Vrydag 26 Junie 2020

Motiewe


Korach
(Korag)
 
Numeri {16:1} "EN Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem, {16:8} Verder het Moses vir Korag gesê: Luister tog, kinders van Levi! {16:9} Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van die HERE se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie, {16:10} en Hy jou laat nader kom het en al jou broers, die kinders van Levi, saam met jou — dat julle nou ook die priesteramp begeer? {16:11} Daarom, jy en jou hele bende is mense wat teen die HERE vergader; want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer? {16:12} En Moses het gestuur om Datan en Abíram, die seuns van Elíab, te laat roep; maar hulle het gesê: Ons sal nie opkom nie.{16:13} Is dit nie genoeg dat jy ons uit ’n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie?"

Teen die tyd dat bogenoemde voorval plaasgevind het, het Moses die kinders van Israel jare reeds deur die wildernis gelei. Wat skielik gebeur het, skynbaar uit die niet uit, het hierdie manne besluit om in opstand te kom, maar waarom het hulle gekies om op hierdie besondere tyd te rebelleer? Ons moet besef dat dit nie ‘n opstand van rang en gewone mense was nie: hierdie persone was prinse van die gemeente, of soos die Skrifgedeelte dit stel, “manne van aansien”. Dit beteken dat hulle welgerespekteerde leiers onder die volk was. Waarom sou hulle dan hierdie besondere tydstip gekies het om dié beslissende stryd teen Moses en Aäron te voer?

Ek glo dat daar baie faktore was wat hulle opstand op hierdie besondere tyd aangevuur het, ‘n ophoping van voorvalle wat tot dié stryd gelei het. Eerstens moet ons onthou dat Korag van die stam van Levi was, dieselfde as waaraan Moses en Aäron behoort het. Op grond van sy kommentaar, kan ons aflei dat hy Moses en Aäron geensins beter as homself beskou het nie, met die gevolg dat hy skynbaar gegriefd gevoel het dat hulle bevele uitgereik het en nie hy nie. Tweedens, toe Moses sy broer Aäron aangewys het om die Hoëpriester te wees, was dit ‘n keuse wat blykbaar by Korag ‘n vermoede van nepotisme laat ontstaan het. Om alles te kroon, het Moses verder verklaar dat die amp van Hoëpriester slegs deur Aäron se nageslag voortgesit sou word: daarom sou al Aäron se kinders nou hierdie bevooregte posisie vir ewig onder die Levitiese priesterdom beklee. As Hoëpriesters sou hulle soos koninklikes behandel word, terwyl, soos ons uit Parasha Naso weet, die ander Levitiese families al die hande-arbeid moes verrig. Hulle sou verantwoordelik wees om die Tabernakel op te pak, om al die komponente daarvan deur die woestyn te dra en die Tabernakel weer op te slaan elke keer wanneer hulle moes oorstaan. Hulle sou ook al die offerandes uitvoer en ander pligte wat van hulle verwag was om die Tabernakel te onderhou, terwyl Moses, Aäron en sy seuns die bevele sou uitreik. Derdens was dit ‘n geil geleentheid vir ‘n opstand om te ontstaan. Die verspiedersinsident, waar hulle behoorlik deur die Amalekiete verslaan is, was nog vars in almal se geheue en ek is seker dat hulle Moses blameer het vir hul neerlaag en nie hulleself nie. (menslike natuur). Vierdens was almal siek en sat om in die wildernis rond te trek. So watter meer geleë tyd was dit nie om voordeel uit die situasie te trek en ‘n rebellie aan te hits nie?

Waarom sou die leierskap van die stam van Ruben betrokke geraak het? Hulle het niks met die priesterskap te doen gehad nie - hulle was bloot ‘n gewone stam. Kon dit gewees het dat hulle om daardie rede by die opstand aangesluit het, omdat hulle net as ‘n gewone stam beskou is! Onthou dat die stam van Ruben by uitstek die uitstaande stam van Israel was. Hulle het hulle posisie van hoof onder die stamme verloor omdat Ruben, Jakob se eersgeborene, sy vader se bed onteer het. Dus sou Ruben hierdie rebellie beskou het as ‘n geskikte tyd, ‘n perfekte geleentheid om hulself as hoofstam onder die stamme van Israel te herstel.

Uiteindelik, wat egter die opstand op hierdie besondere tyd aan die gang gesit het, was die sondes van hoogmoed en jaloesie.Twee sinlike sondes wat ons lewens tot vandag toe teister. Ons behoort altyd ons motiewe te bevraagteken. B”H.

Spreuke {8:13} "Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ’n slegte wandel en ’n huigelagtige mond haat ek."

Kom gou Jesus!

Saterdag 20 Junie 2020

Vertroue

Shelach
(Ondersoek Jouself)

Numeri {13:1} "EN die HERE het met Moses gespreek en gesê: {13:2} Stuur vir jou manne uit, dat hulle die land Kanaän wat Ek aan die kinders van Israel sal gee, kan verken. Van elke vaderlike stam moet julle een man stuur, elkeen ’n owerste onder hulle. {13:3} En Moses het hulle uitgestuur uit die woestyn Paran, volgens die bevel van die HERE — hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel. {13:4} En dit is hulle name: Van die stam van Ruben: Sámmua, die seun van Sakkur. {13:5} Van die stam van Símeon: Safat, die seun van Hori. {13:6} Van die stam van Juda: Kaleb, die seun van Jefúnne. {13:7} Van die stam van Íssaskar: Jígeal, die seun van Josef. {13:8} Van die stam van Efraim: Hoséa, die seun van Nun. {13:9} Van die stam van Benjamin: Palti, die seun van Rafu. {13:10} Van die stam van Sébulon: Gáddiël, die seun van Sodi. {13:11} Van die stam van Josef, vir die stam van Manasse: Gaddi, die seun van Susi. {13:12} Van die stam van Dan: Ámmiël, die seun van Gemálli. {13:17} En Moses het hulle gestuur om die land Kanaän te verken en vir hulle gesê: Trek hier in die Suidland op en beklim die gebergte. {13:18} En bekyk die land, hoe dit is, en die volk wat daarin woon, of dit sterk of swak, of dit min of baie is; {13:19} en hoe die land is waar hulle in woon, of dit goed of sleg is; en hoe die stede is waar hulle in woon, laers of vestings; {13:20} ook hoe die land is, of dit vet of skraal is, of daar bome in is of nie; en wees dapper en bring van die vrugte van die land saam. Dit was toe die tyd van die eerste druiwe."

Nadat ek hierdie Skrifgedeelte gelees het, was dit duidelik dat die Here hierdie “verspieding van die land”- aspek as ‘n toets vir Israel opgestel het. Lees weer wat Moses van hulle gevra het: “....hoe die land is waar hulle woon, of dit goed of sleg is….”. Die Here het Moses versoek om ‘n leier uit elke stam te stuur en te kyk of die land wat Hy aan hulle gee goed of sleg was! As dít nie ‘n toets was nie, weet ek nie wat dit was nie. Waarom sien ek dit wel as ‘n toets, op grond van wat die Here vir Moses gesê het en voorheen ook vir die kinders van Israel van wanneer Hy sou kom om hulle te verlos uit die land van Egipte.

Eksodus {3:8} "Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na ’n goeie en wye land, na ’n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete."

So het die Here voorheen vir Moses en die kinders van Israel gesê, dat die land wat Hy aan hulle sou gee, ‘n land wat van melk en heuning oorloop, wat vir my beteken het, ‘n goeie land. Waarom sou Hy dan vir hulle sê om te gaan en die land te verken en sien “of die land goed of sleg was”, as dit nie ‘n toets was nie, wat dan? 

Ek weet nie van julle nie, maar hierdie Skrifgedeeltes is vir my werklik ‘n aanmoediging. Die Here het al soveel “beloofde land” -tipe beloftes aan my gedoen, tog vind ek myself om keer op keer te gaan en die land te verspied, voordat ek iets ontvang het. Sommige van julle mag miskien sê: “waarvan praat hy?” Laat my toe om aan julle ‘n voorbeeld te verstrek van wat ek bedoel. Toe ek pas ‘n gelowige (weergebore) geword het, is ek genooi om by die gemeente se evangeliespan aan te sluit. Ek was vreemd en het nog nie in die openbaar met vreemdelinge oor Jesus gepraat nie - dit was nogal iets om oor angstig te raak, maar ek het egter ingestem op voorwaarde dat ek slegs as ‘n waarnemer dit kon bywoon en as’t ware “die land verspied”. Ons het na die parkeerruimte van ‘n groot departementele besigheid in ons gemeenskap gegaan, waar ek die verskillende mense uit ‘n uiteenlopende alledaagse lewe gesien het: Jode, Moslems, Hispaniole, Amerikane uit Afrika, toe vrees my beetgepak het. Ek het gevoel dat dit iets was wat ek net nie kan doen nie: om na iemand - ‘n totale vreemdeling - te stap en oor die Joodse Messias met hulle te praat. Alle soort negatiewe scenarios het deur my verstand gegaan; soos Moslems, wat moontlik te vinde sou wees vir ‘n Christelik-georienteerde evangelie, maar nimmer te nooit ‘n Joodse Messias sou aanvaar nie. Maar soos dit gebeur, het die Here voorheen met my gepraat om die samelewing te betree om my geloof te deel - dus het ek besef dat ek terwille van Hom dáár was, maar nogtans was ek steeds beangs. Ek kon dus teruggegaan het met ‘n ongunstig verslag en geweier het om verder met die evangeliesasie- groep saam te werk. Of ek kon kies om te glo en die Here te vertrou om die “meganika” uit te werk om hierdie samelewing vir die Messias te bereik, ongeag wat ek gesien en ervaar het en ongeag die feit dat ons Messiaanse Jode met ‘n Messiaanse tipe Evangelie is.

Die feit is dat dat elkeen van ons gereeld voor soortgelyke toetse te staan kom soos die een wat die Here die kinders van Israel opgelê het. As gelowiges in Jesus die Messias, lees ons God se beloftes in die Bybel en glo ons God se beloftes, maar wanneer ons op die proef gestel word , sien ons in plaas van die oorwinning wat die Here ons belowe het, die reuse in die land?

Die lewe sou soveel eenvoudiger gewees het vir hierdie geslag van Israel indien hulle slegs God vertrou het, toe Hy gesê het dat die land wat Hy hulle gee, ‘n goeie land was. Toe Moses hulle gestuur het om “die land te verspied,” kon hulle slegs gesê het: “Dit is nie nodig vir ons om te doen, wat jy, Moses versoek het nie. Die Here het alreeds vir ons gesê dat die land ‘n goeie land is en gesê dat Hy dit aan ons sal gee as besitting. Wat God gesê het, is vir ons voldoende: ons is gereed om te gaan en die land nou in besit te neem.”

Die lewe kan en sal ook vir ons soveel eenvoudiger wees, indien ons net dieselfde sê en doen, wanneer ons deur die Here op die proef gestel word. 

Kom gou Jesus!
                                                


Saterdag 13 Junie 2020

Bediening

BeHa’Alotecha
(In Julle Opset)

Numeri {8:6} "Neem die Leviete onder die kinders van Israel uit en reinig hulle. {8:7} En so moet jy met hulle doen om hulle te reinig: Sprinkel op hulle water van ontsondiging; en hulle moet ’n skeermes oor hulle hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulleself reinig.{8:8} Daarna moet hulle ’n jong bul neem en die spysoffer wat daarby behoort: fynmeel met olie gemeng; en ’n ander jong bul moet jy as sondoffer neem. {8:9} En jy moet die Leviete voor die tent van samekoms laat nader kom en die hele vergadering van die kinders van Israel versamel. {8:10} Dan moet jy die Leviete voor die aangesig van die HERE laat nader kom, en die kinders van Israel moet hulle hande op die Leviete lê. {8:11} En Aäron moet die Leviete as beweegoffer beweeg voor die aangesig van die HERE namens die kinders van Israel, sodat hulle daar kan wees om die dienswerk van die HERE te verrig. {8:12} En die Leviete moet hulle hande op die kop van die bulle lê; en berei jy een as sondoffer en een as brandoffer vir die HERE, om vir die Leviete versoening te doen.{8:13} Dan moet jy die Leviete stel voor Aäron en sy seuns en hulle as beweegoffer aan die HERE beweeg. {8:14} En jy moet die Leviete onder die kinders van Israel uit afsonder, dat die Leviete myne kan wees.{8:15} En daarna moet die Leviete inkom om die tent van samekoms te bedien. So moet jy hulle dan reinig en hulle as beweegoffer beweeg."

Toe ek hierdie week se Parasha deurgelees en oorweeg het, het ek gevind dat ek alles wat Moses as leier moes doen, in verband kon bring. Al die take wat hy in sy leierskap moes uitvoer, is verduidelik. Aan die begin van die Parasha, is hy opgedra met die taak om die Leviete aan die Here te wy. Die druk was hier op hom, daar was geen ruimte vir foute nie. Dit op sigself was ‘n aansienlike taak en ek is seker dat dit buitengewone bestuurs- en administratiewe vaardigheid van hom vereis het. 

As geestelike leier van ‘n gemeente, was daar ook van my verwag om allerlei administratiewe- en bestuurstake, bykomend tot my geestelike bediening, uit te voer. Dit het alles egter betrekking gehad omdat die geestelike sy daarvan nie geslaagd sou kon wees sonder dat die administratiewe- en bestuursgedeelte goed verloop het nie en andersom; Dit was alles totaal in verband met mekaar. Bediening is meer as net die geestelike, dog die geestelike is van uiterste belang; bediening behels egter ook bestuur sowel as administrasie.

Moses het ‘n besondere swaar las gehad wat hom opgelê is, beide geestelik en fisies, maar God het hom toegerus met al die vaardighede  wat hy nodig gehad het om sy taak uit te voer. Die geestelike aspek het onstaan uit ‘n getransformeerde lewe - Moses met God: ek bedoel dat hy God waarlik ontmoet het, nie slegs fisies deur ‘n brandende bos nie, maar het God op ‘n persoonlike en verhoudingswyse ontmoet, wat sy geestelike lewe vir ewig verander het. Ten einde ‘n goeie leier te wees, moes Moses meer as geesvervuld wees. Julle het waarskynlik al die volgende uitdrukking gehoor: “So hemels gerig dat jy nie aards goed is nie”, hy moes ook ‘n goeie bestuurder en ‘n goeie administrateur wees. Wanneer hierdie vaardighede met die Gees gekombineer word, beskik ‘n mens oor die aanleg van ‘n goeie leier.

Moses het grootgeword as ‘n prins in Egipte en was gevolglik opgelei om ‘n leier, krygsman en staatsman te wees. Om te oordeel aan die wyse waarop Moses homself  laat geld het om nagenoeg een miljoen mense in die wildernis te lei, kan ons aflei dat sy opleiding in Egipte uitsonderlik was. Daar was egter nog meer. Moses het veertig jaar in Midian deurgebring waar hy skape opgepas het. Baie mense mag nou die indruk kry dat Moses se jare van skape oppas, deurgebring is met rondsit terwyl hy een oog op die skape gehou het en die ander op die gras wat groei, maar Moses was veel meer as ‘n skaapherder. Saam met sy skoonvader was hy in die lewende hawebedryf. Om skape op te pas, is ‘n deel van herder te wees, maar dit is beslis nie al waaroor skaapherderskap gaan nie. Moses moes skape koop, verkoop en handeldryf met skape en die produkte daarvan, soos melk, kaas en wol in die plaaslike markte. O ja, hy was ‘n entrepeneur en as julle kennis het van die Midde - Oosterse kultuur, sou julle besef dat hy ook ‘n knap onderhandelaar met kundige onderhandelingsvermoë moes gewees het.  

Numeri {11:1} "EN die volk het hulle voor die ore van die HERE beklaag dat dit sleg gaan. En toe die HERE dit hoor, het sy toorn ontvlam, en die vuur van die HERE het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer. {11:2} Toe het die volk na Moses geroep, en Moses het tot die HERE gebid; en die vuur het doodgegaan. {11:3} Daarom het hulle die plek Tabéra genoem, omdat die vuur van die HERE onder hulle gebrand het. {11:4} EN die gemengde bevolking wat onder hulle was, is met lus bevang. Toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? {11:5} Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel. {11:6} Maar nou is ons siel dor; daar’s glad niks nie: net die manna is voor ons oë."

Dit was ‘n ander aspek van Moses se verantwoordelikhede; Hy moes volstaan, met die mense se konstante klagtes, negatiwiteit en valse beskuldigings. Dit is hier waar die fisiese en geestelike by die genade van God aansluiting vind. 

In Israel is daar ‘n Judaïstiese sekte genaamd Haredim. Daar is veel twispunte daaroor, omdat hulle sekulêre werk vermy en grootliks deur die regering ondersteun word, wat spanning op die begroting en ekonomie ten gevolg het. Hulle weier om militêre diens te verrig, praat hoofaaklik Yiddish (‘n Duitse dialek), nie Hebreeus nie en beskik ook nie oor gereelde skoolleerplanne, waar vakke soos rekenkunde, geskiedenis, aardrykskunde ens. onderrig word nie. Hulle hele lewens draai om godsdienstige studies, en as gevolg hiervan kan hulle nie funksioneer buite hulle eie gemeenskap nie: “hulle is so hemels ingestel dat hulle vir die wêreld van geen waarde is nie.” Ons Parasha vandeesweek leer ons dat daar ‘n ewewig tussen ons fisiese- en geestelike lewens móét wees indien ons die Here behoorlik wil dien.

Kom gou Jesus!

PDF weergawe



Saterdag 06 Junie 2020

Restitusie

Numeri {5:5} “VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê: {5:6} Spreek met die kinders van Israel: As ’n man of vrou enige menslike sonde doen, sodat ontrou teen die HERE gehandel word, en dié siel skuldig word, {5:7} dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, bely; daarna moet hy wat hy skuldig is, ten volle teruggee en die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan dié een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het. {5:8} Maar as die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan die HERE, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen. {5:9} En elke heffing van al die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle na die priester bring, moet syne wees. {5:10} En elkeen se heilige gawes — dit moet syne wees: wat iemand aan die priester gee, moet syne wees.”

Wanneer ‘n persoon sondig, hoef hy nie net vergifnis te vra, van beide die Here en die persoon teenoor wie hy gesondig het nie, maar dit mag ook nodig wees dat hy restitusie (vergoeding) doen, by voorbeeld: ‘n dief, wanneer hy gevang is, moet restitusie doen aan die persoon van wie hy gesteel het. Hy moes dit wat hy gesteel het, teruggee plus ‘n bykomende twintig persent. Wat gebeur egter as die dief jare ná die tyd gevang word en die slagoffer reeds oorlede is, sonder lewende verwante? Wat is dán die dief se verantwoordelikheid? Hierdie Skrifgedeelte uit Parasha Naso beantwoord vir ons daardie vraag. Dit bepaal dat restitusie gedoen moet word aan ‘n familielid en indien daar nie een is nie, moet dit aan die Hoëpriester gegee word vir persoonlike gebruik.

Soos ons weet, is daar nie langer ‘n Tempel in Jerusalem nie, met die gevolg dat daar ook nie ‘n Aäron-priesteramp bestaan aan wie restitusie gedoen kan word nie, in geval daar ook geen lewende verwant is nie. Ons moet ons dus afvra of hierdie gebod (mitzvah) vandag nog op ons van enige toepassing sou wees. Die antwoord daarop is “ja” en ek sal kortliks verduidelik om welke rede.

Selfs indien Jesus die Messias ons, ons sondes vergewe wanneer ons dit bely, is ons steeds verplig om restitusie te doen indien ons oneerlik was, gesteel, iets geleen het sonder om dit terug te gee, of iemand onkoste of verlies veroorsaak het as gevolg van ons sonde. As die persoon nog lewe, moet ons dit regstreeks aan hom vergoed en as hy nie langer leef nie, moet ons die slagoffer se naasbestaande(s) opspoor. Wat doen ons egter as die persoon reeds oorlede is, daar geen lewende naasbestaandes is nie of indien die maatskappy waarvan gesteel is, nie langer bestaan nie? Hoe doen ‘n mens restitusie, aangesien ook daar nie langer ‘n Tempel is nie en gevolglik ook nie langer ‘n Hoëpriester is wat die restitusie kan ontvang nie?

Ongelukkig het ek ‘n situasie ondervind waar ‘n gemeenteleier - op grond van hierdie Skrifgedeelte - voordeel vir homself probeer trek het, deur dit op homself toe te pas en die restitusie van ‘n gemeentelid ontvang het, met ander woorde homself in die plek van die Hoëpriester geplaas het. Die gemeentelid was ‘n welbedoelende en eerlike persoon wat homself wou vryspreek deur restitusie te doen vir ‘n sonde in sy verlede, maar daar is voordeel daaruit getrek. Ek twyfel hoegenaamd nie daaraan dat, as ons gesondig en iemand skade aangedoen het, ons restitusie móét doen. Net omdat daar nie meer ‘n Tempel of Hoëpriester is nie, word ons nie vrygespreek van die verantwoordelikheid om vir ons sonde te vergoed nie: die Here vereis steeds van ons om restitusie te doen. Hoe gaan ons dan te werk? Moet ons dit dan aan die gemeenteleier vir sy persoonlike gebruik skenk? Hoegenaamd nie! Restitusie moet altyd gedoen word, wanneer vereis, maar moet toepaslik gedoen en aan die vereistes van die Tora voldoen, sodat die sonde vrygespreek kan word. Dus moet in ‘n geval waar die persoon reeds oorlede is of daar geen bloedverwant meer leef nie of die maatskappy nie langer bestaan nie, glo ek, dat die restitusiegeld, geskenk behoort te word aan welke gemeente, waaraan jy behoort, vir die gebruik. Om restitusie te doen, is nie Tempel-afhanklik nie en behoort tot selfs vandag toe om gewetensonthalwe streng uitgevoer te word.

Kom gou Jesus!


PDF weergawe