Saterdag 29 November 2008

Sien Jy 'n Esau (Esav) of 'n Jakob (Ya'acov)?

Generasies / Toldot | CMY Afrikaans skakel | CMY English Link

29 November 2008 / Kislev 2nd 5769

Genesis / BeReshit 25:19-28:9

Maleagi / Malachi 1:1-2:7

Romeine / Romim 9:1-13

Genesis / Bereshit {25:19} “En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak. {25:20} En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het. {25:21} En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het. {25:22} En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg. {25:23} En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.

Die deel van hierdie skrifgedeelte, waarop ek fokus vir hierdie D'var Torah is:

Genesis/ Bereshit {25:23} “En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.”

Wanneer hierdie skrifgedeelte ontleed word, is daar 'n definitiewe parallelisme in God (HaShem) se antwoord. Twee nasies vergelyk met twee mense: één sterker, één swakker, die ouer een wat die jonger een dien, wat ooreenstem dat die oudste die jongste sal dien. God vertel vir ons hier ongetwyfeld iets baie belangrik.

Ons weet reeds dat die tweeling, selfs in Rebekka se skoot, teen mekaar gestry het. God het vir Rebekka gesê: "...twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam.". Dit is ook 'n duidelike teken dat die tweelingbroers vanuit die staanspoor nie met mekaar oor die weg sou kom nie.

Dit is baie interessant dat, soos wat 'n mens van die twee seuns lees wat volwasse geraak het, één 'n buitemens, 'n jagter, geword het - soos dit vandag as 'n, "macho" - man bekend staan - terwyl die ander een 'n tuisblyer was. Trouens, die tradisionele Judaïsme, leer ons dat Jakob sy tyd tuis bestee het deur die Woord van God (Torah) te leer en bestudeer by sy grootvader, Abraham. Die geldigheid van hierdie tradisie, kan natuurlik nie bekragtig word nie. Uit die verhaal van Jakob (Ya'acov) en Esau (Esav), sien ons dus die stryd tussen lig en duisternis, asook tussen goed en kwaad en tussen die Gees en die vlees.

Romeine / Romim {7:23} "maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. {7:24} Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? {7:25} Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! {7:26} So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde."

Wanneer die stryd tussen Jakob en Esau bestudeer word, is dit baie duidelik dat, alhoewel dié broers 'n tweeling van dieselfde vader en moeder was, die beloop van hul lewens heeltemal uiteenlopend was. Deur die geskiedkundige verloop, wat die onderskeie nageslag van die broers gevolg het, blyk dit dat hulle nie net twee afsonderlike nasies geword het nie, maar ook twee totaal afsonderlike volke. Die nageslag van Esau het sy eienskap aangeneem en 'n volk geword wat tot vandag nog behae skep in oorlog, geweld en 'n filosofie van dood. Jakob se nageslag, daarenteen, het weer sy eienskap aangeneem en is tot vandag toe God se oogappel, wat die seëninge geniet van 'n volk wat behae skep in die bestudering van die Torah, wat 'n filosofie van lewe verteenwoordig.

Johannes / Yochanan {10:10} “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê."

Hierdie oorvloedige lewe is beskikbaar aan almal wat dit soek, aan almal wat die naam van Jesus die Messias (Yeshua HaMashiach) as Here en Redder aanroep. As jy vandag jou lewe in oënskou neem en jy miskien 'n Esau sien, smeek Jesus die Messias om vergifnis en om jou in 'n Jakob te verander.

Congregation Melech Yisrael All rights Reserved

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking