Ons Ewige Korban
Levitikus / VaYikra {6:8} ”Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: {6:9} Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word. {6:10} En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi. {6:11} Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op ‘n rein plek uitbring. {6:12} En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek. {6:13} Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.”
Die toenaderingsoffer (olah) was 'n sondoffer. Soos ons uit die bovermelde Skrifgedeelte kan aflei, moes daar ononderbroke 'n offerande op die altaar (mitzbeach) wees – 'n nuwe een elke oggend en aand – en dit moes toegelaat word om dwarsdeur die dag en nag te brand. Daar mag nooit onderbreking gewees het in die brand van 'n olah - offerand op die altaar nie. Hierdie offerande was verskillend van die res in soverre die dier in sy geheel geoffer is. In die geval van 'n bok of 'n lam, is slegs die vel verwyder en die priester toegelaat om dit te gebruik. Soos al die ander sondoffers tydens die tabernakel – en tempelperiode, was hierdie 'n plaasvervangende offer, met ander woorde 'n offer in die plek van die vereiste doodstraf, verbonde aan menslike sonde. Die feit dat hierdie offer ononderbroke moes wees, is interessant. Dit dui daarop dat die kinders van Israel, benewens die ander voorgeskrewe sondoffers, 'n onophoudelike offer vir die reiniging van sonde nodig gehad het. Die implikasie hiervan is vanselfsprekend. Daar moes altyd 'n onophoudelike sondoffer voor God wees, 'n offer wat van sonde sou reinig en Hom dus in staat sou stel om onder Sy volk te wees. In die Judaïsme van vandag, bestaan daar nie só 'n offer nie. Die tabernakel bestaan nie meer nie en die tempel is vernietig; trouens waar die tempel eens was, staan nou 'n moslem-heiligdom! Het God dan verander? Het die hedendaagse kinders van Israel dan so heilig geword dat hulle nie langer aan 'n ononderbroke brandoffer behoefte het nie?
Maleági / Mal'achi {3:6} ”Want Ek, die HERE, het nie verander nie...”
Die feit is dat God onveranderlik is en die kinders van Israel vandag beslis netso sondig is as wat hulle duisende jare gelede was. Hulle het dus netso behoefte aan 'n plaasvervangende offer vir hul sondes soos in Bybelse-tye, trouens, hulle het vandag moontlik nog meer as ooit tevore behoefte daaraan.
Romeine / Romim {8:32} ”Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? {8:33} Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. {8:34} Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree. {8:35} Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? {8:36} Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. {8:37} Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. {8:38} Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge {8:39} of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.”
Judaïsme beskik nou nie meer oor 'n tempel nie; dit het dus geen offerande nie en geen plaasvervanger vir sy sonde nie. Die Rabbi's het sowel die ononderbroke offerandes as sondoffers met menslike handelinge vervang.
Romeine / Romim {1:22} “Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword {1:23} en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. {1:24} Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer {1:25} hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.”
Judaïsme is dus in sy huidige vorm 'n godsdiens van die mens en nie van God nie. Dit verheerlik menslike handelinge, rituele en tradisies in plaas van die verheerliking van gehoorsaamheid aan 'n onveranderlike God.
Handelinge / Ma’asei HaTalmidim {2:22} “Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasaréner, ‘n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet— {2:23} Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring; {2:24} Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word. {2:25} Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. {2:26} Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop. {2:27} Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie. {2:28} U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig. {2:29} Broeders, ek kan vry-uit met julle spreek oor die aartsvader Dawid, dat hy gesterf het en ook begrawe is, en sy graf is by ons tot vandag toe. {2:30} Omdat hy dan ‘n profeet was en geweet het dat God vir hom met ‘n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit, {2:31} het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie. {2:32} Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. {2:33} Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor. {2:34} Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand {2:35} totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete. {2:36} Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het. {2:37} Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? {2:38} En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. {2:39} Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.”
God het nie verander nie. Jesus die Messias is ons ononderbroke olah-offer. Hy sit nou aan die regterhand van die Vader en tree ononderbroke vir ons in by die Vader. As Messiaanse gelowiges het ons nie langer 'n tempel nodig om as't ware vir ons sondes te versoen nie, omdat Jesus ons ewige korban, ons vlekkelose – en welgevalle Lam is.
Johannes / Yochanan {1:29} ”Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!”
Kom gou Jesus!
Voorheen uitgegee: 2010-03-27