D’Var
Torah
Wanneer
julle gekom het / Ki Tavo
Deuteronomium / Devarim {29:2} “En Moses het die hele Israel geroep en
vir hulle gesê: Julle het self gesien alles wat die HERE in Egipteland voor
julle oë aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele land gedoen het,
{29:3} die groot versoekinge wat jou oë
gesien het, dié groot tekens en wonders. {29:4}
Maar die HERE het julle nie ‘n hart gegee om te verstaan en oë om te
sien en ore om te hoor tot vandag toe nie. {29:5} En Ek het julle veertig jaar lank in die
woestyn laat trek; julle klere het aan julle nie verslyt nie, ewemin jou skoen
aan jou voet. {29:6} Brood het julle nie
geëet en wyn en sterk drank nie gedrink nie, dat julle kan weet dat Ek die HERE
julle God is. {29:7} En toe julle by
hierdie plek kom, het Sihon, die koning van Hesbon, en Og, die koning van
Basan, uitgetrek ons tegemoet om te veg, maar ons het hulle verslaan {29:8} en hulle land ingeneem en dit as erfenis
gegee aan die Rubeniete en Gadiete en aan die halwe stam van die Manassiete.
{29:9} Onderhou dan die woorde van
hierdie verbond en volbring dit, sodat julle voorspoedig kan uitvoer alles wat
julle doen. ”.
Ek kan bykans die frustrasie in Moses se stem hoor toe hy hierdie woorde
tot die kinders van Israel gerig het. Was hy ooit kwaad vir hulle! Na alles wat
God vir hulle gedoen het tot op hierdie tydstip, het hulle nogtans nie ‘n benul
gehad van wat aangaan nie. God het aan hulle Sy genade betoon en Sy Gees oor
hulle uitgestort. Hulle het die vermoë gehad om te sien, hoor en verstaan wie
God was, wat Hy besig was om te doen en wat Hy van hulle verwag het, maar hulle
hart was nie by God nie en daarom kon hulle nie sien nie. Hulle was ‘n volk
gevul met dade maar geen Gees nie. Hulle houding skyn te gewees “Vergeet wat
God gister vir ons gedoen het en wat God vandag vir ons doen”, en Moses het dit
besef. Om dié rede het hy dit nodig geag om die kinders van Israel te herhinner
aan alles wat God reeds vir hulle gedoen het.
Dit was hoegenaamd nie Moses se skuld dat die mense ‘n gebrek aan
waardering teenoor God getoon het nie; trouens, Moses het sy uiterste bes
probeer om hulle te onderrig. Daar was geen beter leier en leermeester as Moses
nie. Die probleem het by sy “student” gelê. Uit die dialoog, kry ek die indruk
dat die kinders van Israel bloot op Moses gesteun het. Moontlik het hulle slegs
voorgegee dat hulle in die gebooie van God belangstel, terwyl hulle in
werklikheid eintlik slegs die mens gevolg en die land wou binnegaan om
hulleself daar te vestig, onder die valse indruk dat hulle dan ‘n normale
bestaan sou kon voer.
Toe ek die boek Josua gelees en gelet het op die verhouding van die
kinders van Israel tot hom as hulle leier, het ek besef dat net soos in die
geval met Moses, was dit ook die geval met Josua. Soos in die geval van Moses,
het die kinders van Israel ook slegs op Josua gesteun. Ons sien die bewys
daarvan in soverre dat sodra die kinders van Israel ontvang wat hulle wou gehad
het, (hulle erfenis van die land) en na die dood van Josua, die ontbloting van
die werklike voorneme van hulle harte: hulle het van God afgedwaal, aldus die
boek Rigters:
Rigters / Shoftim {21:25} “In dié dae was daar geen koning in Israel
nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë. ”.
Ongelukkig is die gebeure tussen Moses en sy gemeente van dwalers nie
veel anders as wat vandag nog in gemeentes plaasvind nie. Die Rabbi onderrig en
preek maar dit val grotendeels op dowe
ore in die gemeentes. Hulle is vol lof vir die preke, maar hulle lewens
reflekteer nie wat deur die preke geleer word nie: hulle verander glad nie.
Hulle woon Bybelstudie by, maar hulle ken of beoefen geensins die teologie wat
geleer word nie. Hulle sit weekliks in die heiligdom, maar daar is geen bewys
van ‘n veranderde lewe nie. Al is hulle siende tog sien hulle nie en horende,
maar hoor nie! Ek reken dat hierdie mense – soos die kinders van Israel, besig
is om die mens te volg en nie die God, wat deur die mens verteenwoordig word
nie. Moses het dit besef; hulle kon hom nie fnuik nie en daarom het hy die
volgende gesê:
Deuteronomium / Devarim {31:29} “Want ek weet dat julle ná my dood gewis
verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat
die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat
verkeerd is in die oë van die HERE om Hom deur die werk van julle hande te
terg. {31:30} Toe het Moses voor die ore
van die hel”.
Van hoeveel gemeentes is julle bewus, wat doodgeloop het omdat die leier
oorlede is, weggegaan of in sonde veral het? Waarom sou so’n iets moes gebeur
het? Sou julle nie meen dat dat die gemeente volwasse genoeg was in hulle
geloof in die God wat hulle dien nie, om ‘n grondige leerstellige verhouding
met die Here voort te sit nie, met of sonder hulle leier? Ja, hulle behoort dit
te kon doen! Veral indien die leier hulle aan ‘n grondige teologiese onderrig
onderwerp het. Die probleem is egter dat meeste gemeentes net soos die kinders
van Israel is:
Eksodus / Shemot {20:18} “En toe die hele volk
die donderslae en die blitse en die geluid van die basuin en die rokende berg
bemerk, het die volk dit gesien en gebewe en op ‘n afstand bly staan.
{20:19} En hulle het vir Moses gesê:
Spreek u met ons, dat ons kan luister; maar laat God nie met ons spreek nie,
anders sterwe ons.”.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking