Saterdag 31 Julie 2021

Het Jy Hom Lief?

Ekev
(Gevolglik)

Deuteronomium {8:2} "En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. {8:3} En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan."

Toe ek hierdie verse van Parasha Ekev gelees het, het my hart uitgegaan na al die mense wat nie langer die Here volg nie omdat hulle geloof vernietig is deur wederwaardighede en beproewings wat in hulle lewens ondervind is. Ek is bewus van telkemale wanneer ‘n tragedie oor ‘n familie kom, hulle pleks van nader aan die Here beweeg, hulle eerder verder wegbeweeg het. Hoe jammer is dit tog nie! Het die tragedie werklik onthul wat in die eerste instansie in hulle harte was? 

Ja, dit het en dit is nie vir my om so te sê nie, dit is die Here!

Indien ons wil weet hoedat God met ons handel, hoef ons slegs die Bybel te raadpleeg. Ons God is dieselfde gister, vandag en môre, want Hy verander of dwaal nooit af daarvan nie. Soos wat Hy met die kinders van Israel gehandel het, is presies dieselfde as wat Hy met ons handel.

In vandeesweek se Parasha vertel die Here ons dat Hy die kinders van Israel die wildernis ingestuur en hulle toegelaat het om honger te ly, en ek kan byvoeg, dors te ly, sodat Hy hulle so kon verootmoedig dat hulle kon bewus word van wat in hulle harte aangegaan het. Dit is dus maklik vir mense om die Here lief te hê, Sy gebooie na te kom eredienste gereeld by te woon, te dien en tiendes te gee wanneer dit met hulle goed gaan en hulle geseën word. Hoe raak dit egter hulle verhouding met en toewyding aan God wanneer ‘n probleem, tragedie, swaarkry of beproewing op hulle pad kom? Wat doen hulle dan? Volgens die Here, is dit die ware aanduiding van egtheid van hulle geloof. Dit is soos ‘n weermag. Die offisiere weet nooit waartoe voetsoldate in staat is alvorens hulle in ‘n oorlogsituasie teen die vyand moet optree nie. Leiers neem dus altyd waar en evalueer die beste troepe se optrede. Dit is dan diegene wat hulle vertrou en gebruik om die taak uit te voer. Dit is wat God met Israel gedoen het en wat Hy ook met ons doen!

Ek het al dikwels by gemeentelede navraag gedoen wanneer ek hulle nie tydens Sabbatsdienste gesien het nie en verneem dan dat hulle tuisgebly het omdat hulle na ‘n week se harde werk te moeg, depressief of ietwat ongesteld was; nogtans het hulle op ‘n Sondag sekere take verrig en was Maandag by die werk asof niks gebeur het nie. Dit was jammer, want dit was eerder asof die Here hulle getoets het en hulle het gefaal! Hy het moegheid, depressie ’n ligte ongesteldheid oor hulle laat kom om hulle op die proef te stel sodat hulle sou besef wat in hulle harte was. Julle mag moontlik vra: 

“Hoe kan ’n liefdevolle God dan so iets doen?” 

Sou God werklik depressie oor ‘n persoon laat kom?” Wel, as ons glo wat in die Bybel geskryf is, sal ons dit nie eers hoef te bevraagteken nie. Ja Hy sou; om te openbaar wat werklik die gesindheid van ons harte is! 

Indien Hy Israel vir veertig jaar in die wildernis gestuur het en hulle laat honger en dors ly het met die doel om hulle harte te openbaar, waarom sou Hy ons nie ook op die proef stel nie?

God vereis dat ons Hom eerste in ons lewens stel, wat vanselfsprekend een van Sy gebooie is; trouens, dit is die vernaamste van almal:

Deuteronomium {6:5} "Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. {6:6} En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;"

Indien iemand die Here liefhet met hul hele hart en met hul hele siel en met hul hele krag, sal hulle hul werk vóór Hom stel? Sal hulle toelaat dat depressie tussen hul en God kom? 

Sal hulle nie kom en Hom aanbid selfs as hulle ietwat ongesteld is nie? Nogtans stel baie gelowiges in Jesus die Messias vir God tweede. Hulle plaas die wektuigkundige, die verhuising, die televisie-hersteller, die internet-tegnikus en dies meer vóór Hom en verwag natuurlik dan steeds om geseën te word.

Tydens my jare as Messiaanse gemeente leier, het mense my ingelig dat hulle nie eredienste hoef by te woon om God te aanbid nie - hulle kan dit netso effektief in die privaatheid van hulle eie wonings nakom. Ja, ons kan God tuis aanbid en ons behoort dit te doen, maar dit moet nie die bywoning van eredienste vervang nie. Die Bybel is nie aan indiwidue gegee nie, maar wel aan ‘n byeenkoms van ‘n gemeente en dit is waarom die skrywer van Hebreërs dit pertinent soos volg verduidelik:

Hebreërs {10:24} "en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; {10:25} en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom."

Ek dink ons moet dit behoorlik insien dat ons dit nie op ons eie manier van doen kan systap nie. Ons sal dit aan onsself moet bewys en ofskoon dit moontlik probleme en ongerief vir ons mag meebring, kan daar nooit ‘n kompromis met die Here aangegaan word nie.

Jesus die Messias het dit op die heel beste wyse soos volg gestel:

Matthéüs {10:37} "Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. {10:38} En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. {10:39} Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind."

Jesus vertel vir ons presies dieselfde as die verse wat ek aan die begin aangehaal het. Hy sê dat Hy ons sal toets ten einde ons toewyding aan Hom op die proef te stel. Hy sal dit doen deur ons familie, deur ons vriende, deur ons stokperdjies of deur enigiets anders wat ons gesindheid teenoor Hom te bepaal. Alles in ag genome, sê Jesus die Messias: 

Deuteronomium {6:5} "Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. {6:6} En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;"

Het julle Hom op hierdie wyse lief?

Kom gou Jesus!
PDF weergawe





Saterdag 24 Julie 2021

Liefde

Va'Etchanan 
(En Ek Het Gepleit)

Deuteronomium {3:23} "Ook het ek die HERE in dié tyd gesmeek en gesê: {3:24} Here, HERE! U het begin om u kneg u grootheid en u sterke hand te laat sien; want watter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U? {3:25} Laat my tog oortrek en die mooi land sien wat oorkant die Jordaan lê, daardie goeie bergland en die Líbanon! {3:26} Maar die HERE het toornig op my geword om julle ontwil en my nie verhoor nie; maar die HERE het vir my gesê: Dit is nou genoeg! Moenie nog verder met My oor hierdie saak spreek nie.”

Dit was nie vir my nodig om baie ver in ons oordenking vir hierdie week te lees nie, voordat ek iets gevind het om kommentaar oor te lewer; trouens, ons het hierdie einste onderwerp drie weke gelede tydens ons Sabbatoggend Tora-studie behandel. Wat ons bespreek het, was: "Waarom verhoor God soms nie ons gebede nie?" Waarom is dit dat, indien ons bid vir sake soos die genesing van 'n familielid of 'n baie vroom persoon of ons bid vir die redding van 'n vriend of familielid of enigiets anders ookal, wat ons in verband met die wil van God bring, verhoor God ons nie? In die hernieude Verbond staan daar immers dat wat ons ookal vra, Hy aan ons sal gee.

Johannes {14:13} "En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. {14:14} As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen."

Waarom is dit dus so dat in die week se oordenking, Moses God vra om hom toe te laat om in die Beloofde Land in te gaan, maar dit hom geweier word? Sekerlik, soos ons bewus is, het Moses 'n persoonlike verhouding met God gehad - Moses het tog van aangesig tot aangesig met God gespreek. Daarom, eenvoudig gegrond daarop, sou 'n mens verwag het dat sy versoek toegestaan sou word. Nogtans het God geweier.

Baie gelowiges raak moedeloos of verloor selfs hulle geloof, wanneer hulle Johannes 14:13 gelees het, maar hulle gebede nie verhoor word nie. God het egter nooit gesê dat hy al ons gebede sal verhoor nie. Ons moet dus kyk na Jesus se verklaring, binne die konteks waarin Hy gespreek het, voordat ons tot die gevolgtrekking kan kom dat God alles wat ons vra, sal gee. Om daardie konteks beter te begryp, moet ons die volgende lees:

Johannes {14:10} "Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. {14:11} Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My; of anders, glo My ter wille van die werke self. {14:12} Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan."

In hierdie gedeelte word ons vertel dat Jesus die werke van die Vader doen omdat die Vader in Hom is en Hy in die Vader. Jesus verklaar dus dat Hy niks op eie inisiatief doen nie. Alles wat Hy doen, word gedoen omdat die Vader in Hom bly. Dan sê Jesus verder dat as ons in Hom glo, sal ons ook die werke doen wat Hy gedoen het - trouens, selfs groter werke as dit. Indien ons in Jesus glo, bly Hy in ons en ons in Hom en op grond daarvan, kan Hy deur ons soortgelyke of groter werke doen, as wat Hy gedoen het. Die konteks van hierdie gedeelte is dus Sy inwoning en deur hierdie inwoning, ons vermoë om "werke" te doen en "selfs groter werke". Dan sê Jesus verder:

Johannes {14:13} "En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. {14:14} As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen."

As die onderwerp waaroor Jesus spreek , ons "werke" is, wat die gevolg van Sy inwoning in ons is, dan moet die "wat julle ookal in My Naam mag vra" op daardie onderwerp betrekking hê. Wat bedoel Jesus dus eintlik wanneer Hy sê dat wat ons ookal van Hom bid, Hy aan ons sal gee? As die "wat.....ookal" werke is en die voorbeeld wat Jesus ons gee, is dat Hy niks buiten die wil van Sy Vader se inwoning doen nie, dan moet presies dieselfde ook op ons van toepassing wees. Deur Jesus se inwoning in ons, kan ons niks buiten Hom doen nie. In daardie geval, wat is daar dan wat ons kan vra, wat Hy aan ons sal gee, indien ons niks buiten Hom kan doen nie? Dit is "werke" en "selfs groter werke"! Dit is egter nie net enige soort werke wat Jesus sê Hy aan ons sal gee wanneer in Sy naam daarvoor bid nie, maar spesifieke "werke", soos aan ons gesê word: 

Johannes {13:34} "‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê." {14:15} "As julle My liefhet, bewaar My gebooie." {15:12} "Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het." 

Die "werke" is liefde! Soos wat ons in Jesus inwoon en Hy in ons, sal Hy enige tyd wat ons om die vermoë vra om lief te he - of dit vir Hom of iemand anders is - dit aan ons skenk; trouens, Hy sal aan ons so 'n kapasiteit gee om lief te he, dat ons liefde selfs 'n groter uitwerking as Syne op mense sal hê. Dit is natuurlik verstaanbaar wanneer 'n mens begryp dat Jesus nie langer op aarde by ons is nie en onsigbaar is. Die enigste Jesus wat die wêreld vandag duidelik kan sien, is die Een wat deur ons liefhet. 

Kom gou Jesus!

PDF weergawe

Saterdag 17 Julie 2021

Gehoorsaamheid

Devarim
(Woorde)


Deuteronomium {1:20} “Toe het ek vir julle gesê: ‘Ons het nou die Bergwêreld van die Amoriete bereik. Die Here ons God gee dit vir ons. {1:21} Kyk, die Here julle God stel die land tot julle beskikking. Trek in, neem dit in besit soos die Here die God van julle voorvaders julle beloof het. Moenie bang wees nie, moenie huiwer nie.’ {1:22} “Julle almal het toe na my toe gekom en gevra ons moet manne voor ons uit stuur dat hulle die land vir ons kan verken en ons kan kom inlig oor die pad wat ons moet vat en oor die stede waarheen ons op pad is. {1:23} Ek het gedink dis 'n goeie plan en ek het twaalf man uit julle gekies, een uit elke stam.”

Die hele insident steek my dwars in die krop. Wat het van Moses se geloof geword? Het hy dan nie iets geleer toe hy veronderstel was om tot die rots te spreek in plaas van om daarteen te slaan nie? Duidelik nie! Was Moses steeds so besig dat hy weereens nie na God geluister het nie? Die Here het uitdruklik vir hom gesê dat die kinders van Israel die land van die Amoriete sou verower en dat dit ‘n goeie land was. Waarom sou Moses dan saamstem met die voorstel om verspieders te stuur ten einde te bevestig wat die Here alreeds aan hom meegedeel het? Dit was na alles, God se land, ‘n goeie land en hulle sou dit besit- einde van die verhaal!

Deuteronomium {6:1} ““Dit is die wet, die voorskrifte en die bepalings, wat die Here julle God my beveel het om vir julle te leer, sodat julle daarvolgens kan lewe in die land wat julle in besit gaan neem.”

In hierdie Skrifgedeelte het Moses die kinders van Israel gewaarsku om God nie op die proef te stel nie - hier het hy die Here egter getoets deur verspieders uit te stuur. In die Nuwe Testament, toe aan Sagaria gesê is dat hy ‘n seun sou hê, wie hy Johannes moes noem, het hy die engel van God nie geglo nie. Sagaria het gevra vir ‘n teken van bevestiging; hy het nie aanvaar wat aan hom meegedeel is nie, selfs al het die woord van God af gekom. Hy het ook die Here op die proef gestel. Dít het God kwaad gemaak en Hy het Sagaria met stomheid getref, tot ná die geboorte van sy seun.

Die Here het ons baie dinge in Sy Woord geleer. Veel daarvan kan regstreeks op ons lewens toegepas word: tog betwyfel baie van ons Hom. Ons verlang bevestiging, tekens en wonders in plaas daarvan om net te glo en vertrou wat die Here in Sy Woord geskryf het.

Meeste kommentators is van mening dat dit die tien verspieders was wat daartoe gelei het dat die kinders van Israel vervloek is deur doelloos vir veertig jaar rond te swerf in die wildernis; trouens, Moses het egter die volk beskuldig, soos ons in die volgende verse sien:

Deuteronomium {1:26} ““Maar julle wou nie optrek nie. Julle het julle verset teen die opdrag van die Here julle God. {1:27} Julle het in julle tente bly sit en mor, en julle het gesê: ‘Omdat die Here ons haat, het Hy ons uit Egipte laat trek om ons aan die Amoriete oor te gee sodat hulle ons kan uitroei.”

Let op die "julle het gerebelleer” en “julle het gemurmureer”, deur Moses te gebruik, asof hy niks daarmee te doen gehad het nie! Dit is heel moontlik, selfs waarskynlik, dat die volk nooit in opstand sou gekom of gemurmureer het nie as Moses sy vertroue in die Here geplaas het en die kinders van Israel slegs na die grens van die Beloofde Land gelei en hulle beveel het om in te gaan en die land in besit te neem, soos wat hy beveel is. Maar nee! Moses het God op die proef gestel en daardeur homself en die volk aan sonde blootgestel.

As ‘n leier, neem ek hierdie les, wat ek uit Parasha Devarim ontvang het baie ernstig op. Ek bestudeer die Woord van die Here, lees dit van voor tot agter, eenmaal elke jaar. Ek maak my vertroud met alles wat die Here gesê het en alles wat Hy belowe het en dan, na die beste van my vermoë, volstaan ek by Sy Woord - selfs wanneer ander my aanspoor om Hom op die proef te stel.

Daar is geen waarborg dat die kinders van Israel Moses se finale woord sou aanvaar het om die Here te glo en Hom daarom te volg in die land nie; ‘n land, moet ek sê, wat hulle s’n was om te neem - hulle kon in elkgeval nog in opstand gekom het. Maar ons sal nóu nooit weet nie, sal ons? Ten minste nie totdat ons almal in die Hemel ontmoet nie.

Hoeveel het ons nie al gedwaal vanweë ons gebrek aan geloof in God nie en Hom nie op Sy Woord geneem nie? Hoeveel maal het ons gebrek aan vertroue, gebrek aan geloof, nie al daartoe gelei dat ons die Here op die proef gestel het nie? Soms wonder ek hoe anders my lewe sou gewees het, as ek geheel-en-al, te alle tye, die Here op Sy Woord geneem het, maar dan weer, ek sal nooit weet nie, of sal ek?, ten minste nie totdat ek God in die Hemel ontmoet nie!

Kom gou Jesus!


Saterdag 10 Julie 2021

Passief

 Matot-Masei

(Stamme – Reise)


Numeri 30:2 – 36:13

Filippense 1:12 – 16

Jakobus 4:1 – 12

Jeremia 2:4 – 28; 3:4


Numeri {31:1-5} ”Die Here het vir Moses gesê: {31:2} “Die Israeliete moet die Midianiete straf vir wat hulle julle aangedoen het. Daarna sal jy sterwe.”{31:3} Moses het toe vir die volk gesê: “Bewapen manne vir die oorlog en laat hulle teen die Midianiete optrek om hulle te straf in die Naam van die Here. {31:4} Stuur uit elke stam van Israel duisend man om te gaan veg.” {31:5} Daar is toe twaalf duisend man uit die stamme van Israel aangewys, duisend uit elke stam, almal toegerus vir die oorlog.”


Vind julle enigiets ongewoon aan hierdie Skrifgedeelte? Normaalweg telkens wanneer die Here kwaad was vir Israel oor hulle oortreding van Sy Tora, sou Hy Homself wreek deur vuur te stuur, slange, plae en ander oordele teen hulle. Die Here soek egter hier wraak teen die Medianiete, maar Hy versoek Moses om ‘n leer voor te berei om daardie wraak uit te voer. Sekerlik was die Here meer as in staat om te wreek teen die kinders van Israel en self met Median af te reken!


Psalm {79:10} “Waarom moet die heidene sê:“Waar is hulle God nou?” Laat ons aanskou hoe u straf die heidene tref oor die bloed van u dienaars wat vergiet is.”


Psalm {3:7} “Ek is nie bang vir tienduisende mense wat van alle kante af op my toesak nie”


In beide hierdie verse vra die psalmis die Here om wraak te neem teen die vyande van Israel. Ons weet egter dat koning Dawid ‘n man van oorlog was en oorlog na oorlog hierdie oorloë eiehandig verslaan het. Terwyl die taal in hierdie verse so was dat God versoek was om wraak te neem en op die vyande toe te slaan, dit werklik koning Dawid en sy leër was om te veg en en wraak te neem. God is magtig om Homself te wreek en Hy doen dit so deur teen Sy kinders op te tree, soos wat ons dikwels in die Skrif gesien het, maar wanneer dit die vyande van Sy kinders raak, vra hy hulle om hulself te wreek.


My mening is dat gelowiges in Jesus die Messias ‘n passiewe rol in hulle verhouding met die Here inneem. Hulle vra in gebed iets en sit dan terug en neem ‘n houding van “laat ons wag en sien” in plaas van ‘n pro-aktiewe houding van “laat ons dit gedoen kry”, met geloof dat die Here sal voorsien. Ek is eenmaal vertel van ‘n werklose gelowige, wat sy tyd bestee het om op God te wag om vir hom ‘n werk te kry. Hy het van God verwag om ‘n werk te voorsien deur gebed en advertensie van werkgeleenthede, in plaas daarvan om self moeite te doen om ‘n werk te kry. Sekerlik kan die Here vir ons ‘n werk of enigiets anders waarvoor ons in gebed mag vra, skenk, maar so kon Hy die Medianiete deur ‘n plaag uitgewis het of koning Dawid se vyande met vuur uit die hemel vernietig, maar Hy het nie. Mose se leër het die oorlog gevoer maar die Here was daar om aan hom die oorwinning te gee


1 Samuel {17:45} “Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jý kom na my toe met 'n dolk en 'n spies en 'n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. {17:46} Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afkap. Dan sal ek vandag nog die lyke van die Filistynse laer vir die roofvoëls en vir die wilde diere gee, sodat die hele wêreld kan besef dat Israel 'n God het.”


God het wraak geneem op die Fillistyne, maar dit was Dawid wat die stryd gevoer het. Terwyl die res van die leër van Israel passief gewag het, het 


Kom gou Jesus!



Read Parasha

Donderdag 01 Julie 2021

Demokrasie

 Pinchas

(Phinias)


Numeri 25:10 – 30:1 

Miga 5:6 - 6:8 

1 Konings 18:46 – 19:21 

Johannes 2:13 - 25



Numeri {27:14} “want toe die volk by Meriba in die Sinwoestyn teen My in opstand gekom het, het julle julle teen my bevel verset en My, die Heilige, nie voor die volk gehoorsaam nie.” Dit het gebeur by die Meribawaters by Kades in die Sinwoestyn. {27:15} Moses sê toe vir die Here: {27:16} “Dan moet U, Here, God wat aan alle mense die lewe gee, iemand oor hierdie volk aanstel {27:17} wat vir hulle 'n leier en aanvoerder kan wees sodat die volk van die Here nie soos skape sonder wagter sal wees nie.” {27:18} Toe sê die Here vir Moses: “Neem vir Josua seun van Nun, 'n man op wie my Gees is, en lê hom die hande op. {27:19} Laat hom voor die priester Eleasar en voor die hele volk staan en sê vir hom in hulle teenwoordigheid wat sy taak is. {27:20} Dra van jou gesag aan hom oor sodat die hele volk Israel hom kan gehoorsaam. {27:21} Maar hy moet altyd die priester Eleasar raadpleeg dat dié vir hom met die urim die beslissing van die Here vra. Alleen op Eleasar se bevel sal Josua en die hele volk Israel vir oorlog optrek en van die oorlog af terugkom.” {27:22} Moses het gedoen wat die Here hom beveel het. Hy het Josua voor die priester en die hele volk laat staan, {27:23} hom die hande opgelê en vir hom gesê wat sy taak is soos die Here deur Moses beveel het.”


Herhaaldelik hoor ons wêreldleiers en diegene wat Israel ondersteun sê dat Israel die enigste demokrasie in die Midde-Ooste is. Volgens Wikipedia, is demokrasie ‘n regeringsvorm waarin alle burgers ‘n gelyke aandeel het in besluite wat hulle lewens raak. Hierdie regeringsvorm sluit in (en meer of minder direk) deelname in in die voorstel, ontwikkeling en deurvoer van wetgewing tot ‘n wet. Dit kan sosiale, ekonomiese en kulturele aangeleenthede insluit, wat ‘n vrye en gelyke praktyk van politiese selfbeskikking moontlik maak.


Dit is bewonderingswaardig dat leiers van die vrye wêreld Israel aanprys as die enigste demokratiese land in die Midde-Ooste en dit sou gunstig wees as die Ismalitiese lande rondom ons dié tipe vryhede kon geniet wat die demokratiese stelsel hier sy inwoners bied. Demokratiese regerings en die demokratiese stelsel is egter nie bybels nie. Hoe weet ons dit? Die eerste bewys in die Skrif is toe die Here kwaad was vir Israel om te vra vir ‘n koning sodat hulle soos alle ander nasies kon wees.


1 Samuel {8:5} “Hulle het vir hom gesê: “Kyk, u het oud geword. U kinders is nie soos u nie. Stel nou liewer 'n koning oor ons aan om oor ons te regeer, soos dit by al die nasies is.” {8:6} Maar vir Samuel was dit verkeerd dat hulle gesê het: “Gee ons tog 'n koning om oor ons te regeer.” Samuel het tot die Here gebid, {8:7} en die Here het vir hom gesê: “Gee toe aan die versoek van die volk in alles wat hulle van jou vra. Hulle het jóú nie verwerp nie; hulle het Mý verwerp as koning oor hulle.”


Israel het God verwerp as hulle koning en wou ‘n menslike koning in Sy plek hê. Soos ons verder lees in hierdie hoofstuk, sien ons dat die Here die een was wat die konings gekies het wat oor Sy mense sou regeer. Dit is nie gedoen deur demokratiese verkiesings of gewildheids-stem nie. Tweedens sien ons dieselfde scenario met die oordrag van mag van Moses na Joshua in ons Parasha vandeesweek. Die Here het Moses nie versoek om ‘n demokratiese verkiesing te hou sodat die mense ‘n nuwe leier kon kies nie; God  het hom gekies en Moses versoek om Joshua eenvoudig te salf om sy plek in te neem.


‘n Ander saak wat ons nie in die Bybel vind nie, is dat die Here ‘n demokraties gekose liggaam toelaat om nuwe wette te maak of enige van Sy bestaande wette te wysig. Die volk Israel moes leef volgens die gebooie, voorskrifte en oordeel van die Tora, soos deur God gegee. Die Here het selfs sy aardse verteenwoordiger, die Hoëpriester, die Urim en die Thummim gegee as ‘n metode om Hom te raadpleeg oor regsake. Hierdie metode het verseker dat die Here se gebooie nougeset nagekom sou word.


Ons finale bewys dat demokrasie nie bybels is nie, berus op die feit dat met die wederkoms van Jesus die Messias om Sy Koninkryk op aarde te vestig, ons meegedeel word:


Openbaring {19:15} “Uit sy mond het daar 'n skerp swaard uitgekom om die nasies mee te tref, en Hy sal hulle met 'n ystersepter regeer. Hy sal self die parskuip trap vir die wyn, die wyn van die toorn en die oordeel van God, die Almagtige. {19:16} Op sy klere, by sy heupe, was daar 'n Naam geskrywe: “Die Koning van die konings en die Here van die heersers.”” 


Die regsoewereiniteit wanneer Jesus terugkeer, sal wees die Woord van God - Sy Bybel! Demokrasie sal iets wees waaroor die mense in geskiedenisboeke sal lees. Dit is vir ons baie altruisties om Islamities-beheerde state as demokraties te wil hê, maar die feit is, dat hulle dit reg en ons dit verkeerd (behalwe die die Islam-gedeelte) het. Meeste van hierdie lande staan onder die Koran, hulle voorstelling van ‘n bybel. Anders as die feit dat hulle ‘n valse god aanbid, gebruik hulle ten minste hierdie valse god se leerstelling, as hulle regsoewereiniteit. Wat ons demokrasië aan die ander kant geproduseer het is wette totaal teenstrydig met wet en wil van die Een Ware GOD van hemel en aarde en Sy bybelse regsoewereiniteit. 


Moet my nie misverstaan nie, die Bybel is nie teen kapitalisme gekant nie - in teendeel word dit aangemoedig! Die Bybel ondersteun nie slegs die konsep van demokratiese regering nie. Die Boek Openbaring is duidelik dat demokrasie nie sal bestaan ná die wederkoms van Jesus nie en heelwaarskynlik geskiedenis sal wees selfs vóór dit met die koms van die antichris.


Kom gou Jesus!