D’Var Torah
In die Begin –
Bereshit
Genesis / Bereshit
{2:4-2:17} “Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape
is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, {2:5} was daar
nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het
nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie,
en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. {2:6} Maar ‘n mis het
opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig. {2:7} En die HERE God
het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van
die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword. {2:8} Ook het die
HERE God ‘n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy
geformeer het, ‘n plek gegee. {2:9} En die HERE God het allerhande bome uit die
grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom
van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en
kwaad. {2:10} En daar het ‘n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak;
en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword. {2:11} Die naam van die
eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land Háwila loop waar die goud
is. {2:12} En die goud van dié land is goed. Daar is ook balsemgom en
onikssteen. {2:13} En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy
wat om die hele land Kus loop. {2:14} En die naam van die derde rivier is die
Hiddékel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat.
{2:15} Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel
om dit te bewerk en te bewaak. {2:16} En die HERE God het aan die mens bevel
gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, {2:17} maar van die
boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag
as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.”
‘n
Kenmerkende negatiewe eienskap van die gevalle en onwedergebore mens is dat hy
altyd in beheer wil wees. Nou, ter inligting van diegene wat nie bewus is
waarna ek verwys wanneer ek van die gevalle en onwedergebore mens praat nie,
verduidelik ek dit graag. In die tuin (Gan) van Eden was Adam geheel-en-al van
God afhanklik. Dit was geensins vir hom nodig om te boer, onkruid uit te trek,
homself te bekommer oor waar hy sou woon of wat hy moes eet nie omdat God alles
aan hom voorsien het. Die mens was oënskynlik egter nie tevrede om van God
afhanklik te wees nie en deur die verleiding van die satan, het hy gesondig; so
het hy sy onafhanklikheid en selfstandigheid probeer bewerkstellig deur teen
God in opstand te kom.
Dit is presies wat ek met gevalle mens
bedoel. Hy het gevolglik sy afhanklikheid van God prysgegee en in ‘n bestaan
wat deur sonde en selfvertroue oorheers word, verval. God het egter geweet dat
die mens Hom sou verwerp en ‘n plan bedink, naamlik om ‘n Verlosser te voorsien
om die mens uit sy gevalle toestand te red.
Die Verlosser sou die Messias (Mashiach) wees
wat sou kom en die straf vir die sonde betaal - Hόm ken ons nou as Jesus die
Messias. Jesus het gekom om die mens te vernuwe en laat terugkeer tot ‘n
bestaan waar hy weereens uit vrye wil geheel-en-al van God afhanklik sou wees.
Nie elkeen is egter bereid om te aanvaar wat die Messias vir hulle kom doen het
nie en het dus God se verlossingsplan verwerp – hierdie mense is onwedergebore!
Stem
julle nie saam dat deur Adam se toedoen was nie? Hoeveel van ons sou nie ook
graag in sy posisie van sorgvryheid of kommerloosheid in die wêreld wou wees
nie? Wanneer ons honger was, sou ons eenvoudig kon pluk en eet; as dit ons sou
vermoei, dan kon ons gaan lê en slaap. Ons sou kon rondkyk en al wat sigbaar sou
wees, sou skoonheid, kalmte en harmonie gewees het. Dit is egter slegs iets
waarvan ons vandag in feëverhale sien of hoor.
Het
julle al ooit daarvan gedroom om net te ontvlug na ‘n verlate tropiese eiland
om te lewe in die son, see en van vrugte? Dit is presies wat Adam wou gehad het
maar hy was ontevrede. Waarom? Omdat hy nie in beheer was nie! Hy wou sy eie
lewe beheer. Deur afhanklik te wees van iemand – selfs indien dit, soos in
hierdie geval, God was – was vir hom onbevredigend.
‘n
Mens sou egter dink dat, wanneer mense ten ene male deur Jesus die Messias
gered en hulle siele wedergebore is, hulle dit nie moeilik sou vind om hulle
lewens aan God toe te vertrou en Hom toe te laat om geheel en al in beheer te
wees nie, maar ongelukkig is dit nie die geval nie!
Dit
is een van die moeilikste dinge vir mense om te doen- selfs dié wat gered is
(sowel gelowiges in Jesus die Messias as dié wat hernuwe is deur die Heilige
Gees (Ruach HaKodesh). Dit is moelik om die beheer van ons lewens aan God af te
staan. Ons almal probeer desperaat om aan daardie laaste strooi van ons
menslike karakter vas te hou; ons wíl steeds in beheer wees.
Dwarsdeur
die Bybelse geskiedenis verneem ons van die kinders van Israel se opstandigheid
teen God. Waarom was daar al hierdie opstand? Omdat hulle hul eie dinge op
hulle eie wyse wou doen! Dit is ‘n feit dat julle en ek hoegenaamd nie van
hulle verskil nie!
Ons
raak angsbevange wanneer ons nie in beheer is nie. Dit bekommer ons wanneer ons
nie ‘n probleem kan oplos nie en ondertussen beveel God ons om maar net te laat
gaan en Hom toe te laat om alles vir ons uit te werk.
Die
kinders van Israel het alles verknoei en netso ook hulle lewens; vanweë hulle
begeerte om in beheer te wees, het hulle daaronder gely en ly, trouens, tot
vandag toe steeds daaronder. Julle sal ook onder die gevolge ly om altyd in
beheer te probeer wees. Op grond waarvan reken julle dat julle enigsins sou
verskil in julle verhouding tot God as wat die geval met Adam en die kinders
van Israel was?
Genesis / Bereshit
{3:17} “En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou
vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet
nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die
dae van jou lewe. {3:18} Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en
jy sal die plante van die veld eet. {3:19} In die sweet van jou aangesig sal jy
brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want
stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.”
Hou
dít in gedagte: God beskik oor Sy wyse om aan julle te bewys dat julle nie in
beheer is nie! Hy sal julle in ‘n omstandigheid plaas wat dit vir julle
onmoontlik mag blyk om daaruit te kom. Hy sal ‘n tragedie oor julle lewe laat
kom – moontlik insluitend siekte of (mag God dit verhoed) dood van ‘n geliefde
en Hy sal dit alles toelaat om aan julle te bewys dat julle geensins in beheer
is nie.
Wat
sal julle doen wanneer iets ongunstug julle tref? Sal julle eerstens teen God
rebelleer en Hom blameer vir al julle teëspoed? Sal julle dit aan die noodlot
of “goed wat gebeur” of slegte gene of blote toeval toeskryf? Of sal julle dit
erken as ‘n teken van God dat julle dinge hul gang moet laat gaan, dat julle
hoegenaamd nie in beheer is nie en Hom moet toelaat om oor te neem?
Die
kinders van Israel het egter nog nie hulle les geleer nie; trouens, selfs die
groot slagting (“holocaust”) het hulle nie beweeg om hulle beheer af te staan
nie. Nou vra ek julle: Wat moet God julle nog aandoen alvorens julle daarvan
sal afsien? Dink daaroor!!
Matthéϋs / Mattityahu
{6:25-6:34} “Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle
sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek
nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?
{6:26} Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en
hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle.
Is julle nie baie meer werd as hulle nie? {6:27} Wie tog onder julle kan, deur
hom te kwel, een el by sy lengte voeg? {6:28} En wat kwel julle jul oor klere?
Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin
nie; {6:29} en Ek sê vir julle dat selfs Salomo in al sy heerlikheid nie
bekleed was soos een van hulle nie. {6:30} As God dan die gras van die veld,
wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer
vir julle, kleingelowiges? {6:31} Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal
ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? {6:32} Want na al
hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie
dinge nodig het. {6:33} Maar soek eers die koninkryk van God en sy
geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. {6:34} Kwel
julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag
het genoeg aan sy eie kwaad.”