Saterdag 14 Mei 2022

Nagmaal

 

Emor

(Spreek)


Levitikus 21:1 – 24:23

Eségiël 44:15 – 31

1 Petrus 2:4 - 10


Levitikus {24:5} “Jy moet koringmeel vat en twaalf ringbrode daarvan bak. Elke brood moet van drie kilogram meel gebak word. {24:6} Pak dit in twee stapels van ses elk op die goue tafel voor die Here. {24:7} Sit dan op elke stapel 'n bakkie suiwer wierook. Die wierook is 'n offer van die Here in die plek van die brood. {24:8} Die brood moet gereeld op elke sabbat daar voor die Here vervang word. Dit is 'n verpligting wat vir altyd op die Israeliete rus. {24:9} Die brood kom Aäron en sy seuns toe. Hulle moet dit op 'n gewyde plek eet, want dit is 'n besondere gewyde gawe. Dit is 'n deel wat hulle altyd moet kry uit die offers wat aan die Here gebring word.”


Die Brood van die Teenwoordigheid, soos hierdie twaalf brode genoem was, was om elke Sabbat vars voor die Here geplaas te word. Elke Sabbat wanneer die ou brood verwyder was, is dit vervang met varsgebakte brood. Daarna, soos voorgeskryf, kon Aäron en sy seuns die ou brood in ‘n Heilige plek eet.


Levitikus {2:11} “Geen graanoffer wat vir die Here aangebied word, mag suurdeeg in hê nie. Julle mag geen suurdeeg of heuning verbrand as 'n vuuroffer vir die Here nie.”


Geen spysoffer wat julle aan die Here bring, mag van iets wat ingesuur was of suurdeeg bevat het berei word nie, want dan was die Brood van Teenwoordigheid nie brood nie, maar matzos. Dit verander alles! Matzos, vir diegene wat nie weet nie, is ‘n tipe bros kraakbeskuitjie van slegs meel en water berei en geen gismiddel is in die bakproses daarvan gebruik nie. Dit is gebak binne agtien minute na voorbereiding om te verseker dat dit nie rys nie, selfs nie vanself nie. Behoorlik berei, sal die matzos nie bederf nie en daarom sou die Brood van Teenwoordigheid aan die einde van die week netso vars wees soos dit aan aan die begin van die week was en steeds geskik wees vir Aäron en sy seuns om te eet. 


Sonde kan nie teenwoordig wees in die Heilige plek waar die Tafel van Toonbrode geleë was nie. Gisstof (suurdeeg) is ‘n Bybelse simbool van sonde en om hiedie rede is dit waarom ongesuurde matzos gebruik is en nie brood nie. Die Altaar van Offerande, waarop diereoffers gemaak was, was geleë buite die Heilige Plek in ‘n oop binnehof van die Tabernakel. Hier het die priesters diere geoffer vir die Here, vir die sonde van die mense. Hierdie offerande was ‘n skadubeeld van wat Jesus aan die kruis sou doen. Eenmaal verby die Altaar en na die sondoffers, is die twaalf stamme van Israel gesien deur die ongegiste matzos as sondeloos. Die twaalf ongegiste matzos, voor die Here in in die Heilige Plek geplaas, het Israel verteenwoordig, sonder ‘n soet geur aan die Here.


Die Altaar was ‘n skadubeeld van die kruis waaraan Jesus geoffer was vir die sonde van die wêreld. Die twaalf ongesuurde matzos-beskuitjies was ‘n sinnebeeld van Jesus, as die sondelose Redder, en die Tafel van Toonbrood was ‘n konstante herinnering voor die Here van wat Jesus vir die mensdom gedoen het. Aäron en sy seuns, wat die ongegiste matzos moes eet, was ‘n tipe Heilige Nagmaal (die Here se Tafel); iets wat ons nog doen as ‘n herinnering sowel aan wat Jesus vir ons gedoen het as Sy spoedige terugkeer.


Volgens Rabbynse leringe, het die priesters die Here se opdragte in verband met die Brood van die Teenwoordigheid so ernstig beskou, dat terwyl die ou matzos deur een priester aan die een kant van die Tafel van Toonbrood verwyder is, het ‘n ander priester terselfder tyd die nuwe matzos aan die ander kant van die Tafel van Toonbrood geplaas.


1 Korinthiërs {11:26} “Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. {11:27} Elkeen wat op 'n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. {11:28} Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink, {11:29} want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur 'n oordeel oor homself.”


Vandag as gelowiges in Jesus die Messias - beide Jode en nie-Jode - is ons priesters van die Here. Telkens wanneer ons deel het aan die Here se Tafel, is dit ‘n konstante en nuwe herinnering vir ons aan ons Here Jesus; Sy sondeloosheid en die offer wat Hy vir ons gebring het. In daardie konteks is dit ook ‘n nuwe herinnering voor die Here van ons reiniging van sonde, wat toelaat om voor Hom in Sy Heilige Plek te verskyn. Die matzos in die Helige plek is geëet deur Aäron en sy seuns as die mensdom se gedeelte; vandag neem ons deel aan die matzos as ‘n verteenwoordiging aan Jesus die Messias, ons gedeelte.


Lukas {22:19} “Toe neem Hy brood, spreek die dankgebed uit, breek dit en gee dit vir hulle met die woorde: “Dit is my liggaam wat vir julle gegee word. Gebruik dit tot my gedagtenis.””    


Kom gou Jesus!

PDF weergawe