Saterdag 17 Oktober 2009

God (HaShem) Kan Vir Jou 'n Nuwe Hart Gee

In Die Begin / Bereshit | Afrikaans skakel | English link |

17 Oktober 2009 / Tishrei 29 5770

Genesis / BeReshit 1:1 - 6:8
1 Samuel / Sh'muel Aleph 20:18 - 42
Johannes / Yochanan 1:1 - 5

Genesis / Bereshit {6:5}"Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was"

Ek beskou myself as doodnormaal, maar soms voel ek asof ek kan ineenkrimp oor sekere gedagtes wat in my binneste opkom. Ek kan met iemand gesels of na hom / haar luister en plotseling kan 'n verskriklike gedagte by my opkom. Ek neem dit natuurlik altyd gevange deur Jesus die Messias, maar stel julle voor as dit moontlik was om mekaar se gedagtes te kon lees! Dink net daaraan! Indien dit vir mense moontlik was om die werklike óns en nie die ons wat ons voorgee om te wees of selfs die ons wat ons dink ons is nie, te hoor. 'n Skrikwekkende gedagte, maar wat as dit moontlik was - wat sou mense van ons gedink het?

Ons gedagtes is die eintlike werklike ons en God ken ons hart. As die verbeeldingsvermoë van die gedagtes van ons woede, wraak, haat, afguns of enige soort boosheid is, dan sien God ons as sulks. Hy ken ons gedagtes en sien ons net soos ons werklik is.

1 Kronieke (28:9} / Divre HaYamim Alef "En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ‘n volkome hart en met ‘n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot"

Ons kan God nie bedrieg nie: Hy kyk na die hart. Ons moet verder as ons politieke korrektheid en bedrieglike beleefdheid gaan en by die houding van ons hart uitkom, want dít is wat Hy beoordeel.

Wanneer iemand julle aanstoot gee of misbruik van julle maak, wat dink julle dan? Is dit hoe om hom te vergeld? Daardie gedagte is wat julle waarlik is. Indien julle beledig word maar dit oënskynlik gedweë aanvaar, maar van binne brand om wraak te neem, is dit wat julle werklik is.

Die enigste manier om voor God eerlik te wees, is om elke gedagte wat julle het, te ondersoek en bepaal of dit werklik is soos wat julle is, want dít is die ware mens wat God sien. Mense rondom julle mag moontlik deur julle beïndruk word - selfs gades mag miskien dink julle is net die voortreflikste, maar God sien nie wat hulle sien nie. God deursoek die hart.

Jeremia / Yirmeyahu (17:9}"Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?"

Wat God hier sê, is dat die ware julle, is wat julle in jul harte is en dat behalwe vir Sy Goddelike ingryping in jul lewens, jul harte die mees bedrieglike in die ganse wêreld is; trouens, niks of niemand anders kan julle so bedrieg of belieg, as julle eie harte nie. Nie slegs is die hart bedrieglik bo alle dinge nie, maar is dit ook uitermate boos. Dit bedoel dat, as dit aan sigself oorgelaat sou word - geskei van God in julle lewens - kan dit onuitspreeklik verskriklik wees waartoe julle in staat sou wees! Dit beteken dat geeneen van ons inherent goed is nie. As julle goeie - ook op morele gebied - mense is, tree julle op onder die beperkings en vrees vir gevolge, soos jul ouers julle geleer het óf julle gehoorsaam die wette, deur ons regering bepaal, wat in beide gevalle onseker en onvolhoubaar is. Die enigste volhoubare weg om 'n goeie en sedelike mens te wees, is om in Jesus die Messias te glo.

Jesája / Yeshayahu (64:6}" En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind."

Ek glo nie dat God dit duideliker kon gestel het nie. Sy beoordeling van ons situasie - behalwe vir die herskeppende krag van die Heilige Gees, wat ons 'n nuwe hart gee en "Tora" daaroor skryf - is dat ons hart verlore is! Julle mag julself as goeie mense beskou, mensliewende - of Godsdienstige mense wat verdien om Heiliges te wees, maar voor God se aangesig is al jul goedheid soos vuil klere. Dit is omdat, sonder die Heilige Gees, jul motivering en bemagtiging nie deur God kan wees nie. Die rede is omdat julle nie aan God behoort nie; daarom word julle bedrieg, want dít is wat die hart doen - dit is bedrieglik en verskriklik boos.

Eségiel / Yechezkel {36:26}"En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee."

As julle in Jesus die Messias glo, dan woon God in wat Hy noem, jul harte; Hy het dan kom woon in daardie deel van julle, waar - volgens Hom - besluite geneem word. As gevolg daarvan, is Hy besig om jul harte te reprogrammeer, maar dit duur 'n leeftyd, omfdat die wêreld julle by sy standaarde will aanpas, maar die Woord van God wil julle herskep en gevolglik is daar 'n konstante tweestryd in ons harte.

Romeine / Romim {12:2}"En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is."

Die letterlike betekenis van die woord "vernuwing" is om die oue met die nuwe te vervang. Dit beteken dat die keuses wat jy normaalweg sou gedoen het - wat in die verlede hoofsaaklik daarop neergekom het om die self te bevredig - vervang sal word met keuses wat God sal behaag. Ten einde dit moontlik te maak, moet die Heilige Gees die Woord van God direk oplê op julle hart, met ander woorde dié plek waar God sê dat daardie keuses gemaak. Die Heilige Gees skryf die Tora op julle harte sodat julle die regte keuses kan doen - letterlik hervorm Hy julle harte.

Tensy ons die motivering van ons harte verander, sal ons self nie verander nie. Jesus die Messias het vir ons sondes geboet sodat ons as oorwinnaars kan lewe, maar ons keuses tydens ons lewe bepaal of ons in daardie oorwinning sal wandel.

Indien julle dit nog nie gedoen het nie, oorweeg dit asseblief in alle erns om Jesus die Messias in julle lewens in te nooi sodat God aan julle nuwe harte kan skenk.

Congregation Melech Yisrael all rights reserved

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking