26 Februarie 2011 / Adar I 22 5771
En Hy Het Byeengebring / VaYakhel
Eksodus / Shemot {35:10} “En almal wat kunsvaardig is onder julle, moet kom en alles maak wat die HERE beveel het: {35:11} die tabernakel, sy tent en sy dekkleed, sy hakies en sy style, sy dwarshoute, sy pilare en sy voetstukke; {35:12} die ark en sy draaghoute, die versoendeksel en die voorhangsel tot bedekking; {35:13} die tafel met sy draaghoute en al sy gereedskap, en die toonbrode; {35:14} en die kandelaar tot verligting, met sy gereedskap en sy lampe, en die olie vir die kandelaar; {35:15} en die reukaltaar met sy draaghoute, en die salfolie en die reukwerk van speserye, en die bedekking vir die ingang van die tabernakel; {35:16} die brandofferaltaar met sy traliewerk van koper, sy draaghoute en al sy gereedskap; die waskom met sy voetstuk; {35:17} die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking van die poort van die voorhof; {35:18} die penne van die tabernakel en die penne van die voorhof met hulle lyne; {35:19} die kunstige klere om in die heiligdom te dien, die heilige klere vir die priester Aäron en die klere van sy seuns om die priesteramp te bedien. {35:25} En elke vrou wat kunsvaardig was, het met haar eie hande gespin en die spinsel gebring: die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en die fyn linne. {36:1} So moet dan Besáleël en Ohóliab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie die HERE wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos die HERE beveel het. ”
Ek het onlangs ‘n konferensie van Rabbi’s bygewoon wat deur die Internasionale Alliansie van Messiaanse Sinagoges (‘n organisasie waarmee ons gemeente geaffilieer is ) gereël is. Hierdie jaarlikse byeenkomste word gewy aan opvoeding, bespreking, onderrig en gebed en het elke jaar ‘n besondere tema. Vanjaar se tema het betrekking gehad op die bestuur van ‘n gemeente wat God onder beheer van die rabbi’s geplaas het. Die besprekingsonderwerpe het gewissel van personeelhantering en beheer, toeligting oor integriteit, goeie besigheidsvaardighede/-praktyke, met inbegrip van alle finansiële aspekte (tiendes, boekhouding, rekeningwese en regeringsverslae). Baie ander aangeleenthede is ook bespreek – dit het gewissel van eenvoudige sake, byvoorbeeld welke afstand gemeentelede van hul gemeentes woonagtig behoort te wees, tot die meer komplekse, soos Federale programme, voordele en regeringsagentskappe.
In die verlede het ek nooit werklik veel aandag bestee aan die mikrobestuur van die gemeente nie, maar by die aanhoor van lesings, het ek besef dat ek tans inderdaad baie, indien nie alles nie, van die sake wat tydens lesings bespreek is, wel behartig. Na bywoning van hierdie konferensie, het dit my egter laat besef dat die onderhoud en bedryf van ‘n gemeente ook veel fisiese atiwiteite vereis.
Nadat ek die voorafgaande Skrifgedeelte – trouens, die hele Parasha Vayakhel, wat dit betref – deurgelees het, het ek tot die besef gekom van die grootsheid en omvang van werk aan die konstruksie van die tabernakel (Mishkan), wat Moses moes behartig het.
Dit wil voorkom asof Moses ‘n fabriekstipe-produksielyn daargestel het om al die dekklede, gordyne, hout en hakies wat benodig is vir die konstruksie van die tabernakel te verskaf. Daar was spinners, wewers, skrynwerkers, gietvormmakers, juweliers en monteurs. Daarbenewens sou mense, wat hulle moes bystaan, soos gereedskapmakers en talle ander handlangers wat enigiets asook geringe take kon behartig, en skoonmakers benodig word. Verder, soos ons bewus is, is ‘n fabriek nie volledig nie sonder ontwerpers, toesighouers, voormanne en, laaste maar nie die minste nie, ‘n goeie bestuurder. Moses het oor almal beskik.
Die konstruksie van die tabernakel was geensins bloot ‘n geestelike gebeurtenis nie. Dit het lang werksure en harde fisiese arbeid geverg. Die enigste mate van spiritualiteit wat ter sprake was, was die liefde, toewyding en arbeidwilligheid van almal wat God gedien het.
Ek glo dit bewys dat nie alle werk vir die Here spiritueel van aard is nie; dit vereis ook ‘n mate van fisiese arbeid. Sommige mense verkeer onder die wanindruk dat hulle slegs hul hande op koerantadvertensies vir beskikbare poste hoef te lê en God sal vir hulle ‘n betrekking voorsien, of meen dat hulle net hoef te bid en hulle nuwe gebou sal opgerig word. Sonder twyfel is God in die wonderwerk “bedryf” en gebed om ‘n werk of enigiets – selfs iets essensieel – is nodig, maar eweneens ook om fisies te raak. Om ‘n betrekking te bekom, om ‘n gemeente aan die gang te hou of ‘n tabernakel op te rig, verg harde werk en fisiese inspanning, maar sommige mensie is so hemelsgerig, dat hulle van geen aardse nut is nie!
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou