25 Maart 2012
D’Var Torah
Gebod / Tzav
Levitikus / Vayikra 6:1 – 8:36
Levitikus / Vayikra {8:1} “Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {8:2} Neem Aäron en sy seuns saam met hom, en die klere en die salfolie en die sondofferbul en die twee ramme en die mandjie met ongesuurde koeke, {8:3} en versamel die hele vergadering by die ingang van die tent van samekoms. {8:4} En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms. {8:5} Toe sê Moses aan die vergadering: Dit is die saak wat die HERE beveel het om te doen. {8:6} En Moses het Aäron en sy seuns laat nader kom en hulle met water gewas. {8:7} Daarop het hy hom die rok aangetrek en hom met die gordel gegord en hom die mantel aangetrek; ook het hy hom die skouerkleed aangetrek en hom gegord met die band van die skouerkleed en daarmee hom die skouerkleed omgebind. {8:8} Verder het hy hom die borstas aangeheg en in die borstas die Urim en die Tummim gesit. {8:9} En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die heilige kroon, bevestig, soos die HERE Moses beveel het. ”.
Ek het net ‘n klein gedeelte aangehaal uit dít wat God vir Moses beveel het om vir Aäron en sy seuns te doen, met hulle inhuldiging in Sy diens. Dit laat ‘n mens wonder waarom God hierdie “lyfbediende”-tipe take vir Aäron en sy seuns moes uitvoer. Hulle was immers in staat om hulleself te reining (dít by wyse van indompeling en nie ‘n bad nie), te klee en die voorgeskrewe offers ten behoewe van hulleself te offer, soos wat hulle in die toekoms sou moes verrig. Waarom het God dan vir Moses beveel om hulle te reinig en te klee?
Ek glo die antwoord daarop is heel voor-die-hand-liggend: die meerdere huldig altyd die mindere in. Ek dink ons almal kan dit begryp. Toe ons ons onderrigloopbaan voltooi het – ongeag op watter vlak – was die die skoolhoof of dekaan, wat die eer of graad aan ons toegeken het, nie ons self nie. Dit is dus begryplik dat Moses, die meerdere, vir Aäron en sy seuns, die minderes, sou inhuldig.
Eksodus / Shemot {33:11} “Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos ‘n man met sy vriend spreek.”.
Numeri / BaMidbar {12:6} “Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur ‘n gesig My aan hom bekend maak, deur ‘n droom sal Ek met hom spreek. {12:7} So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou. {12:8} Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie? ”.
Moses was nie ‘n gewone man nie. God het hom gesalf en soos ons uit die bogemelde gedeeltes sien, was dit God wat hom buitengewoon gemaak het; trouens, God het hom ‘n sinnebeeld van Jesus die Messias gemaak. Met inagneming daarvan, kom ons kyk wat dit was wat Moses vir hierdie priesters in die besonder en vir die priesterdom oor die algemeen gedoen het, om dit te vergelyk met wat Jesus vir ons gedoen het.
Jesus die Messias het ons gereinig, deur ons in Sy Woord en Sy Bloed te was. Hy het homself vir ons geoffer, deur ons versoening (Kapporah) te word. Hy het ons ou sondebevlekte klere verwyder en beklee met nuwe priesterlike gewade, geskik om voor die troon van God te verskyn. Deur ons met Sy regverdigheid te beklee, het Jesus óns regverdig gemaak – die Meerdere het die mindere ingehuldig.
Moses het Aäron en sy seuns met die regverdigheidsgewaad van die priesterlike amp beklee. Met die materiaal wat gebruik is, die afsonderlike komponente asook die kleure, stel hulle hulself voor as beklee met regverdigheid van Jesus die Messias. ‘n Paslike beeld van wat Jesus vir ons gedoen het!
Congregation
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou