VaYakhel
(En Hy Het Byeengebring)
Eksodus 35:1 – 28:20
Eksodus {35:10} “Elke vakman onder julle moet kom help dat alles gemaak word wat die Here beveel het: {35:11} die tabernakel met die tent daaroor, die kramme, die rame, die dwarslatte, die style met hulle voetstukke; {35:12} die ark met sy draaghoute, die deksel en die voorhangsel, {35:13} die tafel met sy draaghoute en al sy toebehore en die offerbrood; {35:14} die kandelaar met sy toebehore, die lampe met hulle olie, {35:15} die wierookaltaar met sy draaghoute, die salfolie, die geurige wierook en die afskorting vir die deur van die tabernakel; {35:16} die brandofferaltaar met al sy toebehore, sy bronstraliewerk waaraan die draaghoute vas kom, die waskom met sy voetstuk, {35:17} die gordyne van die voorhof, die style met hulle voetstukke, die afskorting vir die deur van die voorhof; {35:18} die penne van die tabernakel, die penne van die voorhof met hulle toue; {35:19} die geborduurde klere om in die heiligdom mee te dien, die gewyde klere vir die priester Aäron en vir sy seuns om daarin as priesters diens te doen.”
Om hierdie Parasha te lees, help my om te verstaan wat die Here bedoel het toe Hy gesê het dat Hy die mens na Sy beeld geskape het; benewens al ons ander ooreenkomste is ons ook skeppers maar anders as die Here, kan ons nie iets skep uit niks nie. Ons kan slegs iets neem wat die Here alreeds geskep het en iets daaruit skep.
In hierdie Parasha het die Here Moses beveel om die nodige rou materiaal te versamel om ‘n huis te bou waarin Hy tussen Sy mense kon woon. God se voorneme, sowel destyds as nou, is om in Sy mense te woon; trouens, indien jy ‘n gelowige in Jesus die Messias is, dan sal God in die gedaante van die Heilige Gees in jou woon.
Die Here, die Skepper van iets uit uit niks nie, kon met gemak eenvoudig gespreek het dat dit ‘n huis vir Homself moet wees, netsoos Hy die heelal geskep het, maar dit is nie wat Hy gedoen het nie: Hy het verkies dat Sy mense dit vir Hom moet doen.
Spreuke {13:11} “Rykdom wat sommerso gekom het, verminder maklik; wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, word ryk.”
Oënskynlik betref hierdie Spreuk die verkryging van geld. In ons moderne kulture, word die verkryging van geld sonder om daarvoor te werk, dikwels ”maklike geld” genoem. Wat hierdie Spreuk eintlik bedoel, is dat geld wat verkry word sonder om daarvoor te gewerk het, netso maklik gaan as wat dit gekom het. Dieselfde beginsel kan toegepas word op enigiets waarvoor ons nie hard gewerk het om te verkry nie. Dit is nou eenmaal die menslike natuur om goed te waardeer en op te pas waarvoor ons moes gewerk het, as iets anders wat net aan ons geskenk is. Ongelukkig vir sommiges sluit dit selfs hul redding in en dit is die rede dat daar soveel werk-geörienteerde gosdienste en kultusse bestaan.
Genesis {3:17} “Vir die mens het die Here God gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en geëet het van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet, “is die aarde deur jou toedoen vervloek; met swaarkry sal jy daaruit 'n bestaan maak, jou lewe lank; {3:18} die aarde sal vir jou dorings en dissels laat uitspruit, en jy sal veldplante eet; {3:19} net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.””
1 Korinthiërs {3:7} “Dit gaan dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om God wat laat groei. {3:8} Die een wat plant en die een wat natgooi, staan op gelyke voet: God sal elkeen beloon volgens sy werk. {3:9} Ons is medewerkers in diens van God, en julle is die saailand van God.”
God verlang dat ons in vennootskap met Hom moet verkeer. Ongetwyfeld kan Hy alles sonder ons doen, maar die werklike rede waarom Hy ons geskep het, is om in vennootskap met Hom te wees op die aarde wat Hy vir ons geskep het. Uiteindelik, na die opstanding en Sy wederkoms na die aarde, sal ons saam met Hom regeer.
Openbaring {20:6} “Geseënd en heilig is dié wat aan die eerste opstanding deel het. Oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom die duisend jaar lank regeer.”
Om hierdie redes glo ek dat die Here die kinders van Israel gehad het om vir Hom ‘n woning te skep, eerder as dat Hy dit vir Homself skep.
Eksodus {35:4} “Moses het ook vir die hele gemeente Israel gesê: “Dit is die opdrag van die Here: {35:5} Julle moet uit julle besittings 'n offergawe vir die Here gee. Elkeen wat vrywillig 'n offergawe vir die Here wil gee, moet dit bring: goud, silwer, brons,”
Gelowiges in Jesus die Messias is nou in die Tempel van God. Die Gees van God woon in ons. Daarom is dit steeds die verantwoordelikheid van elke gelowige in Jesus die Messias om die Koninkryk van God te bou deur getuienis en om die evangelie van redding te deel. Ek vertrou dat die Here in jou ‘n gewillige hart daarvoor sal vind.
Kom gou Jesus!
