Vrydag 26 April 2019

Beskrywing van die Toekomstige Wêreld

Acharei Mot
(Na Die Dood)


Levitikus / Vayikra {18:1} “VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê: {18:2} Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die HERE julle God. {18:3} Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kanaän waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie. {18:4} My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God. {18:5} Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die HERE.”

In hierdie inleidende Skrif, verstrek God ‘n lys van gruwels wat deur Egiptenaars (Mitzrim), Kanaäniete (Kena’anim) sowel as in die res van die heidense wêreld gepleeg is.

Ek het berou dat ek in my jeug nie reeds gered is nie; gevolglik het ek tydens my eerste veertig jaar ‘n lewe van promiskuïteit en losbandigheid gelei. Moontlik oordryf ek dit ietwat, want ek skat dat die eerste tien jaar van my lewe ‘n tydperk van onskuld was, waarna die duiwel behoorlik los was! Ek moet dus eerlik erken dat ek besonder verleë en beskaamd gevoel het toe ek die betrokke lys van sondes gelees het van mense (Egiptenaars) wat deur God veroordeel is asook diegene (Kanaäniete) wat Hy op die punt gestaan het om te oordeel en van hulle land te ontneem. Voordat ek gered is, het ek ook al vele van daardie sondes gepleeg.

Wat werklik onstellend is, is dat hierdie seksuele sondes vandag nog in elke land – Israel ingesluit – plaasvind. Boonop lees ons dat in baie lande ‘n aansienlike deel van die betrokke sondes, waarvan ons in hierdie parasha lees, reeds gewettig is. Homoseksualiteit is ‘n voorbeeld hiervan; trouens, laasgenoemde is nie net gewettig nie, maar word selfs as sosiaal aanvaarbaar in die samelewing beskou. Aborsie, wat vergelykbaar is met die offer van kinders aan Moleg, is ‘n verdere sonde wat in meeste wêrelddele wettiglik beoefen word en ek is oortuig, dat waar dit nie wettig is nie, dit onwettig plaasvind. Volgens statistieke, is bykans 98 000 aborsies in 2009 in Kanada uitgevoer.

Levitikus / Vayikra {18:24} “Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf. {18:25} So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug.”

Dink net daaraan, dat elke denkbare seksuele misdryf en, ek sou my voorstel, selfs sommige wat nooit in die gedagte van God opgekom het nie, vandag dwarsoor die wêreld gepleeg word. Enigeen, ongeag sy / haar ouderdom en welke perversiteit hulle wil ervaar, het op die internet toegang daartoe. Dink jy nie die wêreld is gereed om geoordeel te word nie?

Deuteronomium / Devarim {9:4} “As die HERE jou God hulle voor jou uit verjaag, moet dan nie in jou hart spreek en sê: Die HERE het my ter wille van my geregtigheid ingebring om hierdie land in besit te neem nie; want weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE hulle voor jou uit.{9:5} Nie ter wille van jou geregtigheid en die opregtheid van jou hart kom jy in om hulle land in besit te neem nie, maar weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit, en om die woord te vervul wat die HERE vir jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, gesweer het.”

Al die nasies van die wêreld is gered vir die oordeel; trouens, ons ervaar nou reeds ‘n deel van daardie oordeel: die ongekende onstuimige weerpatrone, die verskynsel van wêreldwye terrorisme en die voortdurende bedreiging van oorlog (veral nou met Rusland). Dit is egter slegs die begin  - die grootste finale oordeel, moet nog aanbreek. Is dit te laat vir die wêreld om na God terug te keer? Nee, dit is nooit te laat nie maar die moontlikheid van ‘n wêreldwye herlewing raak toenemend onwaarskynlik; trouens, indien die oordele van God op aarde toeneem in plaas daarvan dat mense na God terugkeer, sal hulle, volgens die Bybel, Hom begin vervloek.

Openbaring / Hitgalut {16:21} “en groot hael, omtrent ’n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.”

Hoe siek en ontneem is ons mense tog nie! Is dit nie ‘n wonder dat ons ‘n Redder nodig het nie? 

Kom gou Jesus!


Voorheen uitgegee: 2014-04-02

Saterdag 20 April 2019

Die Menigte van Gemengde Bloed / Erev Rav

Pesach
(Paasfees)

Eksodus / Shemot {12:37} “En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent ses honderd duisend te voet, die manne buiten die kinders. {12:38}  En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste—’n groot hoeveelheid vee. {12:39}  En hulle het van die deeg wat hulle uit Egipte gebring het, ongesuurde koeke gebak; want dit was nie ingesuur nie, omdat hulle uit Egipte uitgedryf is, sodat hulle nie kon vertoef nie en ook geen padkos vir hulle klaargemaak het nie. {12:40}  En die tyd wat die kinders van Israel in Egipte gewoon het, was vier honderd en dertig jaar. {12:41}  En ná verloop van vier honderd en dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek. {12:42}  Dit is ‘n nag om plegtig onderhou te word tot eer van die HERE, omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is dié nag van die HERE om plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte.”

Die Skrifgedeelte waaroor vandeesweek se parasha handel, is uit die bovermelde gedeelte geneem: 

Eksodus / Shemot {12:38} “En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste—’n groot hoeveelheid vee.”

Wie was hierdie menigte mense van gemengde bloed? Daar bestaan ‘n aantal moontlikhede. Sommige glo dat hulle die kinders uit ondertrouery tussen Egiptiese mans en Israelitiese vroue, of andersom, was. Ander beweer dat hulle kinders uit gemengde huwelike was. Verder word gemeen dat hulle moontlik slawe uit ander nasies, as Israel, was wat deur die Egiptenare verslaan is. ‘n Verdere moontlikheid was dat hulle inderdaad Egiptenare was wat, nadat hulle getuie was van die onsinnigheid van hulle gode, toe laasgenoemnde deur die God van Israel gekonfronteer is, verkies het om Egipte saam met die kinders van Israel te verlaat.

Ongeag wat die herkoms van hierdie gemengde bloed, soos hulle genoem is, dan ookal was, het hulle aansienlike moeilikheid in die geledere van Israel veroorsaak. Hulle was eenvoudig ongemotiveerd en nie aan God toegewy nie maar eerder moelikheidmakers en het dikwels getwyfel of hulle die regte besluit geneem het om Egipte te verlaat. Juis om daardie rede het hulle gekla en opstandig geraak wanneer hulle voor die geringste ontbering te staan gekom het. Hulle was ook mense wat waarskynlik gesinslede in Egipte agtergelaat en gevolglik steeds bande met die verlede verbind het. Gevolglik was hierdie mense eintlik nooit werklik met die kinders van Israel verenig nie.

Ongelukkig het ons vandag sulke mense in ons Messiaanse gemeentes. Ek verwys geensins na nie-Jode nie, maar wel lidmate bestaande uit sowel Jode as nie-Jode. Hulle woon graag dienste en feesgeleenthede by, maar nooit Bybelstudie of gebedsbyeenkomste nie. Hulle verkeer gesellig saam met gelowiges maar eweso met ongelowiges. Net soos hulle teenhangers – die menigte van gemengde bloed – uit Egipte, het hulle hul ook nie juis verbind nie. Hulle volstaan hulle vorige lewenswyse en word dus voortdurend na Egipte “teruggetrek” – die sogenaamde goeie lewe wat hulle geniet het.

My moeder woon in ‘n aftree-oord en spot altyd teenoor my oor haar gesprekke met dames wat by haar kom eet. Hulle verwys na “wat hulle gewoond was” om te doen of waar hulle gewoon het ensomeer. Alles aangaande hulle lewens is “waaraan hulle gewoond was”, maar die realiteit is egter dat dít wat gewoonlik was, nie meer bestaan nie, dit is die hier en nou sowel as die toekoms wat tel.

Net sowel as wat ‘n mens nie, met een voet in die verlede, kan verwag om vir die toekoms te lewe nie, kan jy nie ‘n gelowige in Jesus die Messias wees met een voet in die wêreld en die ander in die Here nie.

Matthéüs / Mattityahu {6:24} “Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!”

Ek is oortuig daarvan dat God nie met die menigte bloed genoë geneem het nie en ek is seker dat Hy ook nie genoë neem met die hedendaagse menigte van gemengde bloed in Sy gemeentes nie.

Kom gou Jesus!


Voorheen uitgegee: 2012-04-01


Saterdag 13 April 2019

Sonde is Aansteeklik

Metzora
(Iemand wat ly aan Tzara’at (Leprose))


Levitikus / Vayikra {14:1} “VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê: {14:2} Dit is die wet van die melaatse op die dag van sy reiniging. Hy moet na die priester gebring word,”

Wanneer ‘n mens hierdie parasha lees, kan jy dit maklik letterlik vertolk en verstrengel raak in die blinde godsdienstige praktyk van wat daardeur geleer word, soos in die geval van ortodokse – en ultra-ortodokse Judaïsme. Andersins kan jy, soos die Kerk, totaal negatief ingestel raak en sê: “Daar is weggedoen met die Wet”. Ek glo egter dat indien ons hierdie parasha verstaan soos wat God dit bedoel het vir ons om te begryp, kry ‘n mens ‘n geheel-en-al verskillende beeld en die gevolglike resultaat is dus nie godsdiens nie maar ‘n verhouding. 

Na my mening, handel hoofstuk 14 van Levitikus alles oor sonde, maar beskryf sonde in terme van tzara’at. God het ons volmaak en gesond geskape; trouens, Hy het belowe dat indien ons Sy gebooie getrou nakom, Hy geeneen van die siektes van die Egiptenare oor ons sou laat kom nie.

Eksodus / Shemot {15:26} “en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.”

Wanneer ons die Skrifgedeeltes in hierdie parasha vervat, in oënskou neem, het almal betrekking op dieselfde onderwerp: sonde. Aangesien God ons dus volmaak geskape en ons belowe het, dat deur Sy gebooie te gehoorsaam, ons teen siekte beskerm sal word – die straf, waarvan ons hier lees, verteenwoordig die gevolg van sonde.

Wat God dus deur hoofstuk 14 van Levitikus aan ons probeer verduidelik, is dat sonde ons nie net van Hom skei nie, maar ook van mekaar. Hier vind ons dat God verwys na tzara’at, wat gewoonweg vertaal word om leprose te beteken. Dit kan egter ook toegepas en verstaan word om te bedoel enige tipe velkwaal; trouens, enige kwaal / siekte. Hoe weet ons dit? Eenvoudig op grond van die feit dat die priester (Cohen) nie die ritueel nakom, soos in die parasha voorgeskryf, ten einde ‘n persoon te genees nie, maar eerder met die doel om hom / haar te reinig – reiniging, soos dit blyk, van sonde.

Kom ons let op die proses in geheel: die persoon wat deut tzara’at aangetas is, so word ons meegedeel, word na die priester gebring. Indien ons dit vertolk dat die priester as’t ware ‘n sinnebeeld van Jesus die Messias is, dan moet die persoon, ten einde van die siekte genees te word, na die Messias (Mashiach) gebring word. Waar is die Messias? Hy is in die Hemel! Daarom moet ons, om genees te word, onsself voor die hemel stel. Indien ons verder lees, word aan ons gesê:

Levitikus / Vayikra {14:3} “en die priester moet buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is,”

Die genesing van sonde geskied in die hemel maar die reiniging van sonde vind op aarde plaas.

Hebreërs / Ivrim {2:16} “Daarom moes Hy in alle opsigte aan sy broeders gelyk word, sodat Hy ’n barmhartige en getroue hoëpriester kon wees in die dinge wat in betrekking tot God staan, om die sondes van die volk te versoen.{2:18} Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek word.”

Volgens ons parasha, moes die priester buite die laer uitgaan om die besmette persoon te ondersoek en reinig. Net so moes Jesus die Messias die hemel verlaat om die mens van sy / haar sonde te reinig.

Sonde, oor die algemeen, moet voor die Vader wat in die hemel is bely word en dan word dit gereinig deur die Een wat die hemel verlaat het: Jesus die Messias.

1 Johannes / Yochanan Alef {1:7} “Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.”

Hoofstuk 15 van Levitikus, ook deel van ons parasha, kan ‘n mens ook beïnvloed om wetties te raak. Indien ons hierdie Skrifgedeeltes egter in geheel in oënskou neem, word ons drie dinge geleer: Eerstens, op fisiese gebied, leer dit ons die noodsaaklikheid van persoonlike higiëne; tweedens, op geestelike gebied, leer dit ons die noodsaaklikheid om altyd geestelik rein voor God te verskyn; Derdens, ook op geestelike gebied, leer dit ons hoe maklik die sonde van een persoon ook ‘n ander besmet.

2 Korinthiërs / Korintim Bet {6:17} “Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; {6:18} en Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.”

Kom gou Jesus!


Voorheen uitgegee: 2014-03-24

Saterdag 06 April 2019

Uitgesluit Uit Die Koninkryk van die Hemel

Tazria
(Ontvang)


Levitikus (12:1} “Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {12:2}  Spreek met die kinders van Israel en sê: As ‘n vrou swanger word en ‘n seun baar, sal sy sewe dae lank onrein wees; soos in die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees.”

Baie mense het al gewonder waarom ‘n vrou onrein geag word nadat sy geboorte geskenk het. Eerstens moet ons onthou dat onrein nie onheilig beteken nie. Dit beteken slegs dat die moeder nie die tempel mag binnegaan of deelneem aan enige rituele wat daarin plaasvind nie. Daar bestaan verskeie redes daarvoor, maar ek glo dat één in besonder meer betekenisvol as die ander is.

Met die geboorte van ‘n baba, is daar bloed betrokke. Bloedstorting het nog altyd ‘n vrou onrein gemaak, soos ons in die wette van nida (menstruasie) leer. (Deuteronomium 15:19 – 30). In die geval van normale maandelikse menstruasie is ‘n vrou egter onrein vir slegs sewe dae, terwyl by kindergeboorte – in hierdie geval ‘n manlike kind – bly sy vir drie-en-dertig dae onrein. Dit bring ons by die tweede punt, wat, ek glo, die mees betekeinsvolle een is.

Romeine  / Romim {5:12} “Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het”

Paulus verstrek hier aan ons die dogma van oorspronklike sonde. Adam en Eva (Chava) het gesondig en op daardie oomblik het sonde as sulks in die wêreld ontstaan. Die mens is van toe af vervloek met ‘n sondige natuur: ‘n natuur wat aan alle toekomstige geslagte oorgedra sou word. Sonde het natuurlik ook die dood in die wêreld gebring. Deur die dood en opstanding van Jesus die Messias, het Hy die sonde en dood oorwin en dit aan die kruis vasgenael. Dit het egter nie die sondige natuur van die mens verander nie! Volgens die Psalmis, Dawid:

Psalms / Tehillim {51:5} ”Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.”

Juis hierin lê die rede waarom ‘n vrou, na die geboorte van ‘n seun, vir drie-en-dertig dae onrein is. Dit is op grond van die feit dat elke keer wat ‘n vrou geboorte skenk, sy nóg ‘n sondaar in die wêreld bring.

S.H. Kellog lewer soos volg kommentaar hieroor: “In the birth of a child, the special original curse against the woman is regarded by the Torah as reaching its fullest, most consummate and significant expression. For the extreme evil of the state of sin into which the first woman, by that first sin, brought all womanhood, is seen most of all in this, that now woman, by means of those powers given her for good and blessing, can bring into the world only a child of sin.”

Levitikus / Vayikra {12:5} “Maar as sy ‘n dogter baar, sal sy twee weke onrein wees soos by haar maandelikse onreinheid. Dan moet sy ses en sestig dae in die reinigingsbloed bly.”

Waarom, volgens die bovermelde Skrifgedeelte, is ‘n vrou, na die geboorte van ‘n vroulike kind, dan vir ses-en-sestig dae onrein? God is tog nie ‘n chauvinis nie! Mag die Here dit verhoed! Met die geboorte van ‘n vroulike kind, is ‘n vrou vir ses-en-sestig dae onrein omdat sy nie slegs ‘n sondaar in die wêreld gebring het nie, maar wel ‘n kind wat uiteindelik self ander sondaars in die wêreld sal bring. Dit bring ons verder by ‘n interessante punt, waarop ons in parasha Metzora, moet let:

Levitikus / Vayikra {14:1} “Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {14:2}  Dit is die wet van die melaatse op die dag van sy reiniging. Hy moet na die priester gebring word, {14:3}  en die priester moet buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is,…”

Melaatses was uitgeworpenes en nie net as onrein beskou nie, maar melaatsheid as sulks, as verteenwoordigend van sonde. Die eerste vergelyking, sien ons, is gegrond op die feit dat die melaatse nie die laer kon binnegaan nie. Netso kan ons met die sonde belas ook nie die koninkryk van die hemel (God se laer) ingaan nie; ons sou onrein, melaats beskou en uit die koninkryk van die hemel uitgesluit word.

In die tweede vergelyking, sien ons dat die priester (cohen) uit die laer moes uitgaan om die melaatse rein te verklaar. Insgelyks moes Jesus die Messias, ons Hoëpriester (Cohen Hagadol), die hemel verlaat en na die aarde neerdaal om ons, bedek deur die plaag van sonde, rein te verklaar.

Waarom laat jy Jesus nie toe in jou lewe nie, sodat Hy jou ook rein kan verklaar nie? Vra Hom eenvoudig om dit te doen en Hy sal! 

Kom gou Jesus!


Voorheen uitgegee: 2012-04-22