Agste Feesdag / Shemini Atzeret | Afrikaans skakel | English link |
10 Oktober 2009 / Tishrei 22nd 5770
Deuteronomium / Devarim 14:22-16:17
Numeri / B'Midbar 29:35-30:1
1 Konings / Melachim Aleph 8:54-9:1
Markus / Mordechai 12:28-34
Hierdie Shabbat is Shemini Atzeret (die agste feesdag). Alhoewel dit by Sukkot ingesluit word, is Shemini Atzeret nie deel van Sukkot nie, maar 'n Feesdag op sy eie.
Numeri / Bamidbar {29:35} "Op die agtste dag moet daar vir julle ‘n feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie."
Ter ere van hierdie Feesdag, word 'n spesiale Torah Parasha gelees, soos in die boeke hierbo aangedui. Hierna volg egter die gedeelte wat ek gekies het om vandeesweek kommentaar op te lewer.
Deuteronomium / Devarim {14:22} "Jy moet noukeurig die hele opbrings van jou saad—wat jaar vir jaar uit die land uitspruit—vertien. En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die HERE jou God altyd te vrees."
Waarom sou tiendeheffing enige betrekking hê op vrees (eerbied) vir God en waarom sou dit ons leer om Hom te vrees (eer)? Die antwoord is eenvoudig: dit beteken dat om nie tiendes te gee nie, bedoel dat ons Hom nie vrees (eer) nie, aangesien Hy ons beveel het om tiendes te gee. Ten einde dit beter te verstaan, laat ons kyk wat die Skrif bedoel met vrees (eerbied) vir God. Daar is talle soorte vrees (eerbied) wat met God vereenselwig word. So is daar 'n vorm van vrees (eer) vir God, wat nie van God is nie, maar bygeloof genoem word. Bygeloof is 'n vorm van vrees (eer) vir God, maar nie om die regte redes nie. Meeste van die tyd is mense bygelowig vanweë vrees vir straf of oordeel deur God. Bygelowiges assosieer dus, sekere vorms van dreunsang ("chants") en die dra van gelukbringers, daarmee, soos byvoorbeeld "die hand" (hamsah), wat Jode dra om kwaad af te weer, of "die horing" (corno of cornicello), wat Italianers dra, om hulle teen die bose te beskerm. Bygeloof lei mense ook om sekere dinge te vermy, soos om nie onder 'n leer deur te stap nie of om altyd daarop bedag te wees om nie sout te stort of mors nie. Ofskoon geeneen van hierdie dinge iets met God te doen het nie, glo bygelowiges wat kwaad aanhang, hierdie en dat enige soortgelyke bygelowe God sal verhoed om Sy beskerming oor hulle te onttrek. Bygeloof, in welke vorm ookal, is waansinnig en onkundig.
Dan is daar die ware vrees (eerbied) vir God. Hierdie Godsvrees beteken dat 'n mens versigtig moet wees om nie teen God te oortree nie, deur elke moontlike poging aan te wend om volgens Sy gebooie en streng volgens Sy wil, te lewe. Dit is gesonde vrees (eer), wat eerbied, ontsag en respek vir God en Sy woord behels. Wanneer die woorde: eerbied, ontsag en respek in die Woord gebruik word, kan dit 'n sinoniem wees vir "gesonde vrees" (eerbied), want in die Skrif word kinders vermaan om hul ouers te vrees (eerbiedig).
Levitikus / Vayikra {19:3} "Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees, en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God."
Vrouens moet hul mans respekteer.
Efese / Efesos {5:33} "In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig."
Bediendes moet hul base respekteer.
Efese / Efesos {6:5} "Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus;"
Ek moet julle egter waarsku dat om 'n volkome gesonde vrees (eerbied, ontsag of respek) vir God te betoon, moet daar altyd ook liefde vir God wees. Vrees (eerbied) en liefde moet gelyktydig bestaan sodat iedereen van hierdie emosies gesond kan wees en ons in staat kan stel om God te behaag en dien. Dieselfde geld vir kinders, vrouens en bediendes (in moderne terme werknemers).
Psalm / Mizmor {111:10} "Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid."
Wat het tiendeheffing dus te doen met leer om God te vrees (eer)? Tiendeheffing moet aangeleer word. As dit aan ons eie selfsug en eie belang oorgelaat word, sal ons nie van ons geld afstand doen nie. Indien ons egter leer om getrou te wees met die gee van tiendes en laasgenoemde kombineer met gehoorsaamheid aan die ander gebooie van God, sal ons ervaar hoedat God ons beloon met geestelike, fisiese en finansiële seëninge.
Maleági / Malachi {3:10} “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie."
Vrees (eerbied) vir die Here het 'n totaal verskillende betekenis vir die ongelowiges (mense wat nie 'n persoonlike verhouding met Jesus die Messias het nie). Vir hulle maak vrees vir die Here, hulle bygelowig en gee hulle gevolglik goeie rede om paniekbevange te raak by die blote gedagte om gestraf te word. Hulle is so omdat hulle nie 'n beskerming - die versoening vir hul sondes - het nie, aangesien die mens se dade onvoldoende is om vir sonde te versoen. Hulle sal dus eendag voor God moet staan en Hy sal hulle gewis veroordeel.
Mattheüs / Mattityahu {10:28} “En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel."
Nietemin, ten spyte van die bewys dat Jesus die beloofde Messias is vir sowel Jood as nie-Jood, weier meeste van beide groepe om Hom te aanvaar; gevolglik het hulle voldoende rede om straf te vrees en dus bygelowig te wees. Hierdie soort vrees vir God - vir die meerderheid nie-gelowiges - lei egter in meeste gevalle nie tot bekering en redding nie; in plaas daarvan, laat dit hulle wegkruip vir God of uit-en-uit Sy bestaan ontken.
Psalm / Mizmor {4:1} "Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie."
Ek vertrou dat jy nie onder diegene is wat vir God wegkruip of Sy bestaan ontken nie. Ek hoop van harte dat jy nie dwaas is nie!
Congregation Melech Yisrael all rights reserved
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking