En Ek het Verskyn / VaEra | CMY Afrikaans skakel | CMY English Link
24 Januarie 2009 / Tevet 28th 5769
Eksodus / Shemot 6:2-9:35
Esegiël / Yechezkel 28:25-29:21
Openbaring / Hitgalut 16:1-21
Eksodus / Shemot (6:1) “Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE. {6:3} (6:2) En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie. 6:4 (6:3) Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het; 6:5 (6:4) en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink. 6:6 (6:5) Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur ‘n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte; 6:7 (6:6) en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ‘n God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit. 6:8 (6:7) En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ‘n besitting gee, Ek, die HERE.”
Alhoewel God aan Abraham, Isak en Jakob verskyn het en Sy verbond met hulle aangegaan het, om vir hulle die land Kanaän te gee, vertel hierdie Skrifgedeelte ons dat, tot-en-met hul dood, hulle altyd as vreemdelinge in die land gewoon het. Dit het nooit in daardie tyd aan hulle behoort nie. Maar, volgens ons oordenking van hierdie week, sou dit alles nog verander. Uit die Skrifgedeelte wat hierbo aangehaal word, sien ons dat die beloftes van God aan die voorvaders van Israel nou in vervulling sou gaan met die verlossing van die kinders van Israel uit die wrede slawerny onder die Egiptenaars. Wat slegs ‘n belofte aan die voorvaders was, sou nou ‘n werklikheid word.
Hierdie realiteit sou so betekenisvol wees dat God van nou af in die Tora na Homself verwys, en selfs in die res van die Hebreeuse Geskrifte, as die God wat die kinders van Israel uit Egipte gelei het.
Ons is egter bewus daarvan dat eeue verloop het tussen die tyd van die belofte en die tyd van die vervulling van die belofte. Dit is slegs maar nog ‘n voorbeeld van hoedat God dinge volgens Sy tydsberekening, en nie volgens ons s’n nie, doen. Maar dit is nie die punt wat ek in vandeesweek se oordenking wil maak nie. Hier volg wat ek graag wil bespreek.
Eksodus / Shemot {8:25} “Toe laat Farao Moses en Aäron roep en sê: Gaan heen, offer aan julle God in die land. {8:26} Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan die HERE onse God offer, is ‘n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat ‘n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie? {8:27} Laat ons drie dagreise ver die woestyn intrek, dat ons aan die HERE onse God kan offer soos Hy ons sal beveel.”
Wat ek besonder interessant in hierdie Skrifgedeelte gevind het, is dat dit voorkom asof die Egiptenaars nie net die oppas van vee as ‘n veragtelike beroep beskou het nie, maar ook lammers, die diere wat die kinders van Israel aan die Here sou offer, vir hulle ‘n afskuwelikheid was. Ek kan dit nie met sekerheid sê nie, maar dit wil ook voorkom asof die Egiptenaars nie lamsvleis geëet het nie. Wat is so ongewoon daaraan? Dink ‘n bietjie hieroor na: Die volk wat die kinders van Israel in slawerny gehou het, juis hulle wat beveel het dat alle Joodse seuns (God se eersgeborenes [Eksodus {4:22} “Dan moet jy vir Farao sê: ‘So spreek die Here’: ‘My eersgebore seun is Israel”]) doodgemaaak moes word, het vee-oppas en die offer daarvan verafsku.
Onnodig om te sê, dat ek dit om die volgende rede, baie eienaardig gevind het: Die lammers wat aan die Here geoffer is, volgens God se eie opdrag, het altyd gedui op-en was, trouens, ‘n sinnebeeld van Jesus die Messias, wat Self as die “Lam van God” bekendgestaan het.
Johannes / Yochanan {1:2} ."Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!"
Farao se haat en vrees vir die Joodse volk was baie ooglopend. Toon God hier aan ons, vanuit ‘n ander hoek, hoe die satan besig was om God se uiteindelike openbaring van die ware Offerlam, Jesus die Messias, teen te werk? Het God dit gedoen deur aan ons die Egiptenaars se afsku aan ‘n lam en die beroep van vee oppas uit te wys? Die feit dat Moses ‘n sinnebeeld van Jesus die Messias was, bewys dit selfs nog meer.
Congregation Melech Yisrael All rights Reserved