B’Reshet
(In die Begin)
Genesis / BeReshit {6:5} "Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was, {6:6} het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart. {6:7} En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het."
Ek beskou myself as redelik normaal, dus is ek seker dat jy dit in verband kan bring, wanneer ek sê dat ek my moontlik soms skaam oor sommige gedagtes wat by my opkom. Ek kon miskien met iemand gesels het of na iemand geluister het en sonder waarskuwing flits ‘n vreeslike gedagte deur my kop. Natuurlik neem ek dit dadelik gevange in Jesus die Messias, maar kan jy jou verbeel as dit vir ons moontlik was om mekaar se gedagtes te lees? Ek sidder aan die gedagte, want as jy nie ‘n gelowige in Jesus die Messias is nie en jy magteloos of onwillig is om jou gedagtes gevange te neem, dat mense die ware jy sal hoor en nie wie jy voorgee om te wees wat jy dink jy is nie. ‘n Ontsellende gedagte, maar wat as dit moontlik was? Wat sou mense dan gedink het?
Ons gedagtes is die werklike óns en God luister nie altyd na ons woorde nie, maar Hy lees altyd ons hart. As die verbeelding van die gedagtes van ons hart woede, wraak, haat jaloesie of enige ander soort boosheid is, dan is dít waarvoor God ons sien Hy hoor ons gedagtes, Hy lees ons hart, Hy weet wat in ons verstand aangaan en Hy onderskei wie ons werklik is.
1 Kronieke / Divre Ha Yamim Alef {28:9} ”En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ’n volkome hart en met ’n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.”
Ons kan nie God flous nie; Hy kyk na ons hart. Ons behoort verder as ons politieke korrektheid en bedrieglike vriendelikheid te gaan om die houding van die hart te bepaal, want dít is wat God sien en waarvolgens Hy ons oordeel.
Wanneer iemand jou aanstoot gee of misbruik, watter gedagtes kom by jou op? Dink jy daaraan om die persoon terug te kry? Wel, daardie gedagte is die ware jy - wraaksugtig. Wanneer iemand jou beledig, maar jy dit oënskynlik gelate aanvaar, maar binne-in jou brand dit en wil jy ook die persoon seermaak, dit is die ware jy - wraaksugtig.
Die wyse om eerlik met God te wees, is om elke gedagte van jou te ondersoek en te bepaal of dit waarlik jy is, want dit is hoedat God jou sien! Mense rondom jou mag beïndruk word deur jou hoflikheid en welsprekendheid - selfs jou lewensmaat mag dink dat jy besonders is, maar God kyk nie na wat hulle sien of hoor nie: God kyk na jou hart.
Jeremia / Yirmeyahu {17:9 - 10} “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? {17:10} Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge."
Wat God hier sê, is dat die ware jy is wat jy in jou hart is en behalwe vir Sy Goddelike ingryping in jou lewe, jou hart die bedrieglikste ding in die hele wêreld is. Trouens, niks anders of iemand anders kan jou so bedrieg en vir jou lieg, as jou eie hart nie. Jou hart is nie net die bedrieglikste van alle dinge nie, maar is hopeloos boos. Dit beteken dat indien dit aan sigself oorgelaat word - wat van God geskei is - is dit onmoontlik om te sê waartoe julle in staat sou wees. Sonder God in ons lewe, is niemand inherent goed nie. Indien jy jouself dus sou verbeel dat jy ‘n goeie en morele persoon is, dan tree jy eerder op onder selfbeheersing en vrees vir die gevolge, soos wat jou ouers jou geleer het of jy gehoorsaam die wette deur die regering neergelê, waarvan beide twyfelagtig en nie volhoubaar is nie. Die enigste volhoubare wyse om ‘n goeie en morele persoon te wees, is om ‘n gelowige in Jesus die Messias te wees.
Jesaja / Yeshayahu {64:6} “En ons het almal geword soos ’n onreine, en al ons geregtighede soos ’n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.”
Ek dink nie God kon dit duideliker gestel het nie. Sy taksering / waardepebaling van ons toestand - behalwe vir die transformerende krag van die Heilige Gees, wat aan ons ‘n nuwe hart gee en Tora daarop skrywe, is dat ons verlore is! Jy mag jouself as ‘n goeie persoon beskou, ‘n filantroop / humanistiese of godsdienstige persoon, om selfs ‘n heilige werd te wees, maar by God is al jou goedheid niks werd nie. Dit is omdat - sonder die Heilige Gees - julle motivering nie van God afkomstig is nie en jou volmag kan nie van God wees nie. Die rede is dat jy nie van God is nie; daarom is jy bedrieg en dit is wat die hart doen. Dit is bo alle dinge bedrieglik en hopeloos boos.
Esegiël / Yechezkel {36:26} "En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee. {36:27} En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen."
Indien jy ‘n gelowige in Jesus die Messias is, het God aan jou ‘n nuwe hart geskenk, ‘n hart wat Hom volg. Hy het woning gemaak in daardie deel van jou waar Hy sê jou besluite geneem word: gevolglik is Hy in die proses om jou hart te reprogrammeer van bedrieglik en boos na goddelik en regverdig. Die wêreld wil hê dat jou hart homself daarna moet skik, maar Jesus die Messias wil dat jy getransformeer word en om hierdie rede is daar ‘n konstante stryd tussen dié twee, binne in jou.
Romeine / Romim {12:2} “En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”
Die woord vernuwe beteken letterlik om die oue met die nuwe te vervang. Dit beteken dat die keuses wat jy normaalweg sou geneem het, wat in die verlede geneem is om die self te bevredig, vervang sal word met keuses wat God behaag. Teneinde dit te laat gebeur, moet die Heilige Gees die Woord van God direk op jou hart toepas - die plek waar God sê daardie keuses gemaak word. Die heilige Gees skryf die Tora op jou hart sodat jy die regte keuses kan doen; Hy herskep letterlik jou hart.
Tensy die motiverings van ons hart verander, sal ons nie verander nie. Jesus die Messias het boete gedoen vir ons sondes sodat ons in oorwinning kan lewe, maar ons lewenskeuses bepaal of ons in daardie oorwinning gaan wandel.
Indien jy dit nog nie reeds gedoen het nie, oorweeg asseblief om Jesus die Messias in jou lewe binne te nooi sodat die Here vir jou ‘n nuwe hart kan skenk.
Kom gou Jesus!

