Saterdag 25 September 2010

God se Eersgeborene Sal Nie Vernietig Word Nie

25 September 2010 / Tishrei 17 5770

En Dit Is Die Seën / V’Zot HaBrachah

Deuteronomium / Devarim 33:1 – 34:12

Joshua / Yohoshua 1:1 – 18

1 Thessalonisense / Tesolonikim Aleph 5:1 – 11

Deuteronomium / Devarim {33:29}” Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? ‘n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.


Dit is inderdaad die profesie wat Moses, voor sy dood, aan Israel gegee het. Ek hou van die gedeelte waar hy sê dat Israel se vyande hulself aan hom sal onderwerp en hy op hul hoogtes (bedoelend hul afgodeverering) sal trap. Dit is verbasend hoe betekenisvol hierdie gedeelte vandag is, veral met inagneming dat Israel se vyande besig is om hul met mening te bewapen en sy nuwe grootste vyand (Iran) kernwapens oorweeg. Voordat ek egter begin om oor vandeesweek se Parasha kommentaar te lewer, is daar ‘n aantal Skrifgedeeltes waarop ek graag die aandag wil vestig:

Deuteronomium / Devarim {21:15}” As ‘n man twee vroue het, een wat hy liefhet en een wat hy nie liefhet nie, en hulle baar vir hom seuns, sowel die geliefde as die nie-geliefde vrou, en die eersgebore seun behoort aan die nie-geliefde vrou, 21:16 dan mag hy, op die dag as hy sy seuns sy besittings laat erwe, nie die eersgeboortereg aan die seun van die geliefde vrou gee tot nadeel van die seun van die nie-geliefde vrou, die eersgeborene, nie. Deu 21:17 Maar hy moet die eersgeborene, die seun van die nie-geliefde vrou, erken deur aan hom ‘n dubbele deel te gee van alles wat hy besit; want hy is die eersteling van sy krag: die eersgeboortereg is syne.

Eksodus / Shemot {4:22} “Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: My eersgebore seun is Israel.

Hier het ons dit dus! Israel is God se eersgeborene en soos ons so pas gelees het, selfs as die eersgeborene dié is van die vrou wat iemand minder lief het, moet hierdie kind as eersgeborene geag en dus nogtans die reg van ‘n eersgeborene geniet, wat, volgens die Skrif, hoofskap van die familie en ‘n dubbele porsie van die erfenis behels.

Vanuit die staanspoor was Israel nie eintlik ‘n model seun nie. Hy is voorgestel om ‘n verteenwoordiging van die lewende God vir die volkere te wees – ‘n taak waarin hy hopeloos gefaal het. In plaas daarvan, het hy opgegroei om sy Vader te verwerp en gevolglik het God hom getugtig deurdat hy dwarsoor die wêreld verstrooi en sy Beloofde Land nie verwenselik is nie. Ten spyte van alles, is Israel in 1948 herbore as die Beloofde Land en gerepatrieer. Hy is egter herbore as ‘n sekulêre volk en Israel is vandag miskien erger daaraan toe as wat hy was toe hy verban is. Sedert Israel se totstandkoming, is meer Jode deur aborsies doodgemaak as deur Hitler, “gays” het die reg om te trou en kan openlik in Jerusalem paradeer. Varkplase het oral oor die land onstaan en varkvleis word deur slaghuise in baie van die groot stede verkoop, Die rotskoepel oorheers die horison van Jerusalem, terwyl ‘n Bahai-tempel die lug bo Haifa oorheers. Erger nog, is dat God tot bloot ‘n tradisie gereduseer is. In die lig van die feit dat Israel se vyande al hoe sterker en méér word, is dit alles behalwe ‘n gunstige beeld van Israel!

Nietemin lees ons in hierdie week se Parasha dat Israel se vyande hulself aan hom sal onderwerp en hy op hul afgodspraktyke sal trap. Hoe kan dit ooit moontlik wees as die huidige situasie in ag geneem word?

Ek gaan geen profetiese voorspellings waag nie, maar indien ek tog sou, sou ek voorspel dat Hamas, Hezbulla, Iran en alle ander nasies wat hierdie nasies openlik of heimlik ondersteun, nie voorspeodig sal wees nie.

Iran werk deesdae aan ‘n nuwe wapen, “Die ambassadeur van die dood” genaamd, maar Israel het egter steeds ‘n magtiger wapen en dit is die God van Israel, wat toevallig ook die God van hemel en aarde is. Hy het gesê:

Jesaja / Yeshayahu {44:2}”So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het!


Jesaja / Yeshayahu {54:17} Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.


Israel is God se eersgeborene, Sy erfenis. Soos hierbo gemeld, sal Israel nie oorwin word nie, nóg kan Israel vervang of onterf word, soos vele kerke en pastore trouens verkondig. Israel kan nie vergeet of in die steek gelaat word nie. God se eersgebore seun sal nie vernietig word nie!

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking