Saterdag 07 November 2009

Behoorlike Perspektief Maak Saak

En Hy het Verskyn / VaYera | Afrikaans skakel | English link |

7 November 2009 / Cheshvan 20th 5770

Genesis / BeReshit 18:1-22:24
2 Konings / Melachim Bet 4:1-37
2 Peterus / Kefa Bet 2:4-11

Genesis / Bereshit {18:1} Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag. {18:2} Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe. {18:3} En hy sê: My Heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie. {18:4} Laat hulle tog ‘n bietjie water bring, en was u voete, en lê en rus onder die boom. {18:5} En laat ek ‘n stukkie brood gaan haal, en versterk u hart—daarna kan u verder gaan—want daarom het u by u kneg aangekom. En hulle antwoord: Doen soos u gesê het.

Daar was alreeds heelwat polemiek oor hierdie gedeelte, en dit handel in hoofsaak oor wáár om een nikkud (Hebreeusse vokaal- / klinkerpunt) te plaas. Christelike en Messiaanse vertalers plaas die die vokaalpunt op één plek, terwyl Joodse vertalers dit elders plaas. Hierdie één vokaalpunt, hierdie één klein strepie deur Messiane of punt deur tradisionele Jode, verander die hele konteks van die gedeelte wat hierbo aangehaal word.

Eerstens, vir diegene wat nie die Hebreeuse taal of skryfwyse verstaan nie, vergun my om die volgende te verduidelik. Oorspronklik is Hebreeus sonder enige klinkers (soos Engelse klinkers: a, e, i, o, u) geskryf. Hebreeus destyds, soos nou ook, word slegs met konsonante geskryf. Daar is 22 konsonante in die Hebreeuse taal. Die oorspronklike Tora het geen klinkerpunte (nikkudot = meervoud van 'n nikkud) gehad nie, met die gevolg dat dit tot foutiewe vertalings gelei het, aangesien één vokaalpunt of strepie wat verkeerdelik geplaas is, die volle betekenis van 'n woord kan verander. Voordat julle egter begin twyfel oor die akkuraatheid van die Woord van God, onthou dat, in die meerderheid gevalle, dit nie 'n probleem sou wees nie, veral as 'n mens met die konteks vertroud is en die taal ken. Die vokaalpunte is eers tydens die vroeë Middeleeue bygevoeg ten einde die lees te vergemaklik en sodoende woorde en sinne te verstaan. Die mees algemeen gebruikte vokaalpunte, wat vandag nog gebruik word, het hul ontstaan te danke aan die Masorete van Tiberias, waarvandaan ons eie Masoretiese teks van die Tanach (Hebreeuse Geskrifte) kry. Maar, soos met enigiets waaorop die mens sy hande plaas, het die verklaring van die oorspronklike teks, deur die plasing van die vokaalpunte, onderhewig aan menslike foute en persoonlike vooroordele geword. Dit is wat die geval is met die voorafgaande teks. Die oorspronklike Hebreeuse woord, wat in hierdie gedeelte ter sprake is en die hele konteks asook begrip daarvan kan verander, is "Adonai". Dit kan deur die plasing van 'n verskillende vokaalpunt onder die "n", die woord "Adonai" (God of Here) verander na "adoni" (meneer of heer), Vanselfsprekend was juis dit die onderwerp van vele debatte deur die eeue heen. Het Abraham God inderdaad gegroet of was Hy net respekvol en dus die drie manne elk as "meneer" of "heer aangespreek? Soos ek voorheen gesê het, vertolk Joodse vertalers dit anders as die Christelike- en Messiaanse vertalers en dit is te verstaan. Was hierdie ontmoeting 'n Goddelike veskyning of nie? Die implikasies daarvan vir elke afsonderlike teologie, kan dus verreikend wees.

Kom ons beskou nou ons Skrifgedeelte meer in diepte en probeer op grond van die konteks van die betrokke vers, te bepaal wie het Abraham eintlik gegroet: God of die manne.

Meeste Joodse kommentare gebruik hierdie gedeelte om Abraham se gasvryheid aan te toon. Hy was immers besig om by die ingang van sy tent, te sit en ontspan, om vir verbygangers te wag sodat hy vir hulle op hul reis rus en voedsel kon aanbied. Dit, beweer dié kommentare, is die rede waarom hy so skielik opgespring en die drie manne gegroet het. Daar word dus geïmpliseer dat die woord "adonai", dus "menere of here" moet beteken, maar is dit die korrekte interpretasie van hierdie Skrifgedeelte? Deur op te spring om hierdie drie verbygangers te groet, draf Abraham, buig voor hulle neer en sê:"...as ek nou genade in u oë gevind het...".As hierdie sogenaamde drie "manne" volkome vreemdelinge was wat net verbygegaan het waarom het hy hulle nie slegs genooi om 'n rukkie by hom te rus en saam met hom te eet voordat hulle hul reis voortsit nie? "Genade in u oë vind" impliseer een of ander verhouding, wat kon impliseer dat Abraham besef het dat hy God groet. Deur die Skrifgedeelte so te vertolk, stem dit ook ooreen met die ander gedeeltes in hierdie Parasha.

Genesis / Bereshit {18:10} En Hy sê: Ek sal oor ‘n jaar sekerlik weer na jou toe kom—dan sal jou vrou Sara ‘n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was.

In hul gesprek met Abraham, maak een van die manne 'n ongelooflike profesie, wat die wêreldgebeure sal verander: die geboorte van Isak.

Genesis / Bereshit {18:22} Toe het die manne daarvandaan weggedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog bly staan voor die aangesig van die HERE. {18:23} En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring?

Daar is geen twyfel oor hierdie teks, vokaalpunte of nie. Dit is duidelik geskryf dat Abraham besig was om te praat met God ("Yud Hay Vav Hay"), die God van hemel en aarde. Toevallig was God onderweg om Sodom en Gomorra te oordeel. Die enigste ander vraag, wat moontlik 'n skuiwergat in ons gevolgtrekking mag wees, is: Het God net skielik verskyn of was Hy al die tyd één van die drie? Aangesien die teks nie blyk om te dui op die eersgenoemde nie, moet laasgenoemde waar wees: Hy moes Een van die drie gewees het.

Ten slotte, maar hoegenaamd nie laaste van ons bewyse dat Abraham inderdaad besig was om God in menslike gestalte te groet nie, is die volgende Skrifgedeelte:

Genesis / Bereshit {18:16} Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaan om hulle weg te bring. {18:17} Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen, {18:18} terwyl Abraham tog sekerlik ‘n groot en magtige nasie sal word en al die nasies van die aarde in hom geseën sal word? {18:19} Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.

Selfs al kom hierdie gedeelte vóór die één wat ek vroeër aangehaal het, het ek dit doelbewus daarna geplaas vanweë die implikasie wat dit inhou. Weereens, in Hebreeus, waar ons dit as God vertaal het, word dit as "Jahwe" geskryf, wat uitdruklik God is. Daar bestaan dus geen twyfel nie dat een van die drie sogenaamde "manne", vir wie Abraham gegroet het, inderdaad, 'n fisiese manifestasie van God (God in menslike gestalte) was.

Begryp julle wat die implikasie hier is? Jesus die Messias is God in menslike gestalte - iets wat die Judaisme ontken en verwerp. Verstaan julle dus waarom die Joodse vertalers die vokaalpunte in die Skrifgedeelte, wat ek aan die begin van hierdie kommentaar aangehaal, gemanipuleer het? Hulle beskerm eintlik hul anti-Messiaanse Joods, anti-Jesus-teologie!

Congregation Melech Yisrael all rights reserved

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking