastyding sowel as die ander deur God genoem, inderdaad plaasgevind het vóór asook tydens die Assiriese en Babiloniese invalle en ballingskap van Israel.

God, in Sy goedheid en genade, het die kinders van Israel teruggebring. Weereens was hulle in die land, wat aan hulle voorvaders beloof is; hulle is egter nie teruggebring vanweë hul gehoorsaamheid aan God nie, maar wel op grond van God se verbond.

Levítikus / Vayikra {26:44} Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek ‘n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die HERE hulle God. {26:45} Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ‘n God te wees. Ek is die HERE.

Wat my nou kwel, is dat Israel weer in presies dieselfde toestand verkeer as waarin hulle vóór Assiriese en Babiloniese invalle was. Trouens, die land en sy volk word gekenmerk deur afgodediens, sekularisme, godsdienstige tradisies van mense en, natuurlik, ongehoorsaamheid. Dit is dus geen wonder nie dat God, oor die afgelope vyf jaar die reën tydens die reënseisoen teruggehou het. Vandag is watervlakke in Israel kritiek; waterbesparings, wetgewing word toegepas en verder deur plaaslike bekende persoonlikhede op televisie aangemoedig. Is dit egter die enigste straf wat hedendaagse Israel ondergaan het? Het hulle nie gely en ly hulle nie ook steeds onder die volgende straf nie:


Levítikus / Vayikra {26:14} "Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; {26:15} en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ‘n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek {26:16} dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet. "

Terreur is tans algemeen in Israel, nou selfs erger as ooit met hul vyande se nuutste missielvermoëns. Wat van hierdie volgende en - ondervind moderne Israel dit nie ook nie?

Levítikus / Vayikra {26:17} En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.

Die afgelope oorlog teen Hizbullah was 'n duidelike voorbeeld hiervan. So ook, ofskoon Israel nie voor Hamas gevlug het tydens die Gaza-opstand nie, het dit beslis nie in sukses en oorwinning geëindig nie. Wat kan ons verwag om volgende in Israel te gebeur? Indien ons die verloop volg, soos in "Oordenking: In My Vorderinge" uiteengesit, dink ek ons kan die volgende te wagte wees:

Levítikus / Vayikra {26:24} sal Ek My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes. {26:25} En Ek sal ‘n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.

Ons kan verwag dat Israel deur sy vyande aangeval kan word. Dit is my gebed dat dit nooit sal plaasvind nie, alhoewel alles - tot 'n mens se onsteltenis - wel daarop dui. Daar is egter een ding wat ek moet byvoeg, voordat ek hierdie kommentaar afsluit. Die wyse waarop God Israel straf, is netsoos Hy ons straf, deur verergering daarvan, terwyl ons tog die geleentheid gegun word om tot Hom terug te keer en berou te hê. Indien jy dus nodig het om tot God terug te keer en berou het, moet dan asseblief nie versuim om dit te doen nie.

Congregation Melech Yisrael all rights reserved

Saterdag 09 Mei 2009

Wees Aanneemlik vir God

Spreek / Emor | CMY Afrikaans skakel | CMY English Link

9 Mei 2009 / Iyar 15th 5769

Levítikus / VaYikra 21:1-24:23

Eségiël / Yechezekiel 44:15-31

Lukas / Uri 14:12-24

Daar is volgens my mening, twee belangrike insigte wat ons uit vandeesweek se oordenking kan verkry. Die eerste kom voor in hierdie gedeelte:

Levítikus / Vayikra {22:31} "Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die HERE. {22:32} En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig, {22:33} wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ‘n God te wees. Ek is die HERE."

God sal nie duld dat enigeen wat voorgee om aan Hom te behoort, Sy heilige naam ydellik gebruik nie. Wanneer ons onsself gelowiges in Jesus die Messias noem en voorgee om Syne en Syne alléén te wees, moet ons dit werklik bedoel. God sal dit nie ligtelik opneem indien iemand voorgee om aan Hom te behoort en dan Sy gebooie oortree en sodoende 'n openbare - of selfs private vertoon van Sy heiligheid maak nie.

Die spreekwoord: "Aan wie veel gegee word, van hom word veel verwag", is volkome toepaslik in hierdie verband: as ons bely dat Jesus ons Messias, Here en Redder is, word die heiligheid van Sy naam, deur God aan ons toevertrou. Ons is dan verantwoordelik om die heiligheid van Sy naam te onderhou en eerbiedig. Waarom? Omdat ons daarop aanspraak maak om aan God te behoort. Iemand wat bely dat hy aan God behoort, móét ook die karakter van God aanneem. Jy en ek mag beslis nie bely dat ons kinders van God is en dan soos die duiwel leef nie.

Matthéüs / Mattityahu {7:21} " Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. "

Dit is 'n baie ontnugterende gedagte as 'n mens besef dat ons almal van tyd tot tyd ons Hemelse Vader wanvoorstel deur ons sonde. Ek glo nie dat God van ons verlang om volmaak te wees nie. Selfs ná ons bekering, verander ons sondige natuur nie en sondig ons nog steeds. God verwag egter dat ons 'n lewe moet lei wat Hom behaag, 'n lewe van berou oor sonde, vergifnis en - na die beste van ons vermoë - 'n lewe van vrede met ons naaste. 'n Kind van God behoort, met verloop van jare in toenemende mate, steeds minder te sondig; dit word "heiligmaking" genoem. Soos ons volhard om te bid en God smeek om ons te verander, sál ons verander en meer soos Hy word. Daarbenewens, verkeer 'n kind van God voortdurend in 'n stemming van berou. Indien ons gesondig het moet ons onmiddelik om vergifnis bid en ons sonde bely: eerstens aan die persoon teen wie ons gesondig het en dan voor God. Waarom moet 'n mens in die eerste plek na die persoon gaan? Die Skrif beantwoord dit vir ons:

Matthéüs / Mattityahu {5:23} "As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, {5:24} laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe."

Baie gelowiges meen dit is voldoende om slegs ons sondes voor God te bely, maar volgens hierdie Skrifgedeelte, is dit geensins die geval nie. Ons moet éérs berou hê en dan die persoon wat ons tenagekom het, om vergifnis vra. Die volgende punt wat ek graag wil maak, is uit dié Skrifgedeelte:

Levítikus / Vayikra {23:10} "Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. {23:11} En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.

Hierdie gedeelte handel oor die dag van die Eerstelingsgerf. Ons het hierdie besondere dag tydens ons bybelstudie op Paasoggend behandel. Baie mense verstaan dié dag, wat ná die Sabbat van Paasfees plaasvind, verkeerd en meen dit verteenwoordig die opstanding van Jesus en haal gevolglik die volgende Skrifgedeelte as bewys aan:

1 Korinthiërs / Korintim Alef {15:20} "Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het."

Die probleem met hierdie redenasie is dat Jesus nie opgewek is op die dag van Eerstelingsgerf nie. Die betrokke dag val op die 16de dag van Nisan, terwyl die opstanding op die 17de dag van Nisan plaasgevind het. Hierdie tydsberekening sou meebring dat Jesus drie volle dae en drie volle nagte in die graf sou gewees het, soos wat Hy gesê het, Hy sou: Die aand van die 14de Nisan tot die aand van die 17de Nisan. Wat word dan die dag van die Eerstelingsgerf gevier? In een van die bogemelde Skrifgedeeltes (Levítikus {23:11}), vind ons 'n aanduiding van die betekenis daarvan:

Levítikus / Vayikra {23:11} En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.

Die dag van die Eerstelingsgerf, wat direk na die Dood van Jesus plaasvind, is 'n viering van ons aanneemlikheid vir God. Jesus het vir ons gesterf dat ons vir die Here aanneemlik sou wees. Ons is dus Sy eerste ryp are (eerstelingsgerf) van verlossing.

Congregation Melech Yisrael All rights Reserved

Saterdag 02 Mei 2009

Wees "Kadosh" Afgesonderd Wanneer die Oordeel Kom

Na die Dood Afgesonderdes / Acharei Mot-Kedoshim | CMY Afrikaans skakel | CMY English Link

2 Mei 2009 / Iyar 8th 5769

Levitikus / VaYikra 16:1-20:27

Amos / 'Amos 9:7-15

1 Korinthiërs / Korintim Aleph 6: 9-20

Matthéüs / Mattityahu 5:43-48

Vandeesweek se torah-lesing is 'n dubbele gedeelte. Eerstens sal ek oor "Na die Dood" kommentaar lewer en daarna oor die "Afgesonderdes" (Kedoshim).

Levitikus / VaYikra {18:1}” Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {18:2} Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die HERE julle God. {18:3} Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie. {18:4} My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God. {18:5} Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die HERE.

God gaan voort met 'n lys van afskuwelikhede, wat in die land van die Egiptenare en die land Kanaän plaasgevind het. Dit is inderdaad ontnugterend om dit deur te lees, want ek dink ons kan almal toegee dat alles wat in die lys vermeld word, ongeag waar ons woon, vandag steeds in ons land plaasvind.

Die ergste is dat dit ook in die land Israel plaasvind. Kom ons wees eerlik, die wêreld is ryp (gereed) vir oordeel en niemand weet werklik wanneer en hoe rampspoed ons land, ons stad of ons tuisdorp gaan tref nie.

Jesaja / Yeshayahu {49:22} “So sê die Here HERE: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies en my banier opsteek na die volke; dan sal hulle jou seuns aan die boesem bring, en jou dogters sal op die skouer gedra word; {49:23} en konings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders; hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toe en die stof van jou voete lek; en jy sal weet dat Ek die HERE is, dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie. “

As dit nie was vir beloftes soos hierdie, wat God aan die kinders van Israel gemaak het nie, dan sou ons met die lees van ons oordenking, dink dat God die ganse aarde sou uitwis en weer van vooraf begin. Ons het egter hierdie beloftes en veel meer soortgelyke, wat aan ons bevestig dat God 'n plan het en daardie plan 'n herstelde Israel en herstelde wêreldnasies, wat almal Hóm aanbid, insluit.

Ons hoor vandag dat die president van die Verenigde State praat van 'n kernbom -vrye wêreld. Kan iemand so naïef wees om te glo, dat in 'n wêreld soos ons s'n, 'n wêreld so deurdrenk van sonde (soos hierbo vermeld), so iets moontlik kan wees? Selfs indien dit wel moontlik was en toevallig deur 'n ooreenkoms bekragtig word, kan 'n mens beswaarlik glo - gegewe die boosheid van die mens se hart - dat dit ooit sou voortduur?

Die Skrif vertel ons, in albei boeke van Joël en Maleági, dat groot verwoesting oor die aarde gaan kom. Beide boeke verwys na 'n toekomstige tyd, wat hulle "die grote en deurlugtige dag van die Here" en "die grote en vreeslike dag van die Here" onderskeidelik noem.

Joël / Yoel {2:31} “Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom.

Maléagi / Malachi {4:5} “Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek.

Dieselfde waarskuwing deur Joël en Maleági gegee, word deur Jesus die Messias in die Hernieude Verbond herhaal:

Matthéüs / Mattityahu {24:21} “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.

Is dat dan geen wonder nie, wanneer ons dié week se oordenking lees en die gedeelte oor die afskuwelike praktyke van die lande van Egipte en Kanaän lees, dat ons tragedies en die oordeel van God oor ons lande moet verwag nie? Wanneer 'n mens, trouens, die toestand van ons eie lande beskou, dink ek "die grote en deurlugtige dag van die Here" is aan die kom. Meen dit dat ons bekommerd hoef te wees? Bedoel dit dat ons solank voedsel en water moet opgaar? Ofskoon dit 'n goeie idee is om 'n voorraad voedsel en water vir ten minste drie dae beskikbaar te hou, vir ingeval 'n natuurlike ramp of noodtoestand ontstaan, glo ek nie dit is nodig om paniekerig of oormatig bekommerd te wees nie. God sal beskerm; Hy sal almal wat Syne is beskerm, net soos Hy vir Noag, tydens die sonvloed, beskerm het. Trouens, die enigste waaroor ons, as gelowiges in Jesus die Messias, bekommerd moet wees en ons gedagtes mee moet besighou, is die redding van ons geliefdes en vriende.

1 Thessalonicense / Tesolonikim Alef {5:3} “Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.”

Nou, vir my kommentaar oor afgesonderdes "Kedoshim", dit is kort want ek meen hierdie oordenking is selfverduidelikend.

Levitikus / Vayikra {19:1} “Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {19:2} Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle: Heilig moet julle wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig.”

Die woord "kadosh" word in ons Afrikaanse Bybels as "heilig" vertaal, maar dit is nie die beste vertaling nie. "Kadosh" beteken afgesonderd of opsy sit. In die "Oordenking Afgesonderdes" word ons vertel dat God wil hê dat dié wat aan Hom behoort, 'n opsygesette of afgesonderde lewe moet lei. Ons hoef nie te ver in die oordenking te lees om te verneem wat dit behels om 'n "Kadosh" of afgesonderde lewe te lei nie. God verduidelik dit vir ons baie duidelik en daar is geen twyfel oor wat dit is wat van ons verwag word nie. Die enigste probleem is dat nie elkeen gereed of bereid is om "Kadosh" te wees nie.

Congregation Melech Yisrael All rights Reserved