Saterdag 24 Januarie 2009

Wat sal die satan doen om God te probeer teenwerk

En Ek het Verskyn / VaEra | CMY Afrikaans skakel | CMY English Link


24 Januarie 2009 / Tevet 28th 5769

Eksodus / Shemot 6:2-9:35

Esegiël / Yechezkel 28:25-29:21

Openbaring / Hitgalut 16:1-21

Eksodus / Shemot (6:1) “Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE. {6:3} (6:2) En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie. 6:4 (6:3) Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het; 6:5 (6:4) en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink. 6:6 (6:5) Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur ‘n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte; 6:7 (6:6) en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ‘n God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit. 6:8 (6:7) En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ‘n besitting gee, Ek, die HERE.”

Alhoewel God aan Abraham, Isak en Jakob verskyn het en Sy verbond met hulle aangegaan het, om vir hulle die land Kanaän te gee, vertel hierdie Skrifgedeelte ons dat, tot-en-met hul dood, hulle altyd as vreemdelinge in die land gewoon het. Dit het nooit in daardie tyd aan hulle behoort nie. Maar, volgens ons oordenking van hierdie week, sou dit alles nog verander. Uit die Skrifgedeelte wat hierbo aangehaal word, sien ons dat die beloftes van God aan die voorvaders van Israel nou in vervulling sou gaan met die verlossing van die kinders van Israel uit die wrede slawerny onder die Egiptenaars. Wat slegs ‘n belofte aan die voorvaders was, sou nou ‘n werklikheid word.

Hierdie realiteit sou so betekenisvol wees dat God van nou af in die Tora na Homself verwys, en selfs in die res van die Hebreeuse Geskrifte, as die God wat die kinders van Israel uit Egipte gelei het.

Ons is egter bewus daarvan dat eeue verloop het tussen die tyd van die belofte en die tyd van die vervulling van die belofte. Dit is slegs maar nog ‘n voorbeeld van hoedat God dinge volgens Sy tydsberekening, en nie volgens ons s’n nie, doen. Maar dit is nie die punt wat ek in vandeesweek se oordenking wil maak nie. Hier volg wat ek graag wil bespreek.

Eksodus / Shemot {8:25} “Toe laat Farao Moses en Aäron roep en sê: Gaan heen, offer aan julle God in die land. {8:26} Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan die HERE onse God offer, is ‘n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat ‘n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie? {8:27} Laat ons drie dagreise ver die woestyn intrek, dat ons aan die HERE onse God kan offer soos Hy ons sal beveel.

Wat ek besonder interessant in hierdie Skrifgedeelte gevind het, is dat dit voorkom asof die Egiptenaars nie net die oppas van vee as ‘n veragtelike beroep beskou het nie, maar ook lammers, die diere wat die kinders van Israel aan die Here sou offer, vir hulle ‘n afskuwelikheid was. Ek kan dit nie met sekerheid sê nie, maar dit wil ook voorkom asof die Egiptenaars nie lamsvleis geëet het nie. Wat is so ongewoon daaraan? Dink ‘n bietjie hieroor na: Die volk wat die kinders van Israel in slawerny gehou het, juis hulle wat beveel het dat alle Joodse seuns (God se eersgeborenes [Eksodus {4:22} “Dan moet jy vir Farao sê: ‘So spreek die Here’: ‘My eersgebore seun is Israel”]) doodgemaaak moes word, het vee-oppas en die offer daarvan verafsku.

Onnodig om te sê, dat ek dit om die volgende rede, baie eienaardig gevind het: Die lammers wat aan die Here geoffer is, volgens God se eie opdrag, het altyd gedui op-en was, trouens, ‘n sinnebeeld van Jesus die Messias, wat Self as die “Lam van God” bekendgestaan het.

Johannes / Yochanan {1:2} ."Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!"

Farao se haat en vrees vir die Joodse volk was baie ooglopend. Toon God hier aan ons, vanuit ‘n ander hoek, hoe die satan besig was om God se uiteindelike openbaring van die ware Offerlam, Jesus die Messias, teen te werk? Het God dit gedoen deur aan ons die Egiptenaars se afsku aan ‘n lam en die beroep van vee oppas uit te wys? Die feit dat Moses ‘n sinnebeeld van Jesus die Messias was, bewys dit selfs nog meer.

Congregation Melech Yisrael All rights Reserved

Saterdag 17 Januarie 2009

Met die Verloop van Tyd

Eksodus / Shemot | CMY Afrikaans skakel | CMY English Link


17 Januarie 2009 / Tevet 21st 5769

Eksodus / Shemot 1:1-6:1

Jesaja / Yeshayahu 27:6-28:13; 29:22-23

1 Korinthiërs / Korintim Aleph 14:13-25

Eksodus {2:23} “En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God. {2:24} En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. {2:25} En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.”

Hierdie Skrifgedeelte sê ongeërg:”In daardie lang tyd.” Dit klink byna asof slegs ‘n paar jaar verloop het, maar in werklikheid was dit honderde jare sedert die kinders van Israel vir die eerste keer Egipte binnegegaan het. Dit was minstens tweehonderd en vyftig jaar vandat hulle aan slawerny onderwerp is, en tog lui die Skrifgedeelte: “In daardie lang tyd”, asof dit hoegenaamd geen tyd was nie.

Dit is egter nie die eerste maal dat ons hierdie tipe terminologie in die Skrif aantref nie. Dit kom telkens voor in die Bybel:

Genesis {4:3} “En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE ‘n offer gebring.

Genesis {38:12} “En ná verloop van geruime tyd het die dogter van Sua, die vrou van Juda, gesterwe. En toe Juda klaar getreur het, het hy opgegaan na die skeerders van sy kleinvee, na Timna toe, hy en sy vriend Hira, die Adullamiet.”

Rigters {11:4} “En ‘n tyd daarna het die kinders van Ammon oorlog gevoer teen Israel. “

2 Kronieke {21:19} “En ná enige tyd, naamlik teen die einde van die tweede jaar, het sy ingewande by sy siekte uitgekom, sodat hy onder hewige pyne gesterf het; en sy volk het vir hom geen wierookbrand gemaak soos die brand vir sy vaders nie.”

Selfs al het sommige van hierdie gebeure nie honderde jare geneem om hul “verloop van tyd” te bereik nie, het dit ons nogtans geleer dat alles in die verloop van God se tyd plaasvind en niks gebeur voordat die tyd daarvoor aanbreek nie.

Ons is geneig om te jaag om dinge in ons lewens onmiddelik te laat gebeur – veral aangaande dinge wat ons graag wil hê. Ons is tipies ongeduldige mense: ons het ‘n afkeer van in toue staan en raak woedend as die persone vóór ons in die ry, vroetel vir kleingeld om hul aankope mee te betaal, of as die kassier eers die prys van een of meer artikels moet laat vasstel, terwyl ons moet rondstaan en wag. My vrou, Elisheva, en ek was eenmaal in die betaalpunt-ry, toe die persoon vóór ons nuwe betekenis aan die term “aan-lyn-aankope” verleen het. Sy het van die kassier verwag om telkens aan haar subtotale van haar aankope te verstrek en dan, as die bedrag nog binne haar begroting blyk te gewees het, het sy die tou verlaat om nog ‘n ander artikel te gaan haal en die bedrag by die totaal te laat voeg. Dit het, trouens, meer as vier keer gebeur en, my vriend, dit was ‘n ware beproewing van ons geduld!!

God, daarenteen, beskik oor oneindige geduld; Hy doen alles in die volheid van die tyd. Hy is nooit gejaagd nie. Hy is nooit ongeduldig nie en wag totdat die tyd ryp is voordat Hy optree. Dit was die geval met Moses in vandeesweek se oordenking, God doen niks voordat die tyd geleë is nie. Hoe weet God wanneer die tyd reg is om op te tree? Wanneer Sy doel vervul is!!

Johannes {7:6} “Toe sê Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie. Maar julle tyd is altyd daar. {7:7} Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is. {7:8} Gaan julle op na hierdie fees. Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie.”

Hierdie gedeelte van die Skrif, wys ons die uiteindelike, dit het met verloop van daardie baie dae plaasgevind. “Jesus sou op ‘n bepaalde wyse sterf aan ‘n Romeinse kruis, in ‘n bepaalde stad, Jerusalem, op ‘n bepaalde dag, die derde Paasfees nadat Hy Sy bediening hier op aarde begin het. Selfs al het die satan dikwels probeer om Jesus dood te maak, kon Jesus telkens ontglip sonder om leed aangedoen te word. Toe Jesus se volle tyd aangebreek het, het Hy na Jerusalem gegaan en ons weet wat daarna gebeur het.

Die wyse waarop God te werk gaan in die Bybel, is dieselfde wyse waarop Hy in ons indiwiduele lewens vandag werk. Ons is altyd haastig om met dinge aan te gaan, om alles te laat gebeur wanneer dit ons pas, volgens óns tydsberekening. Ek dink ons moet uit hierdie week se oordenking leer dat dit nie ons tyd is wat tel nie, maar God se tydsberekening en dat Sy tyd die volmaakte tyd vir alles is.

Congregation Melech Yisrael All rights Reserved

Saterdag 10 Januarie 2009

Die Betekenis van die Regterhand

En Hy Het Gelewe / VaYechi | CMY Afrikaans skakel | CMY English Link

10 Januarie 2009 / Tevet 14th 5769
Genesis / BeReshit 47:28-50:26
1 Konings / Melachim Aleph 2:1-12
1 Petrus / Kefa Aleph 1:1-9
Genesis / Bereshit {48:11} “En Israel sê vir Josef: Ek het geen gedagte gehad om jou aangesig te sien nie, en kyk, God het my ook jou nageslag laat sien. {48:12} Daarop laat Josef hulle van sy knieë af weggaan, en hy buig hom met sy aangesig na die aarde toe. {48:13} En Josef neem hulle twee Efraim met sy regterhand, links van Israel, en Manasse met sy linkerhand, regs van Israel en hy bring hulle by hom. {48:14} Toe steek Israel sy regterhand uit en lê dit op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhand op die hoof van Manasse: hy het sy hande oorkruis gehou, want Manasse was die eersgeborene. {48:15} En hy het Josef geseën en gesê: Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe, {48:16} die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het—mag Hy die seuns seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte. {48:17} Toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring. {48:18} En Josef sê aan sy vader: Nie so nie, my vader; want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof.”
Wat is dan so belangrik aangaande die regterhand dat Josef so ongesteld geraak het toe sy vader sy linkerhand op die oudste seun, Manasse, geplaas het? Ek meen dat die antwoord geleë is in die gebed wat Israel oor sy seun, Josef, gebid het.
Genesis / Bereshit {48:15} “En hy het Josef geseën en gesê: Die God voor wie se aangesig my vaders Abraham en Isak gewandel het, die God wat my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe, {48:16} die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het—mag Hy die seuns seën, en mag deur hulle my naam genoem word en die naam van my vaders Abraham en Isak, en mag hulle vermeerder in die land in menigte.
Oral in die Skrif waar ek gesoek het na enigiets oor God wat iets gedoen het, word daarna verwys as volbring deur Sy regterhand, byvoorbeeld:
Jesaja / Yeshayahu {48:13} Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam.
God het die aarde met sy regterhand geskep en, alhoewel ons weet dat die uitdrukking: "My regterhand" hier en elders as 'n metafoor gebruik word, vra 'n mens jouself af of dit blote toeval is dat die aarde in regsom rotasie beweeg? Trouens, al die planete in ons sonnestelsel wentel na regs om die son, net soos selfs die maan na regs roteer om die aarde. Wat is dus so betekenisvol in verband met die regterhand?
Jesaja / Yeshayahu {62:8} Die HERE het gesweer by sy regterhand en by sy magtige arm,….
Psalm / Tehillim {118:15} ‘n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade. {118:16} Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
Efesiërs {1:19} en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte {1:20} wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, {1:21} bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.
Die voorafgaande Skrifgedeeltes is slegs enkele voorbeelde aangaande die regterhand van God, maar, mees betekenisvol, is die laaste voorbeeld (hierbo) van die regterhand van God, wat verwys na 'n plek van eer of gesag. Histories en Bybels, het 'n persoon van hoë stand, wat iemand aan sy regterhand geplaas het, aan so 'n iemand eer en gesag verleen en is hulle waardigheid erken. Hier sien ons inderdaad dat die Vader Jesus verhoog het bo alle ander, deur Hom aan sy Regterhand te laat sit.
Die term "God se regterhand", waar dit op 'n profesie betrekking het, verwys altyd na die Messias, aan Wie die mag en gesag gegee is, om Sy vyande te onderdruk, soos ons in Psalm 118:16 (hierb aangehaal) gesien het.
Matthéüs / Mattityahu {22:42} “en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s’n. {22:43} Hy sê vir hulle: Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees Here noem as hy sê: {22:44} Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete?”
In vers 44 hierbo, haal Mattheüs aan uit Psalm 110:1, wat 'n messiaanse Psalm is. Verder, in hierdie gedeelte uit Mattheüs ondervra Jesus die Fariseërs oor wie hulle meen die Messias is.
Matthéüs / Mattityahu {22:45} ”As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?”
Uit die Skrif weet ons dat die plek van die Messias, aan God se regterhand is. Die feit dat Jesus die Messias aan die "regterhand van God" was, was 'n teken aan Sy dissipels dat Jesus die Messias was en inderdaad opgevaar het na die hemel. Jesus het vir sy dissipels gesê dat Hy moes weggaan en die Heilige Gees in Sy plek na hulle sou stuur. Dus was die uitstorting van die Heilige Gees in die bovertrek op Pinksterdag beslis bewys dat Jesus werklikwaar in die hemel was en gesit het aan die regterhand van God die Vader. Dit word bevestig in Romeiene {8:34}, waar die apostel Paulus skrywe dat die Messias aan die regterhand van God is en vir ons intree. Wat ons dus kan sê, is dat "God se regterhand" verwys na die Messias, wat ons nou weet, Jesus is.
Na wie het Israel dan verwys toe hy sy gebed oor sy seun, Josef, gebid het terwyl sy regterhand op Efraim was?
Engele beskik immers nie oor die vermoë om te seën nie! Daarom, is sowel ek as meeste kommentators dit eens oor dié gebed, dat hierdie engel 'n voor-vergestaltings-manifestasie van Jesus die Messias se hand was. Dit is om hierdie rede dat Jakob sy regterhand op Efraim se hoof geplaas het, wat die vernaamste van Josef se twee seuns sou word.
Die betekenis, begrip en kennis van die regterhand van God dateer terug na die aanbreek van tyd, moontlik omdat die aarde deur Jesus die Messias, die Woord van God en die profetiese regterhand van God geskep is. Daarom het die regterhand altyd besondere betekenis in sowel die Heilige Skrif as in uiteenlopende kulture dwars deur die geskiedenis, hetsy heidens of goddelik. Vandaar dat Jakob sy regterhand op Efraim geplaas het. Die satan versterk ook die betekenis van die regterhand en wel om die regterhand vir homself toe te eien:
Openbaring {13:16} “En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; {13:17} sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.”
Die satan het nog altyd en is steeds besig om God se gesag, Sy Regterhand, wedererregtelik vir homself toe te eien. Genadiglik ken ons die einde van die Boek en hy delf die onderspit!
Congregation Melech Yisrael All rights Reserved