12 Februarie 2012
D’var Torah
D’var Torah
Oordele / Mishpatim
Eksodus / Shemot {23:28} “Ook sal Ek perdebye voor jou uit stuur; dié sal die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete voor jou uit verdrywe. {23:29} Ek sal hulle nie in een jaar voor jou uit verdrywe nie, dat die land nie woes word en die ongediertes nie teen jou te veel word nie. {23:30} Ek sal hulle so langsamerhand voor jou uit verdrywe, totdat jy vrugbaar word en die land beërwe. {23:31} En Ek sal jou grense vasstel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne, en van die woestyn af tot by die Eufraat. Want Ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdrywe. {23:32} Jy mag met hulle of met hulle gode geen verbond maak nie. {23:33} Hulle mag in jou land nie woon nie, dat hulle jou nie verlei om teen My te sondig nie. Want jy sal hulle gode dien, ja, dit sal vir jou ‘n strik wees. ”.
Ek het hierdie Skrifgedeelte gekies om kommentaar te lewer op parasha Mishpatim, omdat ek glo dat dit vandag op ons van toepassing is. Julle sal moontlik wonder hoedat dit moontlik kan wees. Na alles, hoe kan ons ‘n verbond sluit met die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete, aangesien hulle as mensegroepe nie langer bestaan nie? Die feit is, selfs indien hulle nie meer bestaan nie, is die beginsel agter hierdie opdrag (mitzvah) steeds op ons van toepassing.
Die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete was heidene, wat wel oor ‘n vorm van godsvresenheid beskik het, ofskoon dit deur die aanbidding van valse godhede was. Hulle was ook gruwelik immoreel. God het hierdie besondere nasies slegs uitgesonder omdat dit juis hulle was wat deur Israel onteien sou word. Indien ‘n mens nou vandag Kanada en die res van die wêreld in oënskou neem, is hulle grotendeels niks beter as die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete nie.
Jakobus / Ya’acov {4:4} “Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God. ”.
Ek het mense al dikwels geleer dat ons ons verhouding met die Here kan meet en insgelyks kan meet, aldan nie, of ons waarlik gered en aan God verbonde is, op grond van wie ons vriende is. Saam met wie kuier jy? Saam met wie bring jy die meeste van jou tyd deur? Indien jy enige van hierdie vrae beantwoord met “Meesal ongeredde persone”, dan bestaan daar ‘n sterk moontlikheid dat iets ernstig besig is om jou verhouding met God te skaad.
1 Korinthiërs / Korintim Alpha {6:14} “Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis? ”.
Die woord “ongeregtigheid” hier beteken nie dat ons nie met kriminele moet omgaan nie; selfs dat ons dit beslis nie moet doen nie! “Ongeregtigheid”, in hierdie konteks, beteken mense wat sonder die Tora lewe, wat God nie gehoorsaam nie en Sy gebooie verontagsaam. Volgens die Skrif, is die Satan “die ongeregtige een” (2 Tessalonisense 2:8).
Sou die meerderheid van jou vriende ongered wees, dan het jy ‘n probleem omdat jy ‘n verbond met mense, wat valse godhede aanbid, aangegaan het net soos die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete; die einste mense wat God ons verbied het om mee verbonde aan te gaan. “Maar hulle is gawe mense”, sê jy miskien. Dit maak hoegenaamd nie saak of hulle gaaf is of nie. Daar bestaan slegs twee entiteite in die heelal, wat ons kan aanbid: óf ons aanbid die God van hemel en aarde, die God van Israel óf ons aanbid valse godhede: demone. Wees versigtig om nie bedrieg te word deur te aanvaar dat elke godsdiens dieselfde God aanbid nie – dit is hoegenaamd nie die geval nie!
Dwarsdeur die Skrif, verwys God na Homself as die God van Abraham (Avraham), Isak (Yitzchak) en die God van Jakob (Ya’acov). Hy verwys ook na Homself as die God van Israel. Krishna, Budda, Allah en al die ander kwalifiseer nie! Daar is net één God en Sy naam is Een.
Eksodus / Shemot {3:15} “Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag. ”.
As gelowiges in Jesus, as die Messias van Israel, is dit nie ons taak om vriende te maak met die wêreld nie maar om die Goeie Nuus (Besorah Tova) van redding deur Jesus die Messias na die wêreld uit te dra. As jy dit doen en dit doeltreffend doen, sal diegene wat verkies het om nie gered te word nie, nie met jou bevriend wíl wees nie. Dan, eers sal jy besef dat jou verbond met die God van Israel is en nie met die Hewiete, Kanaäniete en Hetiete nie.
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking