Naso
(Ophef)
Numeri / BaMidbar {7:11} “En die HERE het aan Moses gesê: Elke owerste moet, elkeen op ‘n afsonderlike dag, sy offer bring vir die inwyding van die altaar. {7:12} En hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was Nagson, die seun van Ammínadab, van die stam van Juda. {7:13} En sy offer was: een silwerskottel, honderd en dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer; {7:14} een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk; {7:15} een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer; {7:16} een bokram as sondoffer; {7:17} en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Nagson, die seun van Ammínadab.”
Wanneer ‘n mens by hierdie Skrifgedeelte en die daaropvolgende verse van hoofstuk 7 kom, word die name van elke stamleier verstrek asook wat hulle vir die inwyding van die tabernakel (Mishkan) gebring het. Alles is goed en wel, maar elke gawe moes identies soos die vorige een s’n wees. Elkeen het dus presies dieselfde gebring! Twaalf maal herhaal die Tora presies dieselfde inligting behalwe dat die naam van die leier, wat die offerande bring, verskil. Ek het al dikwels gewonder waarom die Tora dit twaalf keer in hierdie Parasha herhaal. Kon God nie slegs die name van die twaalf leiers gemeld en dan voorgeskryf het dat elkeen van hulle een silwerskottel – met ‘n gewig van een-en-‘n half kilogram, een silwerkom van agthonderd gram, vol meel met olie gemeng, as graanoffer, een goue pannetjie van honderd-en-vyftien gram, met wierook gevul, ens. moes bring nie? Dit sou veel meer sinvol gewees het en natuurlik veel minder ruimte in die Bybel opgeneem het. Wanneer jy Bybel lees, slaan jy ook eenvoudig al die gawes wat elke leier gebring het, oor en lees hoofstuk 8?
Ons kan nie volkome seker wees waarom God dit alles so neergeskryf het nie, maar ek kan sekerlik ‘n rede voorstel:
Haggai / Hagggai {1:5} “So sê die HERE van die leërskare dan nou: Gee ag op wat julle wedervaar het: {1:6} julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in ‘n stukkende beurs te steek. {1:7} So sê die HERE van die leërskare: Gee ag op wat julle wedervaar het!”
Om aan God te offer, is ‘n uiterse belangrike deel van aanbidding. Hierdie offergawes is iets baie persoonlik. Ek glo dus dat God deur die twaalf herhalings van die twaalf individuele offergawes, bedoel het dat wat óns as individue bied nie ongesiens by Hom geskied nie. Êrens op ‘n sekere wyse hou God boek van alles wat ons aan Hom geoffer het. Daar bestaan moontlik ‘n “grootboek” bo in die hemel en bo-aan ‘n bladsy verskyn ons name. Sou dit nie ‘n onbeskryflike verleentheid gewees, wanneer jy in die hemel kom en vóór God staan en hy die “grootboek” uithaal, na jóú bladsy blaai en julle albei na ‘n blanko-bladsy of slegs hier en daar enkele inskrywings bevat staar nie?
Om vir die Here te gee is beslis nie ‘n opsie nie – dit is ‘n eer, ‘n behae en ‘n seën.
Lukas / Uri {6:38} “Gee, en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.”
Kom gou Jesus!
Voorheen uitgegee: 2011-06-04