Emor
(Sê)
Levitikus / VaYikra {21:1} “Verder het die HERE vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Aan ‘n dooie moet ‘n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie; {21:2} behalwe aan sy bloedverwant, sy nabestaande: aan sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer; {21:3} en aan sy suster wat jongmeisie is, sy nabestaande, wat nie aan ‘n man toebehoort het nie aan haar mag hy hom verontreinig. {21:4} Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie. {21:5} Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie. {21:6} Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die HERE, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.”
Vóór die goue kalf-insident, was die ganse volk van Israel veronderstel om ‘n koninkryk van priesters te wees.
Eksodus / Shemot {19:6} “En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.”
Volgens die Skrif, het Moses egter tydens die goue kalf-voorval ‘n algemene beroep op die hele Israel gedoen om te kies om aan die Here se kant te staan. Die Skrif deel dan mee dat al die seuns van die Levi-stam verkies het om hulle aan die Here se kant te skaar. Nadat hulle gedoen het waartoe hulle geroep is, het Moses verklaar dat hulle vanaf daardie dag verorden is vir die diens van God. Sou dit dan toevallig wees dat God hulle bo al die stamme van Israel uitverkies het om voor Hom diens te verrig? Ek dink nie so nie! In plaas daarvan dat die volk ‘n koninkryk van priesters sou wees, is die Leviete dus ‘n stam van priesters gemaak en as sulks het hulle ‘n hoër godsdienstige peil gehandhaaf. Ons moet egter begryp dat die hele volk van Israel alreeds ‘n hoër peil van die Tora gehandhaaf het as die res van die nasies. Hierdie Tora-standaard was aansienlik hoër as die peil van al die ander nasies wat Israel later sou onteien. Die Leviete, hierdie nuwe stam van priesters, sou egter voortaan op ‘n selfs hoër peil as die res van Israel gehou word.
In hoofsaak, is die boek Levitikus aan die priesterdom – die stam van Levi gewy. Ek meld dit juis omdat almal wat in Jesus die Messias glo, priesters is en gevolglik deur God op daardie hoë peil gehou is, waarop die priesterstam van Levi verkeer het. Behalwe natuurlik, dat ons nie hoef deel te neem aan die naderkomsoffers (korbanot) nie aangesien die tempel (BetMikdash) nie langer bestaan nie of ‘n behoefte daaraan nie, aangesien Jesus die Messias ons finale offer (korban) is.
1 Petrus / Kefa Aleph {2:9} “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,”
Wat beteken dit vir ons? Dit bedoel dat ons, as priesters, uiters versigtig moet wees om onsself nie met die sondige weë van die wêreld te besoedel nie. Ek meen dat hierdie Skrifgedeelte dit vir ons opsom.
Efesiërs / Efesos {4:17} “Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie— {4:18} mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; {4:19} wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe. {4:20} Maar julle het Christus nie so leer ken nie, {4:21} as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: {4:22} dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, {4:23} en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed {4:24} en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. {4:25} Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede. {4:26} Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; {4:27} en gee aan die duiwel geen plek nie. {4:28} Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het. {4:29} Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor. {4:30} En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing. {4:31} Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. {4:32} Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.”
As ‘n gelowige, is daar egter sommige dinge wat ek nie kan nakom nie. Één voorbeeld is dat ek nie op die Sabbat ‘n begrafnis kan bywoon nie, aangesien dit, volgens die Skrif, ‘n dag is wat opsygesit is as herinnering aan die skepping, ‘n dag vir vreugde, verblyding en vir lewe. Daarom sou dit onvanpas wees vir my of enige gelowige wees om op die Sabbat deel te neem aan enigiets betreffende die dood. Onthou wat Paulus heel gepas vir ons sê:
Romeine / Romim {12:2} “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”
Kom gou Jesus!
Voorheen uitgegee: 2011-05-07