Saterdag 30 Mei 2009

Vleis en Groente

Paasfees / Shavuot | CMY Afrikaans skakel | CMY English Link

30 Mei 2009 / Sivan 7th 5769
Deuteronómium / Devarim 14:22-16:17
Númeri / BaMidbar 28:26-31
Hábakuk / Chavakkuk 3:1-19
Handelinge / Ma'asei Talmidim 2:1-21

Hierdie is 'n besondere oordenking vanweë die "Fees van Weke", (Chag Shavuot) wat vanjaar op 'n Sabbat val. Paasfees is een van "Die Drie Pelgrimsfeeste". Al die mans moes op hierdie feesdag voor God in die tempel in Jerusalem verskyn.
Omdat Paasfees 'n oesfees is en omrede die Skrif vir ons sê:

Deuteronómium / Devarim {16:10} "Dan moet jy die fees van die weke hou vir die HERE jou God ooreenkomstig die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee, namate die HERE jou God jou sal seën. {16:11} En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon."

Tot vandag in die land Israel - selfs sonder die tempel - word hierdie fees steeds gevier as 'n oesfees, met mandjies vol somervrugte, groente, graan en broodprodukte wat seremonieel aan die Here voorgelê word. Deur die afwesigheid van die tempel, hoef alle mans nie meer voor God in Jerusalem te verskyn nie. Julle kan nietemin seker wees daarvan dat wanneer die Mesiaanse Tempel deur Jesus die Messias opgerig word, met Sy wederkoms, die verskyning van alle mans vóór God, weereens van toepassing sal wees.
Terwyl ek vandeesweek se oordenking deurgelees het, het 'n ander gedeelte van die Skrif my opgeval. Deesdae, lei die Here my om teen vegetarisme te preek. In die verlede het ek julle geleer dat om 'n vegetariër te wees, onbybels is. Ek het ook julle aandag gevestig op die feit dat afgodiese sektes, die "New Age" - godsdiens asook Hinduisme inkluis, vegetarisme voorskryf, wat na my mening voldoende bewys is dat dit nie van God kom nie. Ek mag moontlik in die proses van my onderrig, deur iemand gekonfronteer word met Skrifverse uit Daniël {1:16} en Romeine {14:2 - 3). Dus wil ek graag aan hierdie twee gedeeltes aandag skenk:

Daniël / Daniel {1:16} "So het dan die bediende hulle spys en die wyn wat hulle moes drink, weggeneem en aan hulle groente gegee."

Vir die nie-Jood sal dit voorkom asof Daniël en sy vriende vegetariërs was, wat hoegenaamd onwaar is - hulle was kosjer! Hierdie jong Joodse manne is van hul huise weggevier, waar hulle nooit nie-kosjer voedsel geëet het nie, na 'n stad en paleis, waar almal slegs nie-kosjer kos geëet het. Vanselfsprekend het hulle, as Godsvresende manne geweier om die nie-kosjer-lekkernye, wat hul wegvoerders aan hulle voorsien is, te eet en verkies om alleenlik groente te eet. Dit was trouens hul enigste alternatief vir kosjer! God het hulle vereer vir hul verbondheid aan Sy kosjer-wette en hulle daarvoor fisies, sosiaal en polities begunstig. Wanneer in die boek Daniël verder gelees word, word gevind dat Daniël verhoog is tot 'n vername posisie aan die hof van die heidense koning en toe die mag gehad het om kosjer-vleis te bekom, omdat hy weereens vleis begin eet het.

Romeine / Romim {14:2} "Die een glo dat ‘n mens alles mag eet, maar hy wat swak is, eet groente. {14:3} Hy wat eet, moet hom wat nie eet, nie verag nie; en hy wat nie eet, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem."

Soos met afgodiese godsdienste vandag nog, was daar mense wat gedurende die tyd van Paulus, vegetarisme beoefen het as deel van hul gosdiens. Toe hierdie mense tot geloof in Jesus die Messias gekom het, het hulle dit moelik gevind om van die ou gewoonte om nie vleis te eet nie, af te sien. Paulus het dus geestelik volwasse gelowiges versoek om nie neer te sien op die onvolwasse gelowiges nie, en hulle nie te verag omdat hulle swak in hul geloof is en slegs groente eet nie. Hierdie Skrifgedeeltes kondoneer hoegenaamd nie vegetarisme nie - iets wat Paulus geweet het onbybels was - maar dit het die brose geloof van nuwe gelowiges beskerm, wat ons almal ook in gedagte moet hou.
Wanneer rokers die geloof aanvaar en aanhou rook, moet ons ook nie op hulle neersien en hulle veroordeel nie, maar eerder besef dat hulle nog swak in hul geloof is en wanneer hulle, deur voordurende groei in Jesus, versterk sal word en eindelik met hierdie onbybelse gewoonte breek.
Indie julle steeds nie oortuig is dat vegetarisme nie van God is nie, dan is die volgende deel van die Skrif uit hierdie week se Oordenking onteenseglike bewys dat God wil hê dat Sy kinders vleis moet eet:

Deuteronómium / Devarim {15:19} "Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die HERE jou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie. {15:20} Voor die aangesig van die HERE jou God moet jy dit jaar vir jaar eet op die plek wat die HERE sal uitkies, jy en jou huis. {15:21} Maar as daar ‘n liggaamsgebrek aan is—lam of blind, enige lelike gebrek—dan moet jy dit nie aan die HERE jou God offer nie; {15:22} in jou poorte mag jy dit eet, die onreine en die reine saam, soos die gemsbok en die takbok. {15:23} Net die bloed mag jy nie eet nie; jy moet dit op die grond uitgooi soos water."

Congregation Melech Yisrael All rights Reserved

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking