Korach
(Korag)
Numeri {16:1} "EN Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem, {16:8} Verder het Moses vir Korag gesê: Luister tog, kinders van Levi! {16:9} Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van die HERE se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie, {16:10} en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou — dat julle nou ook die priesteramp begeer? {16:11} Daarom, jy en jou hele bende is mense wat teen die HERE vergader; want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer? {16:12} En Moses het gestuur om Datan en Abíram, die seuns van Elíab, te laat roep; maar hulle het gesê: Ons sal nie opkom nie.{16:13} Is dit nie genoeg dat jy ons uit ’n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie?"
Teen die tyd dat bogenoemde voorval plaasgevind het, het Moses die kinders van Israel jare reeds deur die wildernis gelei. Wat skielik gebeur het, skynbaar uit die niet uit, het hierdie manne besluit om in opstand te kom, maar waarom het hulle gekies om op hierdie besondere tyd te rebelleer? Ons moet besef dat dit nie ‘n opstand van rang en gewone mense was nie: hierdie persone was prinse van die gemeente, of soos die Skrifgedeelte dit stel, “manne van aansien”. Dit beteken dat hulle welgerespekteerde leiers onder die volk was. Waarom sou hulle dan hierdie besondere tydstip gekies het om dié beslissende stryd teen Moses en Aäron te voer?
Ek glo dat daar baie faktore was wat hulle opstand op hierdie besondere tyd aangevuur het, ‘n ophoping van voorvalle wat tot dié stryd gelei het. Eerstens moet ons onthou dat Korag van die stam van Levi was, dieselfde as waaraan Moses en Aäron behoort het. Op grond van sy kommentaar, kan ons aflei dat hy Moses en Aäron geensins beter as homself beskou het nie, met die gevolg dat hy skynbaar gegriefd gevoel het dat hulle bevele uitgereik het en nie hy nie. Tweedens, toe Moses sy broer Aäron aangewys het om die Hoëpriester te wees, was dit ‘n keuse wat blykbaar by Korag ‘n vermoede van nepotisme laat ontstaan het. Om alles te kroon, het Moses verder verklaar dat die amp van Hoëpriester slegs deur Aäron se nageslag voortgesit sou word: daarom sou al Aäron se kinders nou hierdie bevooregte posisie vir ewig onder die Levitiese priesterdom beklee. As Hoëpriesters sou hulle soos koninklikes behandel word, terwyl, soos ons uit Parasha Naso weet, die ander Levitiese families al die hande-arbeid moes verrig. Hulle sou verantwoordelik wees om die Tabernakel op te pak, om al die komponente daarvan deur die woestyn te dra en die Tabernakel weer op te slaan elke keer wanneer hulle moes oorstaan. Hulle sou ook al die offerandes uitvoer en ander pligte wat van hulle verwag was om die Tabernakel te onderhou, terwyl Moses, Aäron en sy seuns die bevele sou uitreik. Derdens was dit ‘n geil geleentheid vir ‘n opstand om te ontstaan. Die verspiedersinsident, waar hulle behoorlik deur die Amalekiete verslaan is, was nog vars in almal se geheue en ek is seker dat hulle Moses blameer het vir hul neerlaag en nie hulleself nie. (menslike natuur). Vierdens was almal siek en sat om in die wildernis rond te trek. So watter meer geleë tyd was dit nie om voordeel uit die situasie te trek en ‘n rebellie aan te hits nie?
Waarom sou die leierskap van die stam van Ruben betrokke geraak het? Hulle het niks met die priesterskap te doen gehad nie - hulle was bloot ‘n gewone stam. Kon dit gewees het dat hulle om daardie rede by die opstand aangesluit het, omdat hulle net as ‘n gewone stam beskou is! Onthou dat die stam van Ruben by uitstek die uitstaande stam van Israel was. Hulle het hulle posisie van hoof onder die stamme verloor omdat Ruben, Jakob se eersgeborene, sy vader se bed onteer het. Dus sou Ruben hierdie rebellie beskou het as ‘n geskikte tyd, ‘n perfekte geleentheid om hulself as hoofstam onder die stamme van Israel te herstel.
Uiteindelik, wat egter die opstand op hierdie besondere tyd aan die gang gesit het, was die sondes van hoogmoed en jaloesie.Twee sinlike sondes wat ons lewens tot vandag toe teister. Ons behoort altyd ons motiewe te bevraagteken. B”H.
Spreuke {8:13} "Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ’n slegte wandel en ’n huigelagtige mond haat ek."
Kom gou Jesus!