Donderdag 25 Mei 2023

Parasha Naso (Ophef) - Restitusie



Naso
(Ophef)

Numeri 4:21 - 7:89 

Rigters 13:2 – 25 

Handelinge 21:17 – 26


Numeri {5:5} “Die Here het aan Moses opdrag gegee {5:6} om vir die Israeliete te sê: “Wanneer iemand, man of vrou, 'n medemens benadeel en dus ontrou teenoor die Here is, is hy skuldig {5:7} en moet hy sy sonde bely. Hy moet die volle bedrag van die skade plus 'n vyfde daarvan teruggee aan die persoon wat hy benadeel het. {5:8} As die benadeelde na sy dood geen familielid het aan wie die skuld betaal kan word nie, kom die bedrag die Here toe en moet dit aan 'n priester gegee word. Afgesien hiervan moet die skuldige nog die ram voorsien waarmee die priester vir die skuldige versoening moet doen.”{5:9} “Die offergawes wat die Israeliete na die priester toe bring vir die diens van die Here, behoort aan die priester. {5:10} Die gewyde gawes wat iemand bring, bly sy eie, maar wat die priester toekom, moet aan hom gegee word.”


Wanneer ‘n persoon sondig, moet hy nie slegs vergifnis van die Here asook van die persoon teen wie hy gesondig het, vra nie, maar mag dit ook nodig blyk te wees om restitusie te doen, indien die persoon teen wie hy gesondig het ‘n sekere tipe verlies gely het. Byvoorbeeld: Wanneer ‘n dief gevang word, sou hy restitusie moes doen aan die persoon wat hy beroof het. Hy sou dít  wat hy gesteel het aan die eienaar moes terugbesorg plus ‘n bygevoegde twintig persent. Indien die dief jare na die diefstal gevang word en die slagoffer reeds oorlede is, sonder enige lewende bloedverwante, vertel dié deel van die Skrif uit Parasha Naso ons wat gedoen moet word. Daarvolgens moet restitusie gedoen word aan ‘n bloedverwant en as daar geen bloedverwant is nie, moet dit gedoen word aan die Hoëpriester vir sy eie persoonlike gebruik.


Soos ons weet, is daar nie langer ‘n Tempel in Jerusalem of ‘n Aäronpriesterdom nie aan wie restitusie gedoen kon word nie, ingeval van geen lewende bloedverwant nie. Ons moet onsself dus afvra of hierdie gebod vandag nog enige toepassing op ons het. Die antwoord daarop is “JA” en ek verduidelik waarom.


Selfs indien Jesus die Messias aan ons vergifnis van ons sondes verleen het toe ons dit bely het, is ons nogtans verplig om restitusie te doen as ons verkul, gesteel of iets geleen het sonder om dit terug te gee, of vir iemand skade aangedoen het of verlies laat ly het as gevolg van ons sonde. Indien die persoon nog lewe, doen ons restitusie direk aan hom/hulle of indien nie, tree ons in verbinding met ‘n bloedverwant. Wat doen ons indien die persoon oorlede is en daar geen bloedverwant is nie of indien die maatskappy waarvan ons iets geneem het, nie langer bestaan nie? Hoe doen ons restitusie aangesien daar nie langer ‘n Tempel is nie en ook geen Hoëpriester om die restitusie te ontvang nie?


Ongelukkig het ek ‘n situasie teëgekom waar ‘n gemeenteleier hierdie Skrifgedeelte betrek het en dit op homself toegepas en deur homself in die plek van die Hoëpriester te stel, die restitusie geneem het. Die gemeentelid het dit goed bedoel, welmenend en wou eerlik vrygespreek word deur restitusie vir ‘n sonde in sy verlede gepleeg, maar hulle het die voordeel daarvan misbruik. Ek twyfel hoegenaamd nie dat, as ons gesondig en ander benadeel het, ons restitusie móét doen nie. Selfs in die afwesigheid van die Tempel of Hoëpriester, is ons nie vrygespreek van van die verantwoordelikheid om goed te doen vir ons sonde nie; die Here vereis steeds van ons om restitusie te doen. Hoe doen ons dit? Moet ons dit vir die gemeenteleier gee vir sy persoonlike gebruik? Hoegenaamd nie! Restitusie behoort altyd gedoen te word, wanneer dit vereis word, maar moet toepaslik gedoen en behoort dit die vereistes van die Tora na te kom sodat die sonde in geheel vergewe word. Daarom, ingeval waar ‘n persoon oorlede is of daar geen naasbestaandes is nie of die maatskappy nie langer bestaan nie - dan glo ek dat die restitusie aan die Here gedoen moet word; óf as ‘n spesiale offer aan die gemeente waaraan julle behoort vir hulle liefdadigheid, of aan ‘n ander liefdadigheidsorganisasie van julle keuse. Die doen van restitusie van sonde is nie Tempelafhanklik nie en moet selfs vandag nog nagekom word terwille van ‘n mens se gewete.


Kom gou Jesus!


PDF weergawe




Donderdag 18 Mei 2023

Parasha Bamidbar (In die Woestyn) - Soldate


Númeri 1:1 – 4:20 

Hosea 2:1 – 22 1 

1 Korinthiërs 12:12 – 20

Soldate


1 Petrus {2:9} “Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.”


Ek het hierdie kommentaar met ‘n Skrifgedeelte uit die Brit Chadasha (Nuwe Testament) begin omdat dit goed aanvul by wat ons in Parasha Bamidbar lees.


Numeri {1:47} “Die Leviete is nie as afsonderlike stam bygetel nie. {1:48} Die Here het naamlik vir Moses gesê: {1:49} “Die stam Levi moet jy nie tel nie en hulle getal moet jy nie by dié van die Israeliete voeg nie. {1:50} Jy moet die Leviete aanstel om toesig te hou oor die tabernakel met die getuienis, oor al sy gereedskap en al sy toebehore. Hulle moet die tabernakel en sy gereedskap dra; net húlle moet daarmee werk; en hulle moet hulle tente rondom die tabernakel opslaan. {1:51} As die tabernakel verskuif moet word, moet die Leviete dit uitmekaarhaal; en as dit opgeslaan moet word, moet hulle dit opslaan. 'n Onbevoegde persoon wat nader kom om te help, moet doodgemaak word. {1:52} “Die ander stamme van Israel moet hulle tente opslaan, elke stam op sy eie staanplek, rondom sy eie vaandel, ingedeel by sy eie leërafdeling, {1:53} maar die Leviete moet hulle tente rondom die tabernakel met die getuienis opslaan, sodat my toorn nie oor die Israeliete kom nie. So moet die Leviete dan vir die tabernakel met die getuienis sorg.” {1:54} Die Israeliete het alles presies gedoen soos die Here vir Moses beveel het.”


Hierdie Parasha het hoofsaaklik betrekking op die telling van die kinders van Israel; dit is egter nie slegs met die doel om hulle te tel soos met ‘n sensus nie - dit was om ‘n spesiale rede. In hierdie getalsterktebepaling, slegs diegene van twintig tot vyftig jaar oud: hulle wat kon gaan oorlog voer, is  getel. Dit was ‘n opname om te bepaal hoeveel mense geskik sou wees vir militêre diens. Die totale aantal geskikte manne het te staan gekom op seshonderd-en-drieduisend, vyfhonderd-en-vyftig. Omdat die Levitiese priesters wat verantwoordelik was vir die godsdienstige lewe van die kinders van Israel, synde die Here se verteenwoordigers onder die mense en visa versa, was hulle vrygestel van militêre diens en dié sensus.


Die ultra-ortodokses in Israel vandag, beskou hulself as priesters van die Here en stryders van die geloof. Hulle gebruik hierdie Skrifgedeelte onder andere, hierdie teks as bewys vir hulle aanspraak om hulself van militêre diens vry te stel. Dit is ‘n punt van heftige bespreking en ‘n politieke struikelblok in die Knesset (Israeli-kongres), waar die godsdienstige party die gesag probeer handhaaf in ‘n wankelrige koalisie regering, waarvan hulle ‘n deel uitmaak.


Ongelukkig het die gelowiges in Jesus die Messias, die Here se roeping van ons as “.....’n koninklike priesterdom….” gebruik om nougesette beswaar teen militêre diens om godsdienstige redes in die Verenigde State aan te voer en, ek is seker, ook elders in die wêreld, te eis. Baie soos die ultra-ortodokses in Israel vandag, maak hulle misbruik en foutiewe toepassing van die gedeelte in 1 Petrus, tot hulle voordeel. Hulle vertaal ook foutiewelik “jy mag nie doodslaan nie”, wat akkuraat vertaal word as “jy mag nie vermoor nie”. Hulle verwaarloos egter een aspek naamlik dat die Levitiese priesters wel oorlog toe gegaan het, maar nie op die gevegsfront nie, soos ons in die volgende Skrifgedeelte sien:


Josua {3:8} “Sê nou vir die priesters wat die verbondsark dra, hulle moet by die Jordaan gaan staan wanneer hulle by die waterkant kom. {3:9} Josua het vir die Israeliete gesê: “Kom nader, luister na die woorde van die Here julle God!” {3:10} Daarna sê hy: “Hieraan sal julle weet dat die lewende God tussen julle is en dat Hy die Kanaäniete, Hetiete, Hewiete, Feresiete, Girgasiete, Amoriete en Jebusiete sekerlik sal verdryf om vir julle plek te maak: {3:11} kyk, die verbondsark van die Here van die hele aarde sal voor julle uit die Jordaan in gaan.””


Vandag is daar natuurlik vir ons as Koninklike Priesterdom geen Tent van Ontmoeting om in te dien nie en dus, is ons ondersteunende rol as houers van die Ark van die Verbond en die Tent van Samekoms nie langer aan hierdie kant van die kruis nodig nie. Ons verantwoordelikheid as priesters het ontwikkel sedert die dae van die Tent van Samekoms en die Tempel. As priesters van God vandag, ofskoon ons nie meer verantwoordelik is vir die onderhoud van ‘n Tabernakel of Tempel met die stelsel van offerandes daarvan nie, is ons, soos die Levitiese priesters van Bybelse tye, nog steeds verantwoordelik daarvoor om die Here by die mense en die mense by die Here te verteenwoordig. Ons doen dit as evangeliste, gebedstryders en lewenstylgetuies. Dus as gelowiges in Jesus die Messias vandag, behoort ons oral oor, waar moontlik die Goeie Nuus (Besorah Tova) aangaande Jesus en Sy vrye gawe van verlossing, ook aan die gewapende magte te verkondig. Baie jong gelowiges verrig vandag diens in die Israelitiese militêre mag en, ja, hulle stel hul lewens in gevaar, maar aangesien militêre diens verpligtend is, om tussen hulle mede soldate te wees en om aan diegene sonder hoop, die kennis van die liefde van God en die versekering van ‘n ewige lewe saam met Hom in die hemel, te deel, is waardevol.


Ek is nie ‘n voorstaander van oorlog nie maar ongelukkig, soos dit in die Bybelse tye was, word oorlog soms deur God bestem en is dit nodig. As gelowiges in Jesus die Messias - selfs as ‘n koninklike priesterdom - kan ons nie konsensieuse beswaardes wees nie. Soos die Levitiese priesters van ouds, het ons ‘n God om te verteenwoordig en watter meer geleë situasie is daar nie as om Hom te verteenwoordig onder soldate, wat elke dag die moontlikheid van dood in die oë staar en wie moontlik vrae mag hê oor hulle ewige bestemming.

   

Kom gou Jesus!

PDF weergawe


 

Donderdag 11 Mei 2023

Parasha Behar - BeChukotai (Op die Berg - In My Verorderinge) - Moeilike Tye & Toewyding


 


Levítikus 25:1-27:34

Jeremia 16:19-17:14

Matthéüs 22:1-14


Behar - Op die Berg


Moeilike Tye


Elkeen verkeer een of ander stadium in moeilike tye. Ek onthou die tyd in 2008 toe baie mense uiters moeilike tye beleef het. Hulle kon nie hulle lewensverpligtinge nakom nie, het hulle huise verloor deur die oproep van verbande en is uit hulle huise gesit, soms met geweld. Mense wat voorheen bogemiddelde salarisse verdien het, was werkloos of moes laagbesoldigde werk aanvaar net om te oorleef; dus moes baie mense van die hand na die mond lewe.


Almal ondervind moeilike tye - sou dit nie aangenaam gewees het as al die mense van die wêreld volgens die Tora en die bogemelde bybelse voorskrifte, geleef het nie? Indien die Tora die wet van die lande was, dan sou daar vir almal wat moeilike tye beleef, hoop gewees het. Hulle sou kon uitsien na die dag waarop hulle sou kon terugkeer na die plek waarin ‘n groot deel van hul lewens deurgebring en geld belê is - sou dit nie aangenaam gewees het nie?


Die lewe is ‘n siklus; een jaar is jy onder en die volgende jaar is jy bo, dus sou jy dink dat onderhouding van die Tora, die rigting sou wees waarheen ‘n verligte omgeewêreld beweeg. In plaas daarvan, beweeg ons wêreld egter in die teenoorgestelde rigting; anti-Tora en anti-Christus.


Daar sal ‘n dag kom wanneer geen geregtigheid op die aarde sal wees nie. Kranksinnigheid sal die wêreld oorneem en dit wil voorkom asof dit alreeds onderweg is; ons is nader aan daardie kranksinnigheid as wat ons ooit was, selfs nou.


Daar is ‘n gebed wat elke oggend in meeste sinagoges wêreldwyd gebid word. Dit lui (vertaal) soos volg:


“Herstel ons regters soos in die vroegste dae en ons raadgewers soos eers; verwyder van ons droefheid en gekla; en heers oor ons - U HERE, alleen- met goedheid en deernis, en verdedig ons deur oordeel. Geseënd is U, HERE, die Koning wat geregtigheid en oordeel behaag” Kom spoedig Here Jesus! 



BeChukotai - In My Verorderinge


Toewyding


Het julle ooit al julle self of enigiets wat julle besit aan die Here gewy? Indien wel, dan het hierdie hoofstuk van die Skrif, betrekking daarop. Tydens Tempeltye sou mense ‘n eed aflê om hulself of iets anders wat waardevol is, aan die Here te wy vir Sy diens in die Tempel. Nie alles wat gewy is, was egter geskik om in die Heiligdom te gebruik nie, dus het die Here ‘n stelsel van waardebepaling neergelê. Indien ‘n persoon homself vrywillig gewy het aan die Here se diens, was daar altyd die moontlikheid dat hy nie gebruik kon word nie aangesien die Leviete deur die Here vir daardie doel aangewys is. Dus is ‘n geldelike waardebepaling geplaas op die persoon of voorwerp wat toegewy word en die geld sou dan in die diens van die Here gebruik word. Dit was ‘n algeheel vrywillige offer; geeneen was verplig om homself of iets wat hy besit het, aan die Here te wy nie. Indien hy egter homself sodoende verplig het, moes hy nietemin sy eed nakom.


Ek dink dit is natuurlik vir gelowiges in Jesus die Messias, wat die Here liefhet en Sy redding waardeer om hulself aan Hom te wil offer as ‘n heilige offerande.


Psalm {116:12} “Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my? {116:13} Met 'n drankoffer sal ek van sy redding getuig en die Naam van die Here aanroep. {116:14} My geloftes aan die Here sal ek betaal in die teenwoordigheid van sy hele volk.”


Iemand wat die Here liefhet, hoef nie noodwendig voorgeskryf te word wat om te doen nie. Soos die psalmdigter gesê het, doen hy dit vrywillig en natuurlik van harte. Die apostel Paulus benadruk hierdie selfde sentiment in die Nuwe Testament, waar hy skryf:


Romeine {12:1} “en nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.”


Hierdie gedeelte kan vergelyk word met wat ons hierdie week in ons Parasha lees. Let daarop dat Paulus ook die offer/toewyding van onsself aan die Here, as vrywillig beskou. Hy gebruik die woorde “Ek vermaan julle,” wat ‘n totaal vrywillige aksie benadruk.


Daar is egter ook ‘n anderkant van hierdie muntstuk. Om ‘n eed wat ons aflê, en nie nakom nie, kan spiritueel en fisies rampspoedig wees.


Spreuke {20:25} “Jy stel vir jouself 'n strik as jy oorhaastig iets aan die Here wy en agterna eers besef wat jy belowe het.”


Deuteronomium {23:21} “Wanneer jy 'n gelofte aflê teenoor die Here jou God, moet jy nie traag wees om dit na te kom nie, anders sal die Here jou God jou tot verantwoording roep en sal jy skuldig wees.”


Het jy jouself al ooit aan die Here gewy? Het jy al jou kinders en kleinkinders aan Hom opgedra, moontlik in ‘n toewydingsdiens? Het jy jou besigheid, jou huis of enige van jou besittings aan Hom toegewy? Jy het dit vrywillig gedoen en moet jou eed aan Hom nakom. Dink tweemaal voordat jy ‘n eed aflê want God sal jou eed teen jou hou. Jy beter dit nakom!


Deuteronomium {23:22} “Wanneer jy nie 'n gelofte aflê nie, sal jy nie skuldig wees nie, {23:23} maar as jy vrywillig 'n gelofte teenoor die Here jou God aflê, moet jy versigtig wees met wat jy sê en moet jy die gelofte nakom.”



Kom gou Jesus!


PDF weergawe

Donderdag 04 Mei 2023

Parasha Emor (Spreek)

 


Levitikus 21:1 – 24:23

Eségiël 44:15 – 31

1 Petrus 2:4 - 10


Levitikus {24:5} “Jy moet koringmeel vat en twaalf ringbrode daarvan bak. Elke brood moet van drie kilogram meel gebak word. {24:6} Pak dit in twee stapels van ses elk op die goue tafel voor die Here. {24:7} Sit dan op elke stapel 'n bakkie suiwer wierook. Die wierook is 'n offer van die Here in die plek van die brood. {24:8} Die brood moet gereeld op elke sabbat daar voor die Here vervang word. Dit is 'n verpligting wat vir altyd op die Israeliete rus. {24:9} Die brood kom Aäron en sy seuns toe. Hulle moet dit op 'n gewyde plek eet, want dit is 'n besondere gewyde gawe. Dit is 'n deel wat hulle altyd moet kry uit die offers wat aan die Here gebring word.”


Die Brood van die Teenwoordigheid, soos hierdie twaalf brode genoem was, was om elke Sabbat vars voor die Here geplaas te word. Elke Sabbat wanneer die ou brood verwyder was, is dit vervang met varsgebakte brood. Daarna, soos voorgeskryf, kon Aäron en sy seuns die ou brood in ‘n Heilige plek eet.


Levitikus {2:11} “Geen graanoffer wat vir die Here aangebied word, mag suurdeeg in hê nie. Julle mag geen suurdeeg of heuning verbrand as 'n vuuroffer vir die Here nie.”


Geen spysoffer wat julle aan die Here bring, mag van iets wat ingesuur was of suurdeeg bevat het berei word nie, want dan was die Brood van Teenwoordigheid nie brood nie, maar matzos. Dit verander alles! Matzos, vir diegene wat nie weet nie, is ‘n tipe bros kraakbeskuitjie van slegs meel en water berei en geen gismiddel is in die bakproses daarvan gebruik nie. Dit is gebak binne agtien minute na voorbereiding om te verseker dat dit nie rys nie, selfs nie vanself nie. Behoorlik berei, sal die matzos nie bederf nie en daarom sou die Brood van Teenwoordigheid aan die einde van die week netso vars wees soos dit aan aan die begin van die week was en steeds geskik wees vir Aäron en sy seuns om te eet. 


Sonde kan nie teenwoordig wees in die Heilige plek waar die Tafel van Toonbrode geleë was nie. Gisstof (suurdeeg) is ‘n Bybelse simbool van sonde en om hiedie rede is dit waarom ongesuurde matzos gebruik is en nie brood nie. Die Altaar van Offerande, waarop diereoffers gemaak was, was geleë buite die Heilige Plek in ‘n oop binnehof van die Tabernakel. Hier het die priesters diere geoffer vir die Here, vir die sonde van die mense. Hierdie offerande was ‘n skadubeeld van wat Jesus aan die kruis sou doen. Eenmaal verby die Altaar en na die sondoffers, is die twaalf stamme van Israel gesien deur die ongegiste matzos as sondeloos. Die twaalf ongegiste matzos, voor die Here in in die Heilige Plek geplaas, het Israel verteenwoordig, sonder ‘n soet geur aan die Here.


Die Altaar was ‘n skadubeeld van die kruis waaraan Jesus geoffer was vir die sonde van die wêreld. Die twaalf ongesuurde matzos-beskuitjies was ‘n sinnebeeld van Jesus, as die sondelose Redder, en die Tafel van Toonbrood was ‘n konstante herinnering voor die Here van wat Jesus vir die mensdom gedoen het. Aäron en sy seuns, wat die ongegiste matzos moes eet, was ‘n tipe Heilige Nagmaal (die Here se Tafel); iets wat ons nog doen as ‘n herinnering sowel aan wat Jesus vir ons gedoen het as Sy spoedige terugkeer.


Volgens Rabbynse leringe, het die priesters die Here se opdragte in verband met die Brood van die Teenwoordigheid so ernstig beskou, dat terwyl die ou matzos deur een priester aan die een kant van die Tafel van Toonbrood verwyder is, het ‘n ander priester terselfder tyd die nuwe matzos aan die ander kant van die Tafel van Toonbrood geplaas.


1 Korinthiërs {11:26} “Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. {11:27} Elkeen wat op 'n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. {11:28} Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink, {11:29} want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur 'n oordeel oor homself.”


Vandag as gelowiges in Jesus die Messias - beide Jode en nie-Jode - is ons priesters van die Here. Telkens wanneer ons deel het aan die Here se Tafel, is dit ‘n konstante en nuwe herinnering vir ons aan ons Here Jesus; Sy sondeloosheid en die offer wat Hy vir ons gebring het. In daardie konteks is dit ook ‘n nuwe herinnering voor die Here van ons reiniging van sonde, wat toelaat om voor Hom in Sy Heilige Plek te verskyn. Die matzos in die Helige plek is geëet deur Aäron en sy seuns as die mensdom se gedeelte; vandag neem ons deel aan die matzos as ‘n verteenwoordiging aan Jesus die Messias, ons gedeelte.


Lukas {22:19} “Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.””    


Kom gou Jesus!

PDF weergawe