28 Augustus 2010 / Elul 18 5770
Wanneer Jy Ingaan / Ki Tavo (Congregation Melech Yisrael)
Deuteronomium / Devarim 21:10 – 25:19
Handelinge / Ma’asei Talmidim 7:30 – 36
Deuteronomium / Devarim {16:1} “En as jy in die land kom wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee en jy dit in besit neem en daarin woon, {26:2} dan moet jy neem uit die eerstelinge van al die vrugte van die land wat jy inbring uit jou land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in ‘n mandjie sit; en jy moet gaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, {26:3} en na die priester kom wat daar in dié dae sal wees, en jy moet vir hom sê: Ek verklaar vandag aan die HERE u God dat ek in die land gekom het wat die HERE aan ons vaders met ‘n eed beloof het om aan ons te gee. {26:4} En die priester moet die mandjie uit jou hand neem en dit voor die altaar van die HERE jou God neersit. {26:5} Dan moet jy voor die aangesig van die HERE jou God verklaar en sê: My vader was ‘n swerwende Arameër en het na Egipte afgetrek en daar as vreemdeling vertoef met min mense; maar hy het daar ‘n groot, magtige en talryke nasie geword. {26:6} Maar die Egiptenaars het ons mishandel en ons verdruk en ‘n harde diens op ons gelê. {26:7} Toe het ons die HERE, die God van ons vaders, aangeroep; en die HERE het ons stem gehoor en ons ellende en ons moeite en ons verdrukking aangesien; {26:8} en die HERE het ons uit Egipte uitgelei deur ‘n sterke hand en ‘n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade en deur tekens en wonders; {26:9} en Hy het ons na hierdie plek gebring en ons hierdie land gegee, ‘n land wat oorloop van melk en heuning. {26:10} Hier het ek dan nou die eerstelinge gebring van die vrugte van die land wat U, HERE, my gegee het. Dan moet jy dit neersit voor die aangesig van die HERE jou God en jou neerbuig voor die aangesig van die HERE jou God.”
Is jou gawe betekenisloos? Gee jy uit skuldgevoel of uit dankbaarheid? Dit is tog jammer dat wanneer ons wel gee, meeste van ons uit skuldgevoel gee. God het ons beveel om te gee, dus gee ons met die verwagting (natuurlik!) dat ons as beloning daarvoor, geseën sal word. Uit vandeesweek se Skrifgedeelte, sien ons egter dat ons uit dankbaarheid en nie uit skuldgevoel nie moet gee. Dit is naamlik as ‘n blyk van dankbaarheid vir wat God vir óns gedoen het, dat ons moet gee en dit derhalwe ruimhartig moet doen.
God het soveel vir ons gedoen. Hy het ons van slawerny van sonde verlos om Hom vryelik te kan dien en Sy gebooie deur Jesus die Messias te onderhou. Hy het ons smekinge gehoor, hy het ons trane aanskou en Hy het geweet van ons slapelose nagte. God was gegrief oor die wyse waarop die Satan ons verdruk het en het ons met Sy magtige hand verlos. Ten spyte daarvan, gee meeste van ons ons tiendes omdat ons daartoe verplig voel.
God het ons in Sy koninkryk ingebring, wat waarlik ‘n plek van ryke seën is. Sy koninkryk is nie iewers ver in ons toekoms nie, dit is híér, nou en binne-in ons. Ons, wat in Jesus die Messias glo, is die koninkryk van God. Daarom beskik ons self oor die koninkryks-eienskappe van liefde, vreugde, blydskap, geduld, barmhartigheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Dit is die vrugte van die Gees (Ruach), God se Gees wat met ons verlossing in ons kom woon het. Juis daarom is God se koninkryk lewend en aanwesig op aarde en dít is ons.
Eendag, ná die wederkoms van Jesus die Messias, sal die oordeel van die goddeloses plaasvind. Dié wat onwaardig bevind word, sal oorgelewer word aan ‘n plek van geestelike duisternis, ‘n plek wanhoop – ‘n plek sonder God. Diegene wat egter regverdig bevind word, sal gered en deelagtig aan die koninkryk van God word. Dan sal Sy koninkryk die ganse aarde insluit. Tot dan, is dit egter beperk tot dié van ons wat glo. Ons is geweldige dankbaarheid aan God verskuldig vir alles wat Hy vir ons gedoen het en in Sy Woord, het Hy vir ons gesê:
Deuteronomium / Devarim {8:11}”Neem jou in ag dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie; {8:12} sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon, {8:13} en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder— {8:14} en jou hart hom dan verhef, dat jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het; {8:15} wat jou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het, deur giftige slange en skerpioene en ‘n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het; {8:16} wat jou in die woestyn manna laat eet het, wat jou vaders nie geken het nie, om jou te verootmoedig en jou te beproef, om uiteindelik aan jou goed te doen— {8:17} en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe. {8:18} Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ‘n eed beloof het, soos dit vandag is.”
Ek dink ons moet daadwerklik selfondersoek doen wanneer ons ons tiendes en offerande aan die Here bring; trouens, ons moet miskien hierdie Skrifgedeelte, uit ons Parasha aangehaal, prober aanpas en verpersoonlik en besluit om dit te herhaal, elke keer wanneer ons, ons gawe bring.
Hier is ‘n voorstel:
“Ek was ‘n skuldenaar onder slawerny van die sonde. Die sonde het met my gehandel, my beproef, my ‘n swaar knegskap aangeroep, Hy het my stem gehoor, my beproewing aanskou, netso ook my geswoeg en onderdrukking. God het my verlos deur die bloed van Jesus die Messias, wat op Golgota vir my gestort is. Hy het aan my vreugde en vrede geskenk. Nou bring ek die eerste vrug van my arbeid wat U, o God, aan my geskenk het, as blyk van danksegging en waardering.”
Wanneer jy dus volgende keer jou gawe vir God bring, moet jy in plaas daarvan om dit in die kollektemandjie te gooi of in die Tzadaka-houer (soos wat ons hier by Melech Yisrael doen) te plaas, die bogemelde toewyding opsê, wanneer jy jou eerste vrugte vir God bring. Wat ‘n verskil sal dit nie maak nie!