7 Augustus 2010 / Av 27 5770
Kyk / Re’eh (Congregation Melech Yisrael)
Deuteronomium / Devarim 11:26 – 16:17
Jesaja / Yeshayahu 54:11 – 55:5
1 Johannes / Yochanan Aleph 4:1-6
Deuteronomium / Devarim {13:1} “As ‘n profeet of een wat as dromer optree, by jou opstaan en jou ‘n teken of wonder aankondig, {13:2} en die teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde: Laat ons agter ander gode aan loop—wat jy nie geken het nie—en hulle dien, {13:3} dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel. {13:4} Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang. {13:5} Maar dié profeet of dié man wat as dromer optree, moet gedood word, want hy het afval verkondig van die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe van die weg wat die HERE jou God jou beveel het om daarop te wandel. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
‘n Verstommende Skrifgedeelte! Dit vertel vir ons iets – eintlik meer as dit. Dit waarsku ons teen ‘n gevaarlike dwaling, wat baie ernstig is – ‘n verskynsel wat vandag besonder toepaslik is, naamlik dat nie alle tekens en wonders van God af kom nie. As in aanmerking geneem word dat die rigting wat vele kerke en selfs sommige Messiaanse gemeentes vandag inslaan, is dit werklik ‘n baie ernstige waarskuwing. Waarom sê ek dit? Ek sê dit omdat hedendaagse gelowiges, oral in die wêreld, geneig is om heen en weer agter die jongste teken en wonder aan te hardloop.
Ek dink ons moet uiters oordeelkundig wees met betrekking tot tekens en wonders. Dit is selfs van toepassing wanneer daardie teken of wonder toevallig plaasvind, soos wat ons Skrifgedeelte meld. Die blote feit dat ‘n profesie, droom, teken of wonder plaasvind, beteken nie noodwendig dat dit van God af kom nie. Inteendeel, ons word gewaarsku dat sekere tekens en wonders wel mag voorkom om ons te probeer oortuig om ander gode te dien.
Die vraag ontstaan dus waarom God tekens en wonders, wat nie van Hom is nie, toelaat? Ons weet God is in beheer van alles en dat niks op die aarde, onder die aarde of bo die aarde – fisies of spiritueel – sonder Sy wete en goedkeuring plaasvind nie. Ons word egter in die Skrifgedeelte meegedeel dat God wel valse tekens en wonders toelaat om plaas te vind, om die volgende rede:
Deuteronomium / Devarim {13:3} “dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.”
Dit is nogal ‘n ontnugterende verklaring as in ag geneem word dat Toronto (Kanada), die stad waarin ons gemeente geleë is, een van die grootste “tekens-en-wonders”-kerke in die wêreld huisves!
Hoe toets God ons dan wanneer Hy dromers van drome, profete, tekens en wonders na ons stuur, wat nie van Hom af is nie? Hy wil daardeur aan ons toon dat ons kan sien of ons die volgende sal doen:
Deuteronomium / Devarim {13:3} “...of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel. Deu 13:4 Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.”
Wat beteken dit? Die bedoeling is dat ons uiters teësinnig moet wees om te glo in sommer enige droom, enige profesie, enige teken of wonder van iemand besonders of komend can ‘n kerk van gelowiges of Messiaanse sinagoge, wat nie – in liefde – die gebooie van God, oftewel Sy Tora, gehoorsaam nie!
Dit is nodeloos om te sê dat God se gebooie in Sy Tora uiteengesit is. Jesus, soos ons weet, is God, en juis daarom, toe Hy as Samesteller van die Tora, ons beveel het om Sy gebooie te onderhou, het Hy ons ook beveel om daarvolgens te lewe. Ja, ons kan nie daardie gebooie, wat afhanklik is van die bestaan van ‘n tempel (Bet HaMikdash, nakom nie omdat laasgenoemde nie meer bestaan nie; eweneens kan ons ook nie daardie gebooie gehoorsaam, wat betrekking het op ons wat Die Land (HaAretz) bewoon nie, indien ons nie in die Land woon nie, maar ons is nietemin verantwoordelik om die res te onderhou. Ek glo self dat dit die plig van beide Joodse en nie-Joodse gelowiges is om dit op dieselfde wyse na te kom omdat God beveel het dat dit só moet wees.
Die volgende keer wat julle dus ‘n dromer van drome of ‘n profeet raakloop of tekens en wonders ervaar, komende van persone wat nie sê en wie se optrede nie daarop dui dat hulle in die Tora glo nie, verkondig hulle inderdaad opstand teen die Here julle God. Wees teësinnig om hulle te glo!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking