Saterdag 25 September 2010

God se Eersgeborene Sal Nie Vernietig Word Nie

25 September 2010 / Tishrei 17 5770

En Dit Is Die Seën / V’Zot HaBrachah

Deuteronomium / Devarim 33:1 – 34:12

Joshua / Yohoshua 1:1 – 18

1 Thessalonisense / Tesolonikim Aleph 5:1 – 11

Deuteronomium / Devarim {33:29}” Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? ‘n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.


Dit is inderdaad die profesie wat Moses, voor sy dood, aan Israel gegee het. Ek hou van die gedeelte waar hy sê dat Israel se vyande hulself aan hom sal onderwerp en hy op hul hoogtes (bedoelend hul afgodeverering) sal trap. Dit is verbasend hoe betekenisvol hierdie gedeelte vandag is, veral met inagneming dat Israel se vyande besig is om hul met mening te bewapen en sy nuwe grootste vyand (Iran) kernwapens oorweeg. Voordat ek egter begin om oor vandeesweek se Parasha kommentaar te lewer, is daar ‘n aantal Skrifgedeeltes waarop ek graag die aandag wil vestig:

Deuteronomium / Devarim {21:15}” As ‘n man twee vroue het, een wat hy liefhet en een wat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, sowel die geliefde as die nie-geliefde vrou, en die eersgebore seun behoort aan die nie-geliefde vrou, 21:16 dan mag hy, op die dag as hy sy seuns sy besittings laat erwe, nie die eersgeboortereg aan die seun van die geliefde vrou gee tot nadeel van die seun van die nie-geliefde vrou, die eersgeborene, nie. Deu 21:17 Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde vrou, erken deur aan hom ‘n dubbele deel te gee van alles wat hy besit; want hy is die eersteling van sy krag: die eersgeboortereg is syne.

Eksodus / Shemot {4:22} “Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: My eersgebore seun is Israel.

Hier het ons dit dus! Israel is God se eersgeborene en soos ons so pas gelees het, selfs as die eersgeborene dié is van die vrou wat iemand minder lief het, moet hierdie kind as eersgeborene geag en dus nogtans die reg van ‘n eersgeborene geniet, wat, volgens die Skrif, hoofskap van die familie en ‘n dubbele porsie van die erfenis behels.

Vanuit die staanspoor was Israel nie eintlik ‘n model seun nie. Hy is voorgestel om ‘n verteenwoordiging van die lewende God vir die volkere te wees – ‘n taak waarin hy hopeloos gefaal het. In plaas daarvan, het hy opgegroei om sy Vader te verwerp en gevolglik het God hom getugtig deurdat hy dwarsoor die wêreld verstrooi en sy Beloofde Land nie verwenselik is nie. Ten spyte van alles, is Israel in 1948 herbore as die Beloofde Land en gerepatrieer. Hy is egter herbore as ‘n sekulêre volk en Israel is vandag miskien erger daaraan toe as wat hy was toe hy verban is. Sedert Israel se totstandkoming, is meer Jode deur aborsies doodgemaak as deur Hitler, “gays” het die reg om te trou en kan openlik in Jerusalem paradeer. Varkplase het oral oor die land onstaan en varkvleis word deur slaghuise in baie van die groot stede verkoop, Die rotskoepel oorheers die horison van Jerusalem, terwyl ‘n Bahai-tempel die lug bo Haifa oorheers. Erger nog, is dat God tot bloot ‘n tradisie gereduseer is. In die lig van die feit dat Israel se vyande al hoe sterker en méér word, is dit alles behalwe ‘n gunstige beeld van Israel!

Nietemin lees ons in hierdie week se Parasha dat Israel se vyande hulself aan hom sal onderwerp en hy op hul afgodspraktyke sal trap. Hoe kan dit ooit moontlik wees as die huidige situasie in ag geneem word?

Ek gaan geen profetiese voorspellings waag nie, maar indien ek tog sou, sou ek voorspel dat Hamas, Hezbulla, Iran en alle ander nasies wat hierdie nasies openlik of heimlik ondersteun, nie voorspeodig sal wees nie.

Iran werk deesdae aan ‘n nuwe wapen, “Die ambassadeur van die dood” genaamd, maar Israel het egter steeds ‘n magtiger wapen en dit is die God van Israel, wat toevallig ook die God van hemel en aarde is. Hy het gesê:

Jesaja / Yeshayahu {44:2}”So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het!


Jesaja / Yeshayahu {54:17} Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.


Israel is God se eersgeborene, Sy erfenis. Soos hierbo gemeld, sal Israel nie oorwin word nie, nóg kan Israel vervang of onterf word, soos vele kerke en pastore trouens verkondig. Israel kan nie vergeet of in die steek gelaat word nie. God se eersgebore seun sal nie vernietig word nie!

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Saterdag 18 September 2010

‘n Verpligting en ‘n Seën

18 September 2010 / Tishrei 10 5770

Dag van Versoening / Yom Kippur (Congregation Melech Yisrael)

Levitikus / VaYikra 16:1 – 34

Numeri / Bamidbar 29:7 – 11

Jesaja / Yeshayahu 57:14 - 58:14

Romeine / Romim 3:21 – 26

Levitikus / VaYikra {16:1} En die HERE het met Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het; {16:2} en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel. {16:3} Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan: met ‘n jong bul as sondoffer en ‘n ram as brandoffer. {16:4} Hy moet ‘n heilige linnerok aantrek en ‘n linnebroek moet oor sy vlees wees en met ‘n linnegordel moet hy hom gord en ‘n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.

Dit gebeur nie dikwels dat Yom Kippur op ‘n Sabbat val nie, maar wanneer dit wel gebeur, word die bogemelde Parasha in Levitikus gewoonlik voorgelees.

Dit bly vir my ‘n raaisel dat hierdie parasha nou juis met die dood van Aäron se twee seuns begin. Wat het dit met Yom Kippur te doen en die tema daarvan as “Die Dag van Versoening”?. Wel, ek meen dat hierdie Skrifgedeelte met die dood van Aäron se twee seuns begin omdat dit ons leer dat ons almal iets het om voor boete te doen, naamlik die sonde van ongehoorsaamheid! Hierdie sonde is juis wat tot die dood van Aäron se twee seuns gelei het en ongelukkig is dit nie net tot hulle beperk nie. Ons is almal op een of ander wyse ongehoorsaam aan God en gevolglik het ons almal versoening (boetedoening) nodig. Ongehoorsaamheid aan God is afgodsdiens deurdat die eie wil vóór God se Wil gestel word en dít is ‘n groot sonde; trouens, dit is wat die Skrif sê van iemand wat sondig:

Esegiël / Yechekiel {18:4}” Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.

Is dit nie wat met Aäron se seuns gebeur het nie, dat hulle juis daarom gesterf het nie? Met dít in gedagte, verklaar hierdie aanvangsgedeelte van ons parasha uitdruklik wat óns gedrag en houding teenoor God en die versoeningsproses moet wees, sodat die volk van God nie vanweë hule sonde sal sterf nie:

Levitikus {16:7} “Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms. {16:8} En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE en een lot vir Asásel. {16:9} Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het en hom as sondoffer berei; {16:10} maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur.

Aangesien elkeen van ons sondaars is en die siel wat sondig dus sal sterf, sal geen mens vanweë God se geregtigheid uiteindelik bly lewe op die aarde nie. Om hierdie rede het God Sy volk van ‘n proses van versoening voorsien, soos ons hierbo gelees het.

Twee bokke moes in óns plek geneem word op die Dag van Versoening – hierdie besondere dag wat vir versoening opsy gesit is. Een bok is geslag as die vereiste versoening vir die sondes wat die volk gepleeg het, dit was hul doods-plaasvervanger, met ander woorde ‘n onskuldige dier wat in die plek van die volk doodgemaak moes word. Die tweede bok – die sondebok (of sondofferbok) genoem – is in die woestyn losgelaat, as teken dat die volk se sondes van hulle weggeneem en vergewe, vergete en ver weg van hulle af verdryf is. Die proses word ook in hierdie skrifgedeelte, soos volg aan ons verduidelik:

Miga / Micah {7:19} “Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp.”

Op grond hiervan, kan ons die Versoeningsdag-proses maklik verstaan: ons is almal sondaars en verdien dus die dood, maar God het vir ons ‘n weg tot versoening voorsien. Wanneer die versoening nagekom is, belowe Hy om nooit meer daardie sondes in gedagte te hou of dit weer téén ons te hou nie.

Soos ons in die Hernieude Verbond (Brit Chadasha) inbeweeg, merk ons dat hoegenaamd niks verander het nie en die versoeningsproses steeds onveranderd is:

Romeine / Romim {6:23} “Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.”

Paulus (Shaul) verduidelik in hierdie gedeelte dat Jesus die Messias ons Yom Kippur-versoening is. Wat ‘n verpligting en seën is dit tog nie, veral omdat daar nie ‘n tempel (Bet HaMikdash) is waar twee bokke geoffer moet word nie!


Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Saterdag 04 September 2010

Verbondenheid

4 September 2010 / Elul 15 5770

Hulle Staan – En Hy Het Gegaan / Nitzavim - VaYelech (Congregation Melech Yisrael)

Deutoronomium / Devarim 29:9 - 31:30

Jesaja / Yeshayahu 61:10 - 63:09

Romeine / Romim 7:7 – 12

Deuteronomium / Devarim {29:10}” Julle staan vandag almal voor die aangesig van die HERE julle God: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle opsigters—al die manne van Israel; {29:11} julle kinders, julle vroue en jou vreemdeling wat binne-in jou laer is, jou houtkapper sowel as jou waterputter, {29:12} om oor te gaan in die verbond van die HERE jou God—en in sy eedswering—wat die HERE jou God vandag met jou sluit; {29:13} sodat Hy jou vandag vir Hom as volk kan bevestig en vir jou ‘n God kan wees soos Hy jou beloof het, en soos Hy aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het. {29:14} En nie met julle alleen maak ek hierdie verbond en hierdie eedswering nie, {29:15} maar met die wat vandag hier saam met ons voor die aangesig van die HERE onse God staan, én met die wat hier vandag nie saam met ons is nie. {29:16} Want julle weet self hoe ons in Egipteland gewoon en hoe ons dwarsdeur die nasies getrek het waardeur julle getrek het. {29:17} En julle het hulle verfoeisels en hulle drekgode, hout en klip, silwer en goud, by hulle gesien, {29:18} sodat daar onder julle geen man of vrou of geslag of stam mag wees wat sy hart vandag van die HERE onse God afwend om die gode van dié nasies te gaan dien nie, sodat daar onder julle geen wortel mag wees wat gif en wilde-als dra nie,


Indien julle wedergebore gelowiges in Jesus die Messias is, dan behoort julle tot die Verbond wat God met Abraham, Isak en Jakob gesluit het. Aangesien julle tot die verbond behoort, behoort julle ook tot die volk en land Israel. As gelowiges is ons woning in die hemel, maar ons tuisland is Israel. Waarom is Israel dan ons tuisland? Dit is omdat Jesus die Messias vanuit Israel vir ‘n duisend jaar sal heers en regeer en aan ons gesê het dat waar Hy ookal is, ons sal wees.


Openbaring / Hitgalut {20:6}” Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.


Dit maak nie saak in welke land van die wêreld julle nou woon nie. Elke keer wanneer julle die Tora (die eerste vyf boeke van Moses) lees en dit op julle self toepas, soos dit op jul lewe vandag toepaslik is, word julle herhinner aan julle verbintenis aan die Verbond, volk en land van Israel. Israel is jul tuisland! Moontlik mag julle tans nie welkom wees om julle dáár te vestig nie, veral as julle nie-Jode is of indien julle Joodse gelowiges in Jesus die Messias is, maar dit sal alles verander wanneer Jesus die Messias weer kom.


Ons behoort almal tot die Verbond omdat ons dáár by die kinders van Israel gestaan het toe hulle die Goddelike Verbond van God by berg Sinaï ontvang het, soos in die eerste Skrifaanhaling hierbo vermeld word. Ons behoort tot die volk omdat julle Jode is of as julle nie-Jode is nie, sal julle eendag kan kies aan watter stam julle wil behoort en ‘n erfdeel in daardie stam ontvang:

Esegiël / Yechekiel {47:23}” En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die Here HERE.


Laastens, behoort ons tot die land omdat daar in die Skrifgedeelte uit Openbaring (20:6) hierbo, geskryf staan dat ons saam met Hom vir ‘n duisend jaar in Jerusalem sal heers en regeer.


Deuteronomium / Devarim {31:28}” Laat al die oudstes van julle stamme en julle opsigters by my vergader, dat ek voor hulle ore hierdie woorde kan spreek, en teen hulle die hemel en die aarde as getuies kan neem. {31:29} Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom deur die werk van julle hande te terg. {31:30} Toe het Moses voor die ore van die hele vergadering van Israel die woorde van hierdie lied tot die einde toe uitgespreek.


Dit is behoorlik asof ‘n mens die pyn in Moses se hart kan aanvoel toe hy gespreek en hierdie woorde geskryf het. Hy sou sterf maar God het hom toegelaat om te weet dat die kinders van Israel, na sy dood, ‘n afvallige nasie sou word. Moses het lank en hard gestry om die kinders van Israel op die regte weg te hou en ek is oortuig dat hy baie slapelose nagte in gebed vir hulle deurgebring en namens hulle by God voorspraak gedoen het, al sy gebede, al sy onderrig en al sy onderhandelinge met God sou eindig met die afvallig-wording van die kinders van Israel. Dit moes inderdaad vir hom ontmoedigend gewees het!


Jesus, aan ons bekend as die tweede Moses, het ‘n baie soortgelyke belewenis gehad met diegene vir wie Hy Sy lewe opgeoffer het:


Mattheüs / Mattityahu {26:31}” Toe sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My, want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word. {26:32} Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan. {26:33} Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie. {26:34} Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, in hierdie nag, voordat die haan gekraai het, sal jy My drie maal verloën.


Ek veronderstel dat dit die geval is wanneer enige leier te sterwe kom of weggaan. Daar is nooit werklik ‘n ononderbroke oordrag van gesag nie. Aan Moses is dit egter gegun om die wederkoms van Jesus te “sien”: Die saad van herstel van Israel.


Die mens is feilbaar, maar God nooit!


Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou