Saterdag 09 April 2016

Is Reinigheid naas Godvresendheid

Tazria-Metzora
(Sy Bring Saad Voort - Besmet)

Levitikus / VaYikra 12:1-15:33
Jesaja / Yesha'yahu 66:1-24
1 Petrus / Kefa Aleph / 2:4-10


Levitikus / Vayikra {13:34} “Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein wees.”

Levitikus / Vayikra {13:58} “Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leervoorwerp wat jy was — as die plek daaruit verdwyn het, moet dit nog ’n keer gewas word, en dit sal rein wees.”

Levitikus / Vayikra {14:7} “En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewe maal sprinkel en hom reinig, en die lewendige voël moet hy oor die oop veld laat wegvlieg.  {14:8} Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en ‘n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly. “

Levitikus / Vayikra {15:4} “Elke bed waar hy op lê wat die vloeiing het, sal onrein wees; en alles waar hy op sit, sal onrein wees.  {15:5} En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en ‘n bad neem en hy bly tot die aand toe onrein”

Hierdie week se Tora-lesing is 'n dubbele deel, maar beide gedeeltes handel primêr oor dieselfde aangeleentheid en dit is naamlik of 'n lid van die samelewing van Israel in 'n toestand van rituele reinheid ("tahor") of rituele onreinheid ("tamei") verkeer.

Ek het twee Skrifgedeeltes van elk van hierdie week se oordenkingslesings gekies. Elkeen het betrekking op die was van 'n persoon se klere as deel van die proses om ritueel rein te word. Daar is ander gedeeltes in hierdie lesings wat handel oor die reiniging van die liggame van diegene wat ritueel rein verklaar is.

Indien julle hierdie oordenking in geheel gelees het , sal julle seker merk dat dit 'n saak van onmoontlikeid sou wees vir enigeen in Israel om in 'n staat van totale rituele reinheid te verkeer. Om die waarheid te sê, ten einde vir enigeen om ritueel te bly verkeer, sou dit beteken het dat niemand aan mekaar durf raak nie, uit vrees om ritueel onrein te word. Die praktyk wat ons nou beoefen om te omhels of hande te skud sou uit noodsaak taboe gewees het.

Ongeag die fisiese aspekte van om ritueel rein te wees, was daar natuurlik spirituele betekenis aan al hierdie opdragte wat God Moses gegee het. Indien julle egter daarin belangstel om meer daaroor te wete te kom, kan daar verwys word na vorige jare se lesings vanuit beide hierdie oordenkings.

By die lees van hierdie twee Toragedeeltes is dit baie maklik om te dink "Wat 'n kille, emosielose, uitdrukkinglose samelewing moes dit gewees het om nie die fisiese kontak te kon hê nie", en as julle nie die beginsel agter God se opdragte verstaan het nie, sou julle beslis reg gewees het. Ek betwyfel dit egter sterk dat die mense koud was en nie aan mekaar geraak het nie. Ek is oortuig dat hulle wel omhels, hande vasgehou en emosies fisies uitgedruk het.

Romeine / Romim {16:16} “Groet mekaar met ‘n heilige kus.”

Sou Paulus, wat homself bewys het om Tora-gesentreerd te wees in elk van ons studies, hierdie opdrag gegee het indien 'n Bybelse Toragesentreerde samelewing 'n beleid van geen kontak gehad het nie? Ongelukkig hang ultra-ortodokse Joodse sektes, in hul fanatisme, foutiewelik 'n "moenie aanraak" - teologie aan. Hul raak nie aan of skud hande met vreemde vrouens nie omdat hulle nie weet of diegene menstrueer of nie. Indien God dus nie wil hê dat ons fanaties oor Sy opdragte moet wees nie, waaroor gaan al hierdie opdragte dan? Wel, anders as die feit dat hierdie opdragte van rituele reinheid en onreinheid tempelafhanklik was en aangesien daar geen tempel meer is nie, is dit vandag nie meer van toepassing nie. Nietemin is daar vir ons 'n belangrike les hier uit te leer en dit is die voorskrif van reinheid.

Met al die voorgeskrewe gebooie oor reiniging van liggame en klere wanneer iemand met 'n ander persoon, wat ritueel onrein is, in aanraking kom, dan moes die mense asook hul klere skoon (rein) wees. Meeste van ons het al die cliché: "Reinheid naas Godvresendheid" gehoor, maar eintlik is dit veel gewigter as 'n cliché; trouens , dit is 'n Bybelse feit!


Ek is nie vertroud met die sindelikheidsgewoontes van die Kanaäniete, die Hetiete en ander stamme en nasionaliteite wat die kinders van Israel onteien het nie, maar te oordeel aan hierdie opdragte en met ons beperkte kennis van God, sou Hy nie vir die kinders van Israel hierdie gebooie gegee het indien hulle obsessief skoon was nie. Onsindelikheid / onreinheid veroorsaak en versprei siektes, wat deur hierdie gebod van God bedoel is om uitgeskakel te word. Dus, ja: "Reinheid naas Godvresendheid", en om jouself daagliks te reinig, is inderdaad Bybels, net soos die daaglikse was van ons klere.

Kom gou Jesus!


Voorheen uitgegee: 2009-04-25

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking