Acharei Mot & Kedoshim
Acharei Mot
(Na Die Dood)
Redding
Hierdie Parasha is vol simbole van Jesus! Al is dit nie hierdie simbole waaroor ek hierdie week graag wil praat nie, meen ek tog dit is die moeite werd om aan minstens twee daarvan aandag te skenk.
Levitikus {16:21} “Terwyl hy dan sy twee hande op die kop van die bok lê, moet hy ál die oortredinge en opstandigheid, al die sondes van die Israeliete daar bo-oor die bok bely. Sodoende sal hy die sonde op die kop van die bok oordra. Iemand wat beskikbaar is, moet dan die bok die woestyn injaag. {16:22} So sal die bok al hulle sonde met hom saamdra na 'n onherbergsame streek toe en daar in die woestyn moet hy agtergelaat word.”
In verlede week se kommentaar is melding gemaak van twee voëls. Hierdie week is dit twee bokke, hoewel albei egter dieselfde persoon - Jesus die Messias - simboliseer. Aäron moes sy hande lê op die lewende bok, die sonde van Israel daaroor bely en dit dan in die wildernis loslaat. Die simbool wat ek hierin sien, dat tensy ons hande lê op Jesus ons Messias, Here en Redder en tensy ons ons sonde voor Hom bely, sal ons sondes nie vergewe word nie. Indien ons dit wel doen, dan sê die Skrif, dat Hy ons sondes sal dra en dit in die diepte van die see werp, om nooit weer onthou te word nie
Miga {7:19} “Hy sal ons weer genade betoon,
Hy sal ons sonde tot niet maak,
U sal al hulle sondes in die diepsee gooi.”
Die tweede simbool is te vinde in die volgende gedeelte:
Levitikus {17:11} “Omdat die lewe van 'n dier in sy bloed is, het Ek die bloed vir julle gegee om op die altaar versoening te doen vir julle lewens. Omdat bloed versoening bring deur die lewe wat daarin is,”
Lewe vir lewe, bloed vir bloed! Dit is wat al die offerandes wat plaasgevind het, oor gaan. ‘n Dier se lewe is gegee in plaas van die lewens van die kinders van Israel; die bloed is gestort in plaas van hulle bloed om te betaal vir hulle sondes. Dit is waaroor Jesus gaan, Sy bloed vir ons bloed om vir ons sondes te betaal!
Nou, waarom ek gekies het om oor hierdie week se Parasha kommentaar te lewer:
Levitikus {18:1} “Die Here het vir Moses gesê: {18:2} “Praat met die Israeliete en sê vir hulle: Ek is die Here julle God. {18:3} Julle mag nie maak soos die Egiptenaars by wie julle gewoon het, of soos die Kanaäniete na wie se land toe Ek julle bring nie. Julle mag hulle gebruike nie navolg nie. {18:4} Julle moet my bepalings nakom en my voorskrifte gehoorsaam deur daarvolgens te lewe. Ek is die Here julle God. {18:5} Wees gehoorsaam aan my voorskrifte en bepalings. Wie dit doen, sal lewe. Ek is die Here.”
Hier word die kinders van Israel deur die Here gewaarsku om nie die gebruike, lewens en dade van die mense van die land waarheen Hy hulle bring, te volg nie. Soos ons verder in die Parasha lees, maak Hy ‘n lys van sommige van die afskuwelike gebruike wat die kinders van Israel nie mag namaak nie. Dit het ingesluit: bloedskande, bestialiteit, homoseksualiteit sowel as ander tipes seksuele immoraliteit. Soos die besonderhede wat in hierdie lys vervat is, is dit sekerlik nie die enigste afskuwelikhede wat die inwoners van die land Kanaän gepleeg het nie.
Onnodig om te sê, is hierdie lys ook op ons van toepassing. Ek stel dus voor dat ons dit deurlees en oorweeg hoeveel van hierdie afskuwelikhede ons besig is om vandag in ons samelewing te pleeg; sommige selfs in ons eie lewens. Wat ons samelewing betref, dink ek daar kan met sekerheid gesê word, dat ons aan elkeen daarvan skuldig is! Daarom kan ons daarna uitsien wat in die volgende Skrifgedeeltes van ons Parasha geskryf is:
Levitikus {18:26} “Julle almal, die gebore Israeliete en die vreemdelinge by julle, moet my voorskrifte en bepalings gehoorsaam. Julle mag geen van dié afstootlike dinge doen nie. {18:27} Omdat die vorige inwoners hierdie afstootlike dinge gedoen het, is die land verontreinig. {18:28} As julle die land verontreinig, sal hy júlle ook uitspoeg soos hy die heidene vóór julle uitgespoeg het.”
Mag die Here ons genadig wees!
Kedoshim
(Heilige Mense)
Heiligheid
Getrou aan die naam “Heilige Mense”, is hierdie Parasha gevul met Bybelse opdragte van God oor hoedat ons as Sy heilige mense ons lewens behoort te lei. Wat ek interessant gevind het en die moeite werd is om toe te lig, is dit: In elke paragraaf van hierdie Bybelse opdrag om ‘n heilige lewe te lei, as ‘n heilige volk, verduidelik God dit in geen onsekere terme nie, die rede waarom ons dit moet nakom. Hy sê: “Ek is die Here julle God”. Dieselfde woorde word in elke paragraaf van hierdie Parasha ingesluit. God wil dit vestig in ons verstand, Sy gesag agter elk van die bepalings, wat Hy aan ons gegee het. God eis van ons om ons verantwoordelikheid om Sy verbondenheid, soos gegee te onthou, vanweë Sy gesag om ons te straf of beskerm, volgens ons gehoorsaamheid. Verder, omdat daar vele gode in die antieke wêreld was, elke nasie met sy eie of verskeie gode, was die God van Israel, die God van die Bybel, besig om Hom te onderskei van alle ander gode. Toe Hy aan Moses verskyn het, het God Sy naam as YHWH verstrek, waarna verwys word as die Tetragrammaton. Daar word geglo dat dit ‘n akrosties kan wees vir “Wie was, Wie is en Wie sal altyd wees”.
God se outoriteit en Sy reg om menslike standaarde van heiligheid is onbetwisbaar en soos ons die menslike geskiedenis deur die oë van die Bybel volg, kan ons Sy Hand van seëninge en/of oordele oor die aarde sien. Dit is vandag inderdaad duidelik en pynvol, soos die wêreld geteister word deur die Coronavirus, COVID-19. “n Mens kan hierdie virus blameer vir enigiets wat jy wil; daar is geen tekort aan samesweringsteorië nie, maar om Parasha Kedoshim vinnig deur te lees en bewus te raak van die huidige toestand van ons samelewing, behoort die saak in elkeen se gedagte tot bedaring te bring. “Ek is julle God”!!
Kom gou Jesus!
![]() |
| PDF weergawe |


