D’Var
Torah
Iemand
wat ly aan Tzara’at (Leprose) – Metzora
Levitikus / Vayikra {14:1} “VERDER het die HERE
met Moses gespreek en gesê: {14:2} Dit is die wet van die melaatse op die dag
van sy reiniging. Hy moet na die priester gebring word,”
Wanneer
‘n mens hierdie parasha lees, kan jy dit maklik letterlik vertolk en
verstrengel raak in die blinde godsdienstige praktyk van wat daardeur geleer
word, soos in die geval van ortodokse – en ultra-ortodokse Judaïsme. Andersins
kan jy, soos die Kerk, totaal negatief ingestel raak en sê: “Daar is weggedoen
met die Wet”. Ek glo egter dat indien ons hierdie parasha verstaan soos wat God
dit bedoel het vir ons om te begryp, kry ‘n mens ‘n geheel-en-al verskillende
beeld en die gevolglike resultaat is dus nie godsdiens nie maar ‘n verhouding.
Na my
mening, handel hoofstuk 14 alles oor sonde, maar beskryf sonde in terme van
tzara’at. God het ons volmaak en gesond geskape; trouens, Hy het belowe dat
indien ons Sy gebooie getrou nakom, Hy geeneen van die siektes van die
Egiptenare oor ons sou laat kom nie.
Eksodus / Shemot {15:26} “en gesê: As jy getrou
na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en
luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die
siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat
jou gesond maak.”.
Wanneer
ons die Skrifgedeeltes in hierdie parasha vervat, in oënskou neem, het almal
betrekking op dieselfde onderwerp: sonde. Aangesien God ons dus volmaak geskape
en ons belowe het, dat deur Sy gebooie te gehoorsaam, ons teen siekte beskerm
sal word – die straf, waarvan ons hier lees, verteenwoordig die gevolg van
sonde.
Wat God
dus deur hoofstuk 14 aan ons probeer verduidelik, is dat sonde ons nie net van
Hom skei nie, maar ook van mekaar. Hier vind ons dat God verwys na tzara’at,
wat gewoonweg vertaal word om leprose te beteken. Dit kan egter ook toegepas en
verstaan word om te bedoel enige tipe velkwaal; trouens, enige kwaal / siekte.
Hoe weet ons dit? Eenvoudig op grond van die feit dat die priester (Cohen) nie
die ritueel nakom, soos in die parasha voorgeskryf, ten einde ‘n persoon te
genees nie, maar eerder met die doel om hom / haar te reinig – reiniging, soos
dit blyk, van sonde.
Kom ons
let op die proses in geheel: die persoon wat deut tzara’at aangetas is, so word
ons meegedeel, word na die priester gebring. Indien ons dit vertolk dat die
priester as’t ware ‘n sinnebeeld van Jesus die Messias is, dan moet die
persoon, ten einde van die siekte genees te word, na die Messias (Mashiach)
gebring word. Waar is die Messias? Hy is in die Hemel! Daarom moet ons, om
genees te word, onsself voor die hemel stel. Indien ons verder lees, word aan
ons gesê:
Levitikus / Vayikra {14:3} “en die priester moet
buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid
genees is, van die melaatse weg is,”.
Die
genesing van sonde geskied in die hemel maar die reiniging van sonde vind op
aarde plaas.
Hebreërs
/ Ivrim {2:16} “Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word,
sodat Hy ’n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in
betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.{2:18} Want
deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.”.
Volgens ons Parasha, moes die priester buite die laer uitgaan om die
besmette persoon te ondersoek en reinig. Net so moes Jesus die Messias die
hemel verlaat om die mens van sy / haar sonde te reinig.
Sonde,
oor die algemeen, moet voor die Vader wat in die hemel is bely word en dan word
dit gereinig deur die Een wat die hemel verlaat het: Jesus die Messias.
1 Johannes / Yochanan Alef {1:7} “Maar as ons in
die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die
bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.”.
Hoofstuk 15 van Levitikus, ook deel van ons
parasha, kan ‘n mens ook beïnvloed om wetties te raak. Indien ons hierdie
Skrifgedeeltes egter in geheel in oënskou neem, word ons drie dinge geleer:
Eerstens, op fisiese gebied, leer dit ons die noodsaaklikheid van persoonlike
higiëne; tweedens, op geestelike gebied, leer dit ons die noodsaaklikheid om
altyd geestelik rein voor God te verskyn; Derdens, ook op geestelike gebied,
leer dit ons hoe maklik die sonde van een persoon ook ‘n ander besmet.
2 Korinthiërs / Korintim Bet {6:17} “Daarom,
gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat
onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; {6:18}
en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees,
spreek die Here, die Almagtige.”.