D’Var
Torah
Regters
/ Shoftim
Haftarah:
Jesaja / Yeshayahu 51:12 – 52:12
Brit
Chadashah: Lukas / Uri 26:36 – 27:10
Deuteronomium / Devarim {16:18} “Regters en opsigters moet jy vir jou
aanstel in al jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee volgens jou stamme;
en hulle moet die volk oordeel volgens ‘n regverdige regspraak. {16:19} Jy mag die reg nie verdraai nie; jy mag nie
partydig wees nie; ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want die geskenk
verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die wat reg het. ”.
Geregtigheid
is gewigtige en belangrike komponent in enige samelewing. Sonder geregtigheid
en beamptes om dit toe te pas, sou daar totale anargie wees. Die wette van die
Tora is die gebooie (mitzvoth) van God, die Wet van God, wat aan die kinders
van Israel deur Moses voorgehou is. Die Tora wat Moses aan die kinders van
Israel deur Moses gehou is. Die Tora wat Moses aan die kinders van Israel deur
Moses oorgedra het, behels die gebooie van God. Waarom is God so gesteld op
geregtigheid? Dit is omdat die satan so op ongeregtigheid gesteld is!
In
Christelike kringe word die Tora aan die reg gelykgestel, soos wat dit meer
dikwels in ons moderne Engelse vertalings van die Bybel, na verwys word en die
teenoorgestelde van die reg is wetteloosheid. Die satan staan bekend as die
wettelose een. Dit beteken dat wetteloos gelykstaande is aan Toraloos. Derhalwe
is dit maklik om tot die gevolgtrekking te kom waarom die satan as die
wettelose een bekendstaan: omdat hy sonder die tora (anti-Torah, anti-wet) is.
2 Thessalonisense / Tesolonikum Bet {2:8} “n dan sal die ongeregtige
geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur
die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, {2:9} hy wie se koms is volgens die werking van die
Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen”.
Indien
die satan, synde sonder die Tora, wetteloos genoem word, waar laat dit vandag
die kerk, wat leer dat ons nie langer onder die Tora (Wet) is nie?
Matthéüs / Mattityahu {5:17} “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of
die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te
vervul. {5:18} Want voorwaar Ek sê vir
julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een
titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. {5:19} Elkeen dus wat een van die minste van hierdie
gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk
van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die
koninkryk van die hemele. ”.
Dit is
‘n ontnugterende gedeelte, veral wanneer ‘n mens in aanmerking neem wat vandag
in meeste kerke geleer word. Is dit dan enige wonder dat hulle soveel
wanvertolking van hierdie gedeelte aanmoedig om sodoende hulle gebrekkige
teologie te regverdig?
Wanneer ons
aan ongeregtigheid dink, dink ons onwillekeurig aan ons sekulêre hofstelsel; ‘n
stelsel wat in meeste opsigte reg en geregtigheid verwring.
Reg en
geregtigheid word egter vandag ook in ons kerke verdraai. Pastore en predikers
huiwer vandag geensins om hulle gemeentelede te leer dat hulle nie langer onder
die Torah is nie en sodoende verdraai hulle die reg en geregtigheid. Hulle haal
gedeeltes uit die boeke van Galasiërs en Efesiërs aan, wat hulle verdraai om
hulle teologie te regverdig; maar die feit van die saak is dat God hulle
Toraloos noem. Wat gebeur egter wanneer hierdie “Wet” tot hulle voordeel
geskryf is?
Deuteronomium / Devarim {18:3} “En dit moet die reg van die priesters
wees van die kant van die volk, van die wat ‘n slagoffer bring, of dit ‘n bees
of ‘n stuk kleinvee is: hulle moet aan die priester die blad en die twee
kakebene en die maag gee. {18:4} Die
eerstelinge van jou koring, jou mos en jou olie en die eerstelinge van die
skeersel van jou kleinvee moet jy aan hom gee. {18:5} Want die HERE jou God het hom uit al jou
stamme uitverkies, dat hy altyd kan staan om te dien in die Naam van die HERE,
hy en sy seuns.”.
Hier is
nou iets wat my waarlik verbaas. Pastore en predikers wat hulle gemeentes leer
dat hulle nie langer onder die Tora is nie, gebruik hierdie gedeelte as ‘n
Skrifverwysing om van hulle gemeentelede te verwag om vir hulle die eerste vrug
van hulle arbeid te bring. Wat ek eintlik bedoel is dat daar gemeenteleiers is
wat aan hulle gemeentelede vertel dat indien hulle ‘n nuwe betrekking aanvaar,
daar van hulle verwag word om aan die pastoor hulle eerste salaristjek te
oorhandig as die eerste vrug – offerande. Hierdie pastore en predikers gebruik
God se Tora – ‘n Tora wat hulle beweer nie langer geld nie, tot hulle eie
voordeel. Klink dit nie belaglik nie? Eintlik is dit meer as belaglik – dit is
skynheilig.
Die gee
van tiendes (tien persent van ‘n mens se totale inkomste) is ook ‘n
Tora-beginsel, een wat elke kerk aanmoedig.
Vertel
gerus vir julle pastoor dat hulle jul tiendes gaan weerhou omdat hy julle
geleer het dat julle nie langer onder die Tora is nie en kyk wat hy aan julle
kwytraak.
Die
Bybelse Wet, Tora, is die fondasie en grondslag van ‘n gemeente van gelowiges.
Dit is die grondslag van reg en geregtigheid. God het dit in sy Woord aan ons
meegedeel en geleer. Enigiets of enigeen wat dit weerspreek of selfs die Tora
marginaliseer, verdraai die reg en is dus wetteloos!