“Ohla” of Verbrande Offerande was ‘n sondoffer wat voortdurend moes brand op die Altaar van Offerande van die Tabernakel en Tempel. Elke oggend en aand moes ‘n lam of ‘n bok geslag en toegelaat word om dwarsdeur die dag en nag te brand totdat dit heeltemal verbrand was. Daar moes nooit ‘n tyd wees wanneer ‘n “Ohla” Offerande nie geheel-en-al op die Altaar verbrand is nie. Hierdie offerande was anders as alle ander offers, in soverre dat die dier wat geoffer was, nog heel moes wees. Slegs die vel is verwyder en toegelaat om deur die priesters gebruik te word. Soos alle ander sondoffers van die Tabernakel- en Tempeltye, was hierdie offer ‘n plaasvervangende offer wat die vereiste doodstraf deur die Tora toegevoeg is vir menslike sonde.
Waarop hierdie offer dui, is die feit dat die kinders van Israel dit nodig gehad het; benewens die ander voorgeskrewe sondoffers, gereinig te word, ‘n voortdurende offer, wat die doel gedien het om van sondes, waaraan hulle gedurig skuldig was, gereinig te word. Die implikasies is duidelik. Daar moes altyd ‘n voortdurende sondoffer voor die Here wees, ‘n offer wat sonde sou reinig en Hom dus in staat sou stel om tussen Sy mense te woon. In Juadïsme is daar vandag egter geen so’n offer nie. Die Tabernakel bestaan nie meer nie en die Tempel is vernietig, trouens, op die plek waar die Tempel eens gebou was, staan daar nou die Rotskoepel, ‘n heidense Moslem-Heiligdom. Het die Here verander, het die Jode vandag so heilig geraak dat hulle nie langer ‘n voortdurende Verbrande Offer vir sonde nodig het nie?
Spreuke {3:6} “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.”
Die feit is dat die Here nie verander het nie en ongetwyfeld is die hedendaagse kinders van Israel nog netso sondig as wat hulle duisende jare gelede was. Daar is nog ‘n behoefte aan ‘n kompensatoriese plaasvervanger vir sonde soos wat daar in die Bybelse tye was en waarskynlik des te meer as ooit tevore.
Romeine {8:32} “Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? {8:33} Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. {8:34} Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. {8:35} Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? {8:36} Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” {8:37} Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. {8:38} Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte {8:39} of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.”
Die Judaïsme van vandag beskik nie oor ‘n Tempel waarin offers gebring word vir sonde, gepleeg deur sy aanhangers nie. Die Rabyne het foutiewelik goeie dade vervang met die voortdurende Verbrande Offers; hulle het dit trouens, met al die Tora-mandaatsondoffers vervang. Ongelukkig is Judaïsme in sy huidige vorm ‘n menslike godsdiens en nie van God nie. Dit verheerlik dade, rites en tradisie maar nie die onveranderlike God nie.
Handelinge {2:22} ““Israeliete, luister na hierdie woorde! God het Jesus van Nasaret aan julle bekend gestel deur die kragtige dade, die wonders en die tekens wat God Hom by julle laat doen het. Daarvan weet julle self. {2:23} God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak. {2:24} Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou. {2:25} Van Hom sê Dawid: “Ek het die Here altyd voor oë. Hy is aan my regterhand; ek sal nie wankel nie. {2:26} Daarom is my hart bly en my tong jubel, ja meer, ek het die verwagting dat my liggaam sal lewe, {2:27} want U sal my nie aan die doderyk oorlaat nie; U sal nie toelaat dat u troue dienaar vergaan nie.{2:28} U het my die paaie van die lewe geleer; u teenwoordigheid sal my met vreugde vul. {2:29} “Broers, wat ons voorvader Dawid betref, moet ek dit vir julle duidelik stel: Hy het gesterwe en is begrawe, en sy graf is nou nog hier by ons. {2:30} Maar hy was 'n profeet en hy het geweet dat God met 'n eed aan hom belowe het dat een van sy nakomelinge op sy troon sou sit. {2:31} Daarom het hy die opstanding van die Christus vooruit gesien en gesê: “Hy is nie aan die doderyk oorgelaat nie, en sy liggaam het nie vergaan nie. {2:32} “God het hierdie Jesus uit die dood laat opstaan; daarvan is ons almal getuies. {2:33} Hy is verhoog aan die regterhand van God en Hy het die Heilige Gees wat belowe is, van die Vader ontvang en uitgestort. Dit is wat julle nou sien en hoor. {2:34} Dawid het nie na die hemel toe opgevaar nie, en tog sê hy: “Die Here het vir my Here gesê: Sit aan my regterhand {2:35} totdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het {2:36} “Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak!” {2:37} By die aanhoor hiervan is die mense diep getref en het hulle vir Petrus en die ander apostels gevra: “Wat moet ons doen, broers?” {2:38} Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. {2:39} Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.””
Hierdie Skrifgedeeltes is ‘n bewys dat God nie verander het nie. Jesus die Messias is ons onophoudelike Verbrande Offer. Hy beklee die plek aan die die regterhand van die Vader en tree onophoudelik voor die Vader vir ons in. As Messiaanse Gelowiges en Christene gelyk, het ons nie meer behoefte aan ‘n Tempel en sy Altaar om vir ons sondes te versoen nie, omdat Jesus vir eens en vir ALTYD ons offerande is; ons vlekkelose en aanneemlike Offerlam.
Johannes {1:29} “Die volgende dag sien Johannes vir Jesus na hom toe kom. Hy sê toe: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”
Kom gou Jesus!







