27 Augustus 2011 / Av 27 5771
Kyk / Re’eh
Deuteronomium {11:26} “Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor— {11:27} die seën as julle luister na die gebooie van die HERE julle God wat ek julle vandag beveel; {11:28} en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die HERE julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.“
Ons is almal bekend met die gesegde: “Jy het jou bed gemaak, lê nou daarop!”. Vir die inligting van diegene wat nie met hierdie gesegde vertroud is nie, dit bedoel: “Jy het slegte keuses gemaak en nou moet jy maar die gevolge daarvan ly”. Dit is presies wat God tot die kinders van Israel gespreek het toe Hy aan hulle ‘n keuse tussen seëninge en vervloekings gestel het. Indien hulle die vervloekings gekies het, deur nie Sy gebooie te gehoorsaam nie, sou hulle op dié bed moes lê, wat hulle vir hulself gemaak het.
In die bovermelde Skrifgedeelte kon God net so wel vir óns aangespreek het. Soos on sweet, het Israel meer as dikwels opgeëindig deur die vervloekings in plaas van die seëninge te kies. Ongelukkig doen ons soms dieselfde. Ons is ons eie ergste vyande! Ek het dit al vantevore gesê en sal aanhou om dit te sê totdat Jesus die Messias kom: “Meeste, indien nie al die gevolge wat ons ly, is die regstreekse gevolg van ons eie slegte keuses”. Dit is nie dat ons doelbewus slegte keuses wíl maak nie, maar dit is omdat ons so selfgesentreerd, so selfsugtig, so vasbeslote is om die “goeie lewe” (soos deur die wêreld en die media gedefinieer) te ly, dat ons deur ons vlees gedwing word om verkeerde keuses te maak.
Dit is betreurenswaardig, maar ons almal is gekondisioneer om van jongs af verkeerde keuses te maak. Ek bedoel eintlik dat ons gekondisioneer word om by ons samelewing in te pas. Ons samelewing bepaal die sosiale verwagtings en ons is geneig om ons lewens daardeur te laat regeer. Hierdie proses begin reeds op ‘n baie vroeë ouderdom. Ons gaan skool toe en daar word van ons verwag om daarby te wil inpas. Niemand wil graag ‘n buitestaander wees nie, aangesien buitestaanders gewoonlik ‘n voorwerp van veragting, hoon, bespotting is en geen vriende het nie. Daarom is dit doodnormaal vir ons om gewild te wees of om ten minste by ‘n sekere groep in te skakel. Ons is, trouens, reeds van ons jeug af geprogammeer om aangetrek te word na daardie keuses wat ons deel van die “in-groep” sal maak.
Wat egter vir my so verbasend is, is dat leerders wat in gelowige gesinne grootword of dié wat tuisonderrig ontvang of selfs Christelike skole bywoon, steeds die spel van “probeer inpas”, speel. Hulle word dan ook van jongs af geprogrammeer om dieselfde verkeerde keuses te maak. Dit lyk asof geeneen hiervan vrygestel word nie.
Dit is dus geen wonder nie dat ons dít wat ons sedert ons jeugjare geleer het tot in volwassenheid deurdra! Verkeerde keuses met betrekking tot ons vriende, lewensmaats, mense by die kantoor, by partytjies en by ons plekke van aanbidding, het al tweede natuur by ons geword. Alles word net gedoen om in te pas of te verkry wat ons begeer.
Alleenlik ‘n grondige verhouding van liefde met die Here kan hiedie bose kringloop van verkeerde keuses in ons lewens verbreek. Dit is dan slegs op grond van hierdie soort verhouding wat ons vrees vir die Here die begeerte om ons vlees te bevredig, te bowe kan kom. Wanneer dít plaasvind, begin ons die regte keuses maak. Dit kan egter slegs moontlik wees wanneer ons ‘n verhouding van liefde met die Here kweek.
Jesus die Messias het in ons lewens ingekom en van ons nuwe skepsels gemaak. Daardeur het ons ou gewoontes en die negatiewe programmering tydens ons kinderjare, nie langer ‘n houvas op ons nie. Ons is vrygemaak om te kies wat reg is. Dit beteken egter nie dat jy nie nog steeds ‘n stryd binne-in jou sal ervaar nie, maar jy kan dit oorwin. Om dit te verwesenlik, is dit vir ons nodig om altyd aan die Here getrou te bly, Sy Woord te bestudeer om onsself as beproef te bewys en in Sy lig te wandel – terwyl ons al ons begeertes vermy om toe te gee daaraan om die verkeerde keuses te maak. Skikking lei altyd tot verkeerde keuses en verkeerde keuses tot vervloekings.
Deuteronomium {30:19} “Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag, {30:20} deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met ‘n eed beloof het om dit aan hulle te gee. “
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou