Saterdag 26 Maart 2022

Voedsel

Shemini
(Agste)


Levitikus {11:1} “Die Here het vir Moses en Aäron gesê: {11:2} “Sê vir die Israeliete: Van al die diere wat op land hou, mag julle {11:3} net dié eet wat volledig gesplete kloue het en herkou. {11:4} Maar dié wat net herkou of net gesplete kloue het, mag julle nie eet nie. Dit geld vir die kameel, want, alhoewel die dier herkou, het hy nie gesplete kloue nie. Julle moet hom dus as onrein beskou. {11:5} Dit geld ook vir die dassie {11:6} en vir die haas. {11:7} 'n Vark het weer volledig gesplete kloue, maar hy herkou nie. Hy is vir julle dus 'n onrein dier. {11:8} Julle mag nie die vleis van hierdie diere eet of selfs aan hulle karkasse raak nie: hulle is vir julle onrein. {11:9} “In die geval van waterdiere mag julle alles eet wat vinne en skubbe het. Dit geld vir soutwaterdiere en varswaterdiere. {11:10} Maar enige ding wat in die water lewe en nie vinne en skubbe het nie, is vir julle verbode. {11:11} Hulle is vir julle verbode en julle mag glad nie van dié diere eet of selfs raak aan een wat dood is nie. {11:12} Alle waterdiere wat nie vinne en skubbe het nie, is dus vir julle verbode. {11:13} “In die geval van diere met vlerke is die volgende soorte verbode en hulle mag dus nie geëet word nie: arende, lammervangers en visarende; {11:14} aasvoëls en valksoorte; {11:15} al die kraaisoorte; {11:16} volstruise, nagvalke, seemeeue en alle soorte roofvoëls; {11:17} uile, visvangers, ibisse, {11:18} flaminke, pelikane, swane, {11:19} ooievaars, al die reiersoorte, hoep-hoepe en vlermuise. {11:20} “Alle insekte wat vlerke het en op pote loop, is vir julle verbode. {11:21} Julle mag egter dié eet waarvan die pote so is dat hulle kan spring. {11:22} Dit sluit in alle soorte sprinkane en krieke. {11:23} Alle ander insekte wat vlerke het en op pote loop, is vir julle verbode. {11:24} “Sommige diere se karkasse maak iemand wat net daaraan raak, onrein vir die res van die dag. {11:25} As iemand die karkas van so 'n dier gedra het, moet hy sy klere was, maar hy is vir die res van die dag onrein. {11:26} Dit is alle mak diere waarvan die pote nie volledig gesplete is nie en wat nie ook herkou nie. Dit is onrein diere, en elkeen wat aan die karkas van so 'n dier raak, is onrein. {11:27} Verder is alle viervoetige wilde diere wat nie hoewe het nie, onrein. As iemand aan die karkas van so 'n dier raak, is hy onrein vir die res van die dag. {11:28} As hy so 'n karkas gedra het, moet hy sy klere was, maar hy is nog vir die res van die dag onrein. {11:29} “Die volgende diertjies wat volop voorkom in die veld, moet julle as onrein beskou: molle, muise en al die akkedissoorte {11:30} soos geitjies, sandakkedisse, boomakkedisse, gewone akkedisse en ook verkleurmannetjies. {11:31} Dit is onrein diertjies en elkeen wat aan so 'n diertjie raak as hy dood is, is die res van die dag onrein. {11:32} Enigiets waarop so 'n dooie diertjie val, is ook onrein. Dit geld vir enige gebruiksartikel van hout, lap, leer of growwe linne, enige gewone gebruiksartikel. Dit moet in water gedruk word, maar is nog vir die res van die dag onrein. Eers daarna is dit rein. {11:33} As een van die diertjies in 'n kleipot val, is alles wat in die pot is, onrein. Die pot moet dan gebreek word, {11:34} want enige kos waarby water uit so 'n pot gegooi is, is onrein, en enige vloeistof uit so 'n pot is onrein. {11:35} Enigiets waarop een so 'n dooie diertjie val, is onrein. 'n Kleioond of kleikookplek moet in so 'n geval afgebreek word; dit het onrein geword, en julle moet dit as onrein beskou. {11:36} 'n Fontein of opgaardam is wel nie onrein as so 'n dooie diertjie daarin val nie, maar iemand wat aan die diertjie raak, is onrein. {11:37} As so 'n dooie diertjie op saad val wat gesaai gaan word, word die saad nie onrein nie. {11:38} As dit egter gebeur wanneer die saad in water lê om te week, is dit onrein. {11:39} “As enige dier wat julle wel mag eet, vrek, is iemand wat aan die karkas raak, die res van die dag onrein. {11:40} As iemand van die dooie dier se vleis eet of die karkas dra, moet hy sy klere was, maar self is hy die res van die dag onrein. {11:41} “Alle klein diertjies wat volop voorkom in die veld, is vir julle verbode: {11:42} of hulle nou seil of op vier pote loop of baie pote het, julle mag nie een van hulle eet nie, want dit is verbode. {11:43} Julle moet julle nie besoedel met een van dié diere dat julle onrein word nie. {11:44} Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees heilig, want Ek is heilig. Julle mag julle nie verontreinig met enige van die kleiner diertjies wat volop voorkom in die veld nie. {11:45} Ek is die Here wat julle uit Egipte laat trek het sodat Ek julle God kan wees. Omdat Ek heilig is, moet julle ook heilig wees. {11:46} “Dit is dan die reëling wat betrekking het op diere en voëls en op alles wat in water lewe en wat op die grond beweeg. {11:47} Julle moet noukeurig onderskei tussen rein en onrein, tussen diere wat geëet mag word en diere wat nie geëet mag word nie.””

Hierdie gedeelte van Levitikus handel oor die opdrag rakende diere wat nie geëet mag word nie, watter soort vis geëet kan word en selfs watse insekte geëet kan word.

Levitikus {11:46} “Dit is dan die reëling wat betrekking het op diere en voëls en op alles wat in water lewe en wat op die grond beweeg. {11:47} Julle moet noukeurig onderskei tussen rein en onrein, tussen diere wat geëet mag word en diere wat nie geëet mag word nie.””

In hierdie Parasha verstrek God aan ons ‘n lys van wat Hy bepaal het as voedsel vir menslike verbruik. Baie mense het egter al die hedendaagse geldigheid van hierdie lys bevraagteken. Hulle verklaar dat met die koms van Jesus en die skryf van die Nuwe Testament, ons nie langer onder die Tora-bepaling gebonde is nie, of meer uitdruklik, ons nie langer onder die Wet val nie. Die hoofgedagte van die Skrif uit die Nuwe Testament, bied hulle as hul bewys die volgende tekste aan:

Handelinge {10:11} “Hy het die hemel oop gesien en iets soos 'n groot doek wat aan sy vier punte neergelaat word, sien afkom grond toe. {10:12} Daarin was van al die viervoetige en die kruipende diere van die aarde en van al die wilde voëls. {10:13} Hy hoor toe 'n stem vir hom sê: “Kom, Petrus, slag en eet.” {10:14} Maar Petrus sê: “Nooit nie, Here! Ek het nog nooit iets geëet wat onheilig of onrein is nie.” {10:15} Hy hoor die stem toe weer, die tweede keer, vir hom sê: “Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie.” {10:16} Dit het drie keer gebeur, en daarna is die doek weer in die hemel opgetrek.”

Petrus se visioen het in werklikheid niks met voedsel of die herroeping van die voedselvoorskrifte soos in hierdie week se Parasha beskrywe, te doen nie. ‘n Noukeurige ontleding van die konteks van hierdie gedeelte, sal aan die lig bring dat Petrus se visioen ‘n gevolg was van wat in ‘n ander area van die land -in Cesarea- besig was om plaas te vind.

Handelinge {10:1} “In Sesarea was daar 'n man met die naam Kornelius, 'n kaptein in die sogenaamde Italiaanse regiment. {10:2} Hy was godsdienstig en godvresend, hy en sy hele huisgesin. Hy het baie gedoen om die armes onder die Joodse volk te help en het gereeld tot God gebid. {10:3} Een middag teen drie-uur het hy in 'n gesig duidelik 'n engel van God na hom toe sien kom wat na hom roep: “Kornelius!” {10:4} Kornelius het hom verskrik aangekyk en gevra: “Wat is dit, Meneer?” Die engel sê toe vir hom: “God het gelet op jou gebede en op wat jy vir die armes doen, en Hy het aan jou gedink. {10:5} Stuur nou dadelik mense na Joppe toe en laat daar 'n sekere Simon haal wat ook Petrus genoem word. {10:6} Hy is tuis by 'n ander Simon, 'n leerlooier, wat by die see woon.””

Petrus was op die punt om kennis te maak met Kornelius, ‘n Romeinse , Hoofman oor Honderd. Kornelius het Petrus laat haal en versoek om na sy huis te kom. Volgens die Judaïsme van daardie tyd, was dit verbode vir Jode om met nie-Jode te assosieer - selfs ook om hulle huise binne te gaan. Nie-Jode was as onrein beskou en dus verontreinigend vir ‘n Jood. Dit is vandag steeds die geval onder sekere ultra-ortodokse sektes van Judaïsme. In sy visioen van die neerlaat van ‘n groot laken, het die Here aan Petrus getoon dat hy nie langer nie-Jode (wat vir ‘n Jood as onrein beskou was, soos die diere wat hy laaste op die laken gesien het) as onrein te beskou nie, maar dat hulle nou in Sy reddingsplan deur Jesus die Messias, ingesluit sou wees. Die Here was besig om uit die twee mense (Jood en nie-Jood), Een nuwe mens te maak en daarby om omgang met mekaar te hê deur Messias Jesus.

Nadat Kornelius aan Petrus meegedeel het wat die engel aan hom gesê het, het Petrus besef sy Goddelike visioen was nie oor die eet van onrein voedsel nie, maar oor wat voorheen onrein genoem genoem is, nou deur God as rein beskou word en hulle in te sluit in Sy plan van redding deur Jesus die Messias. Die doel van Petrus se visioen word duidelik wanneer ons lees oor wat hy vir die Hoofman oor Honderd gesê het toe hy sy huis binnegegaan het.

Handelinge {10:28} “en hy sê vir hulle: “Julle weet dat 'n Jood nie met iemand van 'n ander volk mag omgaan of by hom in die huis mag kom nie, maar God het vir my gewys dat ek geen mens as onheilig of onrein mag beskou nie. {10:29} Daarom het ek sonder om teë te stribbel, gekom toe julle my laat haal het. Sê nou vir my waarom julle my laat haal het.””

Handelinge {10:34} “Toe het Petrus aan die woord gekom en gesê: “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, {10:35} maar in enige volk die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is.”

In Mattéüs {16:13} en wat daarop volg, nadat Petrus aan Jesus verklaar het dat Hy die Messias, die Seun van God is, het Jesus die sleutels van die Koninkryk aan hom gebied. Wat Jesus hiermee bedoel het, word ook soms misverstaan. Petrus sou nie die eerste Pous wees, soos hierdie verse geinterpreteer word deur die Katolisisme en ander nie, maar hy sou die eerste apostel wees om deel te hê aan God se reddingsplan met die nie-Jode; die ingang na die Koninkryk sou Hy vir hulle oopsluit, vir die eerste keer sedert die kruisiging van Jesus, ook vir nie-Jode om dit binne te gaan en deel te word van God se Koninkryk en reddingsplan. Dit is vervul toe hy Kornelius en sy huishouding na die Here gelei het.

Kom gou Jesus!

Saterdag 12 Maart 2022

Bloed

VaYikra
(En Hy Het Geroep)

Levitikus 1:1 – 6 

Jesaja 43:21 – 44:23 

Hebreërs 10:1 - 18 


Levitikus {1:1} “Die Here het vir Moses geroep en uit die tent van ontmoeting vir hom gesê:  {1:2} “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: Wanneer een van julle vir die Here 'n offer wil aanbied, kan hy dit aanbied uit sy beeste of uit sy kleinvee. {1:3} As dit 'n brandoffer uit die beeste is, bied die man 'n bul aan sonder liggaamsgebrek. Hy bied dit aan by die ingang van die tent van ontmoeting sodat dit vir die Here aanneemlik sal wees.””


Nadat ek vandeesweek se Parasha gelees het, en al die offerandes wat vereis word om ‘n persoon se regte verhouding met God te herstel, is ek opnuut dankbaar vir dit wat Jesus die Messias (Yeshua Ha Mashiach) vir my gedoen het. Veronderstel dat ek die diere moes koop as korbanot  (meervoud van korban) (versoening) en dit moes besorg by die Bet Ha Migdash (Tempel) om daardeur te poog om in ‘n regte verhouding met die Here te verkeer. Trouens, deur al die sonde wat ek pleeg, bewustelik sowel as onbewustelik met wat ek sê, waarna ek luister, waarna ek kyk en wat ek elke dag dink, weet ek nie wat eerste sou gebeur het nie, deurdat ek finansieel probleme mag ondervind en of die wêreld kon leegloop van “skoon” diere vir my om te offer. Dan sou dit boonop die gereelde heen-en-weer reise vanaf my huis in Jerusalem meebring. Dit sou alles nodig gewees het, al het die Tempel nog bestaan en Jesus die Messias nog nie gekom het nie. Indien ons al ons sondes - wat ons as gelowiges doelbewus sowel as onbewustelik pleeg deur wat ons sê, hoor en aan dink vir net een dag, sou die aantal sondes verstommend wees. As elkeen van ons daarbenewens die toepaslike offerande vir elke sonde moes bring, sou die spesies bokke en lammers ongetwyfeld die lys van uitgestorwe diere haal! Soms dink ek, neem ons dít wat die Here vir ons gedoen het, vêr te ligtelik op, want soos ons volgens die Skrif besef, sondig ons almal en skiet ons almal tekort aan die heerlikheid van God!


Prediker {7:20} “Daar is geen mens op aarde regverdig nie, niemand wat net goed doen en nie sondig nie.”


Ons word ook volgens die Skrif beveel dat die korbanot (versoeningsoffers) nêrens anders as in die Tempel in Jerusalem geoffer moes word nie. Indien Jesus (God in die vlees) nooit gekom het om eenmalig te sterwe vir die sonde van die wêreld nie, diegene uit die diaspora, gereeld heen en weer na Israel sou moes reis - ‘n verdere uitgawe!


Deuteronomium {12:13} “Moenie julle brandoffers sommer op enige plek offer wat vir julle goed lyk nie. {12:14} Julle mag dit net offer op die plek wat die Here sal kies in die gebied van een van die stamme. Daar moet julle julle brandoffers offer en daar moet julle alles doen wat ek julle beveel het.”


Ons kan dus verstaan dat Jesus se sterwe vir die sonde van die wêreld, geen geringe aangeleentheid was nie. Die storting van Sy bloed vervang die noodsaaklikheid dat voëls, bulle skape en bokke se bloed as versoening vir ons sondes gestort word.


Levitikus {17:11} “Omdat die lewe van 'n dier in sy bloed is, het Ek die bloed vir julle gegee om op die altaar versoening te doen vir julle lewens. Omdat bloed versoening bring deur die lewe wat daarin is,”


Wat bedoel God as Hy sê: ”......die bloed bewerk versoening vir die lewe.” Ek glo Hy bedoel “‘n lewe vir die lewe”. Die loon van die sonde is die dood: iets moes in ons plek sterf om versoening vir ons sondes te bewerkstellig. Vóór die koms van Jesus, moes diere ons plek ingeneem het. Ons was skuldig, maar hulle het die boete betaal. Met die koms van Jesus het dit alles verander.


Levitikus {17:10} “Omdat die lewe van 'n dier in sy bloed is, het Ek die bloed vir julle gegee om op die altaar versoening te doen vir julle lewens. Omdat bloed versoening bring deur die lewe wat daarin is,”


Waarom was God so onversetlik dat Sy volk nie bloed eet nie? Jesus (God in die gestalte van ‘n mens) het na die aarde toe gekom om te sterwe en het Sy bloed vir die sonde van die wêreld gestort. Hy het aan die Here se straf vir sonde wat die dood is, voldoen en tot vandag nog voldoen Hy steeds daaraan. Daarom is daar nie langer enige behoefte aan iemand om ‘n korban (versoeningsoffer) na die Tempel in Jerusalem te bring nie - dit bestaan nie langer nie en was ook vir meer as tweeduisend jaar nie meer nodig nie.


Indien jy egter nie ‘n gelowige is nie en hierdie Parasha lees, weet dit: Jesus die Messias het vir jou sondes gesterf. Hy is jou versoening, netsoos myne. Die enigste verskil tussen jou en en my is dat ek in Hom glo en aanvaar het dat deur Sy dood aan die kruis, Hy vir my sondes versoen het. As jy Hom nie as jou Heer en Redder aanvaar het nie, dan het Sy bloed nie vir jou sondes versoen nie en is jy steeds skuldig en onder ‘n doodvonnis van God. Jy kan dit nóú verander en vergifnis ontvang. Jy kan dit nou aanvaar en vergewe word. Vra net vir Jesus die Messias om jou Heer en Redder van jou lewe te wees en Hy sal dit vir jou doen wat Hy ook vir my gedoen het.


Ongelukkig word daar ‘n valse leerstelling deur die Satan versprei dat Jesus as die Messias gekom het, maar Hy is nóg God nóg die Vader. Hulle logika mag reg klink, maar is dit nie die wyse waarop die Satan te werk gaan nie? Hulle gebruik rabbiniese leerstellings en die verdraaiing van die Skrif om mense wat swak is van begrip, om húlle gif te glo. Dit is beslis nie waar nie! Jesus het self bely dat Hy en die Vader Een is. Johannes {10:30}. Hy het ook gesê: “As julle My sien, het julle die Vader gesien”. Moet nie hierdie bedrieglike valse verkondigers glo nie: hulle leerstelling is ‘n vorm van menslike offerande. Ofskoon hulle beweer dat Jesus die Messias van God gekom het en daarom ‘n spesiale mens is, is dit nogtans ‘n menslike offerande, ‘n leerstelling waarmee die Satan die mense deur eeue heen mislei het om te beoefen, skynbaar nog tot vandag toe!      


Kom gou Jesus!



PDF weergawe

Saterdag 05 Maart 2022

Heerlikheid, Teenwoordigheid, Krag en Goedheid

Pekudei
(Berekenings)

Eksodus 38:21 – 40:38

2 Konings 12:1 - 17

Hebreërs 8:1 – 12


Alles aangaande die Tabernakel, deur Moses in die wildernis opgerig, verteenwoordig en dui op Jesus die Messias: elke kleur - blou, purper en rooi, elke metaal - brons, silwer en goud regdeur tot op die linne wat gebruik is vir die kledingstukke van die priesters was alles simbole van Hom. Silwer Sy verlossing, brons Sy oordeel, linne Sy geregtigheid en goud Sy heerlikheid en heiligheid. Ek wens graag vandag my kommentaar te fokus op God se heerlikheid.


Eksodus {40:33} “Daarna het hy die voorhof rondom die tabernakel en die altaar opgerig en die afskorting voor die ingang van die voorhof gehang. So het Moses sy werk afgehandel. {40:34} 'n Wolk het die tent van ontmoeting oordek, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul. {40:35} Moses kon nie in die tent van ontmoeting inkom nie: die wolk was daarin, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul.”


Ek dink dit is belangrik vir ons om kennis te neem dat die heerlikheid van die Here nie op die Tabernakel gerus het voordat al die konstruksiewerk afgehandel was en deur Moses goedgekeur is nie. Die taak is aan hom opgedra om te verseker dat alles gedoen was presies soos die Here beveel het.


Eksodus {39:42} “Die Israeliete het alles gemaak net soos die Here vir Moses beveel het. {39:43} Moses het al die werk geïnspekteer en gesien dat dit gemaak is soos die Here beveel het. Toe het Moses die vakmanne gelukgewens en bedank.”


Wat kan ons hiervan saamneem van alles wat aan ons hier vertel is en dit op onsself toepas: die realiteit van ons wêreld? In ons snelle lewenstempo en immer veranderende wêreld, raak ons soms so verstrengel om alles gedoen te kry dat ons die feit dat God aan ons ‘n handleiding gegee het, ‘n instruksie-boek vir die lewe, die Bybel (Bible: Basic Instructions Before Leaving Earth), verwaarloos het. Alles wat ons benodig om ‘n lewe wat God behaag te voer, is in hierdie handleiding ingesluit. Ons word selfs voorbeelde van mense wat aan ons die resultate toon van diegene wat Sy instruksies gevolg het en hulle wat nie daarin geslaag het nie. Niks word aan toeval oorgelaat nie, niks word aan ons begrip of verbeelding oorgelaat nie - slegs eenvoudige instruksies om dit te doen, “presies soos die Here beveel het.”


In verse 34 en 35 hierbo, word ons vertel dat toe al die werk voltooi, goedgekeur, en nagegaan was….”die heerlikheid van die Here die Tabernakel gevul het.” In Eksodus 32:18 word God deur Moses gevra: “… toon aan my U heerlikheid.” Elke gelowige behoort hierdie woorde op hul lippe te hê. Die heerlikheid van God bestaan uit drie dele. Eerstens is dit die manifestasie van die teenwoordigheid van God; tweedens is dit die manifestasie van die krag van God en derdens is dit die manifestasie van die goedheid van God. Moses het geweier om sy reis met die kinders van Israel voort te sit sonder dat God se heerlikheid met hulle sou wees omdat hy besef het dat hy niks kon vermag sonder dat die teenwoordigheid, krag en goedheid van God met hom sal wees nie. Hy het dit van God gevra omdat hy nog nooit die heerlikheid van God aanskou het voordat hy dit gesien het met die brandende bos by die Rietsee en toe God manna uit die hemel gegee het, om slegs enkele bewyse te noem. Moses het dus nie hierdie versoek aan God gerig omdat hy nog nooit Sy heerlikheid gesien het nie. Hy het die versoek gerig omdat hy besef het dat hy niks kon verrig sonder die teenwoordigheid van God se heerlikheid in sy lewe nie - dit geld vir ons ook.


Die heerlikheid van God het nie neergedaal en die Tempel gevul totdat dit opgerig is presies soos die Here beveel het nie. Gelowige, jy sal nie in staat wees om jou doel te verwesenlik of God se roeping in jou lewe te vervul sonder God se heerlikheid, teenwoordigheid, krag en goedheid in jou lewe nie! Aanvaar asseblief my raad dat God se heerlikheid, teenwoordigheid, krag en goedheid jou nie sal vul indien jou Tabernakel, jou lewe nie gebou, opgerig en aan die presiese vereistes voldoen soos wat die Here in Sy Bybel beveel het nie.

 

Kom gou Jesus!


PDF weergawe