D’Var
Torah
En Hy
het geroep – Vayikra
Levítikus / Vayikra {4:27} “En as iemand van die
volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE
verbied het, en hy skuldig word; {4:28}
of as sy sonde wat hy gedoen het, aan hom bekend word, dan moet hy as sy
offer bring ‘n bok sonder gebrek, ‘n ooi, vir die sonde wat hy gedoen het;
{4:29} en hy moet sy hand op die kop van
die sondoffer lê en die sondoffer slag op die plek van die brandoffer. {4:30} Dan moet die priester van haar bloed met sy
vinger neem en dit aan die horings van die brandofferaltaar stryk; maar al die
orige bloed moet hy aan die onderkant van die altaar uitgiet; {4:31} en al die vet moet hy wegneem soos die vet
van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan
die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom
versoening doen, en dit sal hom vergewe word. {4:32} Maar ingeval hy ‘n skaaplam as sy sondoffer
bring, moet dit ‘n ooi wees sonder gebrek wat hy bring; {4:33} en hy moet sy hand op die kop van die
sondoffer lê en dit as sondoffer slag op die plek waar hulle die brandoffer
slag. {4:34} Dan moet die priester van
die bloed van die sondoffer met sy vinger neem en dit aan die horings van die
brandofferaltaar stryk, maar al die orige bloed moet hy aan die onderkant van
die altaar uitgiet; {4:35} en al die vet
moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die
priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand
steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy
gedoen het, en dit sal hom vergewe word. ”.
Ek dink hierdie Skrifgedeelte is baie duidelik.
Daar bestaan geen twyfel nie dat indien iemand sondig deur ongehoorsaamheid aan
enige van die gebooie van die Here, dan is hulle in Sy oë skuldig en moet berou
betoon en vervolgens boete doen deur die bring van ‘n offer ten einde
vergifinis te ontvang. Dit is egter interessant dat die kerk oor die algemeen
hierdie Skrifgedeelte weerspreek deur te beweer dat daar met die Tora weggedoen
is. Ek vind dit moeilik om te aanvaar en wonder selfs hoe redelike,
intelligente Christene wat die Bybel lees, dit kan glo!
Meeste kerkbywonende Christene glo dat Jesus
inderdaad God is, wat Homself in die vlees gemanifesteer het om vir die sonde
van die wêreld te boet. Ek aanvaar ook dus geredelik dat die ingewikkelde
stelsel van diere-offers as versoening vir sonde nie langer is nie. Jesus, wat
die plek van diere ingeneem het, het Self ons soenoffer geword. Deur Hom en Sy
dood aan die kruis, het ons vergifnis ontvang, op voorwaarde egter dat ons
berou het en om vergifnis bid. Ons (die kerk en ekself) stem in daardie opsig
ooreen. Ofskoon die proses om vergifnis van sonde verander het – van diere tot
Jesus – is daar niks wat aandui dat dít wat God as sonde ag, verander of mee
weggedoen is nie. Laat my toe om te verduidelik.
Indien die Christelike kerk geredelik aanvaar
dat Jesus God is, hoe bring hulle hierdie Skrifgedeeltes in ooreenstemming met
mekaar?
Jakobus / Ya’acov {1:17} “Elke goeie gif en elke
volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar
geen verandering of skaduwee van omkering is nie. ”.
Duidelik bevestig Jakobus hier dat die Vader
(God) nooit verander nie. Ons lees verder:
Hebreërs / Ivrim {13:8} “Jesus Christus is
gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.”.
Hierdie Skrifgedeelte sou nie moeilik wees om te
aanvaar nie aangesien Jesus God is en Hy, soos die Vader, nooit sal verander.
In daardie opsig, terwyl Jesus dus God in die vlees gemanifesteer is, sou
dieselfde gebooie wat van die Vader kom, ook Sy gebooie wees, korrek? Dit sou
beteken dat toe Jesus die volgende gesê het, Hy na die Tora (die Wet van God)
verwys het.
Johannes / Yochanan {15:10} “As julle my gebooie
bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar
en in sy liefde bly.”.
Die Vader se gebooie is natuurlik die Tora, want
welke ander gebooie is van God afkomstig? Daarbenewens is daar in die Skrif
hoegenaamd geen bewys wat daarop dui dat Jesus enige van die Tora gebooie
oortree het nie; trouens, Hy het vir ons gesê:
Matthéüs / Mattityahu {5:18} “Want voorwaar Ek
sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een
titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. ”.
Sonder twyfel kon Jesus dit sê omdat Hý die Een
was wat die Tora voorsien het. Boonop, waarna Hy verwys wanneer Hy sê: “…
totdat alles gebeur het …”. – dus die totstandkoming van die nuwe hemel en nuwe
aarde.
Openbaring / Hitgalut {21:1} “En ek het ‘n nuwe
hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het
verbygegaan; en die see was daar nie meer nie. {21:2} En ek, Johannes, het die heilige stad, die
nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat
vir haar man versier is. {21:3} En ek
het ‘n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die
mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by
hulle wees as hulle God. {21:4} En God
sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook
droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge
het verbygegaan. {21:5} En Hy wat op die
troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf,
want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. {21:6} En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is
die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit
die fontein van die water van die lewe, verniet.”.
Die feit dat Jesus verwys het na die tyd van die
nuwe hemel en nuwe aarde, word deur hierdie Skrifgedeelte bevestig:
Openbaring / Hitgalut {21:22} “En ‘n tempel het
ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en
die Lam.”.
Studeer dus om jouself as goedgekeur te toon.
Amen