Shoftim
(Rigters)
Deuteronomium / Devarim {17:15} ”dan moet jy sekerlik ‘n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy ‘n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie. {17:16} Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie. {17:17} Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie.”
Ek het onwillekeurig aan koning Salomo (Shlomo) gedink toe ek hierdie gedeelte gelees het. Indien dít die maatstaf moes gewees het waarvolgens ‘n koning in Israel veronderstel was om te leef, het Salomo inderdaad in alle opsigte gefaal! Koning Salomo het nie net baie perde uit Egipte aangeskaf nie, maar ook baie vroue gehad en groot hoeveelhede goud en silwer vergaar.
1 Konings / Malachin Aleph {10:21} ”En die hele drinkservies van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die Líbanon-bos van fyn goud; silwer was daar nie by nie: dit is in die dae van Salomo as niks gereken nie. {10:27} Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.”
Dit is duidelik dat koning Salomo grootliks fouteer het. Die vreemdste is egter dat God aan hom groot rykdom belowe het. Die vraag ontstaan dus enersyds, dat indien die koning nie veronderstel was om groot rykdom te vergaar nie, maar andersyds, dat God wel aan hom groot rykdom belowe het, wat ons dan hieruit moet aflei?
2 Kronieke / Divre Hayamim Bet {1:11} ”Toe sê God aan Salomo: Omdat dít in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs ‘n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer— {1:12} daarom word dié wysheid en dié kennis aan jou gegee. Ek sal jou ook rykdom en skatte en eer gee soos die konings wat voor jou gewees het, nie gehad het nie, en soos ná jou nie sal wees nie.”
Soos ons weet, was Salomo se rykdom juis een van die dinge wat uiteindelik tot sy ondergang gelei het. Sy rykdom en buitensporige lewenswyse het ongetwyfeld bygedra tot sy versameling van perde uit Egipte en die aanskaf van honderde vreemde vroue, wat hom uiteindelik tot afgodsdiens verlei het. Was God dan verantwoordelik vir Salomo se afvalligheid van genade? Het God vir hom daardie strik gestel?
Spreuke / Mishlei {26:1} ”Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by ‘n dwaas nie.”
Koning Salomo was beslis nie ‘n dwaas nie. Volgens die Psalmis, is ‘n dwaas iemand wat ontken dat daar ‘n God is (Psalm / Tehillim 14:1). Salomo het egter die bestaan van God erken, maar teen die einde van sy lewe het hy soos ‘n dwaas opgetree deur saam met sy vroue valse gode te dien. Ofskoon God wel aan Salomo rykdom belowe het, het Hy egter nooit aan hom toestemming verleen om daardie rykdom buitensporig aan te wend deur die vermenigvuldiging van perde en vroue nie; dit was sy eie doen en late. Die aanspreeklikheid vir Salomo se ondergang berus dus geheel-en-al by homself en kan ons geensins beweer dat God vir hom die strik gestel of selfs beproef het nie.

Jakobus / Ya’acov {1:13} ”Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. {1:14} Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. {1:15} Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.”
God het nie Salomo se afvalligheid van Sy genade beskik nie – dit was ook deur sy eie toedoen. Toe Salomo om wysheid en kennis in plaas van rykdom gevra het, het God aan Hom sowel rykdom as eer geskenk. Rykdom en eer vir iemand wat reeds oor wysheid en kennis beskik, behoort totaal beheerbaar te wees, maar vir Salomo wat wys en kundig was, het die rykdom en eer tog die oorhand oor hom gekry.
Ek dink dit is ‘n goeie les vir ons almal om te leer omdat baie van ons meen dat indien ons baie geld gehad het, ons soveel wat goed is, daarmee sou kon doen. Ons moet egter ons les leer by Salomo, wat die slimste man was wat ooit geleef het. Hierdie les is dat mag, rykdom en eer – selfs by mense wat oor oortreffende wysheid en kennis beskik – ‘n mens se ondergang kan bewerkstellig! Laat ons dus eerder by ‘n ander Koning – Jesus – leer, wat gesê het:
Matthéüs / Mattityahu {8:20} “En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy Sy hoof kan neerlê nie. {11:29} Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;”
Kom gou Jesus!
Voorheen uitgegee: 2008-08-14