D’Var
Torah
Paasfees
/ Pesach
Eksodus / Shemot {33:12} “Toe het Moses met die
HERE gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U
laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou
by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind. {33:13} As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak
my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En
bedink tog dat hierdie nasie u volk is. ”.
Die
lesse uit hierdie week se parasha volg op die insident van die goue kalf. Ons
lees dat God duidelik vir die kinders van Israel kwaad was en Moses as gevolg
daarvan verpletterd gevoel het; trouens, hy was so verbysterd, verward en in
twyfel oor wat God sou doen, dat hy die vraag in die bovermelde verse gevra het: “
…maak my dan tog u weë bekend, dat ek u kan ken; …”. Waarom sou Moses
dan dié vraag aan God gestel het, want hy het God tog sekerlik geken? Hy het
Hom immers beter geken as enigeen in sy tyd en waarskynlik selfs beter as sy
voorvaders. Nietemin het Moses op hierdie tydstip van die verhaal bely dat hy
God en Sy weë nie werklik begryp nie.
Ons moet
egter in gedagte hou dat Moses in dié stadium nie die hele Tora gehad het nie
aangesien dit nog in die proses van geskryf word, was. Die Hebreeuse Skrifte
(Tanach) was ook nog nie geskrywe nie, met die gevolg dat – so anders as in ons
geval – Moses oor geen leiding met betrekking tot ‘n begrip van God en Sy weë
beskik het nie. Syne was ‘n dag-vir-dag wandel met God; elke stap wat hy met
God geneem het, was dus ‘n leerervaring. Hy het dus geen vorige ervaring gehad
nie, geen geskrewe skrifte om te raadpleeg nie – daar was niks om na te verwys
nie.
Dit is
gevolglik verstaanbaar dat toe God Sy toorn teen die kinders van Israel
openbaar het, Moses radeloos en verward was en nie geweet het wat om te verwag
nie.
Op grond
van die verhaal, kan ons aflei dat hy inderdaad desperaat was omdat hy niks
verkeerd wou doen nie, soos wat uit sy woorde:” …sodat ek genade in u oë kan
vind.” blyk. Hy was, trouens, te bevrees om iets te doen vir ingeval
sowel hy as die volk die guns van God sou verbeur.
Vandag
is dit met ons egter nie so gesteld nie. Ons beskik oor die Tora in
oorspronklike Hebreeus en boonop oor ‘n menigte vertalings en kommentare op die
Tora, wat aan ons die nodige begrip en insig in die karakter van God verstrek.
Ons het die geskrifte, die profete en die Psalms. Daarbenewens beskik ons oor
die Hernieude Verbond (Brit Chadasha). Al hierdie boeke vorm die volledige
Bybel, wat aan ons ‘n algehele begrip van God en Sy weë verstrek. Dit is dus
vir ons nie nodig om soos Moses te sê nie: ” … maak my dan tog u weë bekend, dat ek U
kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind.”, omdat ons al die inligting
vryelik tot ons beskikking het en natuurlik het ons die Heilige Gees (Ruach
HaKodesh). God se karakter is duidelik aan ons geopenbaar in die bladsye van
die Bybel.
Met
inagneming van die feit dat ons ‘n God dien, wat gister, vandag en tot in alle
ewigheid dieselfde is, hoef ons slegs te verstaan wat Hy in ‘n sekere
omstandigheid van ons lewe wil doen, deur terug te gaan op die bladsye van die
Bybelse geskiedenis, soos in Sy Woord aangeteken en daar vind ons die antwoord.
Psalms / Mizmor {19:8} “Die wet van die HERE is
volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee
wysheid aan die eenvoudige. {19:9} Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly
die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë. {19:10} Die
vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van
die HERE is waarheid—tesame is hulle regverdig. {19:11} Hulle is begeerliker as
goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop. {19:12} Ook
word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon. ”.
Congregation Melech Yisrael alle regte voorbehou
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking