Donderdag 29 Oktober 2009

Laat Alles Agter

Gaan Julle Self Voort / Lech Lecha | Afrikaans skakel | English link |

31 Oktober 2009 / Chesvhan 13 5770

Genesis / BeReshit 12:1 - 17:27
Jesaja / Yeshayau 40:27 - 41:16
Romeine / Romim 4:1 - 25


Genesis / BeReshit {12:1} " En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys."

Kan julle julself in Abram se situasie indink? Julle het in 'n stad groot geword waar almal julle geken het. Julle het jul vrouens dáár ontmoet, is dáár getroud en het dáár oud geword. Skielik, uit die bloute, hoor julle 'n vreemde stem, wat julle beveel om op te pak en die enigste stad wat julle ooit geken het, te verlaat, so ook julle ouers, familie en vriende; om julle gesin te ontwortel, sowel julle besigheid as alles wat aan julle behoort het, te verlaat en na 'n vreemde land, wat die vreemde stem nog nie aan julle openbaar het nie, te gaan. Julle is bloot beveel om te gaan, sonder die vaagste benul waarheen. Wat sou julle doen? Meeste mense, soos julle en ek, sou aan die stem getwyfel en gedink het dat dit hul verbeelding was. Meeste mense sou nie geglo wat hulle gehoor het nie of selfs daarop gereageer het nie. Dit was egter nie die geval met Abram nie. Hy het opgepak en, sonder om te twyfel, die stem gehoorsaam en weggetrek.

Onthou nou, Abram was nie 'n Jood nie en heelwaarskynlik - net soos sy vader - 'n afgodsdienaar. Hy was afkomstig uit Ur van die Chaldeërs, wat ons nou ken as Mesopotamië of die huidige Irak. Ur was 'n stad wat daarop geroem het om die maangod te aanbid, sodat dit onwaarskynlik was dat Abram oor enige kennis van die God van Israel beskik het. Nietemin het Abram, nadat hy die vreemde stem gehoor het, dit gehoorsaam deur sy ouers te verlaat, en die God van Israel te volg.

Ek weet nie of julle daarvan bewus is of nie, dat anti-sendingsgroepe, soos "Jode vir Judaïsme", 'n gedeelte in die Hernieude Verbond (Brit Chadasha) kritiseer en dit as voorbeeld gebruik van die strengheid, gevoelloosheid en meedoënloosheid van Jesus die Messias. Hulle gebruik die gedeelte as bewys dat die Hernieude Verbond nie deur God geïnspireer kon gewees het nie omdat, volgens hulle, God nie só iets van enigeen sou vereis het nie. Wat is die betrokke gedeelte?

Matthéüs / Mattityahu{10:37} "Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. {10:38} En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie."

Dink julle Abram het sy vader en moeder meer liefgehad as vir die God van Israel, Wie hy nie geken het nie en so 'n onredelike eis aan hom gestel het? Kon hy nie gesê het: "Watter gemene, hartelose en wrede God is dit, wat só iets van iemand vereis?" en hom dan nie aan God gesteur het nie. Dit het hy nie gedoen nie; hy het inderdaad opgepak, almal en alles wat vir hom dierbaar was, agtergelaat en gegaan waarheen God hom gestuur het. Ek meen dit kan gesê word dat Abram sy kruis (die kruis van om alles en almal wat hy geken het, te verlaat) opgeneem en God gevolg het.

In ruil vir sy gehoorsaamheid aan die stem van God, het God die volgende belofte aan hom gedoen:

Genesis / BeReshit{12:2}" En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. {12:3} En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word."

Dit is baie interessant, want kyk wat sê Jesus die Messias vir almal wat Hom as vader en moeder liefhet:

Matthéüs / Mattityahu {19:29} "En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe."

Die Hernieude Verbond het basies presies dieselfde gesê as die Hebreeuse Geskrifte (Tanach). Kan dit moontlik wees omdat dit die dieselfde God is, wat dit sê? Ja, dit is een en dieselfde God! Enigeen wat deur anti-sendingsgroepe beïnvloed is, word deur hulle bedrieg. Die God van die Tanach is dieselfde God van die Brit Chadasha. Jesus het 'n teregwysing vir sulke organisasies (ons hedendaags weerspannige Fariseërs) gehad:

Matthéüs / Mattityahu {23:15} "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel, twee maal erger as julle self."

Ek dink julle moet vir die anti-sendinggroepe versigtig wees, maar hoegenaamd nie vir die Messiaanse Jode nie! Stem julle saam?

Congregation Melech Yisrael all rights reserved

Saterdag 24 Oktober 2009

Wandel Met God

Noag / Noach | Afrikaans skakel | English link |

24 Oktober 2009 / Chesvan 6 5770

Genesis / Bereshit 6:9 - 11:32
Jesaja / Yeshayahu 54:1 - 55:5
1 Petrus / Kefa Aleph 3:18 - 22


Genesis / Bereshit{6:14} "Maak vir jou ‘n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk. {6:15} Só moet jy dit maak: drie honderd el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte. {6:16} ‘n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van ‘n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met ‘n onderste, tweede en derde verdieping maak."

Hierdie Skrifgedeelte vind ek absoluut verstommend! Besef julle dat dié drie verse die volle omvang van die opgetekende opdragte van God aan Noag is. Vir die konstruksie van 'n 137 meter (450 voet) by 23 meter (75 voet) wye en bykans 14 meter (45 voet) hoë drieverdiepingskip? Wat nog meer verbasend is, is dat Noag hierdie skip in 'n plek moes bou, waar - na ons beste wete - geen oseane of selfs 'n meer was nie. Daarom, as daar dan geen oseane of mere dáár was nie, is dit waarskynlik dat Noag nooit in syl lewe 'n boot gesien het nie, laat staan nog 'n skip. Toegegee, dat baie mense geglo het dat die boot meer soos 'n ontsaglike groot vragskuit / barg ("barge") was, maar hy sou ook nooit 'n vragskuit gesien het nie; trouens, ek twyfel of hy selfs geweet het wat dit was.

Meeste van ons sou redeneer dat dit onmoontlik was dat Noag hierdie ark gebou het en dit dus as 'n fabel afgemaak het. Dit is inderdaad bejammeringswaardig dat meeste Christene wat die Tanach (Hebreeuse Geskrifte) lees, dink dat die merendeel van die verhale daarin vervat, bloot fabels is. Hulle meen dat dit eenvoudig onderrigmediums is, deur God gebruik, om 'n punt of konsep verstaanbaar te maak - baie soos die gelykenisse van Jesus. Niks kon egter meer werklik gewees het as die ark nie. Selfs al sou God hierdie verhaal van 'n ware gebeurtenis, bloot as 'n onderrigmedium gebruik het om ons van Sy karakter te leer, het Noag onteenseglik hierdie massiewe ark gebou, wat nie net hom en sy gesin nie, maar al die verskillende soorte diere, wat op aarde was, gehuisves en gered het.

Met ons beperkte begrip, is dit vir ons moeilik om te begryp hoedat, onopgelei in die fyn kuns van bootbou, moontlik iets kon bou wat op water sou kon dryf. Dit is moontlik vir ons nóg moeiliker om te begryp dat hierdie persoon die logika van waterverplasing, gewigsverspreiding ens. sou verstaan het, sodat die ark sou kon drywe en nie omslaan nie! Daarbenewens is daar hoegenaamd geen aanduiding in die Skrif dat God vir Noag in die Hemel opgeneem en hom van bootbouplanne - volledig met 'n lys in besonderhede van boumateriale - voorsien het nie, soos wat Hy met Moses gedoen het, toe hy opdrag gekry het om 'n tabernakel in die woestyn te bou. Van wat ons uit die Skrif kan aflei, blyk dit dat Noag vir hierdie projek op homself aangewese was. Selfs om al die materiale te bekom en dit by die bouterrein te besorg, blyk uitsluitlik Noag se taak te gewees het. Noag was egter nie alleen nie. Ja, hy het seuns gehad om hom te help, maar selfs belangriker as dit, Noag het ook 'n ander Helper gehad. Die Skrif verskaf vir ons 'n sinspeling op Wie daardie Helper was.

Genesis / Bereshit {6:9} "Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel."

Noag is die tweede van slegs twee persone in die ganse Bybel, wat ons verneem, met God gewandel het. Die ander een was Henog.

Genesis / Bereshit{5:22} "En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog drie honderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad."

God het Abraham versoek om onberispelik voor Hom te wandel, maar nêrens in die Skrif lees ons dat selfs Abraham hierdie vlak bereik het, waar die Skrif van hom kon sê dat hy met God gewandel het nie. Om met God te wandel en in die Skrif daarvoor aangeprys te word, moet dus van besondere betekenis wees en is inderdaad ook so. Dit vereis verbondenheid om met God te wandel. Dit vereis ook 'n innerlike besluit wat 'n mens toelaat om aanhoudend die innerlike influistering van die Heilige Gees te hoor. Henog het met God gewandel en het gevolglik nie soos alle mense gesterwe nie. Noag het met God gewandel en was, as gevolg daarvan, die enigste mens op die hele aarde, wat uitgekies is om die vloed te oorleef en hy het ook sy gesin saam met hom gehad.

Om te lewe as 'n gelowige, word dikwels na verwys as "wandel" en in die Skrif word ons soos volg aangespoor:

Efesiërs / Efosos{5:15} "Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;"

Ons wandel, as gelowiges in Jesus die Messias, word geag om in volmaakte gehoorsaamheid aan die Wil en Woord van God te verkeer; van hoeveel van ons kan God egter sê dat ons met Hom wandel?

2 Konings / Malachim Bet {20:3}" Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ‘n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween."

Ek glo dat hierdie Skrifgedeelte die beste beskrywing is van om met God te wandel. Om met Hom te wandel, skyn meer veelseggend te wees van iets veel meer intiem: soos twee vriende wat stap en saam gesels en algaande mekaar se diepste, intiemste binnestes ervaar. Beide Noag en Henog het hierdie tipe verhouding met God gehad. Hulle het in God se wêreld geleef terwyl hulle nog op aarde was. Daarom kan ons vermoed dat Noag 'n onsienlike, onopgetekende gemeenskap met God gehad het. Dit is wat die eenvoudige verklaring:" Noag het met God gewandel", beteken. Was Noag dus alleen in sy projek om hierdie ongelooflike, skynbaar onmoontlike ark te bou? Nee, die Heilige Gees het hom gelei en God was by Hom elke tree van die pad, want Noag het met God gewandel.

Matthéüs / Mattiyahu{19:26} "Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik."

Filippense / Pilifim {4:13} "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee."

Congregation Melech Yisrael all rights reserved

Saterdag 17 Oktober 2009

God (HaShem) Kan Vir Jou 'n Nuwe Hart Gee

In Die Begin / Bereshit | Afrikaans skakel | English link |

17 Oktober 2009 / Tishrei 29 5770

Genesis / BeReshit 1:1 - 6:8
1 Samuel / Sh'muel Aleph 20:18 - 42
Johannes / Yochanan 1:1 - 5

Genesis / Bereshit {6:5}"Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was"

Ek beskou myself as doodnormaal, maar soms voel ek asof ek kan ineenkrimp oor sekere gedagtes wat in my binneste opkom. Ek kan met iemand gesels of na hom / haar luister en plotseling kan 'n verskriklike gedagte by my opkom. Ek neem dit natuurlik altyd gevange deur Jesus die Messias, maar stel julle voor as dit moontlik was om mekaar se gedagtes te kon lees! Dink net daaraan! Indien dit vir mense moontlik was om die werklike óns en nie die ons wat ons voorgee om te wees of selfs die ons wat ons dink ons is nie, te hoor. 'n Skrikwekkende gedagte, maar wat as dit moontlik was - wat sou mense van ons gedink het?

Ons gedagtes is die eintlike werklike ons en God ken ons hart. As die verbeeldingsvermoë van die gedagtes van ons woede, wraak, haat, afguns of enige soort boosheid is, dan sien God ons as sulks. Hy ken ons gedagtes en sien ons net soos ons werklik is.

1 Kronieke (28:9} / Divre HaYamim Alef "En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ‘n volkome hart en met ‘n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot"

Ons kan God nie bedrieg nie: Hy kyk na die hart. Ons moet verder as ons politieke korrektheid en bedrieglike beleefdheid gaan en by die houding van ons hart uitkom, want dít is wat Hy beoordeel.

Wanneer iemand julle aanstoot gee of misbruik van julle maak, wat dink julle dan? Is dit hoe om hom te vergeld? Daardie gedagte is wat julle waarlik is. Indien julle beledig word maar dit oënskynlik gedweë aanvaar, maar van binne brand om wraak te neem, is dit wat julle werklik is.

Die enigste manier om voor God eerlik te wees, is om elke gedagte wat julle het, te ondersoek en bepaal of dit werklik is soos wat julle is, want dít is die ware mens wat God sien. Mense rondom julle mag moontlik deur julle beïndruk word - selfs gades mag miskien dink julle is net die voortreflikste, maar God sien nie wat hulle sien nie. God deursoek die hart.

Jeremia / Yirmeyahu (17:9}"Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?"

Wat God hier sê, is dat die ware julle, is wat julle in jul harte is en dat behalwe vir Sy Goddelike ingryping in jul lewens, jul harte die mees bedrieglike in die ganse wêreld is; trouens, niks of niemand anders kan julle so bedrieg of belieg, as julle eie harte nie. Nie slegs is die hart bedrieglik bo alle dinge nie, maar is dit ook uitermate boos. Dit bedoel dat, as dit aan sigself oorgelaat sou word - geskei van God in julle lewens - kan dit onuitspreeklik verskriklik wees waartoe julle in staat sou wees! Dit beteken dat geeneen van ons inherent goed is nie. As julle goeie - ook op morele gebied - mense is, tree julle op onder die beperkings en vrees vir gevolge, soos jul ouers julle geleer het óf julle gehoorsaam die wette, deur ons regering bepaal, wat in beide gevalle onseker en onvolhoubaar is. Die enigste volhoubare weg om 'n goeie en sedelike mens te wees, is om in Jesus die Messias te glo.

Jesája / Yeshayahu (64:6}" En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind."

Ek glo nie dat God dit duideliker kon gestel het nie. Sy beoordeling van ons situasie - behalwe vir die herskeppende krag van die Heilige Gees, wat ons 'n nuwe hart gee en "Tora" daaroor skryf - is dat ons hart verlore is! Julle mag julself as goeie mense beskou, mensliewende - of Godsdienstige mense wat verdien om Heiliges te wees, maar voor God se aangesig is al jul goedheid soos vuil klere. Dit is omdat, sonder die Heilige Gees, jul motivering en bemagtiging nie deur God kan wees nie. Die rede is omdat julle nie aan God behoort nie; daarom word julle bedrieg, want dít is wat die hart doen - dit is bedrieglik en verskriklik boos.

Eségiel / Yechezkel {36:26}"En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee."

As julle in Jesus die Messias glo, dan woon God in wat Hy noem, jul harte; Hy het dan kom woon in daardie deel van julle, waar - volgens Hom - besluite geneem word. As gevolg daarvan, is Hy besig om jul harte te reprogrammeer, maar dit duur 'n leeftyd, omfdat die wêreld julle by sy standaarde will aanpas, maar die Woord van God wil julle herskep en gevolglik is daar 'n konstante tweestryd in ons harte.

Romeine / Romim {12:2}"En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is."

Die letterlike betekenis van die woord "vernuwing" is om die oue met die nuwe te vervang. Dit beteken dat die keuses wat jy normaalweg sou gedoen het - wat in die verlede hoofsaaklik daarop neergekom het om die self te bevredig - vervang sal word met keuses wat God sal behaag. Ten einde dit moontlik te maak, moet die Heilige Gees die Woord van God direk oplê op julle hart, met ander woorde dié plek waar God sê dat daardie keuses gemaak. Die Heilige Gees skryf die Tora op julle harte sodat julle die regte keuses kan doen - letterlik hervorm Hy julle harte.

Tensy ons die motivering van ons harte verander, sal ons self nie verander nie. Jesus die Messias het vir ons sondes geboet sodat ons as oorwinnaars kan lewe, maar ons keuses tydens ons lewe bepaal of ons in daardie oorwinning sal wandel.

Indien julle dit nog nie gedoen het nie, oorweeg dit asseblief in alle erns om Jesus die Messias in julle lewens in te nooi sodat God aan julle nuwe harte kan skenk.

Congregation Melech Yisrael all rights reserved

Saterdag 10 Oktober 2009

Wat Met Vrees (Eerbied) vir die Here Bedoel Word

Agste Feesdag / Shemini Atzeret | Afrikaans skakel | English link |

10 Oktober 2009 / Tishrei 22nd 5770

Deuteronomium / Devarim 14:22-16:17
Numeri / B'Midbar 29:35-30:1
1 Konings / Melachim Aleph 8:54-9:1
Markus / Mordechai 12:28-34


Hierdie Shabbat is Shemini Atzeret (die agste feesdag). Alhoewel dit by Sukkot ingesluit word, is Shemini Atzeret nie deel van Sukkot nie, maar 'n Feesdag op sy eie.

Numeri / Bamidbar {29:35} "Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie."

Ter ere van hierdie Feesdag, word 'n spesiale Torah Parasha gelees, soos in die boeke hierbo aangedui. Hierna volg egter die gedeelte wat ek gekies het om vandeesweek kommentaar op te lewer.

Deuteronomium / Devarim {14:22} "Jy moet noukeurig die hele opbrings van jou saad—wat jaar vir jaar uit die land uitspruit—vertien. En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die HERE jou God altyd te vrees."

Waarom sou tiendeheffing enige betrekking hê op vrees (eerbied) vir God en waarom sou dit ons leer om Hom te vrees (eer)? Die antwoord is eenvoudig: dit beteken dat om nie tiendes te gee nie, bedoel dat ons Hom nie vrees (eer) nie, aangesien Hy ons beveel het om tiendes te gee. Ten einde dit beter te verstaan, laat ons kyk wat die Skrif bedoel met vrees (eerbied) vir God. Daar is talle soorte vrees (eerbied) wat met God vereenselwig word. So is daar 'n vorm van vrees (eer) vir God, wat nie van God is nie, maar bygeloof genoem word. Bygeloof is 'n vorm van vrees (eer) vir God, maar nie om die regte redes nie. Meeste van die tyd is mense bygelowig vanweë vrees vir straf of oordeel deur God. Bygelowiges assosieer dus, sekere vorms van dreunsang ("chants") en die dra van gelukbringers, daarmee, soos byvoorbeeld "die hand" (hamsah), wat Jode dra om kwaad af te weer, of "die horing" (corno of cornicello), wat Italianers dra, om hulle teen die bose te beskerm. Bygeloof lei mense ook om sekere dinge te vermy, soos om nie onder 'n leer deur te stap nie of om altyd daarop bedag te wees om nie sout te stort of mors nie. Ofskoon geeneen van hierdie dinge iets met God te doen het nie, glo bygelowiges wat kwaad aanhang, hierdie en dat enige soortgelyke bygelowe God sal verhoed om Sy beskerming oor hulle te onttrek. Bygeloof, in welke vorm ookal, is waansinnig en onkundig.

Dan is daar die ware vrees (eerbied) vir God. Hierdie Godsvrees beteken dat 'n mens versigtig moet wees om nie teen God te oortree nie, deur elke moontlike poging aan te wend om volgens Sy gebooie en streng volgens Sy wil, te lewe. Dit is gesonde vrees (eer), wat eerbied, ontsag en respek vir God en Sy woord behels. Wanneer die woorde: eerbied, ontsag en respek in die Woord gebruik word, kan dit 'n sinoniem wees vir "gesonde vrees" (eerbied), want in die Skrif word kinders vermaan om hul ouers te vrees (eerbiedig).

Levitikus / Vayikra {19:3} "Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God."

Vrouens moet hul mans respekteer.

E
fese / Efesos {5:33} "In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig."

Bediendes moet hul base respekteer.

Efese / Efesos {6:5} "Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus;"

Ek moet julle egter waarsku dat om 'n volkome gesonde vrees (eerbied, ontsag of respek) vir God te betoon, moet daar altyd ook liefde vir God wees. Vrees (eerbied) en liefde moet gelyktydig bestaan sodat iedereen van hierdie emosies gesond kan wees en ons in staat kan stel om God te behaag en dien. Dieselfde geld vir kinders, vrouens en bediendes (in moderne terme werknemers).

Psalm / Mizmor {111:10} "Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid."

Wat het tiendeheffing dus te doen met leer om God te vrees (eer)? Tiendeheffing moet aangeleer word. As dit aan ons eie selfsug en eie belang oorgelaat word, sal ons nie van ons geld afstand doen nie. Indien ons egter leer om getrou te wees met die gee van tiendes en laasgenoemde kombineer met gehoorsaamheid aan die ander gebooie van God, sal ons ervaar hoedat God ons beloon met geestelike, fisiese en finansiële seëninge.

Maleági / Malachi {3:10} “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie."

Vrees (eerbied) vir die Here het 'n totaal verskillende betekenis vir die ongelowiges (mense wat nie 'n persoonlike verhouding met Jesus die Messias het nie). Vir hulle maak vrees vir die Here, hulle bygelowig en gee hulle gevolglik goeie rede om paniekbevange te raak by die blote gedagte om gestraf te word. Hulle is so omdat hulle nie 'n beskerming - die versoening vir hul sondes - het nie, aangesien die mens se dade onvoldoende is om vir sonde te versoen. Hulle sal dus eendag voor God moet staan en Hy sal hulle gewis veroordeel.

Mattheüs / Mattityahu {10:28} “En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel."

Nietemin, ten spyte van die bewys dat Jesus die beloofde Messias is vir sowel Jood as nie-Jood, weier meeste van beide groepe om Hom te aanvaar; gevolglik het hulle voldoende rede om straf te vrees en dus bygelowig te wees. Hierdie soort vrees vir God - vir die meerderheid nie-gelowiges - lei egter in meeste gevalle nie tot bekering en redding nie; in plaas daarvan, laat dit hulle wegkruip vir God of uit-en-uit Sy bestaan ontken.

Psalm / Mizmor {4:1} "Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie."

Ek vertrou dat jy nie onder diegene is wat vir God wegkruip of Sy bestaan ontken nie. Ek hoop van harte dat jy nie dwaas is nie!

Congregation Melech Yisrael all rights reserved

Saterdag 03 Oktober 2009

Oorskietkos

Tabernakels / Sukkot | Afrikaans skakel | English link |

3 Oktober 2009 / Tishrei 15th 5770

Levítikus / VaYikra 22:26-23:24
Númeri / B'Midbar 29:13-16
Sagaría / Zekharyah 14:1-24
Openbaring / Hitgalut 22:1-24

Levítikus / Vayikra {22:26} "Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {22:27} As ‘n bees of ‘n lam of ‘n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as ‘n vuuroffergawe aan die HERE. {22:28} ‘n Bees of stuk kleinvee mag julle ook nie saam met sy kleintjie op een dag slag nie. {22:29} En as julle ‘n lofoffer aan die HERE bring, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind. {22:30} Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is die HERE. {22:31} Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die HERE. {22:32} En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig, {22:33} wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ‘n God te wees. Ek is die HERE."

Hierdie Sabbat is daar 'n spesiale Torah Parasha - lesing, omrede dit die eerste dag van Sukkot is. Sukkot is 'n dankseggingsfees; dit verteenwoordig, landboukundig, die einde van die najaar-oesseisoen en daarom word dank betuig vir die milddadige oes en voorsiening van God aan Sy kinders. Spiritueel is Sukkot 'n beeld van Jesus die Messias, wat ons op aarde beskut.

Volg my, soos wat ek die reeks gebeure wat deur die Feeste van die Here uitgebeeld word, verduidelik. Die Feeste van die Lente, wat die dood en opstanding van Jesus verteenwoordig, is reeds verby en uitgebeld deur Paasfees en Hag HaMatzah (Ongesuurde Brood). Die Fees van Yom HaBikkurim (Eerste Vrugte) wat óns voorstel as die eerste vrugte van Jesus se opstanding, is ook reeds verby. Die Fees wat die instelling van die Heilige Gees se uitstorting oor alle vlees, het reeds begin, soos uitgebeeld deur Shavuot (Pinkster). Die Fees wat die Oordeel oor die Aarde voorstel, word deur Yom Teruah (Dag waarop die Shofar geblaas word) voorgestel en terwyl die voorstelling wat hierdie fees uitbeeld, nog nie fisies plaasgevind het nie, het die viering daarvan reeds verbygegaan met hierdie bybelse jaar. Die Fees wat die triomfantlike wederkoms van Jesus die Messias as Koning van Israel asook die wêreld verteenwoordig, is ook reeds in hierdie bybelse jaar verby, soos deur Yom Kippur (Dag van Versoening) uitgebeeld. Al wat nog vanjaar oorbly, is die Fees wat Jesus die Messias, nou ons Koning, uitbeeld wat Sy koninkryk op aarde finaal vestig en by ons bly vir eenduisend jaar, gedurende Sy Messiaanse Heerskappy. Dit is waaroor Succoth alles gaan.

Dit is vanweë Succoth dat hierdie gedeelte van Levítikus (Va Yikra) op die eerste dag van Succoth gelees word. Die rede is, eerstens, omdat die aanvangsgedeelte, waarna hierbo verwys word, die dankoffer beskryf: Succoth is 'n Dankseggingsfees. Tweedens, omdat die laaste gedeelte van die lesing al die Bybelse feesdae beskrywe en eindig met die Fees van Succoth, wat ons hierdie Sabat begin vier.

Met die lees van bogemelde Skrifgedeelte, het iets baie interessant my opgeval. Laat ek weer dié besondere Skrifgedeelte aanhaal:

Levítikus / Vayikra {22:29} "En as julle ‘n lofoffer aan die HERE bring, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind. {22:30} Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is die HERE."

Toe ek grootgeword het, het my moeder nooit vir ons oorskietkos, met ander woorde voedsel wat van die vorige dag se maaltye oorgebly het, gegee om te eet nie. Sy het altyd alles wat oorgebly het op die dag waarop sy dit voorberei het, weggegooi. So het ek natuurlik grootgeword onder die indruk dat dit so hoort: mense eet nie voedsel wat oorgebly het nie. Toe ek egter ouer geword het, uit my ouerhuis getrek en op my eie gaan woon het, het ek dit as 'n vermorsing beskou om goeie voedsel weg te gooi, wat ek die volgende dag sou kon eet en veral aangesien ek nou my eie maaltye moes voorberei. Dit was bloot logies en het my sowel tyd as geld gespaar. By tye wanneer ek egter sulke oorblyvoedsel weer wou verhit, het ek gevind dat dit reeds bederf het, dit het totaal bedorwe geraak.

Nadat ek bogemelde Skrifgedeelte deurgelees het, het ek gewonder:" Hou God nie van oorblyvoedsel nie?" Was my moeder al die jare reg gewees en ek verkeerd?

Die feit is dat geeneen van ons reg of verkeerd was nie, ons het verskillende voor-en afkeure gehad. Hierdie gedeelte van ons Parasha-lesing vir dié week, het niks met oorblyvoedsel te doen nie, maar inderdaad alles met Jesus die Messias.

Die dankoffer was vrywillig; elkeen het dit vrywilliglik gegee. Aangesien Jesus die Messias al die offers geword het, omdat sedert Sy dood en opstanding en vóór die vernietiging van die tempel, verteenwoordig die Korban (Offergawe wat vir die Here aanneemlik is) in vers 29 hierbo, die Vader se vrywillige Korban van Sy Seun en die Seun se vry wil om geoffer te word.

Hebreërs / Ivrim {12:2} "die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het."

Dit was Jesus die Messias se vreugde om Homself vir ons te offer. Daarom moet hierdie offer dieselfde dag geëet word, sodat daar nie geleentheid is dat dit kan bederf of geheel bedorwe raak nie.

Ons Messias het nie bederf gesien nie: Hy het uit die dood opgestaan en sit nou aan die regterhand van die Vader in die Hemel, waar Hy vir ons as Bemiddelaar optree.

Psalm / Mizmor {16:10} "want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie."

Congregation Melech Yisrael all rights reserved