Saterdag 18 Junie 2016

Heen-en-Weer-Beweging

Naso
(Rigting-Bepaling)


Númeri / Bamidbar {4:21} “En die HERE het met Moses gespreek en gesê: {4:22}  Neem die volle getal op ook van die seuns van Gerson volgens hulle families, volgens hulle geslagte. {4:23}  Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat verplig is om diens te doen, om dienswerk te verrig by die tent van samekoms. {4:24}  Dit sal die dienswerk van die geslagte van die Gersoniete wees by die diens en by die vervoer: {4:25}  hulle moet die tentdoeke van die tabernakel dra, ook die tent van samekoms, sy dekkleed en die dekkleed van robbevelle wat daar bo-oor is, en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms {4:26}  en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en hulle lyne sowel as al die gereedskap wat by die bediening daarvan behoort; en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet hulle verrig.”

Netsoos God spesifieke verantwoordelikhede aan die priesterlike familie van Gerson toegewys het, het hy so ook aan die priesterlike families van Merári en Kohát verantwoordelikhede toegewys. Elke familie moes 'n spesifieke taak verrig en nie een van die onderskeie families kon die ander s'n uitvoer nie. Indien hulle dit wel sou gedoen het, sou dit gewees het asof "vreemde vuur" voor die aangesig van die Here gebring word en ons weet hoe Hy vantevore al in so 'n situasie gehandel het! Elke Levitiese familie moes hul eie spesifieke taak uitvoer elke keer wat God besluit het om Israel te verskuif en hulle moes dit in die regte volgorde verrig.

Ek glo dat God ook aan elkeen van ons sekere verantwoordelikhede toegewys het, wat ons hier op aarde nakom. Dit is waarom ons geleer word:

1 Korínthiërs / Korintim Alef {12:14} “Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. {12:15}  As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? {12:16}  En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? {12:17}  As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? {12:18}  Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. “

Ons het almal gesien hoedat atlete aan die Olimpiese Spele deelneem. Elke atleet moet hardloop slegs in die baan wat aan hom / haar toegewys is. Indien hulle uit hul bane in 'n ander atleet se baan inbeweeg, word hulle gediskwalifiseer. As julle in die verkeerde baan hardloop of in iemand anders se baan inbeweeg of tussen bane slinger, gaan julle beslis gediskwalifiseer word en sal julle die resies nie kan voltooi nie en gevolglik die doel in julle roeping mis.

Wees dus versigtig dat julle nie gaan waar God julle nie geplaas het nie. Wees versigtig om nie te doen wat God julle nie beveel het om te doen nie. Dit berus by ons om te bepaal waarheen God ons geroep het en in daardie baan te bly. - dit is uiters belangrik. Indien julle in die korrekte baan kom, die één wat God vir julle bestem het, en alles wat julle afrem, afgewerp het, soos om na ander te kyk en julle te bemoei met wat hulle doen, dan gaan julle die resies wen wat God voor julle gestel het en sal julle die prys ontvang wat Hy voorberei het vir almal wat oor die wenstreep gaan.

Romeine / Romim {1:16} “Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.”

As julle eerste prioriteit is om nie die Joodse volk tot die Messias, Jesus te bekeer nie, volgens die Skrif, hardloop julle dan in die verkeerde baan. Julle moet verseker getuig aan elkeen wat julle teëkom - ongeag wie hulle is - maar jul eerste prioriteit moet Jode wees! Dit is my prioriteit en dit is die baan waarin ek is. Ook is dit die rede waarom ek nie uitgaan om in ander kerke te preek nie, want dit is nie die baan waarin God my geplaas het nie.

Ek wil julle graag help. Sommige van julle hardloop holderstebolder. Julle doen dit vir 'n rukke terwyl julle al jul krag daarvoor inspan; na 'n tydjie, wanneer julle daarmee verveeld raak, besluit julle dat God wil hê dat julle iets anders moet doen, en bestee dan al julle tyd aan iets anders. Julle wissel voortdurend van bane en diskwalifiseer julself. Hardloop in die baan waarin God julle geplaas het en bly daarin.

Kom gou Jesus!




Voorheen uitgegee: 2009-06-06

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking