Saterdag 25 Junie 2022

Wil

Shelach
(Ondersoek Jouself)


Numeri 13:1 – 15:41 

Josua 2:1 – 24 

Hebreërs 3:7 – 4:11


Numeri {13:25} “Nadat hulle die land veertig dae lank verken het, het hulle teruggegaan. {13:26} Die verkenners het toe by Moses en Aäron en die hele vergadering van die Israeliete by Kades in die Paranwoestyn aangekom. Daar het hulle aan Moses-hulle en aan die hele vergadering verslag gedoen en vir hulle die vrugte van die land gewys. {13:27} Hulle het aan Moses gerapporteer en gesê: “Ons het in die land gekom waarheen u ons gestuur het. Dit loop oor van melk en heuning, en hier is van sy vrugte. {13:28} Maar die mense wat in die land woon, is sterk, en die stede is versterk en baie groot. Ons het ook die nasate van Enak daar gesien. {13:29} Die Amalekiete woon in die Suidland, die Hetiete, Jebusiete en Amoriete in die Bergwêreld, en die Kanaäniete by die see en langs die Jordaan.” {13:30} Kaleb het egter die manne wat met Moses praat, stilgemaak en gesê: “Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kán dit doen.” {13:31} Maar die manne wat saam met hom gegaan het, het gesê: “Nee, ons kan nie teen daardie mense optrek nie, want hulle is sterker as ons.” {13:32} Die manne het toe 'n slegte gerug onder die Israeliete versprei oor die land wat hulle verken het. Hulle het gesê: “Die land wat ons gaan verken het, is 'n land wat die lewe vir sy inwoners onmoontlik maak, en die mense wat ons daarin gesien het, is almal baie groot. {13:33} Ons het daar ook die reuse gesien. Die Enakiete stam van hulle af. Ons was soos sprinkane in ons eie oë, en so was ons ook in hulle oë.””


Soos ons kan sien is hierdie Parasha en die gedeelte daarvan wat ek gekies het om aan te haal, oor die twaalf verspieders wat Moses gekies het om die Land van Kanaän te gaan verken. Twee van die verspieders, Kaleb en Josua het die land as verowerbaar beskou en aan Moses ‘n positiewe verslag voorgehou, deur hom en die kinders van Israel te bemoedig dat die Kanaäniete verslaan sou kon word en hulle die land sonder moeite in besit sou kon neem. Tien verspieders het egter terug gekeer met ‘n negatiewe verslag en hulle oorredingsredes verstrek waarom die Kanaäniete nie deur die kinders van Israel verslaan sou kon word nie. Dit is tog interessant dat, nadat al twaalf verspieders alles belewe het wat God vir hulle gedoen het tydens hulle tog deur die wildernis, hulle steeds nie die vertroue gehad het om in God te glo nie, selfs nadat God aan Moses die versekering gegee dat Hy die land aan hulle sou gee. Kaleb en Josua was dus reg.


Numeri {13:1} “Die Here het vir Moses gesê: {13:2} “Stuur manne om Kanaän, wat Ek aan die Israeliete sal gee, te verken. Uit elke voorvaderlike stam moet jy een stuur wat 'n leier onder hulle is.””


Daar is ‘n valse leer wat al ‘n geruime tyd in omgang is in die kerk en wyd aangehang word. Dit word genoem “noem dit en eis dit”. Die aanhangers daarvan, glo dat God aan hulle oorwinning gegee het in elke opsig van hulle lewens, veral op die gebied van finansiële voorspoed; al wat hulle hoef te doen is om geloof te hê deur te glo dat God aan hulle sal skenk wat dit ookal is, wat hulle wil hê. In essensie, as hulle eis sonder om te weifel, deur hulle uitdrukking van geloof, staan God hulle versoek toe. Indien ‘n persoon toevallig egter nie ontvang wat hy geëis het nie, lê die fout nie by God nie maar by die persoon se geloof. 


Natuurlik is dit ‘n valse onderrig en hierdie Parash bevestig dit. In dié Parasha het God alreeds aan die kinders van Israel oorwinning gegee oor die Kanaäniete. Al wat Israel moes doen, was om die land binne te val, daarvoor te veg en enige weerstand wat hulle ondervind het, sou oorwin word. In plaas daarvan het die Israel in opstand gekom teen God en geweier om Kanaän in te neem soos God dit wou gehad het en wanneer Hy dit wou gehad het.Toe hulle egter later hul sonde besef het en die fout wat hulle begaan het, het hulle besluit om teen  die Amelekiete en Kanaäniete op te ruk, maar dié keer het hulle opgetree sonder God se beskerming en is verslaan. Al het hulle nou geloof en vertroue gehad dat hulle die inwoners van die land sou verslaan, was hulle roem op die oorwinning nie voldoende nie omdat God nie meer met hulle was nie. 


Israel het alreeds die land Kanaän oorwin. Dit was ‘n oorwinning wat reeds in die hemel verorden is en daar is nou gewag dat hulle dit moet inneem. Teneinde daardie oorwinning vanuit die hemel te ontvang moes hulle hul wil met die wil van God laat ooreenstem. Om slegs die oorwinning te eis, sou nie gewerk het nie. Ongehoorsaamheid aan God se wil, het neerlaag en nie oorwinning meegebring nie. 


Sekerlik is ons as gelowiges oorwinnend in Jesus en wag die oorwinning vir ons in die hemel, om dit op te neem. Om te oorwin, hang egter nie af van hoeveel ons dit noem en eis nie, of oor hoeveel geloof ons beskik nie. Oorwinning hang af van iets veel meer as dit; Dit hang af of óns wil ooreenstem met Gód se wil, sodat wat Hy vir ons beskik, vrygestel kan word. Elkeen van ons beste pogings om te noem en eis - sal as ons dit nie met God se wil, laat ooreenstem nie, tot neerlaag lei!


Kom gou Jesus!


PDF weergawe

Sondag 19 Junie 2022

Bediening



BeHa’Alotecha
(In Julle Opset)

Numeri {8:6} "Neem die Leviete onder die kinders van Israel uit en reinig hulle. {8:7} En so moet jy met hulle doen om hulle te reinig: Sprinkel op hulle water van ontsondiging; en hulle moet ’n skeermes oor hulle hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulleself reinig.{8:8} Daarna moet hulle ’n jong bul neem en die spysoffer wat daarby behoort: fynmeel met olie gemeng; en ’n ander jong bul moet jy as sondoffer neem. {8:9} En jy moet die Leviete voor die tent van samekoms laat nader kom en die hele vergadering van die kinders van Israel versamel. {8:10} Dan moet jy die Leviete voor die aangesig van die HERE laat nader kom, en die kinders van Israel moet hulle hande op die Leviete lê. {8:11} En Aäron moet die Leviete as beweegoffer beweeg voor die aangesig van die HERE namens die kinders van Israel, sodat hulle daar kan wees om die dienswerk van die HERE te verrig. {8:12} En die Leviete moet hulle hande op die kop van die bulle lê; en berei jy een as sondoffer en een as brandoffer vir die HERE, om vir die Leviete versoening te doen.{8:13} Dan moet jy die Leviete stel voor Aäron en sy seuns en hulle as beweegoffer aan die HERE beweeg. {8:14} En jy moet die Leviete onder die kinders van Israel uit afsonder, dat die Leviete myne kan wees.{8:15} En daarna moet die Leviete inkom om die tent van samekoms te bedien. So moet jy hulle dan reinig en hulle as beweegoffer beweeg."

Toe ek hierdie week se Parasha deurgelees en oorweeg het, het ek gevind dat ek alles wat Moses as leier moes doen, in verband kon bring. Al die take wat hy in sy leierskap moes uitvoer, is verduidelik. Aan die begin van die Parasha, is hy opgedra met die taak om die Leviete aan die Here te wy. Die druk was hier op hom, daar was geen ruimte vir foute nie. Dit op sigself was ‘n aansienlike taak en ek is seker dat dit buitengewone bestuurs- en administratiewe vaardigheid van hom vereis het. 

As geestelike leier van ‘n gemeente, was daar ook van my verwag om allerlei administratiewe- en bestuurstake, bykomend tot my geestelike bediening, uit te voer. Dit het alles egter betrekking gehad omdat die geestelike sy daarvan nie geslaagd sou kon wees sonder dat die administratiewe- en bestuursgedeelte goed verloop het nie en andersom; Dit was alles totaal in verband met mekaar. Bediening is meer as net die geestelike, dog die geestelike is van uiterste belang; bediening behels egter ook bestuur sowel as administrasie.

Moses het ‘n besondere swaar las gehad wat hom opgelê is, beide geestelik en fisies, maar God het hom toegerus met al die vaardighede  wat hy nodig gehad het om sy taak uit te voer. Die geestelike aspek het onstaan uit ‘n getransformeerde lewe - Moses met God: ek bedoel dat hy God waarlik ontmoet het, nie slegs fisies deur ‘n brandende bos nie, maar het God op ‘n persoonlike en verhoudingswyse ontmoet, wat sy geestelike lewe vir ewig verander het. Ten einde ‘n goeie leier te wees, moes Moses meer as geesvervuld wees. Julle het waarskynlik al die volgende uitdrukking gehoor: “So hemels gerig dat jy nie aards goed is nie”, hy moes ook ‘n goeie bestuurder en ‘n goeie administrateur wees. Wanneer hierdie vaardighede met die Gees gekombineer word, beskik ‘n mens oor die aanleg van ‘n goeie leier.

Moses het grootgeword as ‘n prins in Egipte en was gevolglik opgelei om ‘n leier, krygsman en staatsman te wees. Om te oordeel aan die wyse waarop Moses homself  laat geld het om nagenoeg een miljoen mense in die wildernis te lei, kan ons aflei dat sy opleiding in Egipte uitsonderlik was. Daar was egter nog meer. Moses het veertig jaar in Midian deurgebring waar hy skape opgepas het. Baie mense mag nou die indruk kry dat Moses se jare van skape oppas, deurgebring is met rondsit terwyl hy een oog op die skape gehou het en die ander op die gras wat groei, maar Moses was veel meer as ‘n skaapherder. Saam met sy skoonvader was hy in die lewende hawebedryf. Om skape op te pas, is ‘n deel van herder te wees, maar dit is beslis nie al waaroor skaapherderskap gaan nie. Moses moes skape koop, verkoop en handeldryf met skape en die produkte daarvan, soos melk, kaas en wol in die plaaslike markte. O ja, hy was ‘n entrepeneur en as julle kennis het van die Midde - Oosterse kultuur, sou julle besef dat hy ook ‘n knap onderhandelaar met kundige onderhandelingsvermoë moes gewees het.  

Numeri {11:1} "EN die volk het hulle voor die ore van die HERE beklaag dat dit sleg gaan. En toe die HERE dit hoor, het sy toorn ontvlam, en die vuur van die HERE het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer. {11:2} Toe het die volk na Moses geroep, en Moses het tot die HERE gebid; en die vuur het doodgegaan. {11:3} Daarom het hulle die plek Tabéra genoem, omdat die vuur van die HERE onder hulle gebrand het. {11:4} EN die gemengde bevolking wat onder hulle was, is met lus bevang. Toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? {11:5} Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel. {11:6} Maar nou is ons siel dor; daar’s glad niks nie: net die manna is voor ons oë."

Dit was ‘n ander aspek van Moses se verantwoordelikhede; Hy moes volstaan, met die mense se konstante klagtes, negatiwiteit en valse beskuldigings. Dit is hier waar die fisiese en geestelike by die genade van God aansluiting vind. 

In Israel is daar ‘n Judaïstiese sekte genaamd Haredim. Daar is veel twispunte daaroor, omdat hulle sekulêre werk vermy en grootliks deur die regering ondersteun word, wat spanning op die begroting en ekonomie ten gevolg het. Hulle weier om militêre diens te verrig, praat hoofaaklik Yiddish (‘n Duitse dialek), nie Hebreeus nie en beskik ook nie oor gereelde skoolleerplanne, waar vakke soos rekenkunde, geskiedenis, aardrykskunde ens. onderrig word nie. Hulle hele lewens draai om godsdienstige studies, en as gevolg hiervan kan hulle nie funksioneer buite hulle eie gemeenskap nie: “hulle is so hemels ingestel dat hulle vir die wêreld van geen waarde is nie.” Ons Parasha vandeesweek leer ons dat daar ‘n ewewig tussen ons fisiese- en geestelike lewens móét wees indien ons die Here behoorlik wil dien.

Kom gou Jesus!

PDF weergawe