Vrydag 18 Oktober 2019

God in Ons Midde

Sukkot
(Tabernakels)


Terwyl ek deur vandeesweek se Tora-gedeelte gelees het, het ek gewonder welke verband dit met die Moed (Fees) van Sukkot gehad het. Skynbaar was daar niks omdat die enigste vermelding van Sukkot in die Parasha, slegs in nege woorde aan die einde van die volgende vers gevind is:

Eksodus / Shemot {34:22} “En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het.”

Watter verband is daar dan tussen hierdie week se Parasha en Sukkot? Wanneer dit die eerste maal gelees word, kan julle, soos ek ook gedink het, meen dat daar geen aansluiting daarby bestaan nie. By nadere ondersoek van die gesprek tussen Moses en die Here, word die verband egter ietwat duideliker.

Eksodus / Shemot {32:12} "Toe het Moses met die HERE gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar Ú laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.{32:13} As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.{32:14} En Hy antwoord: Moet Ek self meegaan om jou die rusplek te verskaf? {32:15} Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.{32:16} Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.{32:17} Toe sê die HERE aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam. {32:18} Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien."

Sukkot is die Loofhuttefees of die Fees van Tabernakels. Die tema van hierdie Fees, vir Messiaanse gelowiges, is God wat woon onder Sy mense. Sukkot, is dus alles aangaande God, Jesus die Messias, wat na die aarde terugkeer om tussen ons te wandel, sodat ons Sy Kavod (heerlikheid) mag aanskou netsoos Hy tydens die eerste eeu tussen Sy dissipels gewandel het.

Johannes / Yochanan {1:14} “En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.”

Die verskil tussen Jesus se eerste koms na die aarde en Sy wederkoms is die volgende: met Sy eerste koms, was Hy slegs 33jaar hier, maar met Sy wederkoms na die aarde, sal Hy vir eenduisend jaar onder ons woon.

Openbaring / Hitgalut {20:6} “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.”

Hierdie tydperk van duisend jaar, staan bekend as die “Millenium (duisendjarige) Ryk”. Die verband tussen hierdie week se Tora- lesing en Sukkot word dus nou verduidelik. Moses wou- hy het, trouens, daarop aangedring- dat die Here onder die kinders van Israel teenwoordig moes wees wanneer hulle deur die wildernis getrek het. Na kort onderhandelings het die Here ingestem om aan Moses se versoek te voldoen. Soos ons egter uit Parasha Mishpatim weet, het die Vader nie saam met die kinders van Israel gegaan nie maar het, in plaas daarvan, n “Engel”, volgens die Skrif, gestuur.

Eksodus / Shemot {23:20} “Kyk, Ek stuur ’n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het.”

Dit was egter nie ‘n gewone engel nie, soos wat die volgende vers aantoon:

Eksodus / Shemot {23:21} “Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom.”

Die ongesproke naam van God is YHVH (Yod Hay Vav Hay), wat glo ‘n akroniem is vir: “Wie was, Wie is en Wie sal wees”.Bowendien is God se naam, Sy karakter. Derhalwe het hierdie Engel nie slegs die naam van God, YHVH in Hom nie, maar het Hy ook die karakter van God in Hom. Daarbenewens, het hierdie Engel ook beskik oor die gesag om sonde te vergewe. Gewone engele kan nie sonde vergewe nie, alleenlik God kan sonde vergewe! Dus sou hierdie Engel, God gemanifesteer in ‘n ander gestalte,moes wees: dit van ‘n engel. Met inagneming van die mag van hierdie Engel om sonde te vergewe (vergifnis vir ongehoorsaamheid), was Hy ongetwyfeld ‘n vóóraf - vleesgeworde Jesus die Messias, die Rots wat die kinders van Israel deur die wildernis gevolg het.

1 Korinthiërs / Korintim Alef {10:1} “Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het, {10:2} en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see, {10:3} en almal dieselfde geestelike spys geëet het,...”

Die feeste dui op die wederkoms van Jesus die Messias. Sukkot (“Fees van Oesinsameling met die wisseling van die jaar”) is ‘n beeld van die hoogtepunt (kulminasie) van die proses van Jesus die Messias se terugkeer wat die begin en uitgebeeld was in Yom Teruach en Yom Kippur (Dag van versoening). Sukkot sal die tyd wees wanneer Jesus die Messias met ons sal wees soos Hy met die kinders van Israel in die wildernis was en soos Hy in die eerste eeu met Sy dissipels was. Wanneer daardie dag aanbreek, sal Sy Kavod (Heerlikheid) weereens deur ons aanskou word.

Chag Sameach Sukkot! Geniet ‘n geseënde oorblyfsel van Sukkot!

Verduideliking: Sukkot - wanneer tydelike strukture/hutte van blare en takke gemaak word - dus die Loofhuttefees. Tydens hierdie fees word selfs onder die strukture geëet en geslaap. 

Kom gou Jesus!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking