Sondag 01 April 2012

Die Menigte van Gemengde Bloed / Erev Rav

1 April 2012 
D’Var Torah 
Paasfees / Pesach 


Eksodus / Shemot {12:37} “En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent ses honderd duisend te voet, die manne buiten die kinders. {12:38} En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste—’n groot hoeveelheid vee. {12:39} En hulle het van die deeg wat hulle uit Egipte gebring het, ongesuurde koeke gebak; want dit was nie ingesuur nie, omdat hulle uit Egipte uitgedryf is, sodat hulle nie kon vertoef nie en ook geen padkos vir hulle klaargemaak het nie. {12:40} En die tyd wat die kinders van Israel in Egipte gewoon het, was vier honderd en dertig jaar. {12:41} En ná verloop van vier honderd en dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek. {12:42} Dit is ‘n nag om plegtig onderhou te word tot eer van die HERE, omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is dié nag van die HERE om plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte. ”. 

Die Skrifgedeelte waaroor vandeesweek se parasha handel, is uit die bovermelde gedeelte geneem: 

Eksodus / Shemot {12:38} “En ‘n menigte mense van gemengde bloed het ook saam met hulle opgetrek, en kleinvee en beeste—’n groot hoeveelheid vee. ”. 

Wie was hierdie menigte mense van gemengde bloed? Daar bestaan ‘n aantal moontlikhede. Sommige glo dat hulle die kinders uit ondertrouery tussen Egiptiese mans en Israelitiese vroue, of andersom , was. Ander beweer dat hulle kinders uit gemengde huwelike was. Verder word gemeen dat hulle moontlik slawe uit ander nasies, as Israel, was wat deur die Egiptenare verslaan is. ‘n Verdere moontlikheid was dat hulle inderdaad Egiptenare was wat, nadat hulle getuie was van die onsinnigheid van hulle gode, toe laasgenoemnde deur die God van Israel gekonfronteer is, verkies het om Egipte saam met die kinders van Israel te verlaat. 

Ongeag wat die herkoms van hierdie gemengde bloed, soos hulle genoem is, dan ookal was, het hulle aansienlike moeilikheid in die geledere van Israel veroorsaak. Hulle was eenvoudig ongemotiveerd en nie aan God toegewy nie maar eerder moelikheidmakers en het dikwels getwyfel of hulle die regte besluit geneem het om Egipte te verlaat. Juis om daardie rede het hulle gekla en opstandig geraak wanneer hulle voor die geringste ontbering te staan gekom het. Hulle was ook mense wat waarskynlik gesinslede in Egipte agtergelaat en gevolglik steeds bande met die verlede verbind het. Gevolglik was hierdie mense eintlik nooit werklik met die kinders van Israel verenig nie. 

Ongelukkig het ons vandag sulke mense in ons Messiaanse gemeentes. Ek verwys geensins na nie-Jode nie, maar wel lidmate bestaande uit sowel Jode as nie-Jode. Hulle woon graag dienste en feesgeleenthede by, maar nooit Bybelstudie of gebedsbyeenkomste nie. Hulle verkeer gesellig saam met gelowiges maar eweso met ongelowiges. Net soos hulle teenhangers – die menigte van gemengde bloed – uit Egipte, het hulle hul ook nie juis verbind nie. Hulle volstaan hulle vorige lewenswyse en word dus voortdurend na Egipte “teruggetrek” – die sogenaamde goeie lewe wat hulle geniet het. 

My moeder woon in ‘n aftree-oord en spot altyd teenoor my oor haar gesprekke met dames wat by haar kom eet. Hulle verwys na “wat hulle gewoond was” om te doen of waar hulle gewoon het ensomeer. Alles aangaande hulle lewens is “waaraan hulle gewoond was”, maar die realiteit is egter dat dít wat gewoonlik was, nie meer bestaan nie, dit is die hier en nou sowel as die toekoms wat tel. 

Net sowel as wat ‘n mens nie, met een voet in die verlede, kan verwag om vir die toekoms te lewe nie, kan jy nie ‘n gelowige in Jesus die Messias wees met een voet in die wêreld en die ander in die Here nie. 

Matthéüs / Mattityahu {6:24} “Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!”. 

Ek is oortuig daarvan dat God nie met die menigte bloed genoë geneem het nie en ek is seker dat Hy ook nie genoë neem met die hedendaagse menigte van gemengde bloed in Sy gemeentes nie. 

Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking